Nutsman wys sy bulletjie

E-pos
Print

Sy pa word nie verniet Suid-Afrika se doen-ditself-TV-koning genoem nie.

So skryf sy mamma in sy bababoek, en nou sien jy dis regtig waar, want die Nutsman se hande staan wraggies vir alles reg – van doeke omruil tot toebroodjies smeer en hoenderhokke aanmekaartimmer.

Dis ’n Maandagmôre drie weke nadat die bekendeTV-egpaar Riaan en Michelle Garforth-Venter hul eersteling huis
toe gebring het, en hier by hul plek in Bryanston, Sandton, begroet ’n huislike prentjie jou.

Bondels wasgoed draai in die wasmasjien, en Michelle, bekende natuurjoernalis en TVaanbieder, staan in ’n grys
sweetpak en sonder ’n titsel grimering in die kombuis. Sy druk haar vinger in die mengbak voor haar, proe aan die beslag en glimlag tevrede.

“Herinner my: net 10 minute, dan moet hulle uit,” sê sy terwyl sy twee panne amandelmuffins in die oond druk.

“Dis een ding van moederskap: Dit voel asof my geheue ál korter raak – ek vergeet sommer dinge.”

Riaan kom in ’n paar skaapwolpantoffels teen die trap afgestap met ’n klein bondeltjie mens, toegevou in komberse,
knus in sy arms. Michelle stapvinnig nader. “Dis nou Rainn Ashton Garforth-Venter,” stel sy die bulletjie van 4,6 kg trots voor.

Sien nog foto's en lees meer oor die Venter-gesin in die Huisgenoot van 13 Mei 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (31)


  1. Liz
    2010/07/17 04:36:12 nm
    Huisegenoot,asseblief tog,haal nou vir n slag die artikels af en plaas iets anders?Elke keer as ek oopmaak ,is dit dieselfde ou nuus.Of is daar nie ander babas nie?
  2. vivien langeveld
    2010/05/26 01:35:09 nm
    Ag die baba is te fraai. Baie geluk aan Michell en haar man Riaan. Michell is pragtig ek hou van haar nog voor Riaan in die prentjie verskyn het en nou hou ek van hulle altwee. Gawe en vriendelike mense.
  3. Zell
    2010/05/22 11:09:04 nm
    As jy sonder sonde en foute is, gooi die eerste klip. Kyk, almal maak foute en ek se gun 'n persoon 'n tweede kans. Rede hoekom niemand van Rian se dogters hoor nie, is omdat hy hulle beskerm van almal wat lelike goed wil kwyt raak. Hulle het self hulle slaapkamers en badkamers in Rian en Michelle se nuwe huis. Sy dogters is net soveel deel van sy lewe as die nuwe kleinding. Baie geluk julle twee en geluk aan Rain se dogters met hulle nuwe boetie. Hy gaan beslis bederf word deur sy sussies.
  4. Marieka Swart
    2010/05/22 07:23:23 nm
    Hi, maar die mense is vir jou darem afgunstig. Gun die mense geluk. Sorg net dat julle wat so kan uitvaar teen Riaan en Michelle nie ook oorklim na die groener gras nie. Elke mens op hierdie aarde het 'n reg om gelukkig te wees. Net omdat hulle glansmense is, word hulle so gekritiseer. Wat van ons gewone mense wat ook maar skei. Dit staan gelukkig nie in die koerant dat julle kan kritiseer nie. Riaan en Michelle baie geluk met julle pragtige kleinding en doen wat julle dink reg is. Te hel met die ander.
  5. Gesina dJ
    2010/05/19 05:04:02 nm
    Die kleintjie is pragtig ma die ander twee maak my siek. Ja ek se ma niks dan is da niks.
  6. Nic Prinsloo
    2010/05/17 02:30:49 nm
    Ai tog.....Los nou maar die verlede.... Gun tog net vir Riaan & Michelle 'n regverdige kans......
    dit is jammer dat die vorige huwelik nie gewerk het nie maar gee tog maar net 'n tweede kans.... Dalk werk dinge die keer en kyk nou net die oulike ou dingetjie !
  7. Marinda
    2010/05/17 01:51:49 nm
    Riaan en Michelle, veels geluk met jul pragtige seun. Wat my eerste opgeval het van die foto is die merkie op sy regter hand. Ek kan nie uitmaak of dit opgehewe is of nie. As dit nie is nie, en ook nie 'n permanente geboorte vlek is nie, is daar 'n oplossing. My dogtertjie (nou 24) was ook met so 'n merk op haar handjie gebore. Iemand het ons die raad gegee om soveel as moontlik die merkie met jou duim te vryf. Agt maande later was sy vlekloos. Hoop dit werk vir klein Rainn.
  8. melanie
    2010/05/14 11:33:50
    ai riaan nog 2 lewens om te verwoes!
  9. Blom
    2010/05/13 02:52:27 nm
    Jip, pragtig. Een persoon lewer hierbo kommentaar dat sy hoop hy stel hulle nie teleur nie. Wel ek hoop hulle (die ouers) stel hom (die baba) nie teleur nie. Hulle verlede wys tog duidelik dat hulle nie baie stabiel is wat verhoudings en commitment betref nie. So, seunie, ek hoop nie jy gaan ook so seerkry soos jou pa se ander twee meisiekinders nie............Sterkte.
  10. Tharina
    2010/05/11 05:17:34 nm
    Ek is bly hierdie pragtige seuntjie, ook een van God se skeppings, het 'n Pappa en 'n Mamma. Ek is bly dat hy nie die oorsaak was van Riaan se vorige egskeiding nie, maar dat hy die kroon op hul huweliksgeluk geplaas het. Ek vertrou dat julle nie sal toelaat dat mense se vooroordeel 'n muur sal bou om jul geluk nie, en ek is seker dat die 2 sussies sal deel in die vreugde en nie sonder 'n pa sal grootword nie, maar nou 'n boetie bygekry het. Ek is ook veral dankbaar dat die oordeel nie ons toekom nie, maar dat ons 'n eenvoudige opdrag het: He jou naaste lief soos jouself - maw wees daar vir Riaan se eks en 2 dogters, en aanvaar die lewe wat hy nou het met Michelle - wees lief en dierbaar teenoor almal veral omdat nie een van ons hulle in persoon ken en meer weet van hul omstandighede nie. GELUK met die kleinding en geniet hom, ek kan dink dat julle albei wonderlike (Nuttige) en handige ouers sal wees.
  11. Johan Venter
    2010/05/11 11:47:32
    O my genade, maar party van julle wat kommentaar lewer is lelik bitter. Dit is nie asof Riaan die eerste persoon is wat van sy vrou skei nie - en hy gaan beslis ook nie die laaste wees nie. Kanaliseer liewer al daai negatiewe energie en hou julle rokke (of kortbroeke) aan en fokus op julle eie lewe.

    Geluk Riaan en Michelle!
  12. Elize
    2010/05/11 08:59:39
    Baie geluk, maar wat van die ander 2 dogters uit Riaan se vorige huwelik, waarom word daar nooit enige iets oor hulle gese of geskryf nie............of het Riaan sy verlede toegevou in 'n kombers en in die kas weg gepak?? Ek wonder maar net
  13. Annalie
    2010/05/10 11:38:34
    Julle laat dit nou regtig klink of die Riaan se 1ste kind is, blykbaar vergeet van die 2 dogters wat hy by sy eerste vrou het, en nou sonder n Pa is. Gelukkig is Riaan ook nie die 1ste nuttige pa in die land nie, want my kinders se Pa het ook van die oomblik wat hulle gebore is alles vir hulle gedoen, doeke, omgeruil,(in tandekry tyd ook), gebad, bottel gegee, kossies gevoer, gespeel, alles wat n ware pa vir sy kinders sal doen, en dit lank voor iemand geweet het van Riaan! Dankie vir my kinders se wonderlike onbekende (hy verskyn nie op tv nie) pa!!
  14. Annette
    2010/05/09 09:26:27 nm
    Volgens Rapport het hulle die een a van Riaan in 'n n verander, maw die kind sou Riann heet.

    Nou wonder ek oor hierdie Rainn - is dit 'n spelfout van die Huisgenoot joernalis, of is dit die ouers wat nie kan spel nie?

  15. Judith
    2010/05/09 09:17:52 nm
    Ek glo Pa se dogters is ook bly dat Pa 'n seuntjie het. Dit maak die lewe makliker as die half-kind 'n ander geslag is......
  16. Skande
    2010/05/09 08:40:11 nm
    Almal wens hul geluk maar wat van sy twee kinders by sy vorige vrou wat hul pa moes afstaan aan die gewetenlose Michelle wat hul pa weg gevat het van hul ma af. Nou gaan hierdie seuntjie die lewe lei wat hierdie dogters moes, hy gaan n pa he en hulle nie en dan sit Michelle nog met aandoening en pronk asof dit haar toekom. Maar God slaap nie.
  17. charmain
    2010/05/09 12:06:16 nm
    Sjoe maar hy is regtig n mooi mensie jong! Geluk julle mag hy jul nooit teleurstel nie.
  18. Wally
    2010/05/09 08:50:08
    Riaan en Michelle - Onthou God het hierdie pryslose skat aan julle toevertrou om vir Hom groot te maak. Ek wens julle alle sterkte toe in hierdie wonderlike taak!!
  19. Swannie
    2010/05/08 08:38:47 nm
    Baie geluk. Kan seker een van die dae n' boek getiteld "doen dit self " oor die onderwerp ook te wagte wees. Geniet hom. Hulle word gou groot.
  20. Yolanda
    2010/05/08 05:53:04 nm
    Ek hoop julle plaas volgende week as voorblad die "oulike" gesinnetjie se werklikheid. Die vrou en kinders wat agtergelaat is vir plesier en 'n mooi gesiggie.
  21. Patches
    2010/05/08 02:58:07 nm
    Baie geluk aan die 2 bekendes. Gelukkighet Riaan al kinders grootgemaak en behoort dit maklik te wees vir hom!!
  22. Charmaine Jonker
    2010/05/07 10:09:16 nm
    Julle maak n pragtige familie.Julle verdien die geluk wat n klein ou bondeltjie bring.Dit is die sement wat elke paartjie aanmekaar pleister,maintain dit en dit sal noooiiiiit kraak nie.Geluk julle
  23. Annette
    2010/05/07 02:51:49 nm
    Hy is te pragtig. Baie geluk aan julle twee.
  24. BS
    2010/05/07 02:14:28 nm
    Wat 'n pragtige ou engeltjie!! Baie baie geluk Riaan en Michelle geniet hom elke oomblik, want voor jy sien is hy groot, dan gaan hy pappa se gereedskap vat en self goedjies aan mekaar begin sit,, of dalk dromme op mamma se kospotte speel.... Weereens geluk met julle ou engeltjie!!!
  25. Gawie
    2010/05/07 12:42:55 nm
    Bulletjie is pragtig,NEE sharkies pragtig.Los die gereedskap speel rugby.
  26. EdB
    2010/05/07 12:14:00 nm
    Oulike kleintjie!! Baie geluk!! Ek is seker sy boeties gaan hom BAIE geniet!!
  27. Melindie
    2010/05/07 12:12:53 nm
    'n Baie mooi gesinnetjie. Geluk aan Riaan en Michelle. Mag hy net 'n bondeltjie vreugde vir julle wees.
  28. 2010
    2010/05/07 11:56:38
    Te oulik!
  29. Frikkie
    2010/05/07 10:41:48
    Baie geluk Riaan en Michelle, pragtige knapie. Ek kan sommer sien dit is pa se klong, veral die haarstyl (net 'n joke). Geniet hom elke oomblik, want kort voor lank vat hy pa se gereedskap oor. Nogmaals baie geluk.
  30. belinda
    2010/05/07 10:02:38
    jul babatjie is te pragtig,en michelle jy lyk baie goed....motherhood does you good girl
  31. Elsabe
    2010/05/07 08:30:03
    Wonderlike artiekel oor die venter gesin hulle bulletjie is pragtig geluk ook aan hulle.