Nicholis op die kruin van sy loopbaan

E-pos
Print

HY HET dieselfde uitwerking op meisietjies van 8, meisies van 18 en oumas van 80 – wanneer hulle Nicholis Louw eers op die verhoog gewaar, maak geen ander man saak nie.

Die Evasgeslag bloos, snak na hul asem, hyg en gil; hulle ignoreer sommer hul kêrels en vergeet skoon van hul mans. Hulle kyk net vir die donkerkop met sy ondeunde seunsgesig en parmantige houding.

Geen wonder hy het pas die gesogte Tempo-eerbewys vir die gewildste manlike sanger van die jaar gewen nie–musiekliefhebbers raak skoon koorsig wanneer hulle hom sien optree.

Die donkerkop is lankal nie meer net ’n sanger nie; hy is deesdae vir derduisende mense ’n verslawing.

Ná sewe jaar van sing voor vroue wat oor hul voete val, ken Nicholis al van koes. Hy weet maar te goed sy aanhangers sal hom saam met hulle huis toe sleep as hulle kan. Vroue het al soveel bra’s – en selfs twee onderbroekies – na hom gegooi terwyl hy optree dat hy nie eens kan tel hoeveel stukkies onderklere al omhom op die verhoog geland het nie.

Twee wildvreemde vroue het hom al die jawoord gevra, en die huweliksaanbod was elke keer doodernstig. Soveel tienermeisies het hom al gevra om saam met hulle matriekafskeid toe te gaan dat hy maklik sy musiekloopbaan kan laat vaar en ’n professionele metgesel kan word.

’nVrou het eenmaal twee uur lank onder die tafel aan sy been vasgeklou terwyl hy ná ’n vertoning handtekeninge uitgedeel het. Elke keer dat iemand haar mooi gevra het om Nicholis se been te los, het sy haar arms stywer daarom geslaan.

Lees meer van Nicholis in die Huisgenoot van 5 Augustus 2010.

Op die internet:
http://www.facebook.com/nicholislouw
http://www.nicholislouw.co.za



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (11)


  1. Lilly van Secunda
    2011/05/11 10:05:04 nm
    Ja man van min woorde maar baie talent jy is super
  2. CHRISITNE GALLOWAY VAN GEORGE
    2010/11/11 09:49:08
    hy bly maar prgtig,en ja alta ek stem saam hy en steve rock,en huisgenoot hoekom probeer julle nie n artikel oor HENRY ALANT NIE baie goeie sanger moet hom nie mis kyk nie
  3. Suzaan
    2010/09/08 01:45:14 nm
    Mooi was nog nooit lelik nie!!!
    Maar wat se mens nou van SEXY vat hom huis toe hehe!!!

    Hy is werklik 'n stukkie trou matrial!!!!!
  4. Marizanne
    2010/08/06 04:19:18
    Jy is cool ek mis ni n cd vn jo ni jy mak my hart warm wne ek na jo songs luister as jy ni n girl gehad ht ni dan ht ek jo gevat
  5. Marizanne
    2010/08/06 04:16:33
    Jy bly my beste ek ht al jo cds mis ni 1 ni jy is cooler as al di ane kunstenaars danki vi al jo gr8 songs we love u
  6. Suritha
    2010/08/04 12:33:42 nm
    Stunning voorblad en artikel.
  7. Alta
    2010/08/04 09:48:37
    Nicholis, jy en Steve Hofmeyr bly maar die beste! Jy rock!
  8. Belinda
    2010/08/03 10:32:33 nm
    ai tog. as ek dit net kan regkry dat hy by my kan kom koffie drink. net om my kinders te wys ma kan.
  9. DEAN VAN WITBANK
    2010/08/03 12:50:47
    Ja jng hu so aan
  10. Naomi
    2010/08/02 09:34:48 nm
    Aaa ek dink daai vrou het soos n hoop bees boli gevoel die volgende dag, Nicholis is gr8 eks n groot fan, Nicholis rock!
  11. Naomi
    2010/08/02 09:33:17 nm
    Aaa ek dink daai vrou het soos n hoop bees boli gevoel die volgende dag, Nicholis is gr8 eks n groot fan, Nicholis rock!