Laan se Diederik was sy klein Nua

E-pos
Print
Nua is dolgelukkig in pa Hennie se arms.
Nua is dolgelukkig in pa Hennie se arms.

Hy was onmiddellik smoorverlief – en dié slag was dit nie iets wat 7de Laan se draaiboekskrywers vir Diederik Greyling bedink het nie.

Toe Hennie Jacobs, 28, sy babadogter, Nua, vir die eerste keer sien, het sy dadelik in sy hart gekruip.

En nou groei dié trotse pa se liefde vir sy eersteling net elke dag, selfs in die vroeë oggendure wanneer haar ouers wil slaap en sy wawyd wakker is.

“Sy lag op haar mooiste tussen drie- en vyfuur soggens,” vertel ma Marissa Vosloo-Jacobs trots.

“Hoe kan ’n mens dan nou omgekrap wees as jy daai laggie sien?” En ’n laggie spoel sowaar weer oor Nua se gesiggie, want Pappa speel dan met haar en sy hoor Mamma se stem.

As Diederik in 7de Laan is hy meestal maar onbeholpe en ’n bietjie skaam in vrouegeselskap, Die Laan seDiederikwys vir ons kleinNua, sy bondeltjie vreugde opwie hy skoon verlief is, maar wanneer die akteur met die seunsgesig om sy vrou en dogter koer, is daar geen teken daarvan te sien nie.

Terwyl hy die bondeltjie in sy arms wieg, is daar ’n sagtheid in sy oë wat jy nie op die skerm sien wanneer hy as die flink kelner in Oppiekoffie ronddraf nie."Oe, sy’s Pa se meisiekind," sê Marissa (33) toe die kleintjie se gesig ophelder die oomblik toe sy hom sien.

"Ek het altyd geweet hy sal goed wees met kinders, want ons kom albei uit families met baie kinders. Maar hy verbaas
my regtig. Hy is ’n vreeslike raakvat-pa," prys Marissa.

Nua is op 22 Januarie in die Pretoria-Oos-hospitaal met ’n keisersnee gebore nadat haar ma drie weke te vroeg begin kraam het.

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in die uitgawe van 8 April.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (40)


  1. JOHN
    2010/08/24 12:12:11 nm
    WEET CLARA SE OUERS IN DIE BUITELAND VAN DIE MOOI MOOI MOOI MOOI BABA
  2. slippers
    2010/08/20 01:10:30 nm
    Sy is pragtig! Baie geluk!
  3. louanne
    2010/06/26 07:57:28 nm
    Ek lag altyd lekker as Diedrik oor sy voete strompel in die Laan. Ek verstaan nou dat dit jou beeldskone vrou en pragtige dogtertjie is wat jou voete al te gereeld onder jou uitslaan... Ek is baie lief vir al die Laan se karakters, julle plaas baie van julle persoonlike gevoelens in julle karakters, daarom voel dit asof julle die land as familie verbind. Goeie werk met jou rol en dogtertjie, Hennie DIeds!
  4. Kobus
    2010/06/15 04:00:26 nm
    Sy is te pragtig. Baie geluk ek hoop sy sal julle baie vreugde bring.
  5. AMY
    2010/05/20 03:39:09 nm
    Sy is te pragtig, maar wel Hennie jy's maar net n gewone OU. Jy is aantreklik maak nie saak wat wie se nie.
  6. samentha
    2010/04/08 12:10:41 nm
    veelsgeluk ou dorin hoop da is vele meer
  7. elaine
    2010/04/07 08:20:20 nm
    Mag die Here haar styf was hou in sy hande.Maak haar goed groot gee haar baie liefde soene en drukkies mag die Here julle al drie styf vas hou Ek weet sy is al klaar n ster
  8. Rializze
    2010/04/07 04:50:25 nm
    To Anna, it is not an Afrikaans/ English thing, it is a right/wrong thing!! Diaan and Jody arent married are they???
  9. yolandi Sargent
    2010/04/07 12:37:19 nm
    Diedie baie geluk aan jou en jou vrou julle dogtertjie is pragtig! As ek en my man terug kyk kan ons net dink aan al die vreugde wat ons dogtertjie nou 5jaar ons gegee het en nog steeds doen. Dis waarlik n geskenk van
    God.
  10. Firefairy
    2010/04/07 12:34:09 nm
    @ANNA - Hoekom lewer jy enigsins kommentaar hier as jy so rasisties ge-orieënteer is. Kan jy nie afrikaans lees nie. Diaan en Jody het grootendeels rapse gekry oor hulle nog nie getroud is nie. Wil julle tog nie maar hierdie alewige gesanik oor rassisme staak nie. Baie afrikaners is so grootgemaak. Jy trou eers en verwek dan kinders. Hoekom moet rasisme alewig by alles ingesleep word?? Julle hou dit lewendig man.
  11. Firefairy
    2010/04/07 12:23:11 nm
    Hennie en Marissa, baie geluk. Julle het 'n lieflike ou dogtertjie. Mag sy vir julle net liefde en vreugde bring. Pas haar mooi op, sy is kosbaar.
  12. Rozel Webb
    2010/04/07 11:43:06
    Baie geluk met julle bondeltjie liefde. Mag sy vir julle net vreugde en seeninge bring. Sy is werklik pragtig

    Nogmaals Geluk....
  13. Annalie
    2010/04/07 10:40:20
    Baie geluk met jul pragtige kleinding. Mag sy altyd vir julle net vreugde bring. Ons dra haar ook nou in ons gebede op aan ons Hemelse Vader, dat Hy haar en vir julle sal seen en haar veilig vir julle bewaar. Geniet haar.
  14. Karin
    2010/04/07 08:33:33
    Baie geluk julle twee. Sy is die pragtigste bondeltjie mens!! Mag sy julle net die
    grootste plesier verskaf.
  15. muriel adams
    2010/04/07 07:46:12
    Geluk Diedie dit is pragtig. Maak haar groot in die naam van onse Hemelse Vader.

    Pas haar mooi op...........Ek sal vir Maria vra om te kom help.
  16. Anna Le Roux
    2010/04/06 02:16:19 nm
    Baie geluk sy is die mooiste pop. Ek het 5 kleinkinders en sien hulle net twee keer
    'n jaar . ons bly en werk in Blantyre Malawi
  17. Meone
    2010/04/06 01:20:19 nm
    Baie geluk julle 2!! Maak haar groot in die weë van die Here en sy sal julle baie vreugde bring!!
  18. ebenita
    2010/04/06 11:47:04
    te oulik vir woorde!!!!!!!
  19. Siska
    2010/04/06 11:05:42
    Baie geluk met die dogtertjie en mag sy vir jou en en jou vrou Marissa net vreugde bring!
  20. Vanessa
    2010/04/06 09:46:33
    Baie geluk met die bondeltjie vreugde!. Sy's pragtig!
  21. Marisa
    2010/04/05 01:07:37 nm
    Sy is ongelooflik pragtig!
  22. Attie Meyer
    2010/04/04 05:19:08 nm
    Baie geluk Hennie, mag die kleinding vir julle net vreugde beteken. Jy is kostelik in 7de laan, ek kry jou altyd so jammer! Jy moemie toelaat dat die klomp jou so boelie nie!!
  23. Amanda Pretorius
    2010/04/04 03:59:45 nm
    Baie geluk met julle pragtige babadogter,sy lyk nes mama ....

    beste wense,

  24. MARIE HATTINGH
    2010/04/04 11:30:49
    Baie Baie Geluk,ek wens ek was die trotse ouma van jul kleinding,is al 54jr en het nog geen kleinding nie.
    Ek kan sien die kleinding sal baie liefde en sorg ontvang.
    Geniet haar ten volle
  25. Jacqui
    2010/04/04 11:00:31
    Ag hoe salig! Kyk dan net daai uitdrukking op haar gesig! Sien dis mos nou hoe ware liefde lyk. Sy is te pragtig. Ou 'Dieds' sal wat gee om so geliefd te voel.
  26. Vicky
    2010/04/04 10:38:37
    Baie geluk mag sy vir julle net vreugde bring.
    Aan Anne wil ek sê die afrikaanse mense is nie "Wierd" nie,
    van ons het net anders groot geword. Ek kan nou vir jou sê dit gaan nie
    vir my so erg oor Jody se vel kleur nie maar die feit dat hulle 'n
    kind kry voor die troue. Ek kan jou verseker
    dat as ek maak nie saak op watter ouderdom by die huis opgedaag het
    swanger en ongetroud sou my ouma (Wat my groot gemaak het)
    nie die skande oorleef het nie. Onthou dit hang af hoe jy groot gemaak is en
    met watter waardes jy groot gemaak is tot die Bybel leer jou geen seks voor
    die huwelik.

  27. Anna
    2010/04/04 05:14:49
    @Stella. It had nothing to do with rules... More so the fact that Jody is coloured! Racism at its finest.
  28. Helene Kruger
    2010/04/02 04:16:43 nm
    die pragtigste ou dingetjie. maak sommer 'n ouma se hart week. kan nie glo die stupid diederik is die pa nie
  29. JO
    2010/04/02 04:16:29 nm
    Baie geluk ! Dit is die mooiste baba, kan ek vir julle "baby-sit " ?
    ( ek het net een kleinkind, 14 jaar oud EN hy woon in Amerika !!!! )

    "Ons" ouer mense het so veel waardering dat daar nog jongmense is wat trou EN kinders wil he......

    Ons mooiste wense !!!!
  30. Ria
    2010/04/02 02:16:19 nm
    Te pragtig en volmaak n godgegewe geskenk aan jul pas haar op en lei haar in die regte wee van jesus.
  31. Stella
    2010/04/02 12:03:52 nm
    @ Anna, Afrikaans þeoþle are not weird. We just have rules we live by. At least Hennie and Marissa is married. Is there no more þride in English þeoþle then?
  32. Stella
    2010/04/02 12:01:14 nm
    Baie geluk. Sy is 'n þragtige babatjie. Hooþ sy sal julle jare se geluk bring en vreugde verskaf. Geniet elke oomblik, hulle word té vinnig groot.
  33. Linda
    2010/04/02 09:22:42
    Baie geluk Diedrick, ek hoop en jou vrou gaan geweldige vreugde put uit jul pienk
    bondeltjie en dat julle eendag baie trots op haar gaan wees. Dit is die wonderlikse
    dig wat met enige gelukkige egpaar kan gebeur, die geboorte van 'n baba en dan ver-
    al nog die eerste baba. Geluk, pas haar mooi op, dit is 'n wrede wereld waarin sy
    haar verskyning gemaak het.
  34. Anna
    2010/04/02 03:55:53
    Afrikaans people are so weird! How come so many people like this??? But when it was Diaan Lawrenson and Jody Abrahams it was such a big deal!- About 114 people clicked "Hou nie Van"... I'm disgusted, but anyway.. they're entitled to their opinions. smh
  35. tontie
    2010/04/01 09:26:52 nm
    Die mooiste ou dingetjie.
  36. Liezl Smit
    2010/04/01 03:44:15 nm
    Geluk aan Hennie en sy vrou, Marissa met die geboorte van jul eersteling! Sy is pragtig!! Mag sy net liefde en vreugde in jul lewe bring! Te kostelik vir woorde. Dankie dat julle haar ook met ons deel..
  37. cynthia
    2010/04/01 12:14:31 nm
    wat 'n pragtige foto, pa lyk so gelukkig met sy nuwe bondeltjie vreugde.
  38. Leonie
    2010/04/01 10:54:50
    Baie Geluk met jule babadogtertjie!! Mag sy jul net vreugde gee!!
  39. Cecile du Plessis
    2010/04/01 09:52:32
    Baie geluk met jul kleinding. Sy is te pragtig!
  40. Jackie
    2010/04/01 09:51:14
    Sy is te pragtig... baie geluk aan julle al twee mag sy vir julle baie vreugde en geluk voorentoe bring...