Kollig op Taylor Lautner

E-pos
Print

Dié hartebreker laat nie gras onder sy voete groei terwyl die Twilight-reeks gemaak word nie – hy speel ook nou in Valentine’s Day. Ons kyk wat doen hy als.

Hy bou spiere

Hy sê dis harde werk om sy lyf tussen New Moon en die volgende Twilight Saga: Eclipse net so gespierd te hou. Benewens ’n daaglikse oefensessie, bestaan Taylor se dieet meestal uit laevet-proteïene soos hoenderborsies sonder vel, eierwit en groente en vrugte.

Twilight-aanhangers kan na die derde fliek uitsien omdat dit baie soos die boek Eclipse is, sê hy.

Die liefde

Taylor voel glo ellendig vandat sy medester in Valentine’s Day, die sanger Taylor Swift, hom afgesê het. Mense na aan hom sê hy wil haar terughê noudat albei Los Angeles toe getrek en hulle vrye tyd tussen sy flieks en haar musiekopnames het. ‘‘Hy glo absoluut daar is iets besonders tussen hulle en dis die moeite werd om te baklei daarvoor,’’ vertel ’n ingeligte. ‘‘Swift wil al haar energie aan haar loopbaan wy, maar Lautner wil nie die verwerping aanvaar nie. Hy beskou dit as net ’n klein terugslag in ’n langdurige liefdesverhouding.’’

Die volgende Spidey?

Taylor se naam is die jongste op almal se lippe om die superheld in Spider-Man 4 te speel. Tobey Maguire het kop uitgetrek om die hoofrol in The Hobbit te vertolk, en al Hollywood se ambisieuse jong sterre brand om sy plek in te neem. Eers is gegis dat Robert Pattinson die rol sou oorneem, maar sy woordvoerder het dit ontken.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (12)


  1. karen
    2010/12/09 12:48:37 nm
    hy is net reg gebou. niks oordoen nie
  2. NIENA
    2010/03/23 03:20:26 nm
    TAYLOR! TAYLOR! TAYLOR! VERSEKER
  3. aNJOLIQUE
    2010/03/05 03:25:57 nm
    taylor is flippen hot
  4. monique
    2010/02/25 03:44:24 nm
    robert is sexy maar taylor is die regte ouderdom ,asemrowend,hot,cut en sommer als wat n girl soos ek wil he of lieg ek
  5. Nicoline
    2010/02/23 11:09:09
    Taylor!!!Sexy verby..donker en smeulend!
  6. Karien
    2010/02/20 12:49:27 nm
    ai ai 'n mens kan net droom
  7. Tweety
    2010/02/16 03:10:33 nm
    DUE!!!!!!!!!!!!!!!!!! Is hy mooier! hoe kan n mens nog wil twyfel!?!?
  8. Ronel le Hanie
    2010/02/08 03:53:39 nm
    Taylor is SUPER sexy. Hy vat Robert ver verby.
  9. Nazli
    2010/02/08 01:24:50 nm
    Die klong is geweldig sexy! Ek verkies die weerwolf! Edward lyk soos 'n meisie, ewh! Wat van 'n mooi foto sonder sy hemp???
  10. desb.
    2010/02/05 03:43:46 nm
    Wys hom sonder sy hemp!
  11. robin
    2010/02/05 03:43:17 nm
    Definitief Taylor! Dis mos hoe 'n MAN lyk... Robert lyk te deur die blare.
  12. Huisgenoot
    2010/02/05 03:39:14 nm
    Dink julle hy is sexy? Wie verkies jy? Taylor of Robert Pattison?