Kirsten Dunst se bekruiper moet wegbly

E-pos
Print

‘n Hofbevel wat drie jaar lank van krag sal wees is teen Kirsten Dunst se bekruiper ingestel.

Jean Christophe Prudhon, ‘n 51-jarige aanhanger, wat glo al verskeie kere na die VSA gevlieg het net om buite Dunst se huis te sit, het in Desember ‘n tydelike hofbevel gekry.

Nietemin het ‘n regter in Los Angeles Maandag beslis dat Prudhon vir die volgende drie jaar minstens 91 m van die 29-jarige aktrise moet bly, het TMZ.com berig.

Volgens hofdokumente word Dunst se ma ook deur die bevel beskerm nadat hy haar onlangs gekontak het om by die aktrise te probeer uitkom.

Lees meer hier.

-Nuus24

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.