Hollywood se nuwe toptwee!

Die liefdeslewe van ’n glanspaar het laas soveel naakte, skaamtelose nuuskierigheid ontlok toe mense die eerste keer oor ’n romanse tussen Brad en Angie op die stel van Mr & Mrs Smith begin fluister het.

En kyk nou net, hier het Robert en Kristen ook uiteindelik uit die kas vir heimlik verliefdes geklim!

Aanhangers van die sexyste paartjie sedert Brangelina is skoon rasend van opwinding nadat Robert Pattinson, die vegetariese vampier Edward Cullen in die Twilight-rolprentreeks, ná al die maande  erken het hy en sy mede-ster Kristen Stewart, Twilight se vurige Bella Swan, is inderdaad ’n paartjie.

Tot dusver het die aantreklike akteur en die beeldskone brunet kop geskud en gesê nee, hulle het nie ’n verhouding nie, al word maande lank al druk bespiegel dat dit wel so is. Selfs toe hulle gekiek is terwyl hulle hande vashou (Huisgenoot 19 November 2009), het hulle volgehou dis sommer niks.

Kristen (19) het heel ongeskik geraak as iemand haar oor ’n romanse uitvra, en Rob (23) het altyd effens vererg gelyk. Maar die Britse akteur moes toe van plan verander het, want ná die glansgeleentheid waar die Britse rolprent- en televisiepryse (Baftas) onlangs uitgedeel is, het hy vir ’n Britse koerant gesê hulle is ’n paartjie.

Lees die volledige artikel in die 11 Maart-uitgawe van Huisgenoot.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


  1. Monica
    2010/06/04 07:42:35 nm
    Hierdie girl is verskriklik nors en glimlag omtrent nooit. Hoekom is soveel mense dan mal oor haar?
    Die fliek reeks het haar op die map gesit,maar sy sal moet uithaal en wys om beroemd te bly want met so n mislike houding gaan sy gouer uitsterf as wat sy gebore is. Sy is ook nie n wonderlike aktrise nie,daar is baie in Hollywood wat haar ver oorskadu.
  2. yvonne brits
    2010/03/09 06:54:17 nm
    Stunning ek is mal oor hulle
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities