Helenè Bester se groot liefde

  •  
  • 14
     Hou van
  •  
  • 5
     Hou nie van nie

As hy die Noordpool was, was sy die Suidpool.Hy luister graag kloppende, kommersiële Afrikaanse musiek. Sy lê eerder rustig op die bank en drink die klassieke meesters in. 

Maar die sanger Helenè Bester (33) en die man aan wie sy onlangs verloof geraak het, Jacques Theron (35), is juis gek oor mekaar omdat hulle so verskillend is en mekaar se wêrelde nou heerlik kan verken.

Helenè het Jacques nou al sover gekry om smiddae ná werk saam met haar te gaan draf, maar hy sien nog nie kans om vanjaar saam met haar die Twee Oseane-halfmarathon aan te durf nie. Intussen is Jacques druk besig om haar van sy ander groot liefde, die diererykdom van die Nasionale Krugerwildtuin, te leer.

Dis juis op ’n naweek hierheen dat die rekenmeester die groot vraag gevra het. Toe hulle aansit vir ’n afgesonderde kersligete, het Jacques gereken sy pragtige meisie weet teen dié tyd presies wat kom. Hy het toe net daar langs die tafel op sy knieë gegaan en haar gevra om sy vrou te word.

En Helenè het dadelik ja gesê, want ná 33 jaar het sy geweet die wag op die perfekte man was dubbel en dwars die moeite werd.

Die vrou met die diep stem en die liedjies met ’n nog dieper betekenis sing nou al sewe jaar voltyds. Sy het al vier CD’s agter haar naam. Die laaste een, wat pas verskyn het, is haar Grootste Treffers-album en dit verkoop flink.

Hul groot dag is in April by die Green Leaves Country Lodge by die Hartbeespoortdam. Hulle wou juis ’n plek vind met ’n informele, rustige atmosfeer.

Maar ’n klein troue gaan dit nie wees nie, vertel Helenè. Eers wou hulle net 150 gaste nooi, maar die getal groei omtrent elke dag. Nou staan dit al op 180!

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 11 Februarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. PG

    hester de kock29 days ago

    Helene is n beeldskone meisie van Springs die tuisdorp van onder andere Rina Hugo en Penny Heyns.
  2. PG

    Welma Immelman1 month ago

    Who cares... Wie is Helene Bester?
  3. PG

    dp1 month ago

    hemel dit moet dan vrek koud wees as hy die noordpool en sy die suidbpool is.
Bladsy 1 van 1


Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities