Heinz se jaar van Afrikaans en ouerskap

Die Heinz Winckler wat tuis op sy stoep sit, lyk baie anders as die skaam-onseker jong man wat ons as Idols-wenner leer ken het. Hy is meer volwasse, straal selfvertroue uit en glimlag soos ’n kat wat room gekry het.
 
Dit kan ook nie anders nie, want vanjaar hou groot dinge vir die aantreklike sanger in. Waar hy verlede jaar maar net die Idols-koning van 2002 was wat later ’n CD opgeneem het, het sy loopbaan – en lewe – skielik nuwe woema gekry.

Nie net het Heinz (32) weer ’n platekontrak losgeslaan nie, sy nuwe CD, Ek Kan Weer in Liefde Glo, het pas ná net vier maande goue status bereik. Hy en Aletté-Johanni het onlangs in ’n ruim nuwe huis in Johannesburg nesgeskop, en van 19 Maart is hy weer in almal se sitkamers wanneer hy as ’n afrigter in Patricia Lewis se trefferprogram Supersterre verskyn.
 
Maar sy sukses en die CD waarmee hy hom as Afrikaanse sanger gevestig het, is nie al rede vir die blywende glimlag nie: Aletté (30), met wie hy drie jaar gelede getroud is, is swanger ná ’n miskraam verlede jaar, en hul kleinding word in Mei verwag. Hulle gaan hom Lian doop.

Aletté is ’n voorkomskonsultant wat gereeld praatjies by vroue-byeenkomste lewer.

Vandat hy in 2002 tot Idols-wenner gekroon is, vra Heinz se aanhangers hom al om ’n Afrikaanse CD op te neem. 
 
Toe hy na Suid-Afrika terugkeer ná 10 maande van toer deur Amerika as die hoofrolsanger in die musiekblyspel Rent, het hy gevoel die tyd is eindelik ryp vir ’n Afrikaanse CD.

Heinz tree nou gereeld op en gaan ook by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees wees, waar hy liedjies van sy nuwe album gaan sing.

Hy het ’n kontrak by Select Musiek en hulle het met die skryf van die Afrikaanse liedjies op sy CD gehelp. En Aletté het saam help skryf aan vyf daarvan.

Heinz is hoogs in sy skik met sy nuwe rol in Supersterre. Hy wil graag jong sangers onder sy vlerk neem.

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in Huisgenoot van 4 Maart.

Op die internet
http://www.heinzw.co.za
http://www.facebook.com/heinzwinckler
http://www.twitter.com/heinzwinckler
http://www.myspace.com/heinzwinckler
http://www.youtube.com/calrheinrich



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. petro
    2010/03/01 12:00:49 nm
    Ek kan nie wag om die baba te sien nie, met sulke mooi ouers, gaan die baba sekerlik pragtig wees.
  2. Jo-Anni Erasmus
    2010/03/01 09:43:51
    Heinz se nuwe Afrikaanse CD is tops, hy moet nie weer engels sing nie.Ek is huidiglik in Suid-Korea, gee hier skool en die CD het al die pad saam gekom.
  3. Yay vir kom
    2010/02/26 06:16:16 nm
    Ag..... ek is baie bly vir Heinz en Aletté.
    Hulle twee verdien dit.
    Voorspoed met die kleinding!!!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities