Eksklusief: Wynand en Chereé se troue

E-pos
Print

Die natuur is ook bly vandag –  hoe ongelooflik dat die bruidspaar in sulke pragtige omstandighede kan trou, sê die kerkman daar op die preekstoel met die Weskus-see wyd agter hom en ’n loeiende wind wat wit riffels oor die water trek.

Vandag is D-dag . . . of wag, eintlik dan W-dag, wanneer die sanger Wynand Strydom (34) so spiekeries in sy wit linnepak strop om die nek kry hier by die Boesmanland Plaaskombuis op Langebaan, die kusdorpie wat diep in sy en sy countrysanger-meisie, Chereé Large, se hart kom kruip het.

“Welkom by die windgattroue van Chereé en Wynand!’’ groet ds. Gideon Basson van Leipoldtville, ’n dorpie skaars ’n katspoeg hiervandaan. 

Lees die volledige artikel en sien meer eksklusiewe foto's in die Huisgenoot van 15 April 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (54)


  1. Zveng Gunnal
    2011/04/06 05:44:19 nm
    Ek wil ook hoor hoe sing daai dogtertjie "country" met 'n rasper stem. Cheree, jy's my no 1 sanger. Alle voorspoed vir julle drie.
  2. Morris Fourie
    2011/03/12 08:16:37 nm
    Baie geluk julle twee. Ek hoop sy sing net so goed soos haar ouers eendag sodat ons kinders ook groot sterre het om te bewonder.
  3. Bets
    2011/03/01 11:23:16
    Baie Geluk met die dogtertjie. Mag sy julle baie vreugde bring. Wees as gesin 'n voorbeeld vir
    die wêreld!
  4. LIDA
    2011/02/09 02:24:18 nm
    baie geluk met die baba ons wil graag fotos sien van haar
  5. Diane Erasmus
    2011/01/29 12:45:04 nm
    Hi Cheree
    Geluk met die kleinding, hoop ons gaan fotos sien van die baba.
  6. Sonja
    2011/01/13 07:01:47
    Ek wens jul als van die beste vir die mense wat so negatief is wil ek net se laat die son oor ander mense skyn
  7. Steffie
    2010/11/19 10:00:22
    Baie geluk aan Wynand en Cheree. Jul is wonderlike mense en ek wens jul alle sterkte en geluk toe vir die toekoms.
  8. PHysique
    2010/11/17 12:35:27 nm
    Hy was met my niggie getroud, en ja hy het haar deur baie pyn gesit maar dit is verby. Ek laik nogsteeds vir wynand. Hy sing baie mooi. Hoop jul is gelukkig wynand!
  9. Gwenda
    2010/11/12 04:29:41 nm
    Dis tog so maklik om klippe op te tel en te gooi ne. Ek glo n storie het altyd 3 kante. Myne , Joune, en die regte kant. Gewwonlik le die simpatie altyd by die stomme vorige vrou, maar as daardie vrou haar kant ten volle gebring het en daar was vir als vir haar man sou hy nooit rond gekyk het nie. Geen mens het die reg om te oordeel nie. Nie een van julle het hul lewe geleef nie. Ek praat uit ondervinding en onthou geen kind is n basis vir n huwelik nie dis slegs n verbintenis en ek aanbid my dogters maar dit kon nie n huwelik red nie. Vandag het die Here vir my n wonderlike eggenoot gegee vir 21 jaar lank al en ek Dank Hom daarvoor. Sterkte met jul pad vorentoe. Hou jul doof vir stories en geniet mekaar. Dis tog eintlik al wat tel. Jul twee.
  10. Nico Paige
    2010/09/13 07:20:15 nm
    Wil net sê ek beny Wynand. Chereé is my droomvrou al jare lank. Het haar al persoonlik ontmoet en ek glo nie daar is 'n mooier of nicer mens nie.
  11. mariana
    2010/08/31 09:37:11
    baie geluk en alles van die beste. ek is net bly ek het julle al persoonlik ontmoet en julle is twee pragtige mense
  12. Piet Visser
    2010/08/30 02:40:29 nm
    O ja, en al die skynheiliges wat Cheree en Wynand se verhouding kritiseer - moenie oordeel tot julle beide kante van die storie gehoor het nie. Maar dit is seker maar nou tipies mens! Vir die wat wonder - Cheree kom verskriklik goed met Wynie se twee kinders oor die weg en hulle met haar!
  13. Piet Visser
    2010/08/30 01:27:03 nm
    Wynie en Cheree. Ek kan met trots sê dat ek op jul troue was en gedeel het in jul gelukkigste dag. Weereens baie geluk en ook geluk aan die ouers. Hoor ook daar is 'n baba op pad! Dit is great nuus. Check julle in Langebaan en groete by die huis. Piet.
  14. Anna
    2010/08/26 09:53:40
    Cheree, ek bewonder jou deursettings vermoë om die mense se kommentaar te lees!!! Ek het uit ondervinding geleer, mense wat baie te sê het, staan self agter die deur!!! En jy sal nooit vir hulle kan sê dit wat hulle doen is verkeerd nie!! Hulle self het heel waarskynlik 'n ongelukkige huwelik of een of ander hartseer, maar dan soek hulle iemand anders om die blaam te dra.

    Ek is mal oor jou en Wynand en hoop julle is baie gelukkig!! Dis regtig jammer dat daar mense is wat alles in hul vermoë sal doen om ander sleg te sê. Die Here vergewe, maar dit lyk vir my mense weet nie hoe nie. Daar is genoeg aanhangers wat agter julle staan en support! Ek bid vir die ander mense wat niks goeds van julle kan sê nie en ook vir die wat julle oordeel maar eintlik nie 'n clue het wat in julle lewe aangaan nie...

    Sterkte!!
  15. Francois
    2010/08/16 12:15:20 nm
    Suid Afrika het seker die mees "Stuck up" vrouens in die wereld! Daar moet altyd iets wees wat julle oor bitch en moan. Ek wens julle mans sal julle besig hou sodat julle nie op die Internet of Facebook kan kom nie. Die comments hier het weereens (Soos altyd) God en die Bybel in gebring. JY as mens is nie God nie, so los Hom dat hy sy werk doen! Julle hoef nie rond te hardloop en almal te oordeel nie! Die ding is dat meeste van julle, jul mans in n oogblink onder die gat sal skop as ou Steve Hofmeyer aan jul deur klop!

    Gaan preek vir jouself met die bybel onder die arm en los die ander mense uit. Julle is ook nie so onskuldig nie! Hou op om sulke twee gesigte te wees!

    Wynand en Cheree, ek het julle n paar keer al ontmoet by feeste en ek dink julle is great. Sterkte met jul lewens voorentoe!

    Fancois
  16. Yolandi
    2010/08/13 10:56:11
    Ek ken nou nie die hele storie aangesien ek glad nie meer die Huisgenoot kooop nie, ek weet net dat my man mal oor Wynand se musiek is en hulle 2 was nog altyd vir my 'n glans paartjie. Ek weet so min dat ek gedink het hul is al getroud so ek gee my opinie as 'n buitestaander. Wanneer jy in 'n huwelik tree gaan jou in "covenant" met God en Hy skenk jou lewensmaat aan jou. Jou huweliks beloftes is met Hom. "voor God en Sy gemeente beloof ek liefde en trou, vir nou en onder alle omstandighede..." Ek is ook geskei voor ek die Here geken het maar ek het geleer dat God nooit een huwelik sal opbreek om 'n ander een te bless nie maar dan ook, as Wynand ontrou was en hy was nie een wat van sy ex vrou geskei het glo ek dat die Here haar weer sal seën met iemand en ons nie Wynand en Chereè se antwoorde hoef te beantwoord nie, net elkeen sy eie so ek gaan glad nie "judge" nie.
  17. Hannelie
    2010/08/05 01:07:28 nm
    Ek was in die bevoorregte posisie om vir Wynand en Cheree by HTS Drostdy se musiekfees te ontmoet. Watter twee stunning mense. Baie geluk met jul troue en die pienkvoet wat oppad is.
    Mag julle lank en gelukkig saam wees. Wanneer sien ons julle weer op Worcester?
  18. Hester
    2010/07/29 12:02:45 nm
    baie mense wens om in julle skoene te staan........Baie geluk man !!!! mag julle vir mekaar net geluk en vreugde bring!!! julle verdien dit!!!!
  19. cheree
    2010/07/13 05:16:50 nm
    baie dankie vir almal wat kommetaar gelewer het. my blood boils reading some of it, as i am the cheree everyone is talking about! al wat ek kan se is dat ek en wynand baie rustig in die aande slaap want ons slaap langs mekaar. ons is vir mekaar bedoel, en niemand sal ons ooit kan skei nie! dit maak nie meer saak wat gebeur het nie, en julle wat oordeel, julle weet glad nie die waarheid nie, julle het een kant van die storie gehoor. wees julle liewers bly dat wynand nie die waarheid verklap het van sy huwelik nie, die hartseer en die pyn - dit sal julle nooit kon raak sien nie. maar ek weet my man is goed genoeg om nooit sleg te praat van die ma van sy kinders nie. ek wens net almal kan net aanbeweeg en ons in vrede los! asb. dankie vir die positiewe kommentaar. ons waardeer julle boodskappe baie!!! mwa
  20. Jeanne-marie
    2010/06/18 11:53:59
    Oooooh, wonderlik! Die huwelik is wonderlik!!! Ons gun almal mekaar 'n plekkie in die son, veral in die koue! Haha! Eks baie bly van julle lewe so met die bybel onder die arm, maar as jy hom rerig al goed geken het sou jy ook gelees het dat geen sonde groter as 'n ander is nie! Ons almal gaan verantwoording doen vir ons eie sondes op aarde so dis nie vir ons om te oordeel nie. Geluk en sterkte aan die nuwe paartjie!
  21. Christo
    2010/05/28 12:45:44 nm
    Ek kan nie dink dat daar is SUID AFRIKAANERS wat dink dat beroemde mense geen foute het nie. Dit is soos die Amerikaanse met hulle Hollywood sterre. For vark steaks mense, hierdie mense is net soos ieder en elk. Hoe sê die Bybel... "Haal eers die balk uit jou eie oog voor jy die splinter in 'n ander wil uit haal." As dit nou jou bure of familielid was, was dit nou nie so erg nie, maar omdat dit mense is wat beroemd is, sal 'n mens sweer hulle doen die verkeerdste dinge op aarde. Raak asseblief tog net groot. Ek het die eer gehad om vir Cheree en Wynand te ontmoet in Elandsbaai... My oom, wat in die musiekbedryf is, ken vir Cheree en ek glo hom wanneer hy sê dat Cheree 'n persoon is met 'n hart van goud. So asseblief mense, kyk ieder na julle eie tekortkominge en konsentreer daaroop i.p.v. vinger wys na 'n ander. Die dag wanneer julle lewe perfek is, kan julle bekostig om vinger te wys.

    Cheree en Wynand, baie geluk. Mag julle baie lank geseënd wees. Julle is pragtig en ek is 'n groot fan van julle musiek...

    Groete
    Christ
  22. Draai, wiel - DRAAI
    2010/05/24 09:46:46
    Ja, wat kan 'n mens nou sê? Alhoewel die twee wraggies pragtig lyk en alles omtrent hul groot dag pragtig is, kan 'n mens nie help om te wonder wat die prys daarvan is nie.... en hier praat ek nie in terme van geld nie..... ek praat in terme van emosionele koste.

    Ek glo vas daarin dat jy nie jou geluk op ander se ongeluk kan bou nie (en noem my maar uit die oude doos daaroor, maar Ouma het my dit geleer).

    Dit is egter ook 'n saak wat hulle self met God moet uitsorteer, maar my opinie: Ek hou nie van hulle nie!!!
  23. Rachel
    2010/05/19 12:02:59 nm
    is verstom oor mense verkeerde raad gee. God se seëninge oor hulle uitspreek terwyl ek glo ook God seëninge oor sy vorige huwelik uitgespreek is. Hoekom sal hierdie een hou en het die ander een nie? Omdat jy nie kan verwag God moet seën terwyl jy sondig nie. Hoe kan dit geseënd bly as jy self besluit om ontrou te wees. Dit help nie om te sê ander het suur druiwe nie, wat reg is is reg en wat verkeerd is is verkeerd. En om te sê hulle is altwee pragtige mense maak die verkeerd nog steeds nie reg nie. Sonde bly sonde en die woord sê as jy aan sondig sal daardie sonde jou nie vergewe word nie. Dus moet nie ligtelik vir mense sê ag as jy nou gou reg maak dan sal alles reg wees nie. Landse wette/ skool/universiteits reëls of wette verander nie om die mens te pas nie so ook God se wette. ASB. moet nie aanhoudende sonde ligtelike opvat nie. jy sal Druip!
  24. Se maar net ...
    2010/05/10 04:10:56 nm
    Ek hou nie van mans wat hulle swanger vrou los vir 'n ander vrou nie!!!!
  25. Minette
    2010/05/01 08:53:36 nm
    Ek wil vir twee stunning mense se baie baie geluk, en julle is pragtig, ons almal begaan misstappe in ons lewens en dinge gebeur met mens soos dit moet, julle is pragtig en wat ookal julle in die verlede gedoen het is julle besigheid en as julle saak met die Here reggemaak is het julle jul deel gedoen en ek Bid en Glo dat julle pad met liefde en geluk besaai word, ons is almal menslik...
  26. Marietjie
    2010/04/30 11:32:15
    Dis so maklik om te kritiseer! Ek weet egter uit ondervinding dat die lewe soms draaie loop want mens nie verwag of voorsien het nie. Sou dit beter gewees het dat hy by sy vrou gebly het indien sy hart nie meer daar was nie? "Ter wille van die kinders" is mense so lief om te sê?? Nee, 'n duisend maal NEE!!! Mens doen die kinders groter skade aan om by mekaar te bly, as dit nie is waar jou hart is nie!!
  27. Marlene
    2010/04/22 12:46:45 nm
    Aaaag kom nou!!! Suur druiwe? (seker dis al die ou eksie se vrinne wat skryf) Wat 'n "stunning couple"! Baie geluk julle twee, he sommer 'n wavrag van julle eie baba's, dink net hoe mooi hulle sal wees en sal seker kan sing dat die golwe spat op Langebaan!!!
  28. Manie
    2010/04/21 09:12:21
    Wynand ou grote pasop die gras is nie altyd so groen anderkant die draad as wat jy dink nie.
    Cheree pasop Bulle ouer as jy raak partykeer ook stokoud en dan gaan hulle ook slag pale toe.
  29. Rianda
    2010/04/19 03:44:35 nm
    Wonder ook maar net... 4 jaar lank 'n paartjie, maar sy jongste is 3 jaar oud... jinne
  30. RuWe
    2010/04/18 09:24:06
    Baie geluk aan die paartjie!!. Ek ken nie die twee sangers nie, maar ek onthou nou weer hoekom ek vir jare nie meer Huisgenoot koop en lees. Die engelse gesegde is te pas, "small things amuses small minds".
  31. Charl
    2010/04/18 03:14:35
    Langebaan my dorp! Ek is Woensdag by die huis!!
  32. MM
    2010/04/17 09:58:48 nm
    Ja, iets sal nie sin maak nie! Hulle het BAIE hartseer gesaai in baie mense se lewens!! Geen ware man los sy vrou wat ver swanger is vir 'n ander vrou nie ! Ek hoop jy kan met jouself saamleef!
  33. Carina Smith
    2010/04/17 04:32:50 nm
    Mens kry darm maar eenvoudige mense!!! Jul maak seker nooit foute nie, of hoe? Baie geluk aan die bruidspaar.
  34. loliepop
    2010/04/16 09:24:29 nm
    @anna,ek ken self nie eers die 2 mense nie,maar ss is reg jy kan nie jou geluk op n ander een se hartseer bou nie.wat jy saai sal jy maai.hoop sy die 2de vrou is goed vir die kinders en is nie opstokerig met hulle nie,dink aan die kinders en nie net aan julle eie geluk nie.
  35. Susan
    2010/04/16 01:26:24 nm
    Hulle lyk gelukkig, maar ek sukkel net met die sommetjies?!!? Iets maak nie sin nie, as ek sy kinders se ouderdomme optel en die tyd wat hulle mekaar ken. Ek weet nie so mooi nie..... iewers bots die sommetjies????
  36. WM
    2010/04/15 04:00:58 nm
    Ek ken sy eerste vrou, al vandat ek 'n klein seuntjie was. En ek weet wat gebeur het. Skaam jou Wynand, en jou nuwe vroutjie ook. Punt.
  37. anna
    2010/04/15 03:51:54 nm
    SS word groot, die lewe is te kort om wrokke te koester. Geluk aan die paartjie
  38. Hannes
    2010/04/15 12:02:13 nm
    Baie geluk julle twee! Wat n great plek om te trou en woon. - Cathy en Tash kry asseblief n lewe. Dit lyk my julle is uit om te analiseer en dan iets negatief kwyt te raak. Om Cathy te quote: Die ou mensdom van vandag is maar net anders...Hehehe
  39. SS
    2010/04/14 03:11:29 nm
    Jy kan nie jou geluk op iemand anders se ongeluk bou nie. Ek dink so dikwels aan sy eerste vrou - ek kan my net indink hoe haar hart moet voel. Eks ook daardeur. Maak nie saak hoe mooi Cheree is of hoe mooi sy kan sing nie, syt 'n huwelik opgebreek en iemand anders se lewe verwoes. Ek sal nooit ooit respek vir jou hê nie...
  40. CATHY
    2010/04/14 02:07:29 nm
    Ja, dit het my ook opgeval dat hulle blykbaar al vier jaar 'n paartjie is en drie jaar verloof was, maar sy jongste kind is maar 3 jaar oud. Die ou mensdom van vandag is maar net anders! Nietemin alle voorspoed en geluk word hulle toegewens.
  41. Yollie
    2010/04/14 01:33:37 nm
    Dit is fantasties!!! Die huwelik is iets baie spesiaal, baie geluk aan
    die twee pragtige mense. Wynand was 'n onderwyser by ons
    laerskool, en 'n fantatiese mens. So bly hulle lyk baie gelukkig.
    Ek as Garsie ouer is baie trots op julle!
  42. Carol
    2010/04/14 11:16:48
    Dit is wonderlik vir jul altwee, baie geluk, mag julle altyd gelukkig wees soos jul vandag is - jul is 'n stunning "couple"!!
  43. Esther
    2010/04/14 10:53:13
    Baie, baie geluk. Mag net vreugde en liefde op jul pad wees met die Here se genade en seën.
  44. Dalre
    2010/04/14 09:28:06
    Ag my moeder! Baie geluk julle twee. Ek kry sommer hoendervleis. Ek het hulle twee verlede jaar vir die eerste keer saam gesien in Uitenhage en 'n mens kan die 'sparkle' in daai oë sien. Mag daar 'n honder jaar se geluk by jul wees. Bly soos julle is.
  45. Soes
    2010/04/14 08:37:25
    Hoe ver spoeg 'n kat dan deesdae? Die troue vind plaas op Langebaan en die dominee kom van Leipoldtville (ek haal aan) "’n dorpie skaars ’n katspoeg hiervandaan"...? Ek stel voor die verslaggewer raadpleeg die landkaart voor sy sulke strooi kwytraak.
  46. Adri
    2010/04/14 07:41:06
    Wynand & Cheree, baie, baie geluk met jul troue. God's rykste seën word aan jule 2 toegewens. Julle is 2 pragtige mense en ons is dol oor jul musiek! Cheree onthou 'n man kan nie alleen van brood lewe nie ....
  47. Yolandé
    2010/04/13 03:33:12 nm
    Ja Tash 'n mens kry altyd iemand wat geen geluk vir ander gun nie. Baie geluk Wynand en Cheree en moet julle tog asseblief nie aan sulke onbenullighede steur nie. Daar sal altyd iemand wees wat probeer kwaad stook.
  48. Amanda
    2010/04/13 03:14:43 nm
    Baie geluk julle! Wynand en sy tweelingsus het voor my grootgeword! Julle sing
    altwee pragtig en my wens vir julle is net baie geluk, voorspoed, liefde en vrede!
    Liefdegroete, tannie Amanda
  49. Tash
    2010/04/13 12:42:46 nm
    Het huisgenoot 'n fout gemaak toe hulle berig het? die berig se hulle is al vier jaar 'n paartjie en 3 jaar verloof, maar sy jongste seun uit sy vorige huwelik is 3? Iets maak nie sin nie
  50. marlisa van Breda
    2010/04/13 12:38:58 nm
    Julle is altwee sulke pragtige mense en Cheree jy sing baie mooi. En dan natuurlik bly julle in die mooiste plek, Langebaan. Alle voorspoed vir die toekoms.
  51. Sieg
    2010/04/13 11:37:39
    Mooi so julle twee, baie geluk!
  52. Gerrie van Zyl
    2010/04/13 09:32:02
    Pragtige twee mensies. Geniet julle. Geluk met die troue...
  53. marie
    2010/04/11 05:49:00 nm
    wynand en cheree baie geluk met jul troue julle moet mekaar geniet.
  54. gerrie
    2010/04/09 03:18:53 nm
    ek hou baie van hierdie artikel.baie geluk julle twee. hoop julle lewe gaan lank so aan hou en julle altwee gellukig sqal wees. groete gerrie.