Eksklusief: Ontroue Bok-slot uitgevang

E-pos
Print

Hy was een van die sterre van vanjaar se Superrugby, die Stormers se towerslot Andries Bekker, op 26 klaar ’n nasionale rugbyheld en bekend as die reus met die sagte hart, ’n opregte vriend en ’n man met die mooiste maniere.

By die huis is hy liefdevol en ’n staatmaker vir Pioni (26), sy tienerliefde met wie hy twee jaar gelede getroud is.

Hul lewe is ’n sprokie wat nie einde ken nie... en dan bars die bom.

’n Bewonderaar herken hom dadelik toe hy met sy rooi Chevrolet Camaro stilhou by ’n parkie in Plattekloof, ’n voorstad noord van Kaapstad.

’n Blou Corsa stop kort op sy hakke. Hy klim uit. ’n Klein donkerkopmeisie met lang stewels en ’n eina rompie klim uit die Corsa en val in sy arms. Die mooi uitsig op Tafelberg en die pragtige blomme om hulle is duidelik nie die rede vir hul besoek aan die park nie.

Sy maak haar gordel los en pluk haar hempie by haar romp uit.

Die vrou wat hulle dophou, staan verbluf van ongeloof. Tog net nie hy nie, haar held wat sy so dikwels in die  winkelsentrum daar naby sien, “wat so dierbaar lyk, jou so mooi in die gesig kan kyk met daardie opregte oë...

“Dis nou die man wat op televisie sulke mooi dinge van sy vrou sê, en hier laat hy hom skoon oorval deur so ’n orige meisiekind wat tussen sy bene gaan staan om met hom te kafoefel!’’

Maar haar oë het haar toe nie bedrieg nie. Die volgende dag speel dieselfde ritueel weer daar voor haar huis af, en  dag ná dag deur reën en wind sien sy hoe die stomende passie onkeerbaar op haar drumpel voortwoed.

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in die Huisgenoot van 10 Junie 2010

Op die internet:
www.thestormers.com
Andries Bekker Facebook-blad
http://en.wikipedia.org/wiki/Andries_Bekker

Stem vir jou gunsteling glansmens en staan die kans om GROOT pryse te wen.
KLIEK HIER



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (181)


  1. Lyla
    2011/07/08 07:50:57
    @Marina. Ek weet nie in watter wereld jy lewe nie vrou, maar die dag as mense 'bekend' word, moet hulle weet, om versigtig te wees, want jou lewe is nou nie meer privaat nie. Of ons nou daarvan hou of nie, dis hoe dit is... maak nie saak hoe seer mense se hartjies word nie, dis 'n feit soos 'n koei, tensy jy van 'n ander planeet afkom. Die feit dat hy dit in die openbaar doen, sê net vir my, hy moet 'n hengse ego hê en geen respek vir sy vrou nie, want dan sou hy dit ten minste nie so in die openbaar gedoen het nie. En dankie aan die vrou wat dit geneem het. As sy dit nie gedoen het nie, het sy vrou vader weet hoe lank gedink sy is die liefde van sy lewe, terwyl hy geen respek het vir haar nie.. ek was ook daar, maar nie gelukkig genoeg om iemand te hê wat my kon se wat hy aanvang nie. Dis nou maar sy vrou se keuse wat sy gaan doen. My hart gaan uit na haar, die vernedering en al daai goed.... jy moet maar weer jou oog klappies opsit vrou'tjie, en eendag as jy terugkeer na die rerige wêreld, hoop ek nie die skok is te groot nie.
  2. Anneke
    2011/03/31 08:29:28
    Ek is deur dieselfde hel. Al is hy 'n bekende persoon gee dit hom nog nie die reg om so te maak nie. Maar ek het vergeet as jy bekend is kan jy mos maak soos jy wil. Mooi gedoen huisgenoot.
  3. XiaXia
    2011/03/31 07:37:40
    Ek is nou ietwat mosterd na die maal maar........ volpunte vir Groot Gert se mening. Huisgenoot het net gerapporteer wat die fluitjieblaser dag vir dag aanskou het! Pioni kan Andries maar vergewe en die flenters van haar huwelik aanmekaar lap maar dit gaan nie help nie want Andries se gebrek aan integriteit teenoor homself, sy vrou en sy huwelik spreek boekdele. Ek het my man ook vergewe (keer op keer), twee keer van hom geskei EN weer getrou - niks het gehelp nie want hy kon homself nie help nie. Andries voel net sleg omdat hy uitgevang is, punt.
  4. radie
    2011/02/25 11:56:14
    Jou vuil uil, weet jou pa van dit................
  5. Marina
    2010/12/28 03:12:40 nm
    Ek maak vandag my laaste keer die blad toe, en het Huisgennot klaar gelees...... julle winste word gebou op ander se hartseer en VERNEDERINGS. Is dit wat ek in my tydskrif wil lees, 'n alewige gejaag na Skindernuus. NEE DANKIE
    Dan is die nuus nie eers waar nie....Andries en Pioni is nie geskei nie hulle is gelukkig maar dit is mense soos die huisgenoot wat mense beswadder wat maak dat 'n huwelik miskien nie kan hou nie. Hulle is NIE geskei nie hulle is gelukkig en elke mens kan 'n fout maak. Sies huisgenoot ek is baie teleurgesteld dat julle deesdae sulke goed publiseer wat eintlik NIKS met ander mense te doen het nie. Dit is nie meer die mooi tydeskrif wat ek al van jare en jare lees nie. Ek kon nie wag elke week om die tydskrif te koop nie maar jammer ek hou nie meer van die goedkoop sensasie nie. Julle se julle het niks daarvoor betaal nie.....so wat het julle dan gekry hieruit....Julle het nie eers vir hom die kans gegun om dit aan sy vrou te verduidelik nie want nee julle moet mos eerste daar wees......Ek blameer huisgenoot vir ander mense se verdriet...Dit is 'n privaat aangeleentheid en dan kan julle nie ophou nie julle moet alweer snert in die eers pragtige tydskrif sit.
  6. Gertman
    2010/09/15 09:11:39
    In plaas daarvan dat die tannie wat die foto geneem het huis genoot toe hardloop, moes sy van Andries 'geblackmail' het.R50k of die foto....
  7. Jane
    2010/08/31 10:32:32
    dit bly seer .. dit moet BAIE seer wees vir sy vrou. Maak nie saak op watter manier 'n mens uitvind nie, dit is net erger as jou man 'n openbare figuur is. Dit voel asof jy twee mans het, die een wat vir jou lief is by die huis en die ander een wat in die parkie karfoefel, hoekom weet mens nie, maar sulke dinge gebeur elke liewe dag. Dit is waarom mense moet terugkeer na GOD toe!
  8. Alet
    2010/08/30 02:16:14 nm
    Het hy nog nie gehoor van "knyp die kat in die donker" nie? Hoe dom, helder oordag! Huisgenoot, as julle moet publiseer waarvan almal hou (dis nou die jonges en nat-pantie ou tannies) sal julle 'n baie vervelige tydskrif wees. Hoekom dit in 'n ander tydskrif gaan soek as mens dit in Huisgenoot kan kry! Hou so aan!!!!
  9. john
    2010/08/24 11:22:56
    Hoekom oordeel die oordeel kom julle nie toe Ons almal bly in huise van glas.Hou op ander se lewe
    dophou vee eers voor jou deur want myne sal ek self vee
  10. Oubaas
    2010/08/20 04:39:43 nm
    So by my koolkop
  11. Kyk Mooi
    2010/07/31 08:24:41
    Dis sy suster julle!!!!! AHHAHAHAHAHHA
  12. TOEKA
    2010/07/26 03:47:30 nm
    EK SE 10 UIT 10 VIR DIE TANNIE MET DIE KAMERA, HOE LANK SOU DIT NOG AANGAAN AS SY DIT NIE AFGENEEM HET NIE, DIE VROU IS MOS DIE LAASTE EEN WAT DAARVAN WEET. DAAR IS TE VEEL VROUE SOOS DIE KORT ROKKIE TANNIE..................NOU VRA EK JOU WAT KAN SY HOM GEE WAT SY EIE VROU NIE KAN NIE................GENADE MANS AS JOU VROU NIE DOEN WAT JY WIL HE SY MOET NIE, VRA HAAR DAN HOE KAN DIT SO MOEILIK WEES.................PRAAT PRAAT PRAAT GESELS OOR DINGE, BEHOEFTES EN ALS MAAR GENADE SKEI EERDER EN DAN DOEN JY WAT JY WIL, HOE KAN JY LIEF WEES VIR JOU VROU AS JY BEREID IS DAT DIE HELE SUID AFRICA WEET VAN JOU SKANDES EN JOU VROU HOOR DIT NA DIE TYD.........KOM REG JULLE OUENS JUL MAG NOU WEL SPORT HELDE WEES MAAR GAAN AAN SOOS MANS WAT DEEL IS VAN RENT A GENT........................KOM NET BY..............
  13. Sandra
    2010/07/23 10:56:37
    Weet jy as ek so kyk na die foto's dan wonder ek net of al die mense nie dieselfde sien en voel soos ek nie, vir elke man wat rondloop is daar n slegte vrou, hulle weet die mans is getroud. Ek se daar is te veel slegte vrouens wat rondloop n man is net n man en as kos op n skinkbord aangedra word hoeveel van hulle kan dit wegwys? ek weet ek se ook hulle kan se nee, maar kom ons is eerlik.
  14. Vrede
    2010/07/09 01:44:12 nm
    Sjoe mense... kan ons almal net asem haal vir 'n oomblik. almal hier is anti-huigenoot, ooo hoe kan julle die arme man ontbloot...blah blah. wat doen 'n tydskrif, publiseer nuuswaardige stories, en of julle dit nou wil erken of nie, dit is nuus. as almal rerig so opreg is, en nie belangstel het nie, wat maak julle dan op hierdie artikel. julle sou dan nie eens dit oopgemaak het of dit gelees het nie. en tog, hier is ons.

    ek is groot andries bekker aanhanger, ek dink hy speel puik rugby, maar hierdie is nou maar net een van daai dinge as jy bekend is. mense stel belang in wat jou lewe aangaan. hy moes van beter geweet het.
  15. LM APPEL
    2010/06/30 10:52:16
    Daai meisiekind het saam met daai tannie gekonkel dat daai foto's geneem moes word net om die man se lewe te verwoes. En so-by-so hy skuld net God die waarheid.
  16. Judith
    2010/06/18 03:06:28 nm
    Mans kan maar net nie so 'n versoeking weerstaan nie! Poppie, wat is jou probleem? Gaan kry jou EIE kerel en los die getroude mans uit!!!!
  17. Marianne
    2010/06/13 06:36:09 nm
    HUISGENOOT jul kan NIE julself meer 'n gesinstydskrif noem nie. Ek dink jul moet beslis erenstig besluit wat jul wil doen. Jul plaas artikels wat mense seer maak, en dan plaas jul ook artikels vir skole.... Die twee pas net nie bymekaar nie!
  18. Huisgenoot
    2010/06/13 05:31:53 nm
    Huisgenoot het geen bron enige geld betaal vir die inligting in hierdie artikel nie.
  19. Riekie
    2010/06/11 08:59:13
    Los ander mense se persoonlike lewens vir hulself om uit te sorteer. En geensin dink ek 'n persoon moet enigsins aan iemand op aarde moet verduidelik nie. Hy moet aan God verduidelik en bieg teenoor HOM en sy familie. My weergawe is net dit is goedkoop sensasie en mens verlekker jou nie in sulke dinge nie. Klim agter daai deure uit mense, niemand van ons is sonder sondes nie. Daar is nie 'n dink soos klein sondes of groot sondes nie, sonde is sonde. Andries lig jou kop op al het jy 'n fout begaan, 'n rugby legende sal jy bly net soos Joost. Julle kan maar rugby speel, julle is puik.
  20. HELLO
    2010/06/10 08:24:34
    Hello mense it takes 2 2 tango ...... Of kan HUISGENOOT vir ons meer inligting gee oor ons Mnr ZUMA!!! Ek het vergeet hulle is bang hy maak die HUISGENOOT toe. KOM HUISGENOOT WYS ONS OF JULLE REGTIG DIE DING KAN DOEN MAN..... WYS ONS WAT SIT REGTIG IN JULLE BROEKE !!!!! Ek meen dit is dan julle BESTE ONDERWERP of wat praat ek nou!!!!! SO opskrif behoort julle so onbepaalde paar jaar besig te hou. DINK NET!!!
  21. Nicky
    2010/06/09 08:20:01 nm
    As ek sy vrou is los ek hom, as hy nou al net na 1 en amper 'n half jaar van getroude lewe haar al kan verneuk hoe gaan hy haar verneuk na 10 jaar. Vandag se mans se waardes het geval en hoekom raak mans so omdat die vrouens nou die jag werk vir hulle doen en hulleself soos 'n klom common slette voor die mans gooi uit desperaatheid. Dit maak dat die mans slapgat word en nie meer die jagwerk wil doen nie. Kyk hoe lyk die egskeidingsyfer vandag, dis terrible!. Waar gaan die mensdom heen wat het geword van respek vir mekaar, waardes, lojaliteit, vertroue? . . . Gaan lees die Bybel in Matteus 19 waar Jesus praat oor egskeiding en Hy noem dat as daar ontroue owerspel betrokke is mag jy skei. Om te sê 'n man is net 'n man is waar en soms 'n verskoning maar hulle moet verantwoordelikheid vat vir hulle dade en leer om nee te sê ook! As ons vrouens nou die verneuk werk doen dan sal ons nooit die einde hoor nie en dadelik die deur gewys word! Ware mans weet wat van hulle verwag word!
  22. OP SOEK
    2010/06/09 04:44:25 nm
    VAKANTE POS NOU BESKIKBAAR VIR MAN VAN INTEGRITEIT AS HUWELIKSMAAT.

    STUUR CV'S AAN.......

    STIENIE DOMAS
    POSBUS 101
    WISHFUL THINKING
    0112
  23. TOG....
    2010/06/09 04:08:19 nm
    Tog kan julle wat HG nou uitkryt omdat hulle die stories plaas, net nie help om te kyk watter 'disse' vir julle voorgesit is nie..... Dit is mos nou praat met 2 tonge.

    Albei is skuldig, maar hoe 'stupid' moet jy ('n goeie 2 m lange reus en bekende publieke figuur) wees om so in die openbaar te gaan vry..... Hel, ou - DINK VIR JOUSELF!!!
  24. Carel Kruger
    2010/06/09 02:12:35 nm
    Dis 'n kwade dag vir Suid-Afrika as al wat nog 'n eens goeie gesinstydskrif kan verkoop die sekskepades van hoere op sy voorblad is, week in en week uit. Angus preek oor mans wat hulle vroue moet oorheers en duisende daag by sy byeenkomste op, ek sal graag wil sien hoeveel daag op as hy dit sou waag om te preek oor die losbandigheid van mans en vroue, as hy sou preek en vir mans se bly by die huis en kyk na jou vrou en sorg vir haar en jou gesin, en op daardie manier wees die leier van jou huis!
  25. Ek sou OOK
    2010/06/09 12:43:42 nm
    Wie het ooit gese dit is n perfekte wereld , Andries lyk vir my ek en jy is die enigste mense wat nie perfek is nie want ek sou haar ook gesoen het.

  26. 2010/06/09 12:30:40 nm
    Al die verskillende opmerkings baie amusant! veral die wat dit teen Huisgenoot het! en veral die wat dit met SONDAG vergelyk! Bewys net julle lees al daardie snert en put genot uit die sensasie wat dit verskaf.
    Iemand wat nie Huisgenoot in sy huis toelaat nie moet dit dan ook nie op die net lees nie! en nog boon-op kritiek lewer nie. EISJ! watter interessante nasie!

    Sterkte aan die Bekkers! Sorteer julle sake in privaatheid uit!
  27. Lelanie
    2010/06/08 03:44:55 nm
    Is Andries jammer dat hy uitgevang is of wat? Wil julle vir my sê dat nie een van sy spanmaats gesien het dat daar moeilikheid gaan kom nie of kuier almal maar agter die deur. Sies man. Nou skielik wil hy ander waarsku van die gevare. Skryf 'n boek en maak geld. Ek wonder was dit al verby voor hy oorsee gegaan het of is dit nou verby nou wat dit uitgekom het. Dit is mos net lekker as dit skelm is.
  28. Elize
    2010/06/08 01:12:20 nm
    Ja hy is jammer,jammer hy is uitgevang
  29. Jacky
    2010/06/08 01:02:29 nm
    Ek dink net aan Andries se vrou kon hulle (die tannie met die kamera) nie net dit gelos het nie dan kon Andries self vir sy vrou daarvan vertel het - nou moet sy alleen met die seer sit al is haar man nie hier nie. Moenie jouself verlustig in n ander se probleme nie want daar is altyd iemand wat seer kry. Pioni sterkte dit gaan nie maklik wees om jou man te vergewe en aan te gaan nie/
  30. MF
    2010/06/08 11:57:21
    Ek dit die is reg van Huisgenoot om dit te skryf. Ons wil graag weet wat in die lewens van bekendes aangaan. Ons almal hunker om soms soos hulle te leef. Gratis hotelverbly en vlugte na jou familie. Los die Huisgenoot uit. Hulle doen net hulle werk. Of moet alles na Heat gaan of na die Sondagkoerant. Andries het *&^ drooggemaak. Hy is uitgevang. Die tannie kan enige plek met haar kamera rondloop. Dit is haar volgste reg. Die Huisgenoot kan haar betaal of nie. Dit is 'n ooreenkoms tussen hulle en wat hulle ookal se bly tussen hulle. Die tannie kan aangaan met haar lewe - sy hoef nie geidentifiseer te word nie. Sy het gesien dat die daagliks gebeur. Sterkte vir Pioni. Sy het ons ondersteuning nou nodig. Dit is nie reg wat hy gedoen het nie. Moet ook nie se sy moet hom vergewe nie. Want dit sal altyd in haar agterkop bly. Dit sal nooit uitgewis kan word nie. Daar is ongelukkig nie 'n delete knoppie in die lewe nie - ons met deur ons foute. Het Andries nie geleer wat met Joost gebeur het nie. Ek dink alle spelers moet maar na 'n huweliksberader toe gaan en daar moet aan hulle verduidelik word wat hulle voor 'n gemeente en God belowe het toe hulle getrou het. Dankie vir 'n wonderlike tydskrif.
  31. Nadia
    2010/06/08 10:08:12
    Ek hoop dat Pioni, soos Amor en Natasha haar MAN sal staan en haar "man" sal los!!
    Nadia Lombard, Pretoria
  32. Spokie
    2010/06/08 08:28:08
    Selfde toneel, net ander karakters ...... Mense, wake up! 99,9999% VAN ALLE MANS LYK SO!!!!! Andries was net "ongelukkig" om uitgevang te word.......
  33. isabel
    2010/06/07 04:10:47 nm
    Wat gaan die mense so aan oor sy privaatheid. As hy privaatheid wou gehad het moes hy eerder
    'n hotelkamer gekry het. Ek kan nie sien dat 'n parkie in Kaapstad baie privaat kan wees nie. Maar sy
    verdiende loon. Slaan hom met daai blinde sambok. Hy verdien dit. As hy klaar is met die een sal
    hy net so aanbeweeg na die volgende. Hulle dink hulle kan met die vrouens mors omdat hulle
    bekend is en almal die grond moet aanbid waarop hulle loop.
  34. gifgat
    2010/06/07 04:00:33 nm
    ok ok... die man het die draadgespring en die donkerkoppie het 'n helse kort rompie aan... so what??? ja andries is jammer, jammer dat hy uitgevang is... maar vir wat foeter daai tannie met 'n kamera in die park in??? Ek dink dit is tussen hom en sy vrou om dinge uittesorteer maar dit is nie nodig dat dit nou in die media so smerig raak nie... onthou sy koop ook dalk HUISGENOOT!!!!
  35. Madeleine
    2010/06/07 03:54:03 nm
    Ag nee regtig Huisgenoot! Daar is duidelik 'n geweldige tekort aan kundige joernalistiek onder julle om artikels soos die "nuus" te noem. Snert met die "openbare belang" etiket - daar is vir niemand enige belang behalwe vir julle verkoop syfers nie. Genade, dis om van siek te word. Hoe kry julle geslaap? Om jou te verlekker in die seer en swaar van ander terwille van sensasie en verkope is gemeen om die minste te sê.
  36. Goofy
    2010/06/07 03:34:22 nm
    Ja, wat wat verwag almal van die mans as die vroulike geslag hulle soos vrot pampoene voor hulle neergooi. Dit is hel, dink ek om man te wees en nog bekend ook. Ek blameet gld nie een van die bekendes vir hulle mistrappe nie. Solank hulle oor dit kom en groot word. It is hard to Be Known ! !
  37. gogga
    2010/06/07 03:33:38 nm
    Anti husigenoot - hehe huisgenoot is nie in jou huis welkom nie maar jy lees hom online - dubbele standaarde skattie. en ja gee die klomp wat hulle toekom vir mans wat rondneuk en vrounes wat nieander se mans kan uitlos nie het ek nie tyd nie - onthou net die wiel draai en elke hond kry sy dag.
    net snaaks hoe die ander vrou altyd die victim wil speel
  38. Carina
    2010/06/07 03:19:26 nm
    Ek stem saam met almal wat hierdie artikel veroordeel, nou is die arme meisie weer die vark in die verhaal,ja Jo jy is heeltemal reg, dit is gewoonlik die mense wat in dubbelverdieping gals huise bly wat die meeste klippe gooi, as hulle skandes moet uitkom dan wil ek graag sien hoe dit gehanteer word. In Beeld van Saterdag se Andries hoe jammer hy is, al waaroor hy jammer is, is die feit dat hy uitgevang is, as ek sy vrou is skop ek hom onder sy jis. Albelowe hy ook wat dinge sal nooit weer reg kom nie al se wie ook wat, en girl ek voel vir jou, ek is seker hy het vir jou vertel hoe lief hy vir jou is, en nie sonder jou kan lewe nie ens. ens.
  39. Yolande
    2010/06/07 02:52:48 nm
    Geen wonder die stormers het die super 14 final verloor nie ...... hulle koppe is vol muisneste soos hierdie een! Laat jy maar nou die brand vat wat jou kant toe kom Andries!
  40. Wonder maar net
    2010/06/07 02:44:20 nm
    Hier is so baie wat se hulle lees nie meer die huisgenoot nie. Maar het duidelik die storie op die internet gelees. Wat is die verskil? Hulle betaal net nie om die boek te koop nie. Wie bluff hulle? He,he,he..........
  41. Stephanie
    2010/06/07 02:20:09 nm
    Die arme huisgenoot, om die tydskrif te blameer is sinneloos, ek kan nie wag om elke Maandag myne te lees nie. As daar iemand geblameer moet word is dit Mnr Bekker, lyk my hy sukkel bietjie om sy hormone te beheer, die girl het niks gehad om te verloor nie, maar hy het blykbaar. Ai Ai die manne, leer julle nooit
  42. WONDER MAAR NET
    2010/06/07 01:33:43 nm
    Hoekom word HG of die tannie oorkant die park geblameer? Die 2 het gevra om uitgevang te word, want diskreet was dit verseker nie! Hulle moet maar albei verantwoordelikheid neem vir die keuses wat hulle gemaak het met die kafoefel in die park.
  43. Kuilsrivier
    2010/06/07 01:30:55 nm
    Ai, om te dink Andries en baie ander (ook onse ou Steve) besoek ons Laerskole en meeste die seuns kyk op na hom/hulle en wil eendag net soos hy/hulle wees!! Dis hartseer dat onskuldige kinders of ontnugter moet word of moet dink dis OK om ander verhoudings te hê terwyl jy getroud is.............hoe stel mens dit ooit reg?? Die seuns se "hero's" doen dit dan, hoe kan dit dan nie reg wees nie?!
  44. EKS RUGBYSPELER VROU
    2010/06/07 01:30:53 nm
    Ai mense maak nie saaK waar die waarheid uitgekom het nie, ek is net bly vir sy arme vrou dit het.Ek oordeel nie maar as jy jou met sulke dinge wil ophou dan trou jy nie. Die Woord sê jy moet vergewe, en ek hoop sy vrou doen dit, maar nou uit ondervinding wil ek net by voeg 'n mens vergeet en vertrou nooit weer nie. STERKTE!
  45. elmarie
    2010/06/07 01:30:43 nm
    Jo, ek stem saam met jou. Dit het niks met uit te waai nie. Is net omdat hy bekend is.
  46. elmarie
    2010/06/07 01:30:11 nm
    Lyk ten minste of dit hom help om BAIE GOEIE RUGBY te speel. Don't see the person behind the "crime". See the problem. There's always a problem
  47. EnigeIets
    2010/06/07 01:06:11 nm
    Baie interessant om hierdie kommentaar te lees... Wonder nogal hou dit sou lyk as dit Pioni was wat die draad gespring het. Mense kies te maklik kant, dit kon anders ook gewees het.
  48. sias
    2010/06/07 12:36:57 nm
    Nee Jislaaik Stormers - Ek dink nie dit is wat ons bedoel het toe ons gesê het julle moet die Bloubulle se resep volg nie
  49. Lorett
    2010/06/07 12:13:39 nm
    Het die man dan nognie by die ander geleer nie. As jy dit moet wegsteek, is dit taboe. Ek hoop sy vrou slaan hom met 'n plank EN vergewe hom.
  50. belinda
    2010/06/07 11:59:17
    ek dink die vrouens moet hul kniegies bymekaar hou,en die mans hul broeke op,waar is die respek vir jou eggenoot as jy gaan rondloop...sies man...
  51. Bru
    2010/06/07 11:57:34
    Andries jy's 'n Sprinbok,so "spring" so veel bokkies wat jy kan.LOL
  52. Mari
    2010/06/07 10:36:24
    Ek maak vandag my laaste keer die blad toe, en het Huisgennot klaar gelees...... dit is net asof ek die idee kry dat verkope word nou gedoen, en julle winste word gebou op ander se hartseer en VERNEDERINGS. Is dit wat ek in my tydskrif wil lees, 'n alewige gejaag na Skindernuus.

    Dit is duidelik dat julle oordeel van buite-egtelike verhouidings nie konsekwent toegepas word nie. Hoekom my stelling. Diaan en Jody see swangerskap word aangeblaas asof dit 'n wonderlike gebeurlikheid is, maar inderwaarheid is dit 'N BUITE EGTELIKE VERHOUDING wat oor die kleurgrens gaan. Dit is klaarblyklik aanvaarbaar!!!! waarom dan julle koppe of spasie in 'n gesinstydskrif MORS om ander verhoudings aan die dag te bring.

    Ek sal nooit oordeel of kla oor 'n HUWELIK soos gedek van Habana en gelykmatige dekking van Morne se huwelik, maar is daar net te min goeie nuus, of het Huisgenoot nou 'n 'Privaat Speurder' of Jerry Springer uitkyk op hulle lesers.....dan is ek duidelik op die verkeerde keuse van tydskrif en moet aanbeweeg....
  53. annette
    2010/06/07 10:16:54
    Andies jy bly stunning wees net eerlik met jou familie en sê jy is jammer en bedoel dit. Moet net nie lieg soos die blou bul nie. Die meisies moet hulself asseblief in toom hou, hul gee hulself op 'n skinkbord weg - en vernietig so die ouens se loopbane. Weet nie wat die dame gekry het om media toe te hardloop met die foto's nie as die park oorkant haar huis was, hoekom het sy nie vir hulle gaan konfronteer nie nou hardloop sy media toe kry seker geld daarvoor. Sterkte Andries jy's maar net mens.
  54. Kalahari
    2010/06/07 10:11:01
    Kyk bietjie om julle rond, in elke dorp gebeur dit dokters, prokureers, gewone mense op straat. Hulle kom met dit weg want hulle is nie andries bekkers en joost's nie, jy sien jou buurman loop rond maar se niks. Ek wens die media wil ophou op gewilde mense se lewens te verwoes, hoekom krap julle nie bietjie in normale alledaagse mense se lewens ook nie ek dink julle sal dan op 'n paar lelike goed afkom????????

    Ek se nie dit wat die sport manne doen is reg nie elke ou moet maar self rekenskap gee vir sy foute!!!
  55. Freda
    2010/06/07 10:04:24
    Daar is so baie geleenthede vir getroudes om ontrou te wees, en nie net die mans nie, getroude vrouens is net so skuldig. En daar is altyd gewillige mense om dit mee te doen. Duisende der duisende is skuldig daaraan, al vir eeue lank. Lyk my dit is beter om maar eerder ongetroud te bly. Of besluit sommer saam met die huweliksbelofte dat ontrouheid deel van jul huwelik gaan wees. Wat noem hulle dit nou so mooi? "An open relationship". Gn wonder hulle se daai ding waaroor die honde baklei, was al die oorsaak van oorlog nie. Dan vind hulle nog goed soos Viagra uit om dit nog erger te maak. Shame, ons arme menslike wesens, hou ons so slim, maar eintlik is ons pateties.
  56. M
    2010/06/07 08:42:42
    Sies vir Dudess, jy raak baie persoonlike en vieslik daarby, skaam jou. Het jy nog nooit iets gedoen waaroor jy spyt is nie. Ek is deur dieselfde, maar het 'n sterker persoon anderkant uitgekom en ja ek het my man 'n kans gegee, Almal maak foute. Ek is teleurgesteld in huisgenoot en die media in algemeen, want al waarna hulle streef is sensasie, want was dit 'n onbekende persoon het niemand daarvan geweet nie, Ek dink dit is aaklik dat die media en ander hulle so verlekker en aan daai kwansuise bewonderaar wat die foto's geneem het, SIES vir jou, jy behoort jou te skaam. Het hy al iets aan jou gedoen dat jy hom so moes laat verneder, Jy is die oorsaak van al die vernedering nie net vir Andries nie maar ook vir sy arme vrou, Watse kan het hulle om hulle probleme uit te sorteer met die media nou betrokke, want almal weet stertjies word mos altyd bygelas
  57. lIEFIE
    2010/06/07 07:56:45
    SHAME ALMAL WAT SO VRYLIK KOMMENTAAR LEWER (ASOOK HUISGENOOT WAT IN ALLES KRAP) SKAAM JULLE - DIE BYBEL GEE DIT DUIDELIK VIR ONS DAT DIE HERE ALLEEN DIE REG HET OM TE OORDEEL - WIE IS ONS - HET JULLE WAT SO GOU IS OM TE SPRING NOG NOOIT IETS VERKEERD GEDOEN NIE- DAAR IS NIE N KLEIN OF GROOT SONDE NIE JY KAN MET JOU GEDAGTE OOK SONDE DOEN - BID LIEWER EN VRA DAT SATAN UIT ONS LEWENS GEHOU WORD. N WORS HET 2 KANTE EN NIEMAND KAN EEN UITSONDER NIE.
  58. Susan alweer
    2010/06/07 01:51:38
    Hierdie man het willens en wetens sy vrou verneuk- in die openbaar ook nog, so kan al die "Kom ons bid vir hulle" mense vir my se wat presies moet ons voor bid?Dat hy dit nie weer sal doen nie, dat sy vrou hom sal terugvat, WAT?? Die man het vrye wil gekry by die Liewe Vader, hy het dit misbruik, en hy, net hy, moet bid vir vergifnis en om sy huwelik te red, as dit moontlik is. Ek dink nie die Here se tyd moet gemors word deur die res van ons wat vir hierdie mense bid nie. HY is besig genoeg met al die ellende in die wereld..

    Het vandag se mans nog niks van seksueel oordraagbare siektes gehoor nie??? En het hy sowaar gedink die skelmpie sal stilbly? Wed jou enige iets sy het iets te doen gehad met die sg "steel foto's". 15 minutes of fame and all, weet julle dan nie??
  59. Patches
    2010/06/06 10:30:14 nm
    Al wat ek kan se is "hoe kon jy Andries?? Weet julle mans dan nie wat julle aan ons as jul getroue vroue doen nie? Julle vat die lag, die lewe uit ons uit!! Ai, dan is ons nog wragtig lief vir julle ook!! Vergewe en gaan weer aan!! Sterkte vir julle!!Hoop dit kan weer regkom!!
  60. @Hannes
    2010/06/06 09:03:55 nm
    EK STEM!!!!!!!!
  61. barend
    2010/06/06 08:35:02 nm
    Voel baie jammer vir sy vrou,tog jammer dit moes op so n manier uit kom as enige ander man dit sou doen sou dit nie eens die Son gehaal het nie voor spoed vir julle ons dink aan julle en julle ouers.
  62. Tarzan
    2010/06/06 07:47:59 nm
    Elke sport het maar sy beserings!
  63. WTF
    2010/06/06 12:17:42 nm
    Dit was 'n nare fout. En onder ander omstandighede kon hierdie paartjie dit in die binnekamers van hul huis probeer uitsorteer. Aan almal wat so lelik uitvaar en kante kies, as jy nie die feite het nie -bid eerder vir hierdie mense. Ongelukkig is dit so dat as Huisgenoot eers hul tande in iets geslaan het (en hoe leliker, hoe beter - vir hulle) staan mens alleen en verskrik deur al die verdraaide woorde, leuns en aannames van die media. Sterkte aan Andries en Pioni. Ek wens dit vir niemand toe waardeur julle nou moet gaan nie. Ons staan agter julle en bid dat julle net sterker anderkant sal uitkom.
  64. Gerhard
    2010/06/06 09:53:23
    Daar doen Huisgenoot dit weer. Wat Andries en ander doen het niks met ons uit te waai nie. Dis hulle privaat lewe. Hulle neem besluite oor wat hulle wil doen. Ons het geen reg om hulle privaatlewens so in te dring nie. Die sogenaamde "bewonderaar" wat die fotos geneem het - Sies vir jou. Jy is niks anders as 'n skaamtelose afloerder nie. En Huisgenoot - voel dit goed om jou tydskrif se getalle op te jaag met ander mense se privaatdinge? Steve was reg!!!!!!!! Hy moes nie net met die tee in jou gesig gegooi het nie. Hy moes jou met die teepot tot jou sinne geklap het. Los die mense en hulle dinge uit.
  65. KOBUS
    2010/06/06 07:56:40
    JINNE Ek kon nêrens lees dat hulle seks gehad het in die parkie oppie bankie nie - waar lees al die ander mense dit dan?
  66. trudy
    2010/06/06 06:32:07
    wel wel wel,as jy met vuur wil speel moet jy maar jou vingers laat verbrand,die waarheid sal altyd uit kom altyd onthou dit ieder een wat lees en kometaat lewer,lieg was nog nooit n uit weg nie.sorry maar nie een van julle beroemdes leer deur voute nie,so boetie laat jou vingers brand.
  67. Nettie van die plaas
    2010/06/05 07:58:00 nm
    "hier laat hy hom skoon oorval deur so ’n orige meisiekind wat tussen sy bene gaan staan om met hom te kafoefel!"... shame, lyk nou nie juis of sy hom oorval het nie of hoe? En as sy orig is, wat is hy? Onskuldig? Tsk tsk, alweer die vrou se skuld...
  68. lea
    2010/06/05 06:12:56 nm
    Kry vir jou, Andries! Hoop die media verneder jou en skelmpie tot in die afgrond in. Baie sterkte vir sy vrou, dit kan glad nie lekker wees nie
  69. Ou Besem
    2010/06/05 05:57:57 nm
    Ou Driela sy het 'n lekker bek. Dit was toe nie 'n lynstaanbal nie , maar jou eie een. 'n Mens koop partykeer skaaptjops ,maar dan kom varklendes op 'n special. Niks fout daarmee nie, moet dit net nie in 'n park braai nie. Braaivleis rook ruik lekker, en dan almal kom saam eet. Laat dit vir jou 'n les wees , braaivleis is die beste by jou eie huis.
  70. Bitterval
    2010/06/05 03:32:00 nm
    Nogals in Plattekloof !!.... wat n naam ?....Spyker Bekker lekker in Plattekloof ?!!
  71. E
    2010/06/05 02:56:30 nm
    hou op opstaan vir andries mens kan mos glad nie regverdig wat hy gedoen het nie!! what a jerk...
  72. Terrable
    2010/06/05 01:19:04 nm
    Hou so aan Huisgenoot!!!! As die sterre nie opvoeter nie dan gaan ons in elkgeval net van moord en roof lees. Steve Hofmeyr, Joost, en nou Andries julle is nie so "BAD" nie, julle sorg darem vir so 'n klein bietjie opwinding... En Andries dit gebeur as jy so jonk trou maar nou ja, dis jou lewe geniet dit.

    Huisgenoot kan ook 'n R100.00 wees ek sal aanhou die Huisgenoot koop.

    Hou so aan HUISGENOOT
  73. HENNIE
    2010/06/05 12:20:58 nm
    EK WONDER MAAR NET ,EK IS SESTIG JAAR JONK,EN KAN MET `N OOPGEMOED VIR U VANDAG,EN DIT SAL TEN STERKSTE ONTKEN WORD,DEUR DIE UNIES,MAAR MY ONDERVINDING WAS,EN EK SE NIE HIERMEE DIE UNIES HET DIT GEREEL NIE,MAAR EK WAS UIT DIE AARD VAN MY WERK,IN DAARDIE JARE BY FEITLIK ELKE GROOT RYGBY WAT IN DIE DESTYDSE,TRANSVAAL,WES-TRANSVAAL,NOORD-TRANSVAAL,TEENWOORDIG,EN HET GESIEN HOEDAT DIE NOOIENS VRYLIK ,IN DIE,(GLASHUISE)TOEGELAAT WAS,OF HUL SOONTOE GEBRING WAS EN OF HULLE GASTE WAS ,WEET EK NIE,WAT EK WEL WEET,DIE MANNE HET BALJAAR ONDER HULLE.GETROUD OF ONGETROUD,DAAR WAS NIE VRAE GEVRA NIE.
    SO DIT VERBAAS MY DAT HUISGENOOT EN BEELD SO `N BOHAAI OPSKOP.
    AS JY NIE BEGINSELS HET NIE EN `N MAN IS EN `N DING WORD JOU AANGEBIED, MAN,DIT IS MAN!!!''GET REAL''
    EK MAAK `N STELLING,EN SLUIT AF,DIT IS VANDAG NOG SO!!!!!(EK WONDER,EN EK VERALGEMEEN NIE,DIE NOOIENS WAT SO LYF WYS BY DIE WEDSTRYDE!!!!!!
    `N MAN IS `N MAN,EN `N BOK IS `N BOK???EN `N BOK IS `N ,,,,,,,,,,,,,,,!!!!!!!

  74. Dawid
    2010/06/05 11:13:32
    Wie is die antie wat die huisgenoot gebel het???? Hoop sy koop iets vir stink asem (vir haarself). Betaal hierdie ouens vir so iets?
  75. Hendrik
    2010/06/05 11:13:14
    Huisgenoot het n volwaardige ponie koerant geword
  76. Anton
    2010/06/05 10:46:17
    Ek dink ons moet dit op apartheid blameer!
  77. ekke
    2010/06/05 09:48:38
    GELUK!!! Nou kan die media nog een huwelik verwoes want dit is mos al waarvoor julle goed is. Ek wonder maar net kan ons nie so bietjie in julle privaat lewens kom krap ek glo ons sal genoeg kry om die media vir jare besig te hou. Of nee, julle is mos volmaak!!! Of, dit is wat die meeste van julle glo!!! Ek voel jammer vir die mense wat die berigte skryf want, jy word betaal om ander mense se lewe te verwoes. ''HOE VOEL DIT?''
  78. Verbaas
    2010/06/05 09:40:40
    Ek kan nie glo dat daar mense is wat Huisgenoot verkwalik nie. Gaan dit nie hier oor etiese en morele waardes nie? n Springbokrugbyspeler is tog veronderstel om n rolmodel te wees vir al die rugbypikkies wat hom week vir week ondersteun.
    Hoe verduidelik jy nou aan die laaitie dat die oom n vrypas het om te maak wat hy wil?
    Nee wat, die skepsel het nie die nodige waardes nie!
    Kry vir jou Andries - jy het dit oor jouself gebring!
    Ek is doodseker jou huwelik gaan die "test of the time" deurstaan nie!
  79. Amanda
    2010/06/05 08:20:49
    Wil net se, openbare figuur kan nie waag om so iets in die openbaar te doen nie, sy ontrouheid kan niemand goedpraat nie, wat verwag jy, n ware kind van die Here sal nie ontrou wees nie, nie maklik om n ware kind van God te wees nie, egbreuk kan nie goedgepraat word nie. Miskien n swak selfbeeld, wie weet. Aan sy vrou wil ek net se, hy sal dit weer doen en hoe gaan jy hom ooit weer vertrou? Vertroue is een van die belangrikste dinge in n verhouding, hetsy n huwelik en selfs eninge ander verhouding. Al vergewe jy hom, die verhouding sal nooit weer dieselfde wees nie, vra my, ek was daar. Sterkte en ek gooi nie klippe nie, ek praat van ondervinding en ook namens ander in dieselfde bootjie.
  80. B.du Plessis
    2010/06/05 08:07:15
    Kan so baie mense so baie kwytraak oor ander se aktiwiteite. Los die mense. Niemand bly in glashuise nie.
  81. Raymond
    2010/06/05 08:03:04
    That is what happens when you live in a Godless society.
  82. GPC
    2010/06/05 06:44:55
    Kan julle net weer bevestig waar hy sy rugbeseering gekry het? Rugby of ander buite muurse aktiwiteite?
  83. Piet
    2010/06/05 05:55:05
    Ek is 'n man en net so warmbloedig soos almal maar is, maar ai, as jy jou lewensmaat gekies het, het jy haar gekies en moet jy haar respekteer. Hoe moet so 'n vrou nou voel? Daar is geen verskoning vir rondlopery nie, dis 'n sonde voor die Here en jou gesin. Dis hoekom dit met hierdie volk gaan soos dit gaan, ons het so laag gedaal! Moenie huil oor 'n ANC of 'n Malema nie of as jou kind iets oorkom of as jy jou werk verloor nie. Weet dit ou volkie, julle gaan nog bitterlik huil. God slaap nie!!
  84. KYS
    2010/06/05 04:57:21
    Sedert die WVK het die hele Suid-Afrikaanse samelewing 'n "sorry society" geword. Rand iemand aan en sê "Sorrie"; pleeg 'n moord en sê "Sorrie"; hoer en rumoer en word uitgevang en sê "Sorrie". In al die gevale kom jy skotvry en jy gaan terug en doen net weer dieselfde. Hoekom? Menseregte, dis my reg om verskoning te maak en aan te gaan. 'Sorrie as jy nie verstaan nie.'
  85. Jan Pannevis
    2010/06/05 04:29:48
    Die meisiemens lyk darem baie na Craig Joubert. Dalk moet die Stormers vir Craig blameer!
  86. Monica
    2010/06/04 11:19:43 nm
    LOS TOG VIR HUISGENOOT MET HUL VERSLAGGEWERS UIT!!! As hy sy hormone in toom gehou het, kon die media nie daaroor berig het nie. Ek kan nie my buurvrou die skuld gee as ek ontrou is en 'n ander persoon bespring nie. Wat het geword van vat verantwoordelikheid vir jou dade? Die celebs moet besef dat hulle gedurig in die kollig is en hulle daarvolgens gedra. Hulle is immers die rolmodelle van vele jongmense en kinders. Alle sterkte vir sy vrou. Ek sal en gaan nog steeds Huisgenoot koop, want daar is ietsie van alles in.
  87. Mer
    2010/06/04 10:39:35 nm
    mmmmmmmmm....ja so se die spreekwoord...'n man/vrou wat rondloop is nes 'n hand wat hoenders vang....jy kan hom nie genees nie jy moet hom van die gras af maak.
  88. Rene
    2010/06/04 10:20:57 nm
    Ek kan net nie hierdie dinge verstaan nie!!!! Die man gaan trou met 'n vrou vir wie hy sy liefde verklaar..en nou kan hy sy hande nie van 'n ander vrou afhou nie. Hy doen alles in die openbaar. Hy speel rugby wat hom 'n openbare figuur maak...maar verbeel ek my my of het al hierdie dinge nou 'n wereldwye "trend" geword. Maar hierdie meisie weet net so goed wat sy doen, wat is haar storie dat sy lol met 'n getroude man???!!! Wat het van self respek geword en respek vir 'n huwelik? Andries, Joost wat ook al jou naam mag wees wat nie jou hande kan afhou van ander vroue nie.....dit moes jy gedoen het toe jy ONGETROUD was.....
  89. pat
    2010/06/04 09:38:44 nm
    wel............dis nou wel nie huisgenoot nie....maar die een of ander publikasie sinspeel ook dat die president se vrou nie die president se kind verwag nie..... DIE HOOGSTE BOME VANG DIE MEESTE WIND of dit nou Steve,Joost,Bles (RIP)Andries...........wel WIE DAN OOK, hul is bekend,selfs die storie met Naas en sy seun buite die huwelik....
  90. Hannes
    2010/06/04 09:18:52 nm
    Stuur dadelik vir Steve met nog n koppie tee Huisgenoot toe....
  91. Jo-Anne
    2010/06/04 09:12:37 nm
    ... en ons almal woon inn huise van glas
  92. jr
    2010/06/04 09:00:20 nm
    Sy het seker die size van sy skoene gesien...
  93. Uli
    2010/06/04 08:05:44 nm
    Andries, wat de Joost het jy gedink?
  94. Anti-Huisgenoot
    2010/06/04 07:08:20 nm
    DIS HOEKOM HUSGENOOT NIE IN MY HUIS WELKOM IS NIE.

    'n Glanslose siek spul wat hul verlekker in die "nuuswaardige" ellende wat die Joost's, Steve's en ander bekende Suid-Afrikaners jag.... NET OOR DIE RAND EN SENT WAT DAARDIE ELLENDE VIR HUL PUBLIKASIE SAL INBRING. Dit gaan nié oor die "verkeerd" van daardie persoon se sonde nie.

    'n Publikasie wat se inhoud oor die afgelope 20jaar vervlak en gedaal het in kwaliteit, opvoedkunde én in respek vir mense (LET WEL: MENSE).

    In die ou dae toe ons nog jonk was het ons mekaar gespot met die "Keur" en "Kyk" as publikasies... leeg en nutteloos. HUISGENOOT het lankal "Keur" en "Kyk" se plek geneem!

    Geen gesinstydskrif nie.. net 'n leë nuttelose publikasie wat NIKS BYDRAE tot my sielsverryking en kennis nie.
  95. williemeerkat
    2010/06/04 06:42:02 nm
    Ai, ek hoop daai cherry was darem n goeie vry gewees om al hierdie gemore die moeite werd te maak.
  96. Monica
    2010/06/04 06:31:25 nm
    Ek hoop Huisgenoot het darem eers sy vrou ingelig dat hulle n rubriek en foto's van haar ontroue man gaan publiseer!! Dink net hoe geskok sal enige vrou wees as sy haar dierbare man tenvolle vertrou en sy lees en sien sulke dinge van hom. Amor sal weet. Ek hoop net nie die ou se vrou gaan hom ook vergewe nie,want sulke skelm mans sal dit maar net weer en weer doen. Die beste is dat hulle almal so "verskriklik" jammer is wanneer hulle uitgevang word! Maar solank as wat die skelm vryery aangaan dan is die vrou die fool in die verhaal. Skei die bliksem en gee die poppie vir hom,kort voor lank sal hy haar weer verneuk met iemand anders,maar soos ek mans ken sal hy nou nie meer die minares wil he nie,haar tyd is verstreke!
  97. Hierjy
    2010/06/04 06:09:45 nm
    Hiert, Andries. Is daar nog van hulle ? Tekkel hulle, ou maat!.
  98. Esme
    2010/06/04 05:39:18 nm
    Jip, hy is ook nou jammer....en dit was die 1ste keer (vir 5 maande al pel!)...hy gaan ook seker nou die 'Jesuskaart' speel - dit is mos wat die mense doen. Sodra hulle uitgevang word en in die bollie is, probeer hulle die land oortuig dat hulle eintlik groot christene is en tot bekering gekom het...bla bla bla. Dit help nie om die 'Jesuskaart' te speel nie, daar is nou al 'n paar ouens wat as voorbeeld gebruik kan word in soortgelyke situasies...!
  99. Lucia
    2010/06/04 05:34:54 nm
    Dit is nou maar so... Hoë bome vang die meeste wind.Dit is nou wel jammer dat Andries so uitgevang moes word (net soos Joost), maar as jy 'n publieke figuur is moet jy maar oppas wat jy doen! Die media kan nie hiervoor geblameer word nie - dis immers hulle werk. Al het HG dit nie gepubliseer nie, sou daar wel een of ander tydskrif of koerant dit gedoen het. Ek dink ook dat as jy 'n publieke figuur is,(en nog jonk en mooi is) is die moontlikheid vir so iets altyd daar. Andries kan ook nie alleen geblameer word nie - die meisie wat hy daar openlik sit en soen moes ook geweet het dat hy 'n getroude man is. Ek is seker daarvan dat sy huwelik gered kan word.
  100. nettie
    2010/06/04 05:19:28 nm
    AG ASSEBLIEF!! Moes Huisgenoot nou stilbly om die vrou se gevoelens te spaar?
    As jy ontrou is gaan dit iewers uitkom. Net soveel lekkerder as dit 'n lekker tydskrif soos
    Huisgenoot is sodat almal dit kan lees. Dink net, sy kon 5 maande van nou af in die Sondag daarvan gelees het! Nee wat, as mense van my sondes moet lees sal ek verkies dat dit in Huisgenoot is. Dan word dit ten minste met 'n suiker lagie aan 'n leser met klas aangebied!
  101. Brenda
    2010/06/04 05:01:33 nm
    Waaroor ek wonder, is daardie rugbesering wat Andries skielik huis toe laat vlieg het. Dit lyk mos nou of sy werklike besering 'n emosionele een was. Toe hy van die foto's hoor en dat dit gepubliseer gaan word het hy seker geknak. Ek sou ook. Nog 'n ding, die mense wat so aangaan oor sy privaatheid. Dis nie asof Huisgenoot hom in sy slaapkamer of 'n hotelkamer afgeneem het nie. Dit was in 'n openbare park, for goodness sake!!! Niks is privaat in 'n openbare park nie, behalwe miskien jou gedagtes.
  102. avs
    2010/06/04 04:48:24 nm
    Andries jou yster!!!!!
  103. Foxtrot
    2010/06/04 04:39:23 nm
    ja Klein Gert....as jy kastig nie meer die Huisgenoot lees nie, wat soek jou kommentaar op die website????
  104. Maria
    2010/06/04 04:31:16 nm
    Ai Pioni, ek voel vreeslik jammer vir jou, dat jy so ontnugter moes word. Los hom, gaan aan met jou lewe, jy verdien beslis baie, baie beter. Jy is 'n pragtige mens en vrou en het al die ondersteuning van wonderlike ouers en jou broer en suster. Hy gaan weer rondloop want daar is baie los en sleg los meisies daar buite en die geleentheid sal hom altyd voordien vir weer verneuk. Gelukkig is daar nie kinders wat moet swaarkry nie!
  105. DERICK
    2010/06/04 04:31:07 nm
    Ai die Stormers darem, moet hulle die Bulle (Joost) na-aap?
  106. Alta
    2010/06/04 04:13:50 nm
    Is dit Huisgenoot se skuld dat Andries Bekker nie sy hormone in toom kon hou nie? Dis nie Huisgenoot wat aan een of ander dolla staan en suig in 'n openbare park nie. Die moeilikheid soek. Sies Andries en Sies Dolla Watsenaam! Andries het 'n onvergeeflike ding gedoen, maar die poppie het geweet hy is getroud. Sy is niks beter as hy nie. My innige simpatie aan Pioni.
  107. kleingert
    2010/06/04 04:10:14 nm
    Huisgenoot, ek lees jou al lankal nie meer nie, want jy skinder te veel en maak uit ander se smart geld...
  108. Matthew
    2010/06/04 03:59:18 nm
    Kan nie wag tot die skelpie kapitaliseer op haar 3min in die kollig deur naak te verskyn in die Loslyf nie. Van wat ek kan sien lyk sy heel aanskoulik.!!!!
  109. Aus
    2010/06/04 03:52:12 nm
    LMGA vir al die mense wat nou Huisgenoot blameer, word wakker, Huisgenoot is nie die probleem nie, Mnr Bekker met sy ontrouheid is! As julle probleme het met die tydskrif, vat julle goedtjies en loop, moenie dat die deur julle tref op pad uit nie!!

    Is tydskrifte soos Huisgenoot net daar om roos kleurige lugkastele te bou van hoe goed en reg die wereld en sy mense eintlik is? Ek dink nie so nie.

    En ou Andries, om nou jammer te se skielik dat jy uit gevang is is ook maar bietjie laat hoor, na soveel maande is die enigste ding waaroor jy jammer is dat jy uit gevang is!
  110. hallo
    2010/06/04 03:42:20 nm
    Los die mense uit, is daar nou regtig niks ander om oor te skryf nie? Skryf oor Noord en Suid Korea se oorlog of iets wat belangrik is, weet jy die mense is darm maar simpel goed. Die man is maar net soos ons almal 'n mens, en 'n mens jaag maar aan soms dit is 'n saak tussen hom en sy vrou en nie vir die hele Afrika nie.
  111. Carla
    2010/06/04 03:40:44 nm
    Ai, ai, ai,.... Mense.. ek dink ons mors ons geld op Huisgenoot..Hulle het niks anders gehad om oor te skryf nie..toe vat hulle maar die storie om hulle bladsye vol te maak.. BORING!!!
  112. Andries
    2010/06/04 03:38:24 nm
    Die een sonder skuld gooi aseblief eerste die klip. Ek weet nie hoekom lees mense nog huisgenoot in klein letters nie. Dit was eens n spog Afrikaanse tydskrif maar hoe jammer nou net n sensasie soekende prentjie boek. Swak en nogmaals swak.
  113. DALENE
    2010/06/04 03:26:35 nm
    VANDAT HUISGENOOT BEGIN HET MET DIE NONSENS OM SO MENSE SE SKANDES TE ONTBLOOT, (NIEMAND HET HULLE IN ELK GEVAL AANGESTEL OM DIT TE DOEN NIE) HET EK OPGEHOU OM
    DIE BOEK TE KOOP. GESINSVERMAAK GMFFF.
  114. Bobbi Gerber
    2010/06/04 03:24:41 nm
    Ag komaan julle suurgatte - hou op om die pers te blameer vir negatiewe publisiteit. Die media berig wat gebeur, punt. Dis mense wat dinge LAAT gebeur. As jy nie op die skandblaaie van tydskrifte en koerante wil wees nie, hou jou neus skoon!!! en al die ander deeltjies!!!!! En almal weet Huisgenoot leun oor na sensasie - niks nuuts of skandaligs nie. Moet nou nie oorsensitief wees nie. En 'n Stormer moet nou maar die bul by die horings pak (gelukkig is hy nie blou nie, maar ek vermoed dié een gaan hom baie erger seermaak!) As jy in die openbare oog is, moet jy net nog versigtiger wees hoe jy lewe, sê ek altyd. Maar ja, ons is almal mense - deur GENADE gered, vir dié wat die wyse keuse maak.
  115. Groot Gert
    2010/06/04 03:18:02 nm
    Huisgenoot is spot-on om hierdie stories uit te bring.
    Stories vernietig nie 'n huwelik nie - wel oneerlikheid , valsheid, leuens ens.
    Wee die dag dat koerante en tydskrifte net positiewe stories mag uitbring
    In my lewe het die verkeerd en die negatiewe 'n groter invloed in my groei en transformasie gebring as enigiets anders...
    Ek glo dat in die stadige evolusie van die mensdom hierdie pynlike ervarings gebruik word... maw dat dit deel is van die groot plan.
    Geluk Huisgenoot. Hou so voort.
    Julle, op julle eie, maak sommer baie celebs eienhandig eerlik en humble. !
  116. Marie
    2010/06/04 03:14:27 nm
    Ja, dit is lekker as die klippe so gegooi word. Klink amper soos in doeriesejare toe daar wild klippe in Soweto gegooi was. Dit is nie lekker as jou man die kat in die donker knyp nie. Hulle het die verskonings van "Ja, maar ek kry nie die aandag soos voor ons troue nie" of "Vandat die kinders daar is word ek afgeskeep". Selfs die vroue wat ook oor die draad loer het verskonings. Dit vat nog nie die seer weg as jy uitvind jou lewensmaat het ander velde gaan soek nie. Daar is te veel veroordelings wat rondgegooi word. Dit is beter dat die publiek stil bly, wat gese word vererger nie net die situasie vir hom nie, maar ook vir haar.
  117. klip harde bankie
    2010/06/04 03:14:20 nm
    ja, nou mis hy 'n rugby toets omdat die munisipaliteit sulke harde bankies onder die boom plaas.

    Blame die munisipaliteit, nie huisgenoot
  118. Normb
    2010/06/04 03:12:57 nm
    En nou raak Huisgenoot net nóg 'n sensasie behepte publikasie.
  119. Beryl-Ann
    2010/06/04 03:10:38 nm
    Andries Bekker kan bly wees die Huisgenoot het die storie beet en nie Die Son nie!!!
  120. mo
    2010/06/04 03:08:56 nm
    Wat de F mense. Almal is kwaad vir Huisgenoot en die verskiklike skade wat hulle ander se huwelike aandoen, maar wie is die skuldige een in hierdie verhaal? Wie is besig om my vrou te verneuk en dit nogal in die openbaar? Wie is die 'goeie en saggeaarde reus' wie sy tong in 'n ander dame se mond steek? Is dit Huisgenoot?? Nee, dit is nie. Dis Mnr. Bekker. As jy van jouself 'n toffie wil maak, moet jy verwag om gesuig te word.
  121. Humor
    2010/06/04 03:04:40 nm
    Ek hou van HKJannie se kommentaar. Briljant!!!!
    Mense moet besef waarvoor is koerante en tydskrifte daar.
  122. moz
    2010/06/04 02:58:52 nm
    Mense is die publieke oog is altyd baie gewillig om hulle perfekte lewens te verkoop aan tydskrifte (kyk maar na Jooste en liefie Amor). En natuurlik is hulle nie goedkoop nie. Die tydskrifte borg inderwaarheid hierdie mense, want gereeld word daar opgedaag by hulle troues en sosiale geleenthede. MAAR as dinge suur gaan, dan wil hulle eweskielik uit die publieke oog bly en word daar summier nie meer onderhoude toegestaan nie.....nie voordat hulle nie 'n ordentlike vergoeding kan skollie nie. Hulle is almal 'fake' en 'common',......
  123. Verkeerd bly verkeerd
    2010/06/04 02:43:24 nm
    Verkeerd bly verkeerd, maar laat die een sonder sonde die eerste klip gooi. Mag die Vader in die Hemel net nooit vergewe soos wat ons vergewe nie. Sterkte aan die Bekker gesin(ne)
  124. Anita
    2010/06/04 02:42:35 nm
    Huisgenoot maak geld uit ander mense se seer. Hoe in die lewe publiseer jy so iets en breek nog 'n huwelik op, wat van Joost, Steve en vele ander nog. Dit is siek mense wat vir julle werk, hou op ASSEBLIEF en kry 'n beroep. Ek daag julle uit Huisgenoot om iets baie mooi en spesiaal wat in iemand se lewe gebeur het, vir ons van te vertel.
    Die persoon wat hom "uitgevang" het kry seker ook 'n hele paar rand. SIES SIES EN WEER SIES
  125. DK
    2010/06/04 02:27:22 nm
    Ja nee...... ek wens ook die Joernalistiek wil mense en hul dinge bietjie opsy skuif ek raak ook nou moeg vir die stories oor ander mense se dinge. Hier sit ek en lees van Joost en Amor wat nou gaan skei.... of so iets. Dit is nie net hulle wat seerkry nie mense om hulle kry ook seer... ek wil nie alles weet van beroemde en of bekende mense nie........Ja dit is verkeerd maar weet jy die een wat ontrou is sal eendag voor God moet staan en verduidelik nou verlekker almal hulle in die mense se smart. Jy wat so lag jy pleeg ook sonde hoor. Bepaal jou by jou eie lewe. Dankie
  126. Soekie
    2010/06/04 02:18:51 nm
    Andries ek wil net vir jou sê dat wat jy doen of gedoen het niks met niemand te doen nie - jou familie sal jou vergewe so ook jou vrou. Ek weet van baie mense wat daardeur is en het hul man of vrou vergewe en het vir jare nog goeie verhoudings gehad. Mens leer mos maar deur jou foute - en jy mevrou wat die fotos geneem het, hoeveel geld het jy uit die sessie gekry. Los ander mense uit en maak seker dat jou wederhelf dalk nie dieselfde doen nie. Die meisie wat betrokke is het nie 'n fout gemaak nie - is dit wat julle dink - nee sy is ook skuldig - mos darem lekker om vir almal te vertel ek gaan met 'n Rugby speler uit. Sterkte - jy maak SA trots met jou spel - nie wat jy doen nie.
  127. K
    2010/06/04 02:09:03 nm
    Dit vat nie veel om te sien dat hy dit nie eintlik privaat gehou het nie!! Dis in die openbaar, daar vir enige iemand om te sien. As jy bekend is moet dit dan nie waag om in n parkie jou PRIVAAT lewe aan almal bekend te maak nie!
  128. Firefairy
    2010/06/04 02:07:23 nm
    Ai tog hulle dink almal die gras is groener aan die anderkant van die draad. Min wis hulle dis net groener want die K@K is soveel meer. Daar is nie medisyne vir Stupidity nie.
  129. Lappies
    2010/06/04 02:05:08 nm
    Gaan Andries binnekort n autobiografie uitbring? Baie bekendes lyk onskuldig maar meantime back at the ranch....!
  130. Marelize
    2010/06/04 02:04:37 nm
    Eish, as jy dom is moet jy swaarkry. Helder oordag en niemand kan jou ook nie juis miskyk nie? My swak hart.
  131. Wowee
    2010/06/04 01:55:54 nm
    @rose123. Ek stem 100 % saam. Met die hele Joost debakel was ek net so ontsteld omdat dit indie HG is maar weet jy wat. Sit hulle almal op. Hoekom moet een uitgesonder word. Ek gaan nie HG meer koop of lees nie maar die feit bly staan. Dit was, is en sal altyd verkeerd wees. Jy het voor GOD 'n belofte gemaak. Nie voor mense nie STUPID!! Jy wat iemand anders soveel ongeluk veroorsaak ten koste van jou geluk. Voel hoe voel dit !!! Geen simpatie met jou nie maar wel met jou vrou. Dat jy haar so in die skande kon steek. Beteken sy so min vir jou.!!! Jou lae luis en vir al wat ek omgee hoef hulle jou nie in die Springbok span te sit. Wat se voorbeeld stel jy?? en dan leer jy ook nie uit ander se foute nie.
  132. Johan
    2010/06/04 01:53:58 nm
    Nunubug, jy spoel jou mond lekker uit, maar van wanneer af word God se naam saam met vloek woorde gebruik. Almal van ons het foute en niemand is perfek nie, los vir Andries uit dit is sy lewe en dis tussen hom en sy vrou, nie vir die publiek nie.
  133. Fanie
    2010/06/04 01:52:15 nm
    @NUNUBUG
    Kan nie sien wat dit met jou of enige iemand hier uit te waai het nie. Dis n saak tussen hom en sy vrou.
    Jy praat vinnig van die huwelik is n belofte voor God. Maar kyk watse stront jy als hier skryf, dis seker reg.
    Skaam jou en laat hulle hulle eie probleme uitsort.
  134. draadsitter
    2010/06/04 01:48:44 nm
    Die media het Andries Bekker gemaak wat hy vandag is, die media kan hom net so vinnig breek... hy moes van beter geweet het.
  135. Skud maar net my kop
    2010/06/04 01:29:58 nm
    en so sneuwel nog een vir stomende passievolle SEKS!!
    Is daar geen mans en vrouens oor wat respek vir hulself, hulle "geliefdes" tuis en God het nie??
    Ek dink ontrouheid is die grootste probleem in ongelukkige gesinne...........daai groen gras aan die ander kant!!
  136. Linette
    2010/06/04 01:11:18 nm
    Liewe aarde na die lees van al die kommentaar oor Andries en sy skelmpie besef ek eers hoeveel mans skuldig is aan ontrou. Hoekom anders skel hulle so omdat die man uitgevang is - bang jy word ook uitgevang meneer?? As Huisgenoot so vrot is hoe weet julle wat daarin staan - gelees ne!!
  137. hannah
    2010/06/04 01:00:33 nm
    los uit die pers. dit het jul almal aan die tik gekry! Nog 'n huwelik down the drain. Hoe slim kan hy wees ... helder oor dag. arme vrou. hoop sy skop hom onder sy gat.
  138. Jo
    2010/06/04 12:46:14 nm
    JAMMER ou maat maar so word mens maar aarde toe geruk . Hoop jou vrou vergewe jou REGTIG,al is jy werklik jammer , net jy sal dit weet ?? Jy vir baie lank indien nie vir ewig onder vedenking bly - EK WEET !!
  139. Sailor
    2010/06/04 12:46:05 nm
    wow! ek kan nie glo hy ry n chev nie!
  140. Marius
    2010/06/04 12:40:17 nm
    Nog 'n huwelik naby die rotse as gevlog van die media en 'n ontroue persoon. Sies Andries, het jy geen respe vir jou vrou en die huwelik nie? Huisgenoot, bring vir ons stories wat positief is sodat ons weer die tydslrif kan koop. Wat is dit met die media wat se teer op die slegte?
  141. Piet
    2010/06/04 12:37:48 nm
    CD Jy is seker n Stormer supporter kry n lewe die Persoon wat die aangeleentheid gesien het bly in die Kaap en te dom om n ordentlike span te support.
  142. Huisgenoot
    2010/06/04 12:26:14 nm
    Tik jou kommentaar hier in...
  143. morras
    2010/06/04 12:25:56 nm
    ja die mense wat ander mense so dophou en niks het om met hul self aantevang nie, moet eerder net ander mense se privaat lewe uitlos. Dit het niks met niemand te doen wat in sy persoonlike lewe aangaan nie.
  144. rose123
    2010/06/04 12:25:13 nm
    Julle almal 'moan' oor hoe sleg huisgenoot is, maar julle lees dan die artikel EN reageer. Enige persoon wat sy huweliksmaat verneuk is verkeerd en ek hoop hulle word daarvoor gestraf.
  145. Marelize
    2010/06/04 12:14:57 nm
    Ek kan nie glo Huisgenoot is besig om 'n erger skinder blad te word as Heat magazine nie. Los die mense uit, dis sy lewe, sy besluite en sy gewete. Hoekom ander mense se vuil wasgoed namens hulle ophang sodat julle kan geld maak en boeke verkoop. Ek skaam my vir julle.
  146. Nunubug
    2010/06/04 12:14:08 nm
    Ek is nie regtig verbaas om te sien meeste mans wat half en half opstaan vir die @#$%#@ wat hulle vrouens vverneuk ook mans is nie..... Selfs die wat Huisgenoot kritiseer is meestal mans..... Al hierdie rondloper %$#^@#$# verdien presies wat hulle kry! As jy oor die draad kyk en dan nog deurkruip, moet jy maar die bitter grassies ook vreet.... Party is selfs gelukkig genoeg om weer terug te kan kruip en weer soet huis grassies te kry! Julle verdien nie een 'n 2de kans nie! Julle vrouens behoort julle so hard onder die gat te skop dat julle nog oor 20 jaar wonder wat met julle gebeur het! Die huwelik is nie net sommer 'n verhoudingsooreenkoms tussen twee mense nie! Dit is 'n BELOFTE VOOR GOD! Maar daarvan vergeet die meeste wanneer en waar dit hulle pas! Nee ek stem heeltemal met dit saam, wys vir die wereld hoe sleg en goedkoop julle is.... Julle verdien dit!!!!!!!!!!!!
  147. Raak anti Huisgenoot
    2010/06/04 12:13:38 nm
    Huisgenoot raak nou net soos "die Son" op Sondae. Het julle niks anders wat positiefs is om oor te berig nie. Siesa man!!!!!!!!
  148. CD
    2010/06/04 12:10:51 nm
    @ BigB wat het die span waarvoor hy speel nou hiermee te doen? Jy moet seker 'n Blou Bul ondersteuner wees ne?
  149. Hanna
    2010/06/04 12:08:49 nm
    Dis reg so dat die mense vir die rondlopers uitvang...wys hulle fotos hulle vrouens is altyd die laaste om te weet. Hulle dink hulle kan als doen en nie gevang word nie. Ek hoop sy vrou skop hom onder sy gat ...een maal n rond loper altyd een..
  150. Lucille
    2010/06/04 12:08:02 nm
    Hy is seker net jammer hy is uitgevang...
  151. lfb
    2010/06/04 12:06:59 nm
    Dit is werklik kostelik. Huisgenoot se voorwaardes vir publikasie van menings. Een is Huisgenoot moet net nie in 'n slegte lig gestel word nie. Hoe bizarre?? Hulle is klaar in die modder met hul "breek almal" berigte.
    Steve het hulle redaktrise met 'n koppie koffie - of so-iets - gegooi. Sal liewers swyg oor wat hy móés gebruik het.
  152. Heidi
    2010/06/04 12:05:14 nm
    Eerstens.... Bigb se .....!!!!
    Dit is nie sy vrou se skuld dat hy nie sy slang kan beheer nie!
    SHAME, SHAME, SHAME!!!!! Vir wat is hy regtig jammer... omdat hy gevang was!!!!
  153. HCD
    2010/06/04 11:59:18
    Huisgenoot kan niemand se huis opbreek of lewens verwoes nie, dit word veroorsaak deur die skuldige. Ken ons nie GOD se gebooie nie, HY belowe immers dat wat in die donker gebeur sal in die lig uitkom. Wat het van morale en waardes geword.
  154. Elizabeth
    2010/06/04 11:56:24
    En voel die "bewonderaar" wat hom herken en ontbloot het nou baie teverede met haarself.....? Sies vir jou, jy is net so skuldig!
  155. Lewsi
    2010/06/04 11:55:02
    Hoekom is daar mense wat so sielsongelukkig is oordat hy uitgevang is? Why???? Seker dieselfde mense wat daarvan hou om die kat in die donker te knyp
  156. annie
    2010/06/04 11:49:53
    Ja, nou is dit weer van: Oeee dit was die eerste keer en o ek is so jammer, vergewe my, maar vir hoelank doen die donner dit al? Vyf maande, hoekom is hy nou jammer, moes toe sy manlike brein hom gepla het, al geweet het hy jaag k@k aan. Mag sy vroutjie hom onder sy lustige gat skop en dan kan hy maar sy guts gaan uitvry met enige sletjie wat lus is......
  157. Boerboel
    2010/06/04 11:48:58
    Kan nie glo die WP se manne kan ook rondloop nie. Daar is mos al paar keer dwarsklappe van hul kante af gegooi oor die BULLE.....wie laaste lag, lag die lekkerste!
  158. Johann Nr 2
    2010/06/04 11:48:07
    Ek praat nie Andries se optrede goed nie - geensins en glad nie. Maar is dit al waarvoor Huisgenoot goed is. My vrou koop elke week die gemors tydskrif en ek los haar maar - dit is haar geld. Maar Huisgenoot is daarop uit om sensasie te soek en ander mense se lewens te verwoes. Hoekom die sensasiesoeker wat dit eerste gesien het steun en alles in die openbaar oopvlek. Voel julle nou goed daaroor? Ek hoop die persoon wat Huisgenoot genader het met die storie, voel nou gelukkig. Sies man. Ano-niem, Amelia, Annatjie - daar is net soveel vrouens as mans wat ontrou is - word wakker.
  159. HKJannie
    2010/06/04 11:44:54
    Andries is 'n Springbokslot. Sy werk is om te spring. Maak nie saak op watter veld nie!
  160. Vanessa
    2010/06/04 11:41:46
    Dit is jammer dat sporthelde hulle soos 'n klomp mormone gedra! Hulle het geen morele waardes nie. Hulle is 'n klomp slegte voorbeelde vir ons jeug!
  161. Chris
    2010/06/04 11:41:36
    Ek wil nou nie goed praat wat Andries gedoen het nie, maar ek dink dit het tyd geword dat die pers in hierdie land vasgevat word. Natuurlik is vryheid van spraak 'n goeie ding, maar dan moet dit met verantwoordelikheid uitgevoer word. Ek is so teleurgesteld in Huisgenoot, ek kan kots. Dat hulle nou van alle tydskrifte so laag moet daal en dit net om verkoopsyfers te kan wys.
  162. marie
    2010/06/04 11:41:33
    Helloooo dis nie Huisgenoot wat die rugby manne se lewens verwoes nie, hulle doen dit sommer self. Dis nie lekker om uitgevang te word nie! Nou word almal blameer behalwe meneer homself.
  163. Dudess
    2010/06/04 11:37:51
    Ag shame, nou gaan die traantjies kom (NADAT hy uitgevang is) natuurlik en die "dit was 'n fout"..... "vergewe my asb"....."sal dit nooit weer doen nie"..... manlike hoer !
  164. bob
    2010/06/04 11:36:33
    die vrou andries gesien het hoekom het jy nie na hom toe gestap en vir hom gevra warom hy ontrou is nie ek dink jy sou hom n guns gedoen het en jy dal beter gevoel het na als wat met hom nou kan gebeur ek dink ma net so
  165. lfb
    2010/06/04 11:32:04
    Sien almal verwys na "steelfotos" Om te steel is walglik net soos Huisgenoot is. Al die maagde by Huisgenoot sal een of ander tyd hulle verdiende loon kry.
    Andries, laat die wat onskuldig deur die lewe gaan en klippe gooi. ALMAL van ons maak foute en sal nog foute maak. Ek weet jy kom uit 'n fantastiese ouerhuis uit en dat jy opreg is as jy om vergewing vra. Ek raai nie, ek weet.
    Gaan aan met jou lewe en los die Huisgenoot op straat. Sterkte.
    Abi, ek admireer jou. Jou kommentaar is in die kol.
  166. Johann
    2010/06/04 11:28:05
    Wat het dit met Huisgenoot te doen? Huisgenoot raak 'n regte scum ponie tydskrif om in mense se persoonlike lewens in te kruip. Swak swak joernalistiek. Ek koop sowaar nie weer Huisgenoot nie (oh, ek het al opgehou koop sedert die stupid Robbie Klay storie in Huisgenoot verskyn het).
  167. jacka
    2010/06/04 11:24:31
    wat wou laat huisgenoot dit oopkrap .
    die bliks#$$% se vrouens is by die werk of huis en hulle neuk rond.
    nee jammer ek los hom dadelik myne dink ook die gras is groener daardie kant en as ek genoeg bewyse het vlieg hy sommer dadelik by die deur uit maar alles het mos rede en vertskonings.
    ek is 29 mnr ass nie 80 jy moet dit ook onthou
  168. BigB
    2010/06/04 11:18:42
    Vra sy vrou hoekom hy rondloop, maar wat hy doen kan nie erger wees as om 'n Stormer ondersteuner te wees nie.
  169. RUDEL
    2010/06/04 11:12:39
    Hi Andries ,gaan Craig Joubert nou ook die skuld kry.Om jammer te se beteken niks,hoe kan jy se dit was die 1ste keer maar dit gaan al 5 maande aan.Face the music.Pioni los hom hy gaan dit weer doen.Aan al die wulpse meisies kom maak n draai in die weskus
  170. Grapjas
    2010/06/04 11:12:32
    Leer die dinge by onse president...wat kan ek se?
  171. Ano-niem
    2010/06/04 11:10:16
    Ja, dis mos altyd makliker om vergifnis te kry as toestemming!! Vandag se mans het nie meer morele waardes nie. Ek dink 90% van mans vandag het affairs....of hulle nou bekend is of nie. Die huwelik beteken niks meer vandag nie. Dit is al hoe meer 'n verskynsel in vandag se jonger generasie. Ongelukkig is daar ook net soveel gewillige vrouens wat bereid is om huwelike te verwoes.......wens net hulle wil besef dat daar meer as net die vrou in die huwelik seer kry. Gewoonlik draai die wiel.......karma is 'n b*tch!!
  172. vanessa
    2010/06/04 10:54:51
    ag ons raak al gewoond hieraan! tiger woods Joost ...en nou die ou! wie is volgende ...al die selebs het lellike maniere! blyk dit vir my..wonder wie is `n waarlike rolmodel!
  173. Amelia
    2010/06/04 10:50:32
    Wat is dit met die rugby spelers, dat meeste van hulle, hulle vrouens verneuk. Ek is so bly ek is nie met een getroud nie, nee o wereld! Jy dink niemand sien jou nie, maar jy kan nie vir altyd daarmee wegkom nie, een of ander tyd gaan jy uitgevang word, Julle jong jikkerige poppies, los tog net die getroude mans uit !!!!!
  174. Manfred Daniels
    2010/06/04 10:46:21
    Andries Bekker jys my players player van d jaar,u are the next best thing,nie nt ek weet ma d hele Suid Afrika weet jy is d beste slot ter wêreld...."GO BEKKA"
  175. Rudi
    2010/06/04 10:46:17
    Ai, Andries. Hy het seker maar die truuks by Joost geleer...
  176. Abi
    2010/06/04 10:45:45
    Sterkte vir sy vrou. Ek het deur dieselfde hel gegaan van 'n ontroue man en hy en die vroumense is heel onskuldig. Ek is vandag die v&@k in die verhaal. Bekende mans word gou deur die jong meide verlei. Môre is jou huwelik op die rotse en die hekse gaan aan om 'n ander huis op te breek. Ek hoop sy vrou los hom nie. Wys vir die meide jy is sterker as wat ek was. Moet nou alleen met my 2 kinders sukkel want ek het scenes opgesit.
  177. Christoffel
    2010/06/04 10:43:13
    Ag wow, het huisgenoot niks ander stories as om rugby ouens se lewens te verwoes. Julle is lame en julle tydskrif oninteressant...............
  178. Barbs
    2010/06/04 10:42:11
    Ek kan nie glo dat na hoeveel verhoudingsontbloot is van bekende mans , daar nog is wat dink hulle kan dit kan wegkm daarmee nie..hoe stupid kan mens wees ??
  179. Annatjie
    2010/06/04 10:37:41
    Dit lyk my om verhoudings aan te knoop is maar 'n siekte onder die sportsmans. My dogter se man het ook gaan krieketspeel tydens toernooie, hy moes altyd in die week na oefening gaan vir 'n sogenaamde one on one met sy coach, ongelukkig was die one on one nie met sy coach nie!!!! (Dankie vir die getroude sportsmense wat hou by hulle huweliksbeloftes)
  180. Jeanette
    2010/06/04 10:27:43
    Is daar nog 'n getroude man wat nie ontrou is nie, lyk my hulle kan net na die tyd sê ek is jammer dit was 'n fout
  181. jo
    2010/06/04 10:26:12
    it lyk vir my die pers verlekker hulle daarin om vuil te wees . ek sal graag wil weet wat hwt hulle m et ander se privaatheid te doen het en pleks van iets goed vir die samelewig te doen benadeel hulle mense wat hulle niks mee te doen het nie. ek persoonlik weet van party van hulle wat self nie engeltjies is nie.