Eksklusief: Nicholis oor dieet-kullery

Die sanger bons soos ’n rubberballetjie by die kantoor van sy platemaatskappy in. Hy gesels dié kant, terg daai kant, die ene energie. Daar is ’n blos op sy wange, sy oë blink en sy glimlag is so breed soos dié van iemand wat pas ’n lepel geluk afgesluk het.

Nicholis Louw is skoon uitbundig, so amper asof hy nie besef hy is eintlik onder ’n skaduwee nie. Want die gewilde sanger se voormalige fiksheidsinstrukteur het pas in ’n koerant beweer hy het gereeld stimulante en steroïede gebruik terwyl hy die oefen- en eetprogram gevolg het wat Huisgenoot spesiaal vir hom uitgewerk het om hom te help gewig verloor.

Dit was glo dié middels wat hom gewig laat verloor het.

Hokaai, keer Nicholis, wag eers ’n bietjie. Hy erken hy het efedrien en steroïede gebruik, maar sê hy het lankal daarmee opgehou, lank voor hy verlede jaar Huisgenoot se program begin volg het.

Hy het sedert 2007 nog nooit weer aan die middels geraak nie, hou hy vol.

Dis waar, sy gewig het die afgelope ruk wipplank gery. Hy het 100 kg geweeg voor hy Huisgenoot se program vier maande lank gevolg en 10 kg verloor het.

Daarna het hy die verslankingsmiddel Simply Slim begin gebruik, en binne ’n maand nog sowat 5 kg verloor. Maar hy het dié toe weer oor Kersfees aangesit! Hy weeg deesdae 90 kg, en mik na 78 kg.

Hy het Simply Slim nog tot onlangs gebruik, selfs nadat hy gehoor het “vier vroue is daaraan dood”, en eers opgehou toe sy meisie, Denise Shrewsbury, hom gesmeek het om dit te staak. Dié dieetpil is onlangs verbied.

“Ek het nog altyd gesê ek wil nie hê mense moet my as ’n rolmodel beskou nie. Ek is ’n sanger. As jy van my musiek hou, koop dit. As jy nie daarvan hou nie, moet dit nie koop nie. Dis dit,” sê hy.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (81)


  1. Britney
    2010/06/01 03:25:19 nm
    To Megan: Get a life.
  2. marie
    2010/05/02 09:32:22 nm
    Nicholis jy is pragtig of jy nou vet of maer is jou sang is al wat tel ek geniet jou baie
  3. deirdre stevens
    2010/05/02 03:55:31 nm
    nou wat de hel het dit nou met enige iemand te doen of hy dit gebruik het of ni??? vaderland!!
  4. Drienie Nortje
    2010/04/30 03:02:09 nm
    Ag los die man tog uit.!!!!! Al is ek nie 'n Nicholis fan nie. Dit maak my naar dat sodra 'n seleb 'n fout maak dan het almal skielik iets te sê maar solank hulle geld gekry het toe hulle vir hom "gewerk was almal stil" Soek iets meet interesant om op te fokus.
  5. Elaine
    2010/04/07 08:51:08 nm
    Los hom uit al julle vetties julle is net jaloers jy mag maar daai lyfie rock
    waar koop jy jou jeans hulle is so HOT.
    Lief vir jou en al die Afrikaanse sangers ongeag van al julle foute ons is maar net menslik en wat is mooier as menslikheid.
  6. Marie Hattingh
    2010/04/04 11:38:23
    Nicolas, ons is almal net mense en maak almal foute.
    Hou net aan positief bly, kyk op en moenie na negatiewe mense luister nie so sal jy altyd positief bly. Ek staan by jou en so ook baie ander.
    Sterk bly en ons is lief vir jou.
  7. Charleen
    2010/03/24 06:52:01 nm
    NICHOLIS LOUW JY ROCK, ek is 'n groot "fan" van jou!!!! Ek dink net die mense is jaloers op Nicholis. Ek wil ook net sê, moenie jou steur aan die mense se praatjies nie, wanneer kom hou Nicholis 'n show in Sasolburg?
  8. annatjie
    2010/03/23 01:27:43 nm
    Hallo Riekie,
    Ek doen dit met graagte. Weet net nie hoe nie. Jy gaan seker nie jou e-pos hier gee nie. Dit is 'n vinnige verloor plan vir hart patiente wat moet gewig verloor voor operasies en werk soos 'n bom. Ek het 3 verskillendes en ook iets anders wat ook werk. Laat weet maar hoe ons gaan maak as jy belangstel. Groete
  9. Weena
    2010/03/22 01:59:37 nm
    Nicholis. Niemand mag jou oordeel nie!! Jy maak goeie musiek en dit is hoe dit is!! Jou gewig en gewigsverlies is jou besigheid. Ek sukkel ook al die afgelope paar jaar met my gewig en het ook alles probeer!! Ek het Simply Slim gebruik en SAL dit weer koop as ek kan!!! Dit het my verseker gehelp om my eet gewoontes te beheer!! Ek kom van dieselfde dorp as jy en het saam met jou matrikuleer!! Al wat jy en ander ouens soos Joe Niemand doen, is om vir ons te wys, ONS KAN!!! Sterkte en ek sal jou nog steeds ondersteun!!
  10. ANNA-MART
    2010/03/22 01:16:50 nm
    Ja wel ek hoop nie enige iemand anders gebruik Nicholas se eks fiksheidsinstrukteur
    nie want obviously het hy 'n verskriklike probleem. So what as Nicholas iets gebruik
    het om gewig te verloor? Het enige iemand seergekry daardeur? Nee ek betwyfel
    dit sterk en as dit vir hom werk dan se ek go for gold! Ten minste het hy dit nie ontken
    en toe erken en probeer verskonings maak nie hy is wie hy is en klaar hy dwing
    niemand om van hom te hou nie. LOS DIE MAN UIT!!!!!!!!!!!
  11. Riekie
    2010/03/20 12:43:17 nm
    Nicholis... ek hou baie van jou musiek..... Te hel met die mense!

    Annatjie, wil jy nie vir my daai eetplan stuur nie asb???

  12. Alta
    2010/03/19 06:28:35 nm
    Ag nee wors man! Dis nou nie asof die man miljoene rande se bedrog gepleeg het, 12 vrouens het of iemand vermoor het nie???? Waaroor is die bohaai nou eintlik??? Watter wet het hy oortree???
    Nicholis.... jy ROCK ou.... hou so aan... gee gas... gooi mielies... en kap daai klomp kwaadstokers 'n "flat ignore"...
  13. annatjie
    2010/03/19 02:31:20 nm
    Vele se dit in hul kommentaar, maar ek gaan ook. Jou musiek is fenominaal awesome om na te luister. Roer elke hartsnaar wat geroer moet word vir my. So....... maak nie aan my saak wat jy gebruik/gebruik het/nog gaan gebruik of doen om jou gewig op die vlak te bring waar jy tevrede daarmee gaan wees nie. Dit is altyd makliker om buite die kring te staan en vingers na binne te wys. Sterkte met die ou vetjies. Ek het wel 'n baie goeie eetplan indien jy sou belangstel.
  14. MARYNA
    2010/03/19 08:34:47
    Nicolas, jy kan doen wat jy wil - dink net hoe jou aksies regtig jou gesondheid affekteer en hoe dit die mense NAASTE aan jou beinvloed.
  15. Leon
    2010/03/19 08:14:26
    As mens nie goed kan praat oor iemand of enige iets nie,dan bly liewer stil.Mense moet leer om nie te oordeel nie.Al die mense met negetiewe kometaar, onthou net daar is niemand wat net sit en kyk wat jy wat jy verkeerd doen en sodra jy dit doen jou af te kraak nie,en ek glo jy wil ook nie dit laat gebeur met jou nie.As jy nie van sy musiek of van hom hou nie,hou dit vir jouself dit is nie nodig om hom sleg te maak nie. Ek stem saam met Nicholis, Koop sy musiek as jy daarvan hou en as jy nie, koop dit dan nie en bly stil.Hy het nie nodig om enige iets negetief te hoor nie. Hy het ook nie nodig om te andwoord aan die publiek of enige iemand behalwe God nie.Niemand as mens, nie ek,jy of Nicholis is volmaak nie net God is, Probeer dit onthou en julle lewe sal dalk ook beter word.Los ander mense uit en kyk eerder self na julle sin.Praat goed of eerder glad nie. Laastens,ek dink Nicholis Is die beste sanger met die meeste energie. Mens het lewe nodig, Hou so aan en hou God in jou lewe dan kan jy alles hanteer wat jy moet sonder veel moeite.
  16. Anita
    2010/03/18 04:21:46 nm
    Mense het niks beter om met hulle tyd te doen as om ander mense aftebreek nie. Los hom dat hy sy gewig verloor, Mense verloor 10Kg in 6 weke. Hy sing fantasties en party mense kan nie goed in ander mense sien nie. Hy is wie hy is maer of vet. Aanvaar hom soos hy is.
  17. Jeanette
    2010/03/18 09:38:15
    Nicholis sing pragtig hy is borrelend .
    As dit pille gaan vat om mense te laat lag mag hulle maar want om in suur gesigte vas te kyk is erg.
    Vandag is dit nie maklik om net te lag nie daarom moet ons vasklou aan ons geloof om staande te bly .Daar is niks lekkerder as om na opgeruimde mense te luister nie.Dis aansteeklik.
  18. Jolene
    2010/03/17 03:53:56 nm
    Dit is nie lekker om in 'n liggam te woon wat jy nie as joune erken nie. Dis nie dat jy jouself laat gaan het nie, maar jy word ouer en is lank se tyd nie meer die tiener meisie wat 'n nommer agt dra nie. Jy het 'n besige lewe, kinders, skool, werk en huis hou maak dit feitlik ontmoontlik om werklik tyd vir draf of stap te maak. Tensy jy natuurlik jou vyf uur opstannery na 4 uur toe wil skuif sodat jy ekstra tyd het. Ek is trots op Nicholis. Hy het gesien hy moet iets aan homself begin doen, en begin doen. Hoe hy dit gedoen het is volkome sy probleem. Jan, Piet en koos by die gym se name word nerens genoem nie en hulle gebruik al jare die verbode middels. Die fiksheids instrukteurs en gymmers wat die goedjies verskaf se name ook nie. Wat maak Nischolis minder mens? Hy is net so goed soos jou boetie, kerel of pel wat dit ook al gebruik het. Ek is trots op hom. Ek en my dogters is gek oor sy musiek! En sal aanhou om sy musiek te luister al weeg hy 178kg!

    Dankie dat Huisgenoot hom kans gee om sy kant ook te stel!
  19. ALIDA OPPERMAN
    2010/03/17 02:04:18 nm
    Ek glo ni aan enige vorm van dieet ni. Ek probeer reg eet en oefen. Dit werk. Almal wat ek ken dieet al ewig. Nicolas moet net reg eet. Hy spring genoeg op verhoe rond om gewig te verloor
  20. cynthia
    2010/03/17 01:37:30 nm
    As Nicholas dan 'n probleem gehad het met vet, het hy darem iets daaraan gedoen, ek hou baie van hom
  21. Louisa
    2010/03/17 11:59:43
    Ag, hoeveel van ons het tog nie ook daai pilletjie gesluk nie. Maar omdat Nicolis dit gedrink het, en hy lyk stunning, nou is dit 'n groot probleem.
    Mense is net jaloers op daai sexy lyf. Ek wens mense wil ons Suid-Afrikaanse, en veral AFRIKAANSE, sangers en sportmense net uit los. Hoekom almal se sleg soek. Kyk eerder na die goed wat hulle verrig. Julle sal verbaas wees hoeveel jongmense veral deur diè mense wat dan so "vreeslik sleg is" geïnspereer word. Komaan!! Sien dan bietjie die positief raak en bou daarop. Los hulle om self hulle negatief uit te sorteer. Net omdat jy sy CD of poster koop gee jou nie die reg om sy persoonlike lewe oop te vlek en hom in repies te skeur nie. More neem iemand dalk 'n foto van jou op die strand en jy lyk dikker as wat hulle dink jy moet wees, gee dit hulle dan die reg om JOU in repies te skeur? Bou positief. Daar is genoeg negatief in die lewe.
  22. Ekke
    2010/03/17 11:31:18
    Aan Louise

    Het jy dalk n woorde boek? Want jou spelling is vrot!!
  23. ANA SE NIEM
    2010/03/16 10:56:56 nm
    Nic ek se jou wat mense probeer drugs om te party! at least gebruik jy drugs om jouself te verbeter niemand se jy is verslaafde steroid gebruiker nie ,het jy gese jys die nuwe ronnie Coleman? youve tried it so f *7ing what! Vergeet en vergewe pel keep singing!!!ek party my moer suur in london op jou musiek ons hou jou naam hoog pel!!!!!! IN BOB WE TRUST THE REST PAY CASH, email my as jy wil praat oor jou probleem ha ha ha
  24. deidre
    2010/03/16 04:00:56 nm
    hmmmm ek is nogsteeds mal oor jou.. ek geniet jou musiek vreeslik en wens net di publiek wil op hou sit en wag tot julle iets verkeerd doen.. ons almal is mense.. met elkeen sy eie lewe.. eks gek oor jou nicholis.. en weet ni hoekom j gewig wil vweloor nie..
    jy is great!!!!!!
  25. Louise
    2010/03/16 03:01:03 nm
    Verskoon my! As jy gekies het om 'n openbare figuur te wees/word moet jy vat wat jou kant toe kom!! Het al julle honderde "fens" al mooi na Nikolaas alias "Nicholis" se singery geluister. Ek glo nie so nie, want dan sou julle besef het, hy praat/fluister 3/4 van die tyd of anders skree hy! Ek lees 'n paar mense se kommentaar hier en is verstom oor die taal gebruik, om van die spelling nie eers te praat nie. Stem saam! Aan jou aanhangers sal jy geken word. Aangesien ek eintlike engels is I have to agree - Live and let live!!
  26. D *
    2010/03/16 02:40:40 nm
    Joernaliste soek net sensasie. 'n Storie het altyd 2 kante, maar dit wat die 1 sê en wat ons van die ander in die koerant lees - sal net die betrokke partye weet wats die waarheid. Ek kies nie kante nie, maar mense moet ophou stereotopeer. Die hoogste bome kry maar altyd die meeste wind - vra my ek weet waarvan ek praat!!
  27. Cynthia
    2010/03/16 02:29:07 nm
    Nicholas is stunning
  28. Suzie
    2010/03/16 02:19:29 nm
    Nicholis, ek is persoonlik nie een van jou aanhangers nie, 'n paar van jou "songs" is mooi, maar weet jy wat ... Jou persoonlike lewe en dit wat jy doen het absoluut NIKS (ek wil amper sê FO*OL) met ander uit te waai nie. Jy is wie jy is en wie jy WIL WEES!! Jy's reg, of hulle koop jou musiek of hulle bly daarsonder.
  29. Johann
    2010/03/16 01:46:07 nm
    Ag, nee wat die arme Nicholis in vandag se lewe sukkel ons almal met die ou vetjies.
    Nicholis is in sy eie reg en ek weet nie wat die outjie die so called fiksheidafrigter probeer doen het nie lekker suur druiwe sal ek sê. Go Nicholis jy het nie nodig om terug te staan vir enige ding nie jy het dit en jou musiek is top. Moet jouself nie verander ten gunste van 'n so called rolmodel. Doen wat jy wil dit gaan eintlik niemand aan nie.
  30. tina vz
    2010/03/16 01:09:28 nm
    wat is fout met die storie oor Nicholis? As hy 'n probleem gehad het om oor sy gewig te praat sou hy mos nie die onderhoud toegestaan het nie? Hy vertel mos sy kant van die storie.As hy nie wou nie, dan kon hy mos net gese het dat hy nie wil nie? Of hoe? Ek het die artikel gelees en dis redelik oopkop geskryf en dit vel nie 'n oordeel oor Nicholis nie.
  31. lensie
    2010/03/16 01:05:32 nm
    hahaha nou skielik is Nicholis se lewe verwoes! Hoe is dit verwoes?Hemel van julle is naief! Kla kla kla oor huisgenoot wat daarop uit is om beroemdes te vernietig. hahaha. Hoekom sal hulle nou dit wil doen? Huisgenoot het celebs nodig en celebs het Huisgenoot nodig... it's the circle of life. En celebs verwoes gewoonlik hul eie lewens. Ek lag ook kliphard vir 'n aanhaling aan die einde van die artikel oor Nicholis "ek wil 'n gesonde leefstyl volg"... hahahahaha om simply slim en steroiedes te gebruik is nie gesond nie - jy mag dalk 'n mooi lyf he, maar jou arme hart en ander organe ly daaronder... maar dis mos die uiterlike wat tel.
  32. rrr
    2010/03/16 12:54:39 nm
    mense is darem skynheilig... dis ongelooflik hoe sommiges Simply Slim en Nicholis se gebruik daarvan probeer goedpraat , en dit verbaas my dat mense nog nie Bybelse tekse aangehaal het om Simply Slim te regverdig nie.
  33. Susan
    2010/03/16 12:47:03 nm
    Nicholis! Moenie jouself aan ons verduidelik nie.. dit het NIKS met ons uit te waai nie..
  34. Susan
    2010/03/16 12:45:18 nm
    weet jy ek blameer eintlik Huisgenoot wat ons elke week lees om mense se lewens so te verwoes., julle hanteer van woorde en opskrifte is waar die fout lê..
    Sê liewer Nicholis Louw!! 'n Ster.. wat te hel het steroide met ons te doen.. kry 'n lewe
  35. Nicholas Louw FAN2
    2010/03/16 12:36:03 nm
    1. Nicholas jou ROCK Baby....Jy mag maar en ons is almal trots op jou!!!
    "Vergeet en vergewe, dus wat die liefde leer"
    Jou musiek is uit die boonste rakke, gepraat daarvan "be glad" want heel duidelik vang die hoogste bome die meeste wind, snaaks dat die bohaai nou groter is omdat jy Simply Slim gebruik het...nog "n masiewe boom wat baie wind gevang het en gestaak is, hul was daagliks, weekliks en heel duidelik nogsteeds in die nuus...so dit maak sin!!!
    2. Simply Slim was 'n uitstekende produk wat werklik gewerk het, dit het my en talle ander mense se lewens verander, na jare se gesukkel en dieet na die ander...en ek weet albei van julle sal staan wat reg is, en groter as ooit uitstyg!!! (nothing can keep a good man down)
    3. Ek kan nie dit beter gese het nie Isablle, hoeveel beter sal ons land wees as die media net wil ophou oor die negatiewe en eerder FOKUS op die Positiewe....komaan mense dit is tog wat regte joy bring...mens se sukses....om te LEWE...en om iets goed in ander se lewens te beteken......om te sien dat reg geskied...Nicholas ek vat eerder jou artikel en rejoice in die feit dat jy 'n meisie het wat jou lief het en dat jy geluk gevind het, dat jy wel beter oor jouself voel en dat jy 'n man is wat opstaan vir die waarheid!
    3. Nie een van ons het die reg om enige iemand te oordeel nie...."splinter in jou oog".....niemand is volmaak en sonder foute nie en media moet nie bekommer nie eendag sal almal se donkerste in die lig gebring word waar hy/sy self verantwoording moet doen. As mense net kan besef watse letsels hul eintlik los as hulle ander sleg maak en beskinner, onthou God is alomteenwoordig!!!
  36. Nicholis Fan
    2010/03/16 10:08:56
    Ek staan 100% agter Nicholis en ja...Joost en Steve en Clay en Jurie se storie raak nou afgesaag
    en nou soek hulle iemand nuuts om oor te skinder en ongelukkig is dit die keer
    Nicholis! En ja..hys 'n mens soos elkeen van ons! As een van ons gewone mense
    steroids gebruik of verslankingsmiddels gaan daar nie 'n oog oor geknip word nie!

    Hou aan om jou ROCKING musiek te produseer! En weet dat jou fans agter jou is...

    P.S. En jyt immers genoeg fans om jou nie te steur aan daai handjie vol vrot aartappels
    nie!!!
  37. Bianca
    2010/03/16 09:01:03
    My eerlike opinie is dat Nicholis 'n mens is net soos die res van ons! Hou op
    negatiewe kommentaar lewer as jy jaloers is en hou dit vir jouself. Nicholis is 'n
    goeie mens en die beste sanger ooit. Biljoene mense gebruik steriodes en effedrien.
    Dit is "illigal" ja, maar om CD's te copy is ook illigal! C'mon - het jy nog nooit n CD
    gecopy nie? Nou ja - hou jou bek.
  38. Isabelle
    2010/03/16 08:51:47
    Ek adminireer jou. Jy is net 'n mens, en dankie dat jy dit aan mense vertel. Niemand is perfek nie. Strekte met alles. Jou musiek is fantasties en jou shows.
  39. ursula
    2010/03/16 08:14:55
    Jy sing pragtig! Jy gee ons 'n ekstra stappie in die dag! Mense sal enige storie soek vir sensasie en geld! Ons geniet jou!
  40. TERSIA
    2010/03/15 05:55:19 nm
    As julle nie iets goed van iemand anders kan se nie los maar julle komentaar..... Nicholis is een van Suid-Afrika se beste sangers. As julle nie kan sing soos Nicholis nie dan is julle te vet om te kan want die persone wat lelike komentaar gee het seker 'n selfbeeld probleem, en voel goed as hulle iemand soos Nicholis kan afkraak. Daar is niks fout met hom nie, ek het al Nicholis persoonlik ontmoet en hy's die beste. En 'n man moet bietjie vetjies he anders is dit nie 'n man nie 'n vrou hou daarvan... Nicholis jy lyk uitstekend, is oulik, het 'n goeie mense verhouding, en is BAIE BAIE SEXY. As ek jy was sou ek my nie daaraan steur wat ander se nie. Jy is die beste!!!! Sing briljant en ROCK DAAI LYFIE BABY!!

    Grootste Aanhanger

    Tersia
    XXXXX
  41. Jana Hammon
    2010/03/15 04:51:15 nm
    Jy is een van die Beste Sangers wat ek nog ooit raak gesien het jou musiek is puik.. Jy is wie jy is en dis niemand aners se saak nie wat jy doen om jou gewig te verloor is 100% jou saak.. Bly nes jy is, jy is STUNNING!!!! Sterkte

    P.S. Bly weg van Simply Slim Af asb.. Dis Gif..

    Groete Jana xx
  42. ***
    2010/03/15 03:42:56 nm
    Nicholis

    Moet jouself nie steur aan al die negatiewe dinge wat gese word nie!
    Jy is stunning nes jy is.
    Hou jou kop op ..... en........rock daai lyfie!!!!! Want jy mag maar :)
  43. BEF
    2010/03/15 03:06:16 nm
    NOU WONDER EK.....
    MENSE IS GOU OM OOR NICOLAAS TE PRAAT WAT EFEDRIEN EN
    STEROIDE GEBRUIK HET ....... MAAR WAT VAN AL DIE BEROEMDES WAT
    "WERK" AAN HULLE LAAT DOEN? IS DIT NIE MAAR DIE SELFDE DING NIE.
    DAN MOET MENSE MOS KLA OOR SKOONHEIDS MIDDELS OOK!!
    A NEE A ..... LOS DIE MAN UIT!!!!
  44. Selwyn
    2010/03/15 03:04:50 nm
    As dit ni steve is nie.Is dit joost.Ni joost ni dan nicolis.Hul net mense soos ons almal.Kom reg mense!
  45. Mariska
    2010/03/15 02:57:32 nm
    Ja dit wat hy gedoen het was verkeerd maar ons almal maak foute, die verskil is net almal lees nie daarvan in die huisgenoot of koerant nie... Ek was by een van sy shows in bloem waar hy bitter lelik met die kinders was en daar het ek n moerse gly in hom gekry, maar dit beteken nie dat ek my nou verlekker in elke fout wat hy maak nie.... Mens bly mens en solank jy een is sal jy altyd foute maak...
  46. My Mening
    2010/03/15 02:35:45 nm
    Sjoe... ek is verbaas oor hoe naief mense kan wees. Ja, ek stem saam - daar is niks fout met Nicholis as sanger nie, en ja hy is maar net mens – maar hy is ook ‘n celeb wat in die openbare oog is, en daarom onder ‘n vergrootglas. As julle die volle artikel in Huisgenoot lees, en die vorige artikels oor hom, en nie net lees/sien wat julle wil nie, dan sal julle weet dat hy sy sogenaamde dieet as ‘n publisiteitsfoefie probeer gebruik het (saam met Huisgenoot) en dit probeer voorgee het as ‘n gesonde/gebalanseerde dieet. En Huisgenoot het Nicholis hierin ondersteun, want dit was great wat hy probeer doen het en sy gewigsverlies was ‘n inspirasie vir ander. Maar nou dat Huisgenoot skryf oor dat Nicholis nie heeltemal eerlik is oor sy dieet nie, nou kruisig julle almal die boodskapper? Moes Huisgenoot dan eerder stilgebly het oor Nicholis wat vir almal ‘n rat voor die oë probeer draai het? En die grap is, hierdie artikel lig net Nicholis se profiel en sal net vir hom meer CD verkope en geld in die bank beteken! Boonop, as Nicholis oorspronklik sy dieet en gewigsverlies as publisiteitsfoefie wou gebruik, moet nie hy of sy fans nou kla as die “donker kant” daarvan na vore kom nie.
  47. Gerda
    2010/03/15 01:25:22 nm
    Asb help Nicholis om op te hou sing. Hy is die swakste sanger ooit in die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Hy is vrek vet en dom. LOL. Op Facebook is daar selfs 'n groep wat gekant is teen die swaap. En ek ondersteun die groep 150%
  48. HANTIE
    2010/03/15 01:04:23 nm
    haai Nicholis sterkte voorentoe met jou sangloop baan en jy bly nog steeds die top sanger. Moenie jou aan die publiek of media steer nie hulle is almal mense nes jy. hou jou kop hoog.
  49. Sannie
    2010/03/15 11:56:59
    Ek en Nicholis het dieselfde probleem......ons is verslaaf aan tjoklits!! SO WHAT?? Hy het die talent en die looks en ek sal maar sy CD's koop. Ek is net bly hy het sy hare gesny en van daai rooi stert ontslae geraak....hoekom het niemand daaroor geskryf nie??

  50. 2010/03/14 11:55:04 nm
    Ag en onder watse skaduwee nogal Nicholis? Daai instrukteur wat jy gehad het, kort sweerlik geld en probeer sy storie verkoop. Watse storie? Ek meen as jy nou 'n rugbyspeler was, dan sou dit 'n kwessie gewees het met die steroïde saam. Duisende mans gebruik dit. Effedrien word by elke tweede winkel verkoop. In enige vorm. Die wakkerbly pilletjie "tiger eye" bevat effedrien. So wat is die issue. Ek weet nie veel van Simply Slim nie, net maar wat ek in die media van gehoor het, maar "so what" dit was 'n dieetpil. Wat de duiwel hel het dit in elkgeval enige iets met enige iemand te doen oor hoe jy gewig verloor het? So lig op jou kop en sing want jy kan en jy mag. Jy hoef niemand onverskoning te vra nie want jy het volgens my nou nie rerig iets verkeerd gedoen nie. Vergeet jou gewig en leef jou lewe.. Sterkte
  51. Laminda Parsons
    2010/03/14 08:55:36 nm
    Ja ek stem saam..... Dit het niks met niemand uit te waai wat jy in jou privaate tyd doen nie,..... solank ons net jou sexy lyf en stem nog elke dag kan hoor. Ek is mal oor jou en laaik jou somme stukkend!!!!!!!!! Hou aan sulke stunning liedjies sing,,,, van n BAJA lojaale fan!!!!!!!!!
  52. CHALLO
    2010/03/14 07:17:27 nm
    Die fiksheidsinstrukteur soek aandag, hy was seker nog die verskafer van die middels. Miskien moet die die gereg die mannetjie ondersoek; lyk of die instrukteur in die tronk hoort. Kyk wat jul kan doen HUISGENOOT want sulke fiksheid instrukteurs is gevaarlik. DANKIE!
  53. Lena Pieterse
    2010/03/13 12:34:51 nm
    Ag nee a mense!!!! Wat gaan aan met ons mensdom? Nicholis is 'n opregte mens wat net probeer om homself te verbeter. Daar is der duisende mense wat elke dag allerande middels gebruik van kopseerpille tot dwelms vir alle doeleindes. Ons behoort nie te veroordeel nie maar eder op die uitkyk wees vir maatskapye wat ons probeer kul met hul "wonder drugs". Nicholis ek en duisende fans is 100% agter jou en bly altyd die mens wat jy is. Love you lots. Lena Pieterse. JY ROCK
  54. Adri
    2010/03/12 11:39:39 nm
    Megan moet leer spel!!!
  55. Gerda
    2010/03/12 08:01:22 nm
    Ek haal my hoed af vir jou. Eerstens vir jou eerlikheid, jou great personality en bowenal net omdat jy jy is! Al hierdie mense wat sulke "opinies" het, het seker nog nooit gewigsprobleme gehad nie, anders sou hulle besef het watse hel mens deurgaan om gewig te verloor. Lyk my ek en jy loop dieselfde paadjie, weeg dieselfde, het selfde tyd begin verloor, maar die verskil is dat ek oor Desember aangehou het met my "gesond-eet" en het tot dusver 14kg verloor. Die grootste geheim is om dit vir jouself te doen, nie daaraan te dink as "dieet" nie, oefen en eet gesond(maar jy mag een maal 'n week een ete cheat). Dit werk regtig. Sterkte en kan nie wag om 'n gesonde jy by jou volgende show in Pta te sien nie. P.S. Megan, wie ookal jy is, as jy nie weet waarvan jy praat nie bly eerder stil, especially jou taalgebruik, dis mense soos jy wat eintlik "commin" is!
  56. suritha
    2010/03/12 06:36:59 nm
    Nicholis die mense wat nie 'n fan van jou is nie weet nie wat hulle mis nie. Lief jou
    altyd. Jy bly die beste van die beste.
  57. Janine Mostert
    2010/03/12 06:05:36 nm
    Nicholis ons het almal foute. Die beste is om dit te erken en aan te beweeg. Jy is uniek net soos jy is. Jy hoef nie gewig te verloor nie, aanvaar net jouself.
  58. Elouise van Zyl
    2010/03/12 04:28:39 nm
    Nicholis, jy bly tops!

    Ek wens die media wil uit mense se persoonlike sake uitbly. Bemoei julle met dinge wat belangrik is! Nicholis en al die ander bekendes is net mense... En almal maak foute - solank jy daaruit leer. En volgens my het hy nie juis iets verkeerds gedoen nie!
  59. Karen
    2010/03/12 03:54:46 nm
    Ons almal is net mense, hy het sy eie lewe en wil ook lewe soos enige een van ons. Ons maak ook simpel foute,

    Jy Lyk Goed Nicholis!
  60. Renier
    2010/03/12 03:43:08 nm
    'kyk nou net die komentaar.Nicholis my vriend maak nie saak wat hulle se of doen nie jy sal NR1 bly met jou musiek en jou entertainment op die verhoog.Sien jou KKNK my vriend.Die mense moet jou dalk eers beter leer ken voor hulle aantuigings maak.Ek het net soos jy gelyk,maar toe begin ek gym,dit doen wondere vir n mens.Harde werk maar dit help.
    Voorspoed.laat die slegte komentaar soos water oor een se rug loop.
  61. Ellouise van der Merwe
    2010/03/12 03:08:56 nm
    Mens sou sweer Nicholis Louw gebruik kokaine - Solank hy sing soos hy sing en doen wat hy weet hy goed doen sal hy altyd my tone laat krul.
    Ek stem saam met Nicholis as hy sê hy is 'n sanger as jy van sy musiek hou koop dit as jy nie los dit - dus mens het altyd 'n keuse hou van hom as jy wil of hou nie van hom as jy wil. Wat hy doen, wat hy nie doen nie, waar hy bly, saam wie hy bly of nie bly nie is sy keuse, mens klim nie in iemand se karakter in nie veral as mens nie die persoon persoonlik ken nie. Vir my sing Nicholis Louw die beste en sy "sexygeit" net 'n bonus!
  62. Santie De Lange
    2010/03/12 03:06:19 nm
    Los die man uit. Steroiedes is vrylik beskikbaar en al die bekende en gespierdes gebruik dit - solank jy die prys kan betaal! Wat van Robbie Klay, Kurt Darren, Steve Hofmeyr, Jay?? Komaan - moet nie vir my se hul het dit nog nooit gebruik of dalk steeds gebruik nie! Wie de hel gee eintlik om? Dink enige iemand Robbie en Nicholas is gespierd net deur oefening en gym? Ek is seker daar is meer nuuswaardigheid as dit?
  63. Lourina
    2010/03/12 03:01:00 nm
    Dis net mense wat jaloers is!!!! Jy lyk stunning Nicholis!! Moenie dat mense jou weer vet maak nie... Ek het 20kg in 5 maande verloor nie met simply slim nie net iets anders!! Ek lyk en voel goed!!!! Hou so aan.....
  64. DJ
    2010/03/12 02:57:17 nm
    Nic, almal het foute, so vergeet van wat ander mense se en dink ... jy bly 'n ROCK icon vir ons ... Ek en my Liefste is mal oor jou.
  65. Dalene
    2010/03/12 02:44:40 nm
    Wie is ons om klippe te gooi. Die meeste van ons het al dieetmiddels gebruik of dit baie sterk oorweeg. Dankie Nicolis dat jy erken jy het 'n gewigprobleem en dat jy ook soos ons gewone mense enige iets sal doen om daarvan ontslae te raad. Jy ROCK steeds!
  66. ekke
    2010/03/12 02:35:56 nm
    Moenie worry man, dit is die lewe. Ek is nie beroemd nie, bly net in die hoofstraat van 'n sogenaamde klein dorpie en ek word beskinder. So gaan dit. Ek meen ek is ongetroud en 'n ongetroude man kom kuier by my en dit is voorbladnuus en nuus by elke liewe plek op die dorp. Onthou..... ten minste het niemand jou vergeet nie. Groete
  67. isabella
    2010/03/12 02:23:52 nm
    Om in die publieke oog te wees kom saam met bekendheid. Hulle is altyd n teiken.....

    *Ek sal graag alle koerante net vir een dag wil uitdaag om in die hele koerant net
    positiewe dinge te skryf. Dit sal nogal interesant wees om te kan sien of hulle dit kan
    doen en hoeveel bladsye dit gaan behels. Of wat dink julle?????
  68. Megan
    2010/03/12 01:32:31 nm
    Who the phuck cares? hy's vet, lelik, dom, op drugs, sing soos sy alie, het die domste, komminste aanhangers ooit...regtig....who the phuck cares????? Nicholis, jy is BESLIS nie tops nie. Moenie aanhou nie.
  69. MM
    2010/03/12 01:10:23 nm
    As ek hierdie kommentaar lees, is ek so bly ek is nie 'n Nicholis (of Steve of Joost of wie ookal in Afrikaans probeer sing) aanhanger nie. Aan jou fans sal jy geken word, en ek hou liefs hier verby!
  70. Megmon
    2010/03/12 01:03:04 nm
    Ai Ai, dit breek my as mense altyd die slegte kant van bekende mense moet uitbring, seker hulle het niks om uit te bring, plaas hulle konsentreer op Nicolas se nuwe album , hoekom kyk na sy lyf, sy stem maak sy musiek nie sy gewig of lyfie nie, huisgenoot konsentreer n sleg om mense so JUB JUB wat verantwoordelik is vir vier kinders se dood te ontbloot en los die sangers n slag uit, waarnatoe gaan die wereld, bring altyd eerste die slegte in mense uit voor die goeies uitkom, ek is seker Nicolas sal nie weer verskyn op n voorblad as hy weer iets verkeerd doen nie...wot a waste!!!
  71. Dominique vd Merwe
    2010/03/12 12:31:25 nm
    ek het ook simply slim gebruik en niks oorgekom behalwe om gewig te verloor nie. as dit ini hande kan kry sal ek ook steroides gebruik wat as vetverbranders werk... nou wonder ek net of julle 'n artikel oor my ook gaan plaas?

    wie gee om as nicholis hierdie produkte gebruik het en daaroor gejok het? hy het niemand enige skade aangedoen of seergemaak nie. beste van als is dat hy daaroor gebieg het, wat net wys watter MAN hy is !!! 'n paar immergewilde rugbyspelers en sangers kan gerus by hom gaan leer...

    nicholis, ons sal altyd jou fans bly en lief bly vir jou. jy rock !!!
  72. Dominique
    2010/03/12 12:25:19 nm
    ek het ook simply slim gebruik...niks daarvan oorgekom nie en spyt dat dit vani mark onttrek is. en as ek dit ini hande kan kry, sal ek ook steroides bebruik wat werk as vetverbranders...so gaan julle nou ook 'n artikel oor my ini huisgenoot plaas?

    wat maak dit saak as hy hierdie produkte gebruik het? hy het niemand benadeel of laat seerkry nie, en hy het gebieg. wat 'n man !! ons immergewilde rugbyspelers en sangers kan gerus by hom 'n ietsie gaan leer...

    ek weet nie waarom huisgenoot ink en papier mors op hierdie artikel nie? ek is wel bly dat iemand anders as kurt darren en die akteurs van 7de laan die voorblad haal.

    nicholis, ons bly jou fans en ons bly lief vir jou !! jy rock big time en niks gaan dit verander nie !!!
  73. Crystal
    2010/03/12 12:24:34 nm
    Ek gee nie om wat mense se van Nicholis nie! Hy is vir my SEXY en sy musiek ROCK!!!!!!! Nicholis jy is my IDOL, JY ROCK!!!
  74. antoinette Smith
    2010/03/12 12:14:12 nm
    Nicholis

    Jy lyk stunning! Hou aan met die harde werk.

  75. ANDRIESA
    2010/03/12 12:10:18 nm
    Ek is net baie bly dat ek nie bekend of beroemd is nie. Ek is baie jammer vir hulle. (Nicholis Louw).
    Nicholis daar is nie n maklikke manier nie, al wat werk is oefen en reg eet.
    Ons swig maar almal vir die lekker goed.
    Sterkte en moet jou nie te veel aan die mense steur nie.
    Ek en my hele gesin is mal oor jou en jou musiek.
  76. Bertie Lambrechts
    2010/03/12 12:07:29 nm
    Ek en vele ander het Simply Slim gebruik en absoluut niks daarvan oorgekom behalwe om gewig te verloor nie. Dit is omdat daar so baie druk op ons kunstenaars is om altyd goed te lyk, dat sulke dinge gebeur.
    Dit is reg Nicolis, moenie jou steur aan al hierdie snert nie. Jy sal altyd jou aanhangers hê om die eenvoudige rede dat jy 'n pragtige stem het. 'n Mens hoef slegs na jou ELVIS liedjies te luister om te beself dat jy REGTIG kan sing.
  77. endika
    2010/03/12 11:58:02
    Love you Nicholis
  78. Christien Pretorius
    2010/03/12 11:44:47
    Nicholis jy sal tops bly. Ek het ook simply slim gebruik en dit het vir my wonders gedoen met my gewig ek het dit ook gestaak toe dit verban is en is aan die een kant spyt ek het nie nog gekoop nie, want dit het vir my baie gedoen waar ek 4 jaar op dieselfde gewig gebly het en niks verloor het nie. Kyk my kind is 'n Nicholis fan en sy het elke cd en dvd van hom en generaal is haar top song ek moet elke aand dit kyk want Nicholis lyk goed en sexy op daai dvd en dit kan niemand van hom weg neem nie, sy stem en sy talent is een ding waarmee hy gebore is en niemand gaan dit kan weg vat nie. Los die skindertonge en geniet eerder saam ons sy talent.
  79. Carlien
    2010/03/12 10:29:50
    Ek stem saam met Joey. Wie kan klippe gooi? Besef dat sangers en akteurs ook maar net mense is, en ek glo dat groepsdruk en als wat daarmee te paart gaan erger vir hulle is as vir die gewone mens op straat. Kom ons los bietjie die slegte nuus en kyk na die positiewe. SA het genoeg slegte nuus sonder dat ons als wat ons kan opspoor oop blaas - soos HG doen.
  80. mia
    2010/03/12 10:20:24
    Joey, skat, dalk moet jy net eers leer spel en goeie grammatika onder die knie kry voor jy so dapper wil wees om kommentaar te lewer. Sterkte met jou skoolloopbaan.
  81. Joey Lindeque
    2010/03/12 09:13:44
    Hi kan julle nie die bekendes en hul lewe uitlos nie. As hulle voute maak is dit hulle saak dit gaan nie van sy/haar musiek of flik doen nie. Hulle bly maar goey sangers of akters. Dink julle ons moet nou julle nou ons moet nou nie hulle cd's koop nie of nie na hulle flieks kyk nie. as hullegoed is dan is hulle. as hy verkerd gedoen het is dit hy wat verantwoording voor God moet doen eendag.
    En wat simply slim, my suster en 'n juffrou by die skool het dit gebruik en hulle is piekvyn hulle het so mooi maar geword dat k eintlik jaloers is. Weet net nie hoeveel hulle verloor het nie.
    So los die bekendes en hul lewe. Laat hulle vry lewe.
    Nicholis jy is tops hou so aan.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities