Eksklusief: Koos en Sarah se liefdeskind

E-pos
Print

’n Week ná haar 18de verjaardag vra die donkerkop uiteindelik vir die maatskaplike werker die vraag wat al lank by haar spook: “Wie is my biologiese ouers?” Male sonder tal het Maryke Low al gewonder: Leef hulle nog? Het sy boeties en sussies?

Daar is soveel vrae. Kom haar liefde vir die klavier en die kitaar dalk van haar ouers? En haar skryftalent?

Sy het van kleins af geweet sy is ’n aangenome kind, maar dit was eers op 16 jaar dat sy werklik oor haar identiteit begin wroeg het.

Volgens wet moes sy wag tot haar 18de verjaardag, en dit is ’n emosionele dag toe die oomblik eindelik aanbreek. Haar aanneemouers sit langs haar toe die maatskaplike werker in haar kantoor in Pretoria uit die bloute vra: ‘‘Weet jy wie is Sarah Theron?’’

Maryke is uit die veld geslaan. Ja, sê sy verbaas, sy weet Sarah werk in die vermaakbedryf.

Dan vra sy nog iets wat Maryke heeltemal onkant vang: ‘‘En weet jy wie is André le Roux? Hy’s beter bekend as André le Toit of Koos Kombuis . . .’’

Natuurlik weet ek wie hy is, dink Maryke. Koos is immers al sedert haar laerskooldae haar gunsteling-sanger!

En toe sê die maatskaplike werker iets wat die jong vrou nie eens in haar wildste drome sou kon optower nie: ‘‘Wel, Koos en Sarah is jou biologiese ouers.’’

Dit is drie jaar later, ’n paar dae ná Maryke se mondigwording. Sy lyk nes haar biologiese ma – dieselfde vol mond, breë voorkop, groot oë.

“Ek het Sarah se uithouvermoë en Koos se humorsin,” sê die tweedejaarstudent in media en kommunikasiekunde aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth met ’n laggie.

Sy noem hulle op die naam, want haar ma en pa sal altyd die mense bly wat haar en haar aanneembroer grootgemaak het.

Maar tog . . . “Ek het van gr. 6 al oor my ouers gewonder. As ek by maats gekuier het, sou ek soms later huil en wonder of ek dalk iewers ’n sussie het. Ek het met Kersfees aan my ouers gedink en gewonder of hulle nog leef.’’

Voor sy hulle mekaar die eerste keer sou ontmoet, het die maatskaplike werker gereël dat Koos en Sarah vir Maryke briefies stuur en ’n foto van hulself daarby insluit.

Eers Koos, en later Sarah, sou toevallig albei kort daarna in Centurion optree, en die maatskaplike werker het gereël dat hulle mekaar daar ontmoet.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 20 Mei 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (33)


  1. SJOE!!!
    2010/06/09 04:23:41 nm
    ...... Wat anders is daar nou om te sê..... Ek kan nie sê dat ek verbaas is nie. Jy's pragtig, Maryke!
  2. Andra
    2010/05/24 10:35:12
    Sjoe, Sarah se ewebeeld. Sarah jy kan net trots wees op jou kind en omring haar met al jou liefde en wees dankbaar vir sulke wonderlike aanneemouers wat so mooi na haar gekyk en grootgemaak het. Ek hoop ons sien julle twee saam optree eendag en sterkte vir julle almal.
  3. Marcel
    2010/05/20 11:34:12
    Ai Susan jy kla oor die Huisgenoot maar jy is seker een van die eerstes wat die skindernuus lees. Los die mense uit as jy niks goed kan sê nie, ek ken heelwat grootmense vandag wat as kind aangeneem is en wat nou baie goeie vriende met hul biologiese ouers is. As jy nie weet waarvan jy praat nie bly eerder stil. Aan julle drietjies sterkte en alle voorspoed vir die toekoms.
  4. Mercia
    2010/05/19 02:41:45 nm
    Jy is pragtig en lyk nes jou ma! Ai julle wat tog so oordeel, ek het geleer met die selfde oordeel wat ek oordeel word ek geoordeel. Mens kan nie mense oordeel totdat jy nie self in hul skone geloop het nie.
  5. Raquellie
    2010/05/19 09:57:14
    great ! Jy is geseen met wonderlike ouers wat joiu die wereld gun. jou biologiese ouers het ook foute gemaak net soos die res van ons. dit het 'n mooi einde. Susan, get a life! ons is werklik moeg vir negatiewe mense soos jy
  6. jorrieboy
    2010/05/18 08:46:58
    Mooi so ou Koos
  7. Elize
    2010/05/17 06:35:31 nm
    Weet julle dit is fantasties dat sy weet wie haar ouers is maar dat haar aanneem ouers haar ouers gaan bly. Julle klomp suurgatte wat niks goeds te se het nie, waarom doen julle moeite om dan daarop te reageer. Gaan terug van waar julle kom en "get a life", dit is met mense soos julle dat ons land vandag in sak en as sit - negatief van voor tot agter! Gun julle niemand 'n bietjie sonskyn en geluk nie, ten spyte van wie en wat die ouers is???
  8. A B C
    2010/05/17 12:16:27 nm
    Ag tog Susan - kom net by in die lewe asb.
  9. Elizma
    2010/05/17 11:30:10
    Sjoe dis nou 'n mooi meisiekind!! Lyk net soos haar ma. Sterkte vir jou en ek hoop daai musiektalent van jou gaan jou nog BAIE ver bring. Twee musiekantouers.....jy kon nie vir n beter kombinasie gevra het nie.
  10. Nienie
    2010/05/17 11:14:02
    Wat `n mooi en gelukkige einde. Koos en Sarah het `n kinderlose egpaar gelukkig gemaak en hul meisiekind is mooi opgevoed. So het vyf mense op die ou end geluk gevind.
  11. Lida Byleveldt
    2010/05/17 10:49:31
    Dit is die mense wat binne in die kring is wat saak maak en nie die wat buite staan en die kring wil skade aandoen en afbreek nie. Respekteer jou medemens. Geluk en vrede aan julle in die kring.
    Sterkte .
  12. Susan
    2010/05/17 07:30:38
    Ai tog, nou hoekom wil jy he die hele land moet weet wie jou ouers is? Soek bietjie aandag, dalk publisiteit vir 'n loopbaan? Ek dring daarop aan dat Huisgenoot volgende week 'n "issue" publiseer wat se wie MY ouers is.... hulle is al 44 jaar getroud met mekaar en nie celebrities nie, maar so what.

    Huisgenoot moet regtig ophou met sulke stories. Een van die dae is Huisgenoot een lang "tabloid".( skinder blad). En dis nie 'n kompliment nie..
  13. Gerda
    2010/05/16 02:53:23 nm
    Maryke is 'n pragtige meisie, en dit is duidelik dat haar ouers haar mooi opgevoed het. Daarvoor verdien hulle alle eer. Elke kind is kosbaar, of hy/sy in 'n wettige huwelik gebore word, of daarbuite. As die biologiese ouers hul kind laat aanneem, het hulle hul redes, en mense moet dit respekteer eerder as om klippe te gooi. Ek wens alle betrokkenes net die beste toe. Mag hulle almal 'n gelukkige en liefdevolle gesinslewe hê, en mag Maryke en al haar broers, susters en ouers werklik naby aan mekaar lewe.
  14. karin
    2010/05/16 10:42:50
    As ek sulke 'famous' ouers gehad het sou ek dit ook uitgebasuim het. Great vir jou girl !! Nie net een nie maar twee celebs vir ouers. Geniet elke oomblik in die sonlig en maak die beste daarvan.
  15. Madeleine
    2010/05/16 07:53:20
    Ek het Sarah nog nooit so mooi gesien soos in die foto saam met haar dogter nie. Nie 'n stukkie grimering nie en beeldskoon!
  16. Amanda
    2010/05/15 04:16:42 nm
    Bly jy het jou Ouers gevind. Hoop julle gaan nog sommer baie lief word vir mekaar. Jou boilogiese Ouers het gedoen wat vir hulle 2 die beste sou wees op daardie stadium en 2 ander ouers baie gelukkig gemaak met n dogter so pragtig en talentvol soos jy. Hulle sou nie al hul liefde en hul aandag vir jou kon gee nie weens hul beroepe en het geweet daar is n ander ouerpaar wat beter na jou sou kon omsien. Sterkte aan julle almal wat betrokke is.
  17. Sanet
    2010/05/15 12:16:20 nm
    Mooi meisiekind is die Maryke Low. Baie trots op jou al ken ek jou nie. Ook op haar ouers wat haar so mooi grootgemaak het. Ek neem aan hulle het haar gewaarsku dat so 'n artikel haar lewe tien teen een onderstebo gaan keer. Hoop jy is opgewasse Maryke, mense kan baie gemeen wees. Verstaan nie mooi hoekom Koos Kombuis haar al "lankal aanmoedig" om dit te doen nie. Dis baie slegte raad, Koos! 'n Pa behoort van beter te weet.
    Sanet R
  18. Louw
    2010/05/14 10:42:28 nm
    Aan almal net hul sneedige aanmerkings, Koos en Sarah het gedoen wat hulle gevoel het die beste vir haar sou wees en vandag is sy duidelik n pragtige mens. Soos sy se haar aanneem ouers sal altyd haar ouers wees. Ons is in n posisie waar ons wil aanneem hoe nou "verdien" die biologiese ouers nie die kids nie. Dit is mense soos julle wat aanneming n slegte naam geen en mense hul kids eerder arborteer en vermoor as om op te gee vir aanneming. Volgende keer as julle net swanger raak sonder om tweekeer te dink wees dankbaar en moenie mense veroordeel oor keuses nie.
  19. Madelaine
    2010/05/14 10:17:03 nm
    Ek is bly sy het hulle gekry en sy is gelukkig. Ek is al 45 jaar en ek ken nog nie my pa nie Ek weet daar is susters en broers na my maar waar dit weet ek nie
  20. Billie
    2010/05/14 04:36:21 nm
    Koos en Sarah verdien haar nie Maryke is pragtig. Dit is wonderlik dat sy eerder by goeie ouers kon groot word.
  21. Willemien Immelman
    2010/05/14 03:57:26 nm
    Dit is seker ook al manier hoe Koos Kombuis dit kon regkry om Huisgenoot se voorblad te haal.
  22. Vanessa Marian Varushca en al die dansmaats
    2010/05/14 01:36:11 nm
    Ons is soooooooooooooooooooooooooooo bly vir jou lieweding!!!! Dis die wonderlikste nuus wat ons juis nou, terwyl ons besig is met die Dance Awards, kon kry!!!!! Love youuuuuuuu!!!
  23. Jolene Meintjies
    2010/05/14 12:59:14 nm
    Dis jammer kinders moet so groot word, maar elke saak het 2 kante.
  24. Elza (Centurion)
    2010/05/14 12:22:41 nm
    Maryke het altyd geweet haar ma en pa het haar gekies. Oulike, talentvolle meisie met liefde grootgemaak. Seker dit is vir haar ma en pa 'n bietjie van 'n moeilike tyd, maar ek weet ook dat hulle agter haar sal staan en haar ondersteun, wat ook al gebeur. Ek hoop sy sal voortgaan om haar lewe voluit en met oorgawe te lewe! Koos en Sarah wees trots en dankbaar en "no regrets".
  25. Elza
    2010/05/14 12:02:43 nm
    Maryke se ouers het haar met liefde en geleenthede groot gemaak. Sy het geweet dat haar ma en pa haar gekies het. Oulike, talentvolle kind wat met of sonder die nuwe "konneksies" ver gaan kom.
  26. Karlien
    2010/05/14 11:08:36
    Sarah, geluk met jou pragtige meisiekind!! Ons is trots op jou dat jy dit so stil-stil hanteer het oor die laaste 21 jaar. Dis dan seker die definisie van 'n dame. Iemand wat haar familie eerste stel. Jy's 'n voorbeeld vir ons almal. Jy's 'n ware ster!!! Groete uit die Boland
  27. LIZA
    2010/05/14 09:49:43
    SOOS SAM KOOS KOMBUIS VIR N PA.................SJOE STERKTE EN NEE DANKIE
  28. Nardus
    2010/05/14 09:41:59
    Tik jou kommentaar hier in...
  29. steph
    2010/05/14 09:34:20
    Dit is altyd so hardseer as n kind moet uitvind hy of sy is aangeneem. Ek hoop haar biologiese ouers sal met haar kontak he alhoewel ek bly is dat sy so lief is vir haar aanneem ouers sterkte en hoop jy gaan net so beroemd word.
  30. Sam
    2010/05/14 09:16:38
    Koos Kombuis vir 'n Pa? Eish, girlie. Sterkte!
  31. Nita
    2010/05/14 09:11:56
    As sy 'n kombinasie van haar ouers se talent het, gaan sy voorwaar baie van gehoor word. Kyk uit Juanita!!!
  32. Trixi
    2010/05/14 09:01:50
    Sy lyk nes haar pragtige ma!
  33. Delina Mattheyse
    2010/05/14 07:57:32
    Ek is baie bly vir haar part dat sy wel haar biologiese ouers op gespoor het. En dat dit n gelukkige einde het. Dit kan met enige een van ons gebeur, maar dit het nie, ons kan baie dankbaar wees daaroor. Alle voorspoed aan almal. Die biologiese en die aanneem ouers. Ek dink julle het julle almal baie goed van julle taak gekwyt.................... Mag julle almal saam nog baie gelukkige jare het wat voor le.
    Groete
    Perth Australia