Almal wil weet hoe dit met hom gaan en hoe hy die stryd aanpak om aan die lewe te bly.
Elke dag is ‘n uitdaging en hy sukkel selfs om te praat.
Nou eksklusief in ‘n openhartige onderhoud met Huisgenoot se Hannelie Booyens praat Joost van der Westhuizen oor sy siekte, sy foute, sy verhouding met Amor en sy groot wens: dat sy kinders eendag trots sal wees op hom.
“Ek is besig om dood te gaan. I’m a dead man walking. Al wat ek wil hê, is om ‘n verhouding met my kinders te bou,” vertel Joost.
Tydens die onderhoud onthul Joost ook ‘n blou lêer vol bewyse van ‘n skok-onthulling wat hy as skietgoed in die hof sal gebruik.

Kyk hier na 'n video-greep van die onderhoud met Joost:
Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou op die rakke beskikbaar is.
Volg Huisgenoot op Twitter.