Eksklusief: Elizma praat oor Theuns

E-pos
Print
Elizma Theron
Elizma Theron

As ‘n meisie vir die heel eerste keer in ’n fliek speel en die man teenoor haar in die hoofrol is die liefde in haar lewe – nou ja, dan skep dit mos net daardie tikkie ekstra.

En aanhangers van die sangers Elizma Theron en Theuns Jordaan kan maar weet: Die nuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans hét daardie ietsie ekstra.

Die derduisende aanhangers van twee van die land se gewildste sangers wag al lank om te hoor of almal se vermoedens toe rêrig waar was en nou het Elizma self die sluier gelig. Net so ’n rapsie, maar tog.

“Ons is saam en ons is gelukkig, maar dis privaat,” sê sy met ’n skaam laggie. Sy erken wel die vonke tussen hulle het gesorg vir iets heel spesiaals voor die kameras. “Dis belangrik dat daar ’n vlam tussen die hoofkarakters in ’n fliek moet wees, en dit help as daar ook ’n vonk tussen die akteurs is,” sê sy.

Sy en Theuns het hul woorde saam geoefen vir die fliek wat pas sy première op Loxton gehad het en hy het toe geen raad nodig gehad oor hoe om te speel nie, vertel sy bewonderend. “Ek het voor die tyd geweet hy gaan goed wees, maar hy was regtig baie goed!”

“Ek was ook nie senuweeagtig om voor hom toneel te speel nie. Ons vertrou mekaar. Dit was spesiaal om teenoor Theuns te speel. Nie eens Hollywood-akteurs kry altyd die kans om teenoor hul ou of meisie of hul man of vrou te speel nie.”

Self Hollywood kon nie ’n meer romantiese liefdesverhaal as dié van Theuns en Elizma  opgetower het nie: ’n Jong aspirant-sangeres ontmoet een van die grootste sterre in die plaaslike musiekwêreld, en daar is onmiddellik vonke tussen die vrou met die lang, blonde hare en heldergroen oë en die man met die breë skouers en diep, gevoelvolle stem.

Maar die twee slaan verskillende rigtings in en amper vyf jaar gaan verby. In dié tyd word sy self ’n ster en haar albums vlieg van die rakke. Intussen verklap hy in Huisgenoot hy is op soek na liefde, hy soek ’n plain Jane met wie hy sy lewe kan deel..

Kort daarna – middel verlede jaar, om die waarheid te sê – loop die twee mekaar weer raak. Die elektrisiteit tussen hulle is tasbaar toe hulle mekaar by die Eden-sanger Jay du Plessis se troue sien, en almal wat hulle by die Huisgenoot Tempo-toekenningsaand in mekaar se arms oor die dansbaan sien gly, weet: “Hier kom ’n ding...”

Teen die tyd dat Skouspel aanbreek, is die koeël deur die kerk. Hulle het net oë vir mekaar, fluister koerwoordjies in mekaar se ore en hou in die donker agter die verhoog hand-jies vas.

En boonop is daar toe ’n kersie op die koek: Die twee het die  hoofrolle teenoor mekaar losgeslaan in die fliek gegrond op die gewilde skrywer Deon Meyer se teks.

Elizma se oë blink terwyl sy vertel hoe sy die verfilming geniet het. 

Van haar vorige album, Gee My Meer, is reeds 60 000 eksemplare verkoop en sy en Nicholis Louw het in 2009 twee Sama-toekennings gewen vir die gewildste selfoon-luitoon in die land met hul trefferliedjie Kom Ons Vat ’n Kans. Van Elizma se nuwe album, Ek Soek Jou, is ook reeds 30 000 eksemplare verkoop.

Sy vertolk ook al die afgelope jaar die rol van Kriek in die kykNET-sepie Villa Rosa.

Lees die volledige artikel in die 11 Maart-uitgawe van Huisgenoot, om meer oor hierdie romanse uit te vind.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (100)


  1. Rina
    2011/09/09 09:46:13 nm
    Oe jul lofsangers maak my siek. Theuns is sexy, punt!
  2. RACHEL
    2011/08/24 03:17:27 nm
    THEUNS IS MY STAR EN EK LIKES HOM BAIE EN JULLE PAS BY MEKAAR ELISMA HOU VIR JOU .
  3. Jennifer
    2011/06/24 01:19:01 nm
    Ek wens net vir julle die beste voor.Die liefde is mooi dit is wat julle twee daarvan maak.
    My hart is saam met julle.
  4. JEANETTA GROENEVELD
    2011/05/09 02:19:49 nm
    Julle twee - dis nou Elizma en Theuns Jordaan het nie gepas nie. Theuns is regtig 'n mens mens en kom van die Karoo. Karoo mense kan nie met skraal geraamtes sit nie. Soek 'n goeie vrou wat kan liefde gee en goed kommunikeer. As jy ou raak is kommunikasie die enigste wat oorbly nie die mooi lyfies nie. So dit laat jou dink ne Theuns jy het reg gekies toe jy haar gelos het.
  5. Gerda
    2011/03/02 10:29:42
    Ek is nogal baie bly en ek glo dit gaan werk met hul saam dit moet net want hul lyk baie mooi saam
  6. Annamarie Kirstein
    2011/02/18 09:34:17
    Mag dit die slag werk. Hou julle verhouding privaat en laat die mense maar gis, dalk is daar dan kans dat dit kan blom
  7. kARIN
    2011/02/07 03:45:20 nm
    julle pas baie mooi bymekaar en theuns ek is jou grootste fan en is mal oor jou musiek.
  8. Mariette Jacobs
    2011/02/04 10:36:32
    Hi..Theuns Jordaan is 'n juweel in Suid Afrika,,, Theuns het 'n vrou in sy lewe wat hom kan respekteer en saam met hom kan lag oor simpel goedjies,,, Sy moet hom kan bederf al die tyd,,, Sy moenie self die kollig wil steel nie en moet besef dat hy baie op die pad gaan wees,,, Sy moet daar wees agter die skerms,, Sy moet die shows kan reel as dit bietjie stil is,,, Sy moet altyd by hom wees en hom eerste stel,,, Want hy is reeds bekend .... Ek dink Theuns Jordaan is 'n doodgewone man met 'n hart van goud,,, en sal die meisie wat eendag bereid is om haar eie selfsugtige belange op die agtergrond te skuif op sy hande dra en baie gelukkig maak,,, Elizma,,, jammer,,, maar jy pas nie by Theuns nie,,, Maar dit is nou my opinie....
  9. Hanlie
    2010/10/13 08:19:01
    Julle is altwee great-- pas mekaar op geniet -respekteur,vertrou mekaar en gee mekaar sommer baaaaaaaaie liefde, ons wag vir die groot dag.
  10. marina
    2010/09/16 01:01:13 nm
    watse kommentaar is daar nou dat die 2 uitmekaar is? Ek hou van beide maar was baie
    teleurgesteld in Elizma toe ek verneem sy het by hom ingetrek, het regtig gedink sy het meer
    selfrespek as dit. Wanneer gaan die meisies leer om nie hulleself vir man te gee voor die troue?
    Ek wil net altyd weet hoe leef so meisie met haar self saam sal so vuil en goedkoop voel.
  11. Rita Pate
    2010/09/14 10:19:55
    Ek dink julle pas goed bymekaar - altwee plein janes met niks aansit en fieterjasies nie. Baie geluk ook met die film ek het dit baie geniet en selfs 'n traan of twee gepik. Geniet julle saam wees.
  12. Te gou vir gelukwense
    2010/08/31 10:28:12
    en nou is die paartjie ook uit en die kommentaar verouderd.
  13. Adeline
    2010/08/29 01:10:02 nm
    Eina! Ek het vas geglo hulle is vir mekaar bedoel.Hulle was soos romeo en juliet.
  14. Chuck Norris
    2010/08/27 09:44:32
    Hahaha... Aan al die mense hierbo wat so vas geglo het die 2 is vir mekaar bedoel!!
  15. JD
    2010/08/14 08:06:44
    Elizma & Theuns - "Game, set and match!"
  16. Belinda
    2010/08/13 09:24:44
    Elizma pas hom soos goud op sy soort is baie skaars hy het die mooiste innerlike en hy straal dit na buite toe ook uit wens julle alles wat mooi is toe en bewaar julle verhouding want dit kom net eenkeer in n leeftyd jy weet nie hoe geseend jy is nie.
  17. CC
    2010/08/04 09:13:55
    Ek dink sy het hom oopgesluit......
  18. Linda de Waal
    2010/07/30 10:08:22
    Ja en toe Theunsie, toe het die pot sy deksel gekry! Wys jou die gewag was toe darem die moeite werd ne?? Wens jul al die mooiste toe!
  19. Rina Kotze
    2010/07/29 07:51:33
    Ek is so bly vir julle 2. Julle verstaan die veeleisende musiekbedryf en kan mekaar ondersteun.
    Blessings vir julle en pas mekaar mooi op.

  20. 2010/07/28 11:40:52 nm
    Theuns. Dit wat ek van jou hoor en sien is net goeie dinge. Dit lyk en klink of jy 'n goie karakter het. Boonop is jy geseën met 'n pragtig stem en 'n mooi uiterlike. Vir my is jy verseker dié Afrikaanse manlike sanger. Ek ken Elizma nie so goed nie. Op die oog af is sy 'n oulike, intelligente, hardwerkende meisie met 'n mooi stem. Boonop is sy 'n pragtige slank blondine. Ek het julle saam in Jakkalsdans gesien en julle maak 'n mooi paartjie. Ek glo dat julle mekaar liefhet en nie net verlief is nie, want verliefdheid en liefde verskil hemelsbreed. As jy iemand liefhet is jy bereid om te gee en te gee sonder om iets in ruil te verwag. Daarom, as twee mense mekaar liefhet en elkeen dink net aan die ander se geluk, sal dit die toets van die tyd deurstaan. Baie geluk en seën op jul pad vorentoe.
  21. Ria
    2010/07/21 01:20:29 nm
    Theuns en Juanita pas wel mooi bymekaar, maar sy is alreeds gevat en ek glo nie sy sal plekkke ruil nie. Sy het 'n dierbare man en pragtige kinders wat haar ten volle bystaan en ondersteun. "Go for it " Theuns met jou Elizma. Onthou net, as julle die Here ken in julle verhouding sal alles reg uitwerk. Vertrou mekaar en wees te alle tye eerlik met mekaar. Liefde is mooi.
  22. Groenoog
    2010/07/20 06:35:27
    @minah2010 Miskien moes jy maar jou opinie vir jouself gehou het. So what as sy maer is Liefde gaan nie oor hoe jy lyk nie dit gaan oor wat binne jou is. Is jy miskien jaloers omdat jy nie soos sy lyk nie......Dis gewoonlik mense wat jaloers is op ander en nie kan lyk soos ander wat sulke goed sê.
    Ons is nie op die aarde om ander te oordeel nie, so ek stel voor jy hou dit vir jouself in die vervolg.

    Theuns en Elizma julle is pragtig saam en Theuns ons het al wat n cd is van jou jy is great.
  23. Retha Lubbe
    2010/07/19 04:32:08 nm
    Jul fliek, Jakhalsdans is pragtig, net jammer Elizma het nie ook een van haar "hits" gesing in die fliek nie, veral met die konserttonele. Wens julle alle voorspoed toe met jul verhouding en hoop julle bly uit die paparazi se lens se pad - mag jul pad gelyk loop sonder die teenspoed wat sommige sangers/akteurs/bekendes oor hulself bring!
  24. ricomari
    2010/07/06 04:58:02 nm
    Moet asb nie dat julle liefde in trane eindig nie. Ons is moeg vir AmorJoost
  25. Lizelle
    2010/06/25 12:03:49 nm
    Hou op kritieseer en kyk na jouself !!!!!!!!!LOS ANDER UIT !!
  26. RENSCHE
    2010/06/22 07:40:39 nm
    TWEE VAN ONS BLINKSTE STERRE BYMEKAAR!
  27. lizelle
    2010/06/18 11:51:57
    You go girl hy n wonderlike persoon en fantastiese sanger mag julle baie vreugde deel
  28. Hannelie
    2010/06/14 11:39:42
    Elizma jy kry die sexieste man op aarde!!! Okay mense jul hoef my nie te stenig nie. Theuns se diep stem en sy gevoelvolle oë wat jou so diep aankyk, wel jy sal enige vrou se knieë jellie maak. Jul twee het puik saamgespeel in Jakhalsdans, en ja ons kon almal die vonk sien. Mag jul pad nog lank saam vorentoe loop.
  29. Lorraine
    2010/06/05 05:09:50 nm
    Julle is regtig 'n pragtige paar die liefde blink in jul albei se oe, Hou dit so mooi
  30. wilna grix
    2010/06/01 09:53:39
    Hy is so handsome ou, en sy so fyn en pragtig. Hulle gaan die mooiste kinders he! Baie geluk. Laat ons meer van julle sien in tydskrifte toe?
  31. deborha
    2010/05/31 02:46:40 nm
    baie geluk hoop julle is gelukkige saam
  32. Louise
    2010/05/29 05:49:19 nm
    hoop julle is dol gelukkig,da is genoeg hartseer in die lewe kyk net na Amor dit is so eina wat sy moet deurmaak....
  33. Rob
    2010/05/29 12:05:07 nm
    Ek en my vrou het julle film gesien en dink julle 2 verdien mekaar. Mag julle net voorspoed, geluk en seën in julle verhouding geniet. God seën wens ons julle toe.
  34. wilna
    2010/05/28 07:11:29 nm
    Geluk,bly met voete op aarde,Hand in Sy hand.
  35. Riana
    2010/05/28 01:08:45 nm
    Baie baie bly vir julle part? Hoop julle is sommer baie gelukkig, en die grootste is vertrou mekaar en glo aan die Here en alles sal reg loop. Sterkte
  36. Marius Cronje
    2010/05/28 09:27:05
    Theuns en Elizma, jul altwee is pragtig. Hak die knoop deur sodat die skinnerbekke ophou se dat jy en Juanita iets aan het. Ek is mal oor jul albei so trou en ons soek afrikaanse sangertjies by dosyne. Soos gemaak deur Theuns en Elizma...... Lmga
  37. Melinda
    2010/05/28 08:53:21
    Gr8t julle 2, jul pas pragtig bymekaar en mag God jul pad voorentoe net seën. Pas mekaar mooi op!
  38. MC
    2010/05/25 03:43:02 nm
    Ag stop dit !!!!! Juanita is pragtig maar vir jare lank reeds gelukkig getroud en sy en Doepie pas net so goed by mekaar. Theuns en Elizma ek is saam jul bly en daar is so min wat eerlik kan se hul is werklik gelukkig. Mag jul verhouding geseen word.
  39. Diana
    2010/05/24 09:41:35
    2 Super Afrikaanse sterre..... PUIK!!!
  40. jan
    2010/05/21 05:00:10 nm
    wie gee nou rerig om, huh?
  41. Trienie du Preez.
    2010/05/20 02:52:47 nm
    Theuns en Elizma, Mag julle liefde end uit hou. Moenie dat die publiek julle mooi verhouding beinvloed nie. Hou julle lewe skoon en dan kan daar net geluk vir julle wees. Ek is so bly dat julle twee bymekaar uitgekom het. Julle pas soos 'n handskoen. Nogmaals BAIE GELUK.
  42. Elize
    2010/05/14 12:08:46 nm
    Baie geluk aan julle twee, julle is 'n pragtige paartjie en is bly Theuns het so pragtige meisie gekry. Alles van die beste, ons hou die media dop vir meer nuus oor julle. Jah\khalsdans is 'n pragtige fliek. Ek dink die groot sukses gaan baie oor julle twee. Hoop julle doen 'n duet saam.
  43. Francis
    2010/05/10 04:02:35 nm
    Baie geluk julle twee mag julle net vreugdevolle jare beleef. Ek is mal oor Theuns en het hom altyd in my gedates gehad en partymaal jammer gevoel vir hom wat so alleen wandel maar nou ja baie bly vir dit wat gebeur het. Pas mekaar mooi op en waardeer mekaar. Theuns jy sal my hero bly ek is al redelik in my jare maar geniet elke musiekstuk van jou. JY IS GREAT en ek gun Elizma vir jou. Laat julle vorentoe net geluk geniet en moenie dat kommentaar soos van NICKY julle ontstel nie wat dink hy nou om Juanita vir jou te wou gehad het ook een van daai wat huwelike wil opbreek. Nicky hou jou negatiewe kommentaar vir jouself en moenie so selfsugtig wees nie.
  44. Nicky
    2010/05/08 02:47:11 nm
    Ek dink Juanita sou baie beter by hom gepas het ??????????????
  45. Jackie Enslin
    2010/05/07 01:01:47 nm
    Twee pragtige jongmense. Baie geluk en ons wens julle net die beste. Maak mooi musiek saam en ondersteun mekaar altyd. Seeninge van die hele S A.
  46. Lisa
    2010/05/06 05:11:31
    Ag nee, sy kan beter doen as hy, sy is dan soooo pragtig.......
  47. ELSABE
    2010/05/04 11:57:15
    THEUNS EN ELIZMA BAIE GELUK, MAG JULLE NET GROEI IN JUL VERHOUDING EN ALLE VOORSPOED VORENTOE.
  48. Lana
    2010/05/04 08:11:20
    Ag julle 2tjies is great. Die fliek was so mooi, sal dit nog 100 x gaan kyk. Geniet dit!! Pas mekaar op vir ewig. Julle is so gemaak vir mekaar ....
  49. Adri
    2010/05/02 12:04:48 nm
    Julle is n mooi paartjie mag die pad vorentoe vir julle net geluk en vreugde bring.
  50. Marius Vermaak
    2010/04/26 02:19:04 nm
    Ek het al die voorreg gehad om 'backstage' met Elizma en Theuns te wees, hulle is great mense. Alle voorspeod vir julle. Julle is cool.
  51. Klou
    2010/04/20 11:39:40
    Theuns was saam met my op skool en Elizma het ek die eerste keer gesien as 'n jong skoolmeisie op Kuruman se wildsfees. Ek het sommer geweet hierdie meisietjie gaan ver kom! Ek dink julle is defnintief 'n perfect match! Baie sterkte en ek hoop regtig jul verhouding gaan die media en die limelight oorleef! Theuns was nogal altyd lief vir blondes....
  52. linda
    2010/04/16 05:08:42 nm
    Baie geluk julle 2tjies, julle maak 'n pragtige paartjie,julle is 2 pragtige mense. Julle musiek is van die beste. Theuns jy verdien die geluk en liefde wat jy raakgeloop het, na so lang tyd van aleen wees, ek is ook nou al 'n jaar en half alleen, en ek hoop dat God so goed sal wees om vir my ook die regte liefde op die regte tyd te stuur, 'n liefde so spesiaal en opreg soos julle s'n !!!!!!!!!!!
  53. Nico Vorster - Kuruman
    2010/04/16 10:21:37
    Ek wil net baie graag vir minah2010 se...jy ken nie vir Elizma nie so dit is nie nodig om sulke goed oor haar te se nie! Eks seker daarvan dat nie eens jy mooi lyk met grimering nie en boonop glad nie maar is nie! Eks seker daarvan as ek jou gaan sien vir die eerste keer, gaan ek dink jy het 'n eet probleem!!
    Hoe voel dit om sleg gese te word van iemand wat jou nie ken nie???
    Ek ken vir Elizma en sy het verseker nie 'n eet steurnis nie! En 'n mens kan haar altyd deur 'n ring trek!!
    Elizma...eks baie trots op jou en ek weet dat jy nog baie meer sukses gaan behaal!! Alle voorspoed vir jou en Theuns! Julle bring die goed in mekaar uit!!
    Hou Kuruman hoog en moenie van ons vergeet nie!!
    Liefde
  54. minah2010
    2010/04/13 03:03:55 nm
    Wel, julle vra my opinie, ek sal dit gee: Elizma lyk nie vir my na 'n plain Jane nie...sy word verskriklik grimeer...ek weet nie of dit in die private lewe ook so is nie...Sy is ongelooflik maer....sy lyk amper asof sy 'n eet steurnis het. Mense wat die skouspel in die Kaap gesien het, sal weet waarvan ek praat. Theuns is 'n baie aantreklike man...Elizma is 'n pragtige vrou ten spyte v.d. feite hier bo genoem, hoop julle is gelukkig!
  55. Annette de Lange
    2010/04/08 02:55:53 nm
    WOW JULLE ROCK!!!!!!! HET JUL SIEN HANDJIES VASHOU BY DIE TENT OP SAT 3 APRIL BY DIE KKNK. EK WAS SKOON JALOERS. GENIET MEKAAR EN PAS MEKAAR GOED OP.... DAAR IS BAIE WOLWE BUITE. MWA MWA MWA GROETNIS UIT DIE KAAP.
  56. Karen
    2010/04/05 08:56:23 nm
    Baie geluk aan jul 2'tjies, hoop jul sal gelukkig saam wees, jul maak 'n pragtige
    paartjie. Theuns, sing al daardie mooi liedjies van jou vir Elizma ! Ja, hou jul
    verhouding privaat en deel soms die mooi met ons.
  57. Kleintjie Joubert
    2010/04/04 10:35:32 nm
    Elizma, as jy nie mooi na Theuns kyk nie is daar perre !!!! dis verseker.
  58. Ria
    2010/03/29 04:08:09 nm
    Theuns, jy was lank genoeg alleen, ek se baie geluk vir julle 2 en hoop dat daar baie jare van geluk vir julle gaan wag.
  59. Petro
    2010/03/13 09:13:48 nm
    Hey ,ek wil net se julle maak n nice paartjie.... WOW mag julle baie gelukkig wees!!!!!!!!!!!!!!!
  60. Petro
    2010/03/12 05:11:56 nm
    Baie geluk julle 2 Elizma jy sal maar moet seker maak dat jy pas hierdie OU mooi op daar is baie meisies wat agter sy bloed aan is. Jul is great saam alles wat mooi is op jul pad saam!!!
  61. Andriesa
    2010/03/12 12:25:53 nm
    Ek dink julle is n oulike paartjie, 2 great mense.
    Good luck
  62. Henriette Beukes
    2010/03/12 08:49:20
    Theunis het op n staduim n girl gesien by n "show" en was erg opsoek na haar. Ek hoop regtig dit is die girl wat jy daar gesien het en nou joune gaan maak.
    Julle is n mooi paartjie, wees baie lief vir mekaar!
  63. JC
    2010/03/12 12:30:21
    NET DIE BESTE WORD JULLE TOEGEWENS. EK BLY NOU IN AUSTRALIA DAAROM EK MIS JUL SANG MAAR NIE SUID AFRIKA NIE. JULLE IS SOOS BAIE ANDER SE PRAGTIG EK STEM.
  64. Elsa Esterhuizen
    2010/03/11 03:12:07 nm
    Ek is mal oor Theuns en as ek jonger was het ek hom gejag. Ek is mal oor Elizma sy is beeldskoon en lyk en ek weet is 'n pragtige plattelandse meisie. Geluk julle Die Liefde is baie lekker
  65. Marie Ferreira
    2010/03/11 02:12:26 nm
    Elizma en Theuns

    Sjoe julle is die ideale paartjie en pas perfek bymekaar. Ek is so bly vir Theuns
    dat hy ware liefde ontdek het. Mag God julle seen in voorspoed en geluk en mag
    julle beker altyd oorloop omdat God in beheer is.
  66. TERSIA
    2010/03/10 07:18:33 nm
    WANNER IS DIE TROUE? BAIE GELUK JULLE 2
  67. Anite
    2010/03/10 04:15:49 nm
    Great stuff!!
  68. J van Staaden
    2010/03/10 12:57:46 nm
    Jy kan meer oor die fliek lees op die jakhalsdans film se webwerf.

    http://www.jakhalsdansmovie.co.za/
  69. grobler
    2010/03/10 12:41:36 nm
    jy kan jou ou skoen agterna gooi Elizma..
  70. stella
    2010/03/10 11:58:29
    Geluk!!! Hoogtyd dat jy iemand sþesiaal kry, Theuns. Sy is oulik en jy verdien om gelukkig te wees. Hooþ dit vorder verder!!
  71. Outthereman
    2010/03/09 09:42:21 nm
    Hoe sal ons dit stel: 'Lucky man'

    Pas haar op!
  72. m
    2010/03/09 08:51:22 nm
    n Ou bok wat weer jong bokkie soek.Sy is seker desperaat.
  73. Marieks
    2010/03/09 02:57:15 nm
    Hi Theuns
    Vandat jy verlief is Theuns sien ek dat jy amper geen optredes in Gauteng doen nie - alles van die beste vir jou en Elizma

  74. RONEL LOMBAARD
    2010/03/09 01:50:07 nm
    DIT IS VIR MY ALTYD LEKKER OM TE SIEN DAT IEMAND LIEFDE ONTDEK HET.
    GENIET MEKAAR......... DIE LEWE IS BAIE KORT OM DIT NIE MET IEMAND
    SPESIAAL TE DEEL NIE........ PRAGTIG JULLE 2!!!!!!!!!!!
  75. Laetitia
    2010/03/09 01:20:47 nm
    Ai Theuns, en ek wou jou sooo graag vir my eie blondekop dogter gehad het. Sy is net so spesiaal soos jy.
  76. Annette
    2010/03/08 01:13:44 nm
    Jou gelukkig meisie, Theuns is vir my die oulikse man, sy skaam laggie
    met daardie oë wat jou laat voel jy raak weg in hulle, om nie eers van die
    stem te praat nie. Baie geluk!
  77. Christine
    2010/03/06 10:14:28 nm
    My twee gunstelinge bymekaar....ek is soooooooooo bly vir julle, julle verdien mekaar...pas mekaar mooi op....dan kan dit net baie goed gaan met julle....xx
  78. CHANTELL GOOSEN
    2010/03/06 04:56:33 nm
    ag jul sal so pragtige paartjie maak
  79. karin
    2010/03/06 09:45:31
    Ek dink julle maak 'n wonderlike paartjie. Mal oor Theuns se stout gesiggie
  80. c de vries
    2010/03/06 08:48:25
    Dus tyd dat Theuns iemand kry,
  81. leonie
    2010/03/05 10:17:19 nm
    baie geluk julle 2
  82. vivian van niekerk
    2010/03/05 03:05:06 nm
    wens jul n awsome tyd saam
  83. Janet
    2010/03/05 02:34:54 nm
    Ek is baie bly vir julle, julle twee pas uitstekend bymekaar
  84. Snotklap
    2010/03/05 01:49:34 nm
    Theuns moet tog nie weer dieselfde fout maak en te ERKEN jys verlief nie !
  85. kevin
    2010/03/05 01:15:01 nm
    Theuns en Elizma julle maak n grate paartjie saam,julle moet mooi na mekaar kyk en asseblief ook baie mooi oppas, want hy is ook goud werd! Julle is pragtig!! net die mooiste en beste wens ek julle toe.Teuns ek is ook mal oor jou musiek veral kouevuur kan jy dit asb op dvd op neem saam met Elizma.
  86. Marietjie Kirsten Kotze
    2010/03/05 12:59:51 nm
    Wat 'n gelukkige vrou...? Blessings vir julle!
  87. neels
    2010/03/05 12:58:55 nm
    nou wanneer word daar n duet saam gedoen?
  88. Elsa
    2010/03/05 12:54:16 nm
    Ek is so bly vir julle twee. Albei is sulke wonderlike jongmense! Elizma, ek weet Theuns sal jou soos goud bewaar, jy moet hom asseblief ook baie mooi oppas, want hy is ook goud werd! Julle is pragtig!! net die mooiste en beste wens ek julle toe.
  89. Zelda
    2010/03/05 12:07:28 nm
    Dis die beste nuus ooit!! Julle is `n prag paar mag julle baie gelukkig wees en baie sterkte vir julle toekoms - Great
  90. CHARLEEN
    2010/03/05 12:06:52 nm
    AI THEUNS! EK HET NOG ALTYD GEDINK JY IS MY BOYFRIEND.... ???
    MAAR........ AS EK IEMAND VIR JOU MOES KIES SOU DIT ELIZMA GEWEES HET!
    EK DINK JULLE GAAN BAIE GELUKKIG WEES! THEUNS MY LIEF, PAS DAAI
    PRAGTIGE BLONDEKOP MOOI OP EN WYS HAAR ELKE DAG HOE LIEF JY HAAR
    HET. ELIZMA..... JY IS DIE GELUKKIGSTE VROU WAT EK KEN!
  91. Emmie Fourie
    2010/03/05 12:04:00 nm
    Wanneer begin Jakhalsdans ?
  92. fransie
    2010/03/05 11:52:29
    Theuns en Elizma, ek dink julle is albei great en plat op die aarde mense. Mag jul nou die een glanspaartjie wees, wie se pad nie sal wankel nie. Maar stel jul vertroue op God.
  93. lollies
    2010/03/05 11:09:48
    Baie geluk julle twee, eks bly vir julle en ja julle is 'n perfekte paarkie!!!Mag julle saam baie sukses behaal en net die beste vir julle!!!

    En nog iets eks mal oor jul altwee se musiek hou so aan!!Julle is twee kosbare mense!!!!
  94. cynthia
    2010/03/05 10:35:54
    Wens hulle alle voorspoed toe en baie geluk
  95. Theresa van Rensburg
    2010/03/05 10:09:02
    Elizma en Theuns maak meer as net n GRATE paartjie, julle is perfek vir mekaar... Ek is somme saam met julle in die wolke!!! ;-)