Eksklusief: Bart en Bienkie vind mekaar

E-pos
Print

In die fliek Jakhalsdans kry Neil Sandilands se karakter nie die mooi, blonde heldin nie, maar in die werklike lewe werk dinge gelukkig nie altyd uit soos in die flieks nie. En daar glimlag dié troebadoer deesdae breed, want hy het soos ’n egte sprokiesheld ’n lieflike brunet se hart in ’n vreemde land gaan steel.

By die afgelope Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn was dit glashelder: Twee van die land se gewildste sepiesterre is ’n paartjie, en hulle is duidelik verlief.

Ja, Bart van 7de Laan en Bienkie van Egoli, oftewel Neil en Esta TerBlanche, het mekaar ’n paar maande gelede in Los Angeles ontmoet. Esta het meer as 10 jaar gelede geëmigreer en het naam gemaak in die gewilde Amerikaanse sepie All My Children.

Omdat sy so lank reeds oorsee is, het sy nie geweet daardie diep Afrikaanse stem wat sy op ’n dag in Los Angeles oor die telefoon gehoor het, behoort aan ’n baie aantreklike hartebreker nie. “Sy het nie my naam duidelik oor die foon gehoor nie, en toe ons vir koffie bymekaarkom, was sy verbaas om te sien ek is nie Soli Philander nie!” vertel Neil met ’n breë glimlag.

Die twee het mekaar in ’n Mexikaanse eetplek ontmoet en daar was onmiddellik ’n vonk. “Een koffie het nog ’n koffie geword en later het ons ophou tel,” vertel Neil.

“Die volgende aand het ons gaan Thai-kos eet, en vir die res van my verblyf het ons mekaar net een dag nie gesien nie.’’

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 29 April 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (18)


  1. Christine
    2010/10/18 07:48:50
    Huisgenoot , wat is die nuutste nuus van Neil en Esta? is hulle nog verlief, is hul nog 'n paartjie? Ons wil vreeslik graag meer hoor van hulle.
  2. Abigail
    2010/05/25 10:42:23
    Julle 2 pas mooi bymekaar. Baie geluk en voorspoed vorentoe.
  3. Christelle
    2010/05/05 12:58:36 nm
    Julle se jul is so gelukkig bymekaar - nou waars die SMILES? Alles van die beste!
  4. Stef
    2010/04/29 02:36:13 nm
    Ek dink dis sommer net "ment to be"! Baie bly vir julle, en hoop julle maak dit werk! :)
  5. Sylvia Pettit
    2010/04/29 01:06:47 nm
    En kyk net watse pragtige paartjie maak dié tweetjies.
    Boerseun vind sy boerenooi, in 'n vreemde land!!!
  6. Karen
    2010/04/28 03:25:04 nm
    Hoekom glimlag hulle nie, nee toggie man as mens so gelukkig is moet dit wys! Of is dit cool om so emosieloos te lyk op fotos?
  7. Eben Gawaxab
    2010/04/28 01:07:06 nm
    Bienkie was maar altyd die mooiste skoolmeisie in Egoli, Bart weer die weerlose slagoffer van Wilde Wilmien - Voorspoed vir julle tweetjies - Bart bring haar terug huis toe miskien sien ons een van die mooi dae n fliek of spesie van julle twee. Voorspoed uit Namibie
  8. Mossie Mostert
    2010/04/28 05:54:14
    Ek wens julle tweetjies alle voorspoed en geluk toe.Soms verdien party mense dit.
  9. Annabelle
    2010/04/26 05:14:30 nm
    Ek was onder die indruk sy is met 'n Amerikaner getroud. Of is sy, soos baie oorsese sterre, reeds geskei?
  10. Kd
    2010/04/26 02:30:07 nm
    Interresant - Esta het op Rustenburg skoolgegaan, en Neil se familie bly steeds daar, as ek dit nie mis het nie.
  11. boggom
    2010/04/26 12:59:00 nm
    jipppieeee
  12. Gerda
    2010/04/25 08:57:43 nm
    Baie goeie nuus. Ek dink al vir jare (sedert Orion) dat Neil Sandilands die sexieste man in SA is - is daar 'n man met 'n mooier, meer sensitiewe, weerlose mond? Hoop hulle twee is baie gelukkig. Tyd dat sy terugkom na haar land. Mag dit 'n ware feëverhaal wees.
  13. Geneveve
    2010/04/25 08:57:13 nm
    helo 7 de laan

    ek is houvan baie ja
  14. frans
    2010/04/24 01:20:00 nm
    want to be a fan
  15. Madre Burger
    2010/04/24 11:13:00
    Julle twee is regtig vir mekaar bedoel as julle so lank en so ver moes reis om mekaar te vind. Julle maak 'n pragtige paartjie en ek hoop julle gaan baie gelukkig saam wees.
  16. Katryntjie
    2010/04/23 03:00:33 nm
    Maar is Esta nie getroud nie? Of was sy?
  17. Marié
    2010/04/23 12:04:49 nm
    Ai toggie.Ek wens hulle tweetjies kom terug SA toe.Ek dink Bart moes haar daar gaan haal het.
  18. tersius
    2010/04/23 10:13:21
    mooi so vir jul 2, alle voorspoed op jul reis