Eksklusief: Amor praat haar hart uit

E-pos
Print

Amor Vittone gesels eksklusief met ons oor hoekom sy haar man, Joost van der Westhuizen, gevra het om uit hul huis te trek.

Is dit finaal verby?

“Ek kan eerlikwaar nie sê nie. Die verhouding is op ys. Ek het ruimte nodig om daardie besluit te neem,” sê Amor.

Daar is goeie redes waarom sy nou, ná alles, by die kruispad is.

Sy het hom bygestaan toe die berugte Joost-seksvideo opduik en hy bly volhou dis nie hy nie.

Ook toe hy maande later erken dis wel hy. Maar nie meer nie. “Ek is nie meer gelukkig nie,”

sê sy eenvoudig. “Ek vertrou nie meer vir Joost nie. Ek moet myself nou weer vind. My hart moet weer gelukkig voel.

“Ek het dit vir my kinders gedoen. Mense vra dalk, maar hoe help dit jou kinders as julle uitmekaar gaan? Dis wel vir hulle dat ek al hierdie maande gebly het, maar dis ook vir hulle nodig dat ek weer gelukkig word.

“As my kinders my nog een keer moet vra: ‘Mamma, hoekom is jou hartjie seer …’ ”

Joost het uitgetrek, voorlopig vir ’n maand of drie. Hy bly by ’n vriend. Hy het net klere saamgevat.

Die kinders, Jordan (6) en Kylie (4), bly steeds by Amor, geborge in die huis op dieDainfernlandgoed in Johannesburg.

 “Ek weet nie wat vorentoe gaan gebeur nie,” sê Amor. “Ek leef in ’n wolk. Ek kan môre nog nie sien nie.”

Lees die volledige onderhoud met Amor in die Huisgenoot van 3 Junie 2010. Sy praat openhartig oor haar hul verhouding en hoe sy haar huwelik probeer red het. Amor vertel onder meer hoe ‘n tekort aan vertroue die deurslag was vir haar besluit.

Verwante artikels:
Amor vra Joost glo om te loop
Joost en Amor: So seer, maar die liefde seevier
Eksklusief: Ek was Joost se minnares
'Oop' huwelike: Kan dit werk?
Leraar: Joos, jy kan jou huwelik red

Op die internet:
http://www.amorvittone.co.za
Amor Vittone Facebook-blad
Wikipedia: Joost van der Westhuizen



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (201)


  1. maertie
    2011/09/05 03:22:56 nm
    Amor wil jy regtig dit aan Joost doen, noudat jy weet hy is siek en dat hy jou nodig het. Onthou dit is maklik om te oordeel, beslis het hierdie saak twee kante. Dink daaraan as Joost nie meer daar is nie, hoe sal jy voel, wat gaan jy vir die kinders se.
    Miskien sal jy nie met my saamstem nie maar onthou skuld gevoelens kan aan jou eet, dit hou nooit op nie, en jy sal ook nie weer rus vir jou siel kry nie.
    Dit is makliker om te vergewe en julle probleme uit te sorteer voor dit te laat is. "n saak het nie net eenkant nie. dink daaroor.
  2. hennie
    2011/09/02 08:15:03 nm
    Amor julle is veronderstel om deur dik en dun goed en sleg mekaar te ondersteun wat nou ?
  3. jessica van wyk
    2011/08/31 12:06:58 nm
    ja jy het glad nie nodig om jou traantjis oor 'n man te stort nie..... hy is dit nie werd nie!
  4. Radie
    2011/06/14 02:52:41 nm
    Jy is so n pragtige mens,en het nie nodig dat jy so behandelte word nie.ons is op die aarde om gelukkig te wees.ek is ook alleen en verkies dit so,het oorgenoeg vriende.
  5. Ria
    2011/05/28 10:12:30
    God het ons nie soos diere gemaak om mekaar te jag en dood te maak net omdat ons nie oor die weg kom nie, Hy het ons vergewinsgesind gemaak en se ook ons moet 70 x 70 op eendag vergewe, ook het hy gese ons moet die ander wang draai, wat wel belangrik is, is die beeld wat Amore na haar kinders toe gaan uitstraal, gaan dit een wees van omgee vir hulle pa en hom bystaan of gaan dit een wees van veragting en hom weg wys? Soos sy nou gaan optree is die voorbeeld hoe haar en Joost se kinders in die toekoms teenoor ander mense ook gaan optree. Wees versigtig wat julle almal so maklik skryf en vernederende goed se, die kinders lees dit ook dalk (hoe sal ons weet). Amore ek sou rerig na die toekoms kyk en sien hoe my kinders my en my mans optrede en verhouding sien wat dan vir hulle 'n voorbeeld gaan wees, ek is seker jy wil he jou kinders moet omgee en meegvoel he met ander mense, wys hulle en die wereld wat in jou steek.....
  6. Lynette
    2011/05/25 01:24:20 nm
    Amor 'n mens vergewe en vergeet, so gaan aan met die lewe die lewe is so kort en vol gevare, wees net lief vir mekaar, daar sal 'n einde vir alles wees.
  7. lin
    2011/04/25 08:51:15 nm
    Amor jy raak nou n pyn in nie g.t Hou op om sensasie te soek As jy so prefekte vrou was, wat jy voorgee was Joost nog steeds by jou. Dink maar daaroor
  8. Annamarie Kirstein
    2011/02/18 09:43:20
    Hoeveel keer WIL Amor haar hart nog uitpraat. Joost hou 'n lae profiel met die gevolg dat ek eintlik begin wonder wie nou regtig die skuldige in die verhaal is. Amor almal ken jou, weet van jou, hou nou op met jou alewige stories. Gaan liewer aan met jou lewe, ek is al sooooo moeg vir al jou stories dat ek kan naar word. As mens 'n stok soek om iemand mee te slaan, kry jy altyd een, Nie waar nie? Tyd dat jy groot word. Vee liewer voor jou eie deur voor jy Joost se huis vir hom wil skoon maak.
  9. Mammie Mopkop
    2011/02/16 11:20:34
    Ons probeer maar net almal geluk najaag in die deurmekaar lewe van vandag,

    Amor was verkeerd om 'n ander vrou se man te vat en Joost het egbreuk gepleeg,
    Hoekom??????
    Mans (mense) doen dit maar en sommige vrouens (mans) is maar gewillig en gee nie om vir hulle name nie.

    Amor huil sekerlik heeldag oor 'n gekwetste siel, hart en ego. (Daarom die foto wat nie goed lyk nie, dit vernietig jou "looks")
    Ons vrouens breuk maklik, soos sy eerste vrou seker ook maar gevoel het en dan wil ons als en almal om ons breek,
    vergeld,
    probeer om reg te maak of
    weg te jaag.
    Wat ookal die seer sal regmaak!
    Maar ons weet nie regtig wat ons wil of wat sal werk om die skreiende pyn weg te vat nie.

    Amor!, dit kon baie erger gewees het.
    Maar hierdie is sy gemors, moenie dat hy dit joune maak nie.

    Joost, kry 'n "life" en stel 'n voorbeeld wat by jou beroemdheid pas, hoeveel jong seuns sien wat jy doen?????

    Kindertjies........ moenie dat mammie en pappie se gemors julle gemors word nie ...... julle is baie spesiaal en gaan eendag julle eie lewens reg lewe.
  10. KARIN NAGEL
    2011/02/07 03:50:50 nm
    HI AMOR
    EK WIL NET WEET HOE KRY JY DIT REG OM IEMAND TE VERGEWE WAT JOU BAIE SEER GEMAAK HET ,WANT EK IS SEER GEMAAK JY DINK JY IS GOED OM IEMAND IN JOU LEWE TE VAT MAAR
    DAN GEBRUIK HULLE JOU NET VIR JOU GELD WAT JY VAN JOU OORLEDE MAN GEKRY HET.
    EK SAL GRAAG WIL WEET HOE JY DIT REG KRY.
  11. Hannelie
    2011/02/05 03:43:33 nm
    Die mense wat sulke lelike goed se, is net jaloerse mense... Nie een van julle ken Amor en Joost persoonlik nie. Dit beteken julle ken hulle glad nie! Kyk maar eers wat in julle eie huisgesin aangaan voordat julle sulke lelike goed kwyt raak!
  12. zelda pressly
    2011/01/16 11:39:28 nm
    Huwelike hou nie almal vir altyd nie maar ek dink as jy jou geluk op n ander se ongeluk bou sal jy die prys daarvoor betaal. Ek onthou dat Amor eendag gese het dat haar pa haar sal doodmaak as sy met n getroude man iets aanknoop. En twee maande later is hul in die openbaar en saam. Ek sal min glo wat uit enige een van die twee se mond of harte uitval!
  13. Firefairy
    2010/12/12 10:13:37 nm
    Jene ne OU LOOPGRAAF, ek val nie graag mense aan nie maar jou kommentaar stink hoor. As jy van vieslik wil praat gaan volg gerus die Joost/Amore sage van die begin af. Leopard crawl liewer dan in jou loopgrafie tot jy die gat na Duitsland vind, want jy weet beslis nie waarvan jy praat nie. Dan gaan probeer jy daar "survive" Probeer tog liewer vir Amore oortuig om meer dignity aan die dag te lê met haar negatiewe kommentaar oor haar eks. For flipsake die vrou is soos 'n bullterrier man, sy laat los net nie. Ken jy haar? Het jy haar al gehoor en ervaar? Nee ek glo nie. Anders sou jy dalk 'n erdvarkgat gekies het en nie 'n loopgraaf nie. Maak gerus seker van jou feite voor jy die afrikaners so aanval en slegsê. Ek vat nie een van die twee se kant nie. Albei is ewe skuldig. KEN JY MISKIEN DIE HELE WAARHEID EN WIE IS JY NOGAL OM TE OORDEEL?
  14. john
    2010/12/10 04:50:55 nm
    Los haar Joost jy is beter af sonder haar! Amor jy weet nie wat jy aan Joost en sy familie doen om sy naam deur die modder te sleep nie, onthou as die waarheid uitkom oor jou doen en late, weet ek nie wie gaan jou dan beskerm soos Joost doen nie, maar hou aan ek wag dat jou bubble gaan bars. Die publiek gaan jou met harde woorde gooi..... ek glo die tyd is naby dat jou bubble gaan bars .....net jammer die kinders is klein ....
  15. deurmekaar
    2010/11/11 02:06:49 nm
    Help ek is nou deurmekaar was Joost se eerste vrou se naam nie Marlene nie????? of was daar een voor haar
  16. corrie
    2010/11/08 09:23:40 nm
    Ag julle mensies jullemoet besef dat as mense beroemd en gelukkig is is die duiwel ongemaklik
    want hys n vernietiger van huwelikke en verhoudings,geen mens is volmaak nie en jule gaan nog baie verkeerde besluite n julle lewe neem, ek keer nie goed wat in julle lewens gebeur het nie ,en dit is n seer storie,s julle kan versoen want die gelukkige teie sal julle nooit vergeet nie en terwyl die kindertjies daar is gaan hulle jule altyd na mekaar toe bring met prestasies by die skool en al hulle ander aktieweteite,julle weet nou skei n mens jy begin nuwe vehouding met iemand anders wat dalk grooer voute in hulle lewens gemaak het en miskien nog leleker gewoontes het asdie persoon wat julle van geskei is,i mensleer mekaar eers ken as die huwelik aan die gang is,julle ken jesus maak reg met hom en mekaar probeer weer liefde is n werkwoord nie n gevoel nie,jesus het vir ons gesterf sodat ons foute vergewe kan word laat mense se wat hulle wil maar maak julle besluit en begin weer ditkan werk
  17. ysprinses
    2010/09/21 08:09:29
    wat jy saai sal jy maai ne. die vrou wat jy van haar man beroof het was n' dame en het nie so gesanik nie het sy. jy het met jou kaalstert lustugheid net gekry wat jy verdien. so shutup en ly in stilte jy maak jou naam net weer krater. trek meer klere aan en hou jou mond toe want jy lyl of jy by oom lolly werk en sing soos n' ding wat pes in sy stembande het.
  18. Vlinder
    2010/09/10 09:24:45
    Ek stem saam TOENOU dis genoeg Amor kry n lewe en gaan aan is dit nou ma net om in die nuus tebly? Joost almal het hul voute en ja n storie kom van albykante af en dink dit was nie net jy wat verkeerd was ma Amor OK
  19. Malanie Van Der Merwe
    2010/09/03 02:15:09 nm
    Ja wat kan ek se.Joost en Amor.Ek weet waardeer julle is ek was deer dieselfde ding gewees oor my ouers toe het ek net my eksamens klaar gemaak.Dit was vir my n skok gewees toe ek moes hoor my ouers gaan skei.My hart was stukkend en kon nie verder eksamen gedoen het nie maar ek het klaar gemaak.Ek was so siek toe ek hoor hulle gaan skei dat ek nie kon opstaan uit my bed nie.Dat ek moes dokter toe gegaan het.Ag maar al wat ek kan se is sterkte en dink aan julle kinders wat daar deer moet gaan.Die kinders lei daar onder ook.Julle is in my gebede.
  20. blommie
    2010/08/27 09:23:41 nm
    aaaaiiiiii dit is baie sleg maar ek dink as ek nou nog sooo 'n artikel moet lees sal ek siek word, mensig oral waar jy lees of waar jy kyk praat iemand openhartig oor wat verkeerd geloop het, dis vreeslik sleg en ek is seker dit help ander mense wat ook deur so iets gaan om te cope, maar ek cope nie meer met die artikels nie, het iemand al met joost gepraat? sy kant gekry?
  21. TOENOU
    2010/08/27 04:59:22 nm
    Ag toe daar is elke dag vroumense wat uitvind hulle mans verneek op hulle. Wat is nou die BIG ISUE. Geen vrou verdien dit nie maar wragtag man WAT TE ERG IS IS TE ERG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  22. Mia
    2010/08/27 11:30:31
    Genade Amor!, hou op aandag trek of soek, jy was nog altyd so, en deur al die seer, vernedering wat jy is, hou jy nie op nie! Ons gee nie om of jy skei of nie, Joost het gebieg (te laat), wil of het nie verander nie (so sê jy) "so get over it, and move on" Ten minste soek Joost nie op alle media velde aandag nie, maar jy moet sing (so so), MC wees, dans (wanneer laas) en nou 'n radio omroeper wees.... hoeveel aandag soek jy nog, wat is volgende? Wel, daar bly nie veel oor nie.... Moet asb nou net nie ook 'n boek skryf nie. Jy het mos soveel "passies", tipiese "jack of all trades, master of none"

  23. Ash
    2010/08/26 09:53:10
    Liewe Amor En Joost. Julle sterretjies het verskiet. (shame). Julle twee het mekaar eindlik "verdien" met julle geskiedenis. Geen simpatie met beide van julle nie. O ja! George en Brendon gaan 'n baie ouliker en voorbeeldiger glans paartjie wees as wat julle ooit kon wees.......
  24. john
    2010/08/24 11:04:58
    glo in my glo ook in God se Jesus maak vrede onthou julle maak kinders groot
  25. Lanie
    2010/08/23 02:10:50 nm
    Hulle was n mooi partjie. Maar dit is hulle lewe en hulle besluit. Ek hoop alles wat mooi is kom op hulle pad vorentoe.
    Sterkte Amor ons dink aan jou.
  26. Sunshine
    2010/08/20 01:42:38 nm
    Vir Aletheia. Julle christene gee my eenvoudig 'n kramp waar dit nie saak maak nie. Helfte van julle idiote wat hier skryf val seker onder daardie kategorie. Wie is jy A om enige mens se saligheid te betwyfel. Die oordeel le nie by jou nie. Wat se hulle van mense wat in glashuise woon. Jy klink soos een van daardie mense wat almal wat lyk of hulle, volgens jou, sondaars is verdoem. Mense soos jy is mense van wie af ek vlug. By the way "Ek was ook op 'n stadium so verkramp soos jy. Jesus is LIEFDE vroumens.
  27. Ina
    2010/08/18 01:11:08 nm
    Ek voel vir Joost en Amor en hul kinders almal baie jammer, maar persoonlik dink ek nie hul huwelik gaan meer werk nie. Sonder vertroue is enige huwelik gedoem, en niemand kan vir Amor kwalik neem dat sy hom nie meer vertrou nie. Ek hou van Joost, maar ek dink hy is 'n gebore flirt. Aan dié soort man is daar werklik geen salf te smeer nie.
  28. Aletheia
    2010/08/16 09:13:22
    Beide Joost en Amor se lewens wys dat hulle totaal onbekeerd is! Hulle het miskien in 'n valse "prosperity Jesus " geglo, maar hulle enigste hoop is om hulle tot die Bybelse Jesus te bekeer wat gekom het om ons van ons sondes te verlos! (Matteus 1:21)
  29. Loopgraaf
    2010/08/13 01:44:25 nm
    Ek stem saam met Salome. Ek is seker die meeste van die gifbekke hier is ongeskikte,oorgewig, suur, onvergenoegde mense met geen vriende nie, en dan sit hulle sulke twak en skryf oor mense wat hulle glad nie ken nie. Ek verstom my weereens aan ons Afrikaners, en verstaan ek weereens hoekom ek ons kultuur so vermy. My man is Duits, en ek moet se: hulle is baie nicer mense as ons. Ek wil rerig nie my kinders grootmaak dat hulle word soos mense wat hier skryf nie. Amor, vergeef en vergewe... Jy is ongelukkig n openbare figuur, en jou vyande is dom afrikaners met vieslike mentaliteite. Hou net jou kop hoog. Dis n godskreiende skande dat ons afrikaners sulke vieslike, geniepsige, negatiewe, haatende skinderbekke is. Met die klem op VIESLIK. Skaam julle!
  30. Sue
    2010/08/06 10:12:03
    'n Saak het altyd 3 kante. En 3 waarhede. Joune, myne en die werklike. en dis nie te sê dat joune of myne verkeerd is nie. Ek het ook destyds 'n besluit geneem. Ek moes ook kies tussen maak die kinders groot met een gelukkige ouer, of twee ongelukkige ouers. Ek het gekies om myne groot te maak met een gelukkige ouer. Op die ou end was dit tog twee gelukkige ouers, maar apart. Dit is werklik nie so moeilik nie en my kids is goed grootgemaak en gebalanseerd. Ek was Ma en Pa aangesien hulle pa hulle nooit gesien of versorg het nie. Dis harde werk, en glad nie maklik nie, maar almal kom daardeur. Jou lewe is tog wat jy (en net jy) daarvan maak. Ek glo aan afsny en omsoom. Hoe langer jy talm, hoe dieper die seer. Wanneer die vertroue eers gebreek is, is dit baie moeilik om dit weer terug te kry (amper onmoontlik) Iemand het eendag vir my iets gesê wat my die lewe in 'n heel ander lig geplaas het. "mense maak nie foute nie, God gee elke dag vir jou keuses, en miskien maak jy 'n verkeerde keuse, maar dis nie 'n fout nie, want jy kan altyd weer 'n ander keuse maak om dit reg te stel." Jy kies met ander woorde watter rigting jy jou lewe wil laat gaan. Niemand kan daardie keuse vir jou doen nie. Joost het sy keuse gemaak en Amor moet nou haar keuse maak. Soos wat hulle destyds keuses gemaak het. Ek hoop net dat hulle die regte keuse sal kan maak. Sterkte vir albei van julle.
  31. Belinda
    2010/08/03 10:41:28 nm
    Ai. daai groot seer. doen wat die beste is vir jou. as jy hom nog liefhet met al sy foute en hy is opreg jammer wie is ons om hom te stenig. op die ou end seevier ware liefde. ja, dit is nie 'n maklike pad nie, maar tyd bring genesing. ek weet. dit het my drie jaar gevat. ek het nou meer op dae as af dae. maar ek het hom lief. ek kan hom nie verstoot nie, want hy maak elke dag op vir die fout wat hy gemaak het. natuurlik bars ek so nou en dan uit en dan luister hy maar net geduldig. maar dit raak beter met tyd. sterkte met wat jy ookal besluit
  32. Lindy de Waal
    2010/07/30 10:47:52
    Ek stem 100% saam met MOEDIG. Ek was 2 x geskei en tot vandag toe verwyt ek myself dat ek met husband no.1 geskei het. Dinge sal nooit wees soos wat jy dit wil he nie. Staan by jou man en gaan net aan met jul lewens. Hoe se hulle in Engels 'go with the flo'. Het jy (Amor) al ooit daaraan gedink hoe sal die volgende verhouding wees, sal die persoon jou kinders kan aanvaar. Nee man dink verder in die toekoms, moenie teen die dinge van nou vaskyk nie! Ons is almal mense, maak almal foute!
  33. Sandra
    2010/07/23 10:43:52
    Amor ek verstaan hoe jy voel maar dink mooi daaraan is dit regtig wat jy wil he. Party keer kan ons oor reageer wat baie spyt bring. Daar is baie huwelike wat deer dieselfde dinge is en glo my hulle het sterker en beter ander kant uitgekom. Maar op die einde is dit net jy wat daaroor kan besluit.
  34. magda
    2010/07/20 03:25:04 nm
    Ek dink julle was die mooiste paartjie. Ag Amor vergewe vir Joost en probeer weer vir die kinders.Ek is ook geskei. Ons kind kan ons tot vandag nie vergewe nie. Hy is steeds kwaad dat ons mekaar nie 'n kans gegee het nie en hom in ag geneem het in ons besluite. Neem God in julle vertrou hy sal julle help. En eendag sal julle bly wees...
  35. Peet
    2010/07/16 03:22:02 nm
    Alle mense woon in huise van glas.
    Niemand kan klippe gooi of een van die van der westhuizens verwyt nie.
    Dit kan enigiemand oorkom.
    Elke mens hier op aarde kan elke dag op hul knieë gaan en die HERE dank dat hy ons
    in Sy hande hou , ons behoed en bewaar en aan ons VREDE gee.
    Slegs deur gebed voor die Onse Vader en opregte berou kan so `n huwelik gered word.
    Wat egter belangrik is is dat Jesus deel moet vorm van ons lewens .
    Ek wil vir Joost en Amor sê dat hulle in my gebede is dat God hul huwelik sal heel.
  36. Danel van der Walt
    2010/07/12 04:19:17 nm
    Mens is veronderstel om te vergewe en te vergeet. Maar dit is makliker gese as gedaan. Hoe kan mens oor ontrouheid kom? Al wat ek kan voorstel is bly op jou kniee, jy sal wel weer krag kry van bo om te loop, selfs om te vlieg.
  37. bloos..
    2010/07/06 06:27:19 nm
    Amor (en Joost). Om na jul albei se openbarings te luister, is soos om in 'n doktersspreekamer langs 'n ou tannie te sit wat jou vertel dat haar blaas lek en haar aambeie bloei. Dit is dinge wat die dokter moet hoor, nie ek nie, want ek kan nie raad gee nie...Vertel hierdie dinge vir die regter in die skeihof as jy wil skei, of vir die Here op jou kniee as jy wel jou huwelik wil red. Wat gaan jou kinders eendag se as hulle al hierdie artikels moet lees?
  38. Barbara
    2010/07/06 12:08:28 nm
    Ek wil net weet hoekom kry almal net vir Amor jammer wat van Joost . My hart gaan uit na hom toe
    Maak nie saak wat gebeur het nie, ek is nog mal oor hom.




  39. Billie
    2010/07/06 08:11:23
    Joost en Amor se "sell by date" is lankal verby.
  40. irene hough
    2010/07/05 08:25:00 nm
    ek verstaan nie hoekom my kommentaar nie hier verskyn nie
  41. funny bunny
    2010/06/25 01:59:13 nm
    wanneer gaan dit nou op hou - publisiteit dit is al waaroor dit gaan, storie raak nou afgesaag, kom ons probeer vergewe en vergeet en gaan aan met julle lewe , as julle bemarking wil doen , gaan werk daarvoor.
  42. Annalize
    2010/06/24 08:44:40 nm
    My maggies man give the woman a brake !!! Typical South African attitude... let her be... Amor im 100% behind u... u a good woman good heart good mother!! Joost now what he did wrong ... the only reason why 90% of these woman go on about u are pure jealousy!! U got what they still want and thats u husband..... so forget them and start all over!! U have two wonderful kids and that's all that counts ...... Joost will one day regret what he did... and then it will be to late!!
  43. liefie
    2010/06/24 12:57:21 nm
    Regtig wat het Amore gedink sy kan n huwelik op breek en gelukkig wees daarna??? Nee wat ek kry die kinders jammer maar gelukkig vir haar is daar nog baie getroude mans daar buite aan gesien sy so gou is om te huil as iemand dit aan haar doen maar dink nie twee keer om dit aan ander tedoen nie...Jy het maar net gekry wat jou toekom
  44. Ansie
    2010/06/18 11:44:48 nm
    Die 1ste vrou van Joost (Isabel de Kok) kan maar stil bly, ek onthou nog hoe sy in Huisgenoot die verhouding goed gepraat het en dat sy nie 'n sosiale mens is nie, want die twee Joost en Amor sal so goed by mekaar pas, ek onthou ook nog hoe sy haar besigheid daarmee (met die storie) "geboost" het. Baie van die lesers het haar daaroor aan geval, omdat sy probeer naam maak in Huisgenoot. Sy het Joost met ander woorde vir Amor gegee, ja Isabel de Kok en nou voel jy glo met jou vingers vir haar., wat van die 2 kinders?? Hoekom het jy haar nie liewer gewaarsku nie, maar nee toe vertel jy die twee van jull pas glad nie bymekaar nie, jy was te bly om van hom ontslae te raak!!! STERKTE AMORE. Jy moet nou regop bly staan vir jou kinders.
  45. Anoniem
    2010/06/17 01:42:50 nm
    Die hartseerste deel van hierdie bogenoemde kommentaar en klip gooiery is dat ons as mense die reg op onsself toe eien om te oordeel. Soos Jesus gesê het - Laat jy wat sonder sonde is - Dan die eerste klip optel. Niemand ( Wat menselik en eerlik is in elk geval) kan oordeel nie, ons het almal foute, hetsy 'n moordenaar, hetsy 'n verneuker, 'n kinder verkragter, ens..... Niemand van ons is sonder foute nie. Miskien verskil die oorsprong van elke een se foute - Ja want ons uniek, soos God ons geskape het om te wees.. Ons is nie hier om te oordeel nie, ons is nie geregtig daarop nie, want God het aan die kruis gesterf vir Joost, Steve, My, Jou, Salomè, Jorrie Jordaan, Henriette en elke een van julle hierbo se sondes, en raai wat - Hy het geweet hoe sondig ons was, maar nog steeds het Hy ons nie ge-oordeel nie, Hy het gekies om vir ons so ongelooflik lief te wees, dink julle - Julle verdien dit?

    Ek weet ek doen nie!

    Ek kan net vir myself praat....

    Here - ek bid ongelooflik hard vir elke mens hierbo - vergewe die lelike en harde woorde wat hulle ge-uiter het Here. Ons glo dat U 'n doel het met als, en Here vat Amor en Joost se hande, sodat hulle mekaar weer kan vind - indien dit U wil is. Help hulle om in die huwelik te versoen, en weer saam hulle kinders 'n gelukkige familie te wees. In Jesus naam... amen

  46. Carla
    2010/06/10 09:43:05 nm
    Amor het haar se gese, kan ons nou Joost se kant hoor? Almal maak foute en hoekom kan Amor vir almal na die seksvideo gese het sy sal by Joost staan, want "almal maak foute"... Wat van julle kinders? En wat van julle belofte aan mekaar en aan God-of tel dit nie?
  47. suna
    2010/06/08 04:48:30 nm
    Ai wraggies ... die tweetjies verdien mekaar!!!! Sy se die dag dat as sy met 'n getroude ma by die huis aankom vemoor haar pa haar ... shame syt seker gegrap, want toe was hulle al lank al 'n item. en sing ... asb so vals het ek nog nie gesien nie. Sy moet maar stilbly, ek het haar gehoor en het ons gelag ... uit ons maag uit. Doen nou die eerbare ding Amor en kyk na kou kinders en los die Italianers uit ... jys lank nog nie geskei nie. Stel asb ... al is dit net vir jou kinders die voorbeeld. Onthou hulle word groot, jy sal hulle nie vir altyd kan weg steek nie.
  48. Janine
    2010/06/08 02:16:31 nm
    Ek kan nie verstaan hoekom mense so sleg voel vir Amor nie. Sy het gekry wat sy aan ander doen. Joost was getroud toe sy met hom begin lol het. So what comes around goes around. Nou wil sy die victim speel - Sy het hulle geluk gebou op sy 1ste vrou se ongeluk. so ek dink sy verdien alles wat na haar kant toe kom.
  49. ZELDA
    2010/06/08 11:04:29
    KYK DIT WAT JOOST AAN AMORE GEDOEN HET IS EN SAL ALTYD VERKEERD BLY. 'N SAAK HET 2KANTE ONTHOU DIT. EK WONDER NET WAT SE OOM ANGUS NOU OOR DIE STORIE, AANGESIEN HULLE DAN NA HOM TE GEHOL HET VIR RAAD? MANS KOM DEESDAE TE VEEL WEG MET" EK IS JAMMER EK HOOP JY KAN MY VERGEWE" O MY WORD WAS DIE BORDJIES OMGEDRAAI SOU JOOST DIESELFDE GEDOEN HET. HIER IS 10000 MANS EN VROUE WAT DEUR DIESELFDE HEL AS JULLE GAAN MAAR IS ONGELUKKIGE NIE 'N CELEB OM AL DIE AANDAG TE KRY NIE EN MOET MAAR OP HULLE VRIENDE EN FAMILIES STAAT MAAK VIR ONDERSTEUNING. JULLE STORIE IS NIE UNIEK NIE . GET OVER YOURSELF!!!!!!!!!
  50. isabel de kok
    2010/06/07 04:13:10 nm
    Ek voel vir jou Amor.......met my vingers. Dit kom daarvan as jy probeer om geluk op iemand anders
    se ongeluk te bou ( Joost se eerste vrou)
  51. gifgat
    2010/06/07 04:05:08 nm
    DIE WIEL HET GEDRAAI... en toe verneuk hy jou... hoe anders het jy hom gekry... een keer 'n draadspringer altyd 'n draadspringer
  52. Riek
    2010/06/07 02:24:21 nm
    Soms moet mens net gaan sit en dink, wat as die media en die mense op Amore begin fokus, en dinge begin uitgrou? Wie gaan dan vir wie moet vergewe, Amore gaan aan met julle lewens, as jy in die aande jou kinders hul gebedjies laat opse, leer jy hulle om te vra "vergewe ons ons sondes"? Want hoe kan jy dit bid en nie toepas nie, dalk kom daar n dag wat jy vergifnis moet vra wat geweier word. Om jou kinders te traumatiseer is n hengse sonde op sigself. Kou bietjie daaraan. Ons gaan almal deur dieselfde pyn een of ander tyd in ons lewens, maar ons hang dit nie uit in die media nie. Ons is mens genoeg om dit te verwerk, vergewe en aan te gaan. Wat is dit met julle Unieke selebs dan?
  53. anoniem
    2010/06/07 01:43:01 nm
    Amor, vind uit wat dit veroorsaak het. Daar is altyd 'n oorsaak. My man se oorsaak kom van sy ma af en hy het dieselfde met my gedoen. Ons is na 'n jaar nog steeds bymekaar alhoewel dit maar moeilik is, maar met God se genade gaan ons aan. Dit is iets wat kan oordra van die pa/oupa af. Onthou net, sien die probleem raak en nie die persoon agter die probleem nie.
  54. To Salome
    2010/06/07 08:58:35
    Ag Salome, build a bridge and get over it chick. If Amor wants to air her laundry in public (and get paid for it) then she must expect public comment! “Live by the sword, die by the sword!”
  55. LORRAINE
    2010/06/05 05:07:08 nm
    Amor, net jy weet waar deur jul gaan, niemand se situasie is dieselfde nie, moet asb nie skei nie, vergewe Jooste dis sleg ek weet waarvan jy praat maar glo my dit word beter en beter soos die tyd aanstap. Moenie vir jou kinders 'n stiefpa gee nie. Vergewe asb.
  56. Elize@ngwitrivier.co.za
    2010/06/05 12:22:50 nm
    Dis reg dat jy nie vir Joost meer kan vertrou nie. Maar wat van jouself toe jy met Joost uitgegaan het toe het jy geweet hy was 'n getroude man. So jou sal ek ook nie kan vertrou nie
  57. Deon
    2010/06/05 09:21:33
    Amor, spandeer n tiende van jou daaglikse tyd saam met Jesus, en Hy sal jou gesond maak en ook gee die begeertes van jou hart.. Dit werk nogsteeds vir my. Ek bid vir jou.
  58. Debbs
    2010/06/04 08:00:30 nm
    Sê maar net, ek het n paar ouens hoor gesels oor n kuiertjie by Amor terwyl Joost nie tuis was,
    what goes around comes around nè.
  59. Marietjie
    2010/06/04 07:48:17 nm
    Joost en Amor

    Ek hoop en bid dat julle al julle dinge kan uitwerk, ek voel 'n saak het altyd 2 kante, en albei is maar
    skuldig aan so iets wat gebeur, maar net julle sal dit kan uitwerk, as julle regtig lief is vir mekaar, vergewe mekaar, begin van vooraf, julle het 2 pragtige kinders, ek het geleer dat vergifnis maak jou
    vry, en ek hou van albei van julle, julle pas so mooi bymekaar, sterkte vir albei van julle..
  60. Marjorie
    2010/06/04 07:24:20 nm
    Laat elke mens sy eie manier vind om pyn te verwerk ... dinge tref jou soms eers later soos n vuishou, dit is seker wat nou met Amor gebeur. Laat haar in vrede dat sy self oor n toekoms voorentoe besluit.
  61. Salomé
    2010/06/04 03:46:55 nm
    "Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer ...
    op grond van: toepaslikheid van die kommentaar ...Beledigende inhoud
    ...Herhaling van mening en...
    Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen "
    HOE WERK DIT? IS DAAR IEMAND AAN DAARDIE KANT WAT NIE HUL WERK DOEN NIE, OF DAN ... JUIS HUL WERK DOEN? LEES JULLE WAT ONS MEDE MENSE HIER KWYT RAAK? HOE KAN JULLE TOELAAT DAT AMOR EN HAAR GESIN HIERDIE GOED LEES? DIS BELEDIGEND EN IN ELK GEVAL SE ELKE ANDER OU OF VROU PRESIES DIESELFDE GEMORS.
  62. Salome
    2010/06/04 03:36:49 nm
    Julle is gemeen. Wat as iemand julle so uitmekaar sou trek. Waarom haar so persoonlik aanval. Vir haar onthalwe hoop ek nie sy lees die bydraes van lesers nie, nie een van julle sal hierdie aaklige dinge in haar gesig vir haar vertel nie. Julle het nie 'n idee watter tipe mens sy is nie. Wie van julle was al ooit in haar teenwoordigheid. Geluister met hoeveel ordentlikheid sy met jou- 'n vreemdeling- kan praat. Of dit net uit gewoonte is of nie, kan niemand hierbo net dieselfde teenoor haar openbaar nie. Sy het my heeltemal verstom. Sy kon ons miskien afgejak het omdat ons haar so trompop geloop het -met videokamera en al. Sy het nie. Wat julle vergeet is dat daar mense is vir wie sy saak maak, dat sy iemand se mamma en iemand se dogter is.
  63. Linda
    2010/06/04 03:00:29 nm
    Amor, get over yourself Die een oomblik kry jy hom jammer en die volgend oomblik soek jy publisiteit! I mean, really! As jy hom dan nie wil hê nie, los hom. Toe sy boek uitkom en toe hy alles erken het jy by hom gestaan en julle het aan julle huwelik gewerk. Nou ewe skielik ontdek jy jy is nie meer gelukkig nie! Hou op om jammer te voel en move on sodat hy ook kan aanbeweeg.
  64. Help my!
    2010/06/04 02:48:57 nm
    As een mens nou nog eenkeer gaan sê dit is die vrou se skuld dat mans rondloop hoop ek hulle stuk aan hulle spoeg. Dit is by verre die komminste redenasie wat ek nog gehoor het. Kan nie glo mense het so lae mentaliteit nie. Verbaas my!
  65. joleen
    2010/06/04 02:44:39 nm
    Ek wonder of dit nie joost se nuutste is nie, want die vrou lyk baie anders as Amor, dalk die botox
  66. Juanita
    2010/06/04 02:02:02 nm
    Wie het vir Amor gestilleer en ge-grimeer? Sy lyk terrible. Was dit die idee?
  67. Benna
    2010/06/04 12:09:46 nm
    Ai..ai Amortjie'tjie...kyk nou hoe na-aap jy Tiger se vrou.Nou dat Tiger Woods se vrou vir die wereld gewys het hoe om so n situasie te hanteer....nou doen jy maar dieselfde. Kom poppie...weet jy wat en wie jy regtig is?....Jy en Joost het die Becks -ding vir hoelank gena-aap....en nou het jy weer n ander(regte) celeb paartjie om te na-aap...naamlik die Woods egpaar.

    Jou storie is verveeeeeeeelig en jy is als behalwe oorspronklik.Kry n werk en hou op om vir almoese jou storietjies aan Huisgenoot verkoop......sjoe....GOEDKOOP PLASTIEK POPPIE
  68. Se maar net
    2010/06/04 11:52:59
    Lyk dit nie baie bekend nie? So paar jaar en 2 kinders minder het Joost presies dieselfde ding gedoen. Sy vrou verneuk?? Ek het nie veel simpatie nie.
  69. TERESA
    2010/06/02 03:57:07 nm
    Ag nee!!! Almal maak foute en jy het so pas!! Vergewe hom!!
  70. Soms
    2010/06/02 03:50:52 nm
    Hoe het jy nou weer vir Joost in die hande gekry??? Was hy nie dalk nog getroud nie???? Vra maar net!!!!
  71. Firefairy
    2010/06/02 03:34:38 nm
    @Marieta: Ek stem met jou heeltemal saam. Weet waarvan jy praat. Sy was en is nog steeds 'n "drama queen' Wil al die glamour vir haar self he. Het haar en Joost saam gesien in Fochville een jaar by President Supermark waar die dag 'n motor weggegee is. Kon nie glo dit is die glanspaartjie op al die voorblaaie van die tydskrifte nie. Ek het toevallig naby hulle gestaan en glo my as die mense en kameras nie op hulle gefokus was nie het hulle met die menigte om hulle saamgesmelt. Is dit die Italiaaners se gewoonte om so luidrugtig te wees? Nee wat stem ook saam met Marlene die botox is bietjie erg. Ek het nog nooit van een van die 2 gehou nie en gaan ook nie baie maklik nie. Wat my betref was Joost vergewe deur haar en die publiek. Pleks sy probeer haar waardigheid behou en bly uit die media uit, maar nee sy kan nie sonder publisiteit lewe nie. As sy hom wil los het sy goeie rede en dan moet sy so doen. Selfde met Joost laat hy dan trek as hy wil. Ek hoop nie verlede jaar herhaal homself nou weereens nie. Dit het baie boring geraak. Ek sou dink fluit fluit hulle storie is uit.
  72. Nicky
    2010/06/02 01:17:55 nm
    Ag hier gaan al die wonderlike , eerlike , opregte en hoogheiliges, wat geen foute maak nie , alweer. Joost en Amor is altwee verkeerd - soos baie van ons- en ja dalk het hy rede gehad om 'n bietjie afleiding te soek , as jy nie kos by die huis kry nie, kry jy take aways! Maar los tog ander mense uit en pas julle self op, dan sal ons ou land 'n beter plek wees. Gebruik julle energie vir 'n goeie doel soos die veiligheid in ons land - lees tog die berig oor rooftogte in vandag se Beeld, sjoe dis baie erger as Joost en Amor en Steve en ons Prez!
  73. charmaine
    2010/06/02 12:25:41 nm
    Amor kry wat jy aan 'n ander vrou gedoen het, sy het goed geweet dat Joost nog getroud was toe sy al by hom begin aanlê het. Sy is net agter status, kollig en geld aan. Joost is 'n man wat 'n fout gemaak het, maar ek glo solank jy opreg lief is vir jou man of vrou, julle kan veg om jou huwelik te laat werk. Maar klink meer of Amor verskonings soek en haarself wil laat verontskuldig. Ek dink eerder sy is opsoek na meer aansien, veral noudat die werêld se rykste en sokker sterre hiernatoe kom. Ons is regtig moeg om van haar huweliks probleme te hoor. Daar is duisende ander wat ook dieselfde probleme het, maar dit privaat hou en nie soos Amor sensasie soek nie. KOM NET BY JY IS NET SO SKULDIG.
  74. Vra maar net
    2010/06/02 12:20:49 nm
    Dit lyk vir my of Amor die liedjie:" I am going to wash that man right out of my hair", vergis het met:
    "I am going to cut that man right out of my face".
  75. Ros
    2010/06/02 11:44:19
    Al wat ek net vir Amor wil se is , doen wat jou hart vir jou se , en ek het gedink as jou man geweldig is en jou aanrand is dit die grootste probleem in n mens se huwelik , maar elke mens het sy eie probleme in hul huwelike en niemand kan of mag oordeel nie , plaas jou huwelik in die Here se hand en hy sal jou die regte pad wys , vir jou en jou kinders asook vir Joost .STerkte
  76. Charlene
    2010/06/02 11:06:35
    Amor, was jy nie laasjaar kwaad vir huisgenoot dat hulle so in jou privaatheid inmeng, en kyk hier is jy weer op hulle voorblad ??????????????????????????
  77. MOEDIG
    2010/06/02 07:20:34
    AG SNERT MAN. DIE PROBLEEM MET VANDAG SE PAARTJIES IS DAT HULLE GEWEEG EN TE LIG GEVIND WORD. AS AMOR RERIG WOU KON SY DIT LAAT WERK HET. MAAR NOU GEBRUIK SY DIE STORIE OM UIT DIE HUWELIK TE KOM. MY MAN HET 5 KEER BUITE EGTELIKE VERHOUDINGS GEHAD. JA DIE PYN EN HARTSEER WAS DAAR. DIE WANTROUE. DIE SELFVERWYTE AG ALLES WAT MET SO IETS GEPAART GAAN. MAAR EK HET NIE OPGEGEE NIE, WANT VIR MY EN NOOIT HET HY SY VERPLIGTINGE OPSY GESTOOT NIE. DIE DING WAT MY LAAT AANGAAN HET IS DIE FEIT DAT TOE ONS DIE DAG GETROUD IS HET ONS BELOFDES AFGELê VOOR GOD. FOR BETTER OR FOR WORSE. EN ONS IS VANDAG 43 JAAR GETROUD. 'N MAN IS 'N MAN EN SAL 'N MAN SAL HY BLY. AS JULLE RERIG LIEF IS VIR MEKAAR KAN JULLE DINGE UITWERK. BAIE KERE IS DIT MAAR DIE VROU SE SKULD DAT 'N MAN RONDLOOP WANT DIE VROU HET BAIE VERPLIGTINGE EN IS OF TE MOEG OF HET KOPSEER OF JA NET NIE LUS NIE. MAAR EK HET GEWERK AAN MY HUWELIK EN IS NOGSTEEDS GELUKKIG GETROUD. 'N VERHOUDING IS IETS WAARAAN JY ELKE DAG VAN JOU LEWE MOET WERK. HARD MOET WERK AS JY 'N SUKSES DAARVAN WIL MAAK.
  78. Wilma
    2010/06/01 09:23:32 nm
    Is dit Amor op die foto ??? Could've fooled me ...
  79. Ounooi
    2010/06/01 04:49:37 nm
    Amor, ek kan net vir jou se ek weet hoe dit voel, die leegheid binne jou, die verwarring, die seer asof jou hart uit jou bors geskeur is. Vergewe hom en dra hom op aan God. Ons paaie is lank voor die die tyd vir ons uit gele. Dink aan jouself en ook aan jou kinders. Ek is veral besorg oor kinders, as hulle sonder 'n pa figuur moet groot word in die huis, laat dit ook letsels. Bid en gee dit aan GOD oor en met tyd sal hy jou die regte antwoorde gee. Ek wens jou sterkte toe, En aan Joost - jy gaan baie verloor en jy het al soveel hartseer beleef. Amor julle kan moontlik nog dinge uitwerk, julle is so 'n mooi paartjie en ek wens uit die diepte van my hart hierdie dinge het nooit gebeur nie, Sterkte.!!
  80. PS3
    2010/06/01 04:14:50 nm
    Ag julle!! Kom ons hou op om ons self te bemoei met common afrikaners soos Joost en Amor!!! Jissie, en die mense wat vir haar mooi woordjies tik, sy is net so sleg soos haar man. Soort soek soort. Sy het dan vir joost uit sy vorige verhouding uit. What goes around, comes around!! Die afrikaner volk het verval in n blougat spil. Kyk waarna toe beweeg ons kultuur......ons suppourt common fieslike sangers met onsedelike lewens, koop hul cd's en pogings tot boeke skryf. Is vandag skaam om n afrikaner te wees. Sy is slegte voorbeeld vir haar kinders en dalk moet die gereg begin inkyk in n gesin wat trauma aan hul kinders veroorsaak. Britney spears, nie dat jy haar met plastiek amor moet vergelyk nie, want britney is soveel beter, maar dink terug aan haar kinders wat die hof wou vat!!
    Afrikaners moet hulself begin regruk en ophou so kunsmatig te wees!!
  81. Flaffie
    2010/06/01 03:39:53 nm
    Genade !
  82. Kallies
    2010/06/01 01:45:53 nm
    Ai tog.
  83. Gerda
    2010/06/01 01:42:12 nm
    'n Mens sou dink dat Amor en haar gesin deur genoeg swaarkry is as gevolg van die blootstelling in die media, maar nee, sy deel weer gewilliglik haar wroeging met die publiek. Die groot dryfveer is natuurlik die geld vir die onderhoud, maar die gevolg is dat sy haar familie weer oopstel vir baie venynige beswaddering, verwyte en ongevraagde advies. Sy kry nou waarvoor sy gevra het.
  84. pixie
    2010/06/01 01:07:00 nm
    Joost kry al die skuld vir wat verkeerd gegaan het met julle huwelik, JA Hy IS SKULDIG, maar het iemand al gevra hoekom hy rongeloop het, het hy nie dalk rede gehad om iewers anders te gaan soek vir n bietjie seks nie, want dit is tog waaroor dit gaan ? Was jy nie dalk te besig, te koud of nie lus gewees nie ?
  85. Giepie
    2010/06/01 12:48:15 nm
    Ai !!
  86. Ek soek ook bietjie
    2010/06/01 09:08:00
    Ek het ook 'n geraamte in my kas. Amor hoeveel het Huisgenoot jou betaal vir joune?
    Bel my - dan maak ons nog 'n storie.
    Kry vir jou 'n regte man.
  87. Rina
    2010/06/01 08:48:34
    Doen wat julle dink reg is, elkeen is tog verantwoordelik vir sy eie heil. Beste wense van my af.
  88. kobie
    2010/06/01 08:46:42
    AMORE -ek lees in die Rapport dat jy nou jou as "enkellopend" verwys en dat jy na die sokker spelers uitsien. POPPIE dit lyk mos of jy self nie te onskuldig is nie, lyl of mos jy ook lekker rondkuier. n getroude persoon is alles behalwe enkellopend.
  89. Amelia Hauptfleisch
    2010/06/01 08:29:18
    Dit is hartseer om te sien hoe 'n gesin ombreek. Maar mens sit jou kinders deur meer trauma om dit voort te sit. Mens se huwelik is soos 'n glas as dit gekraak is, kry jy nooit die kraak weer uit nie.
  90. Marina
    2010/06/01 03:08:43
    Amor, ek wil net dit vir jou se JY IS 'N AWESOME PRAGTIGE VROU EN WONDERLIKE MENS. Ek haal my hoed vir jou af wat solank by Joost gestaan het en ek weet dat 'n vrou kry anders seer as 'n man, WANT GOD HET ONS SO GESKAPE. So ek ondersteun en RESPEKTEER DIE FEIT DAT JY NOU TYD VIR JOU VAT OM WEER VREDE IN JOU HART TE KRY. Bly net glo en wat die kinders aan betref sal jy binne-kort die kalmte ook weer in hulle ervaar soos wat Ma (jy heel SAL word). Sterkte en ek geniet jou in nag op Jakaranda jy is awesome.
  91. Yolandie
    2010/05/31 09:38:17 nm
    Liewe Amor,

    Die lewe is reeds moeilik genoeg, en ander mense se opinies kan jou wel vir 'n oomblik of twee anders laat dink, maar op die einde van die dag is daar net jyself wat deur al hierdie pyn moet gaan. My hart gaan uit na jou, want maak nie saak wie jy is nie, niemand verdien om deur so iets te gaan nie. Vir sommige mense is dit dalk 'n vinnige dit of dat en dis mos nou oor en verby so hoekom karring. Wat hulle nie sien nie, is dit wat hier ver baie baie diep in jou hart moet aangaan. Al die vrae, die probeer verstaan, die twyfel in alles waarin jy glo, hoe om jou kinders hierdeur te kry en nog 10 duisend ander goed. Hoe kan enige iemand van jou verwag om Joost te dra deur sy eie tekortkominge? Dis iets wat jy nie vir hom kan doen nie, en hy moet homself en God weer werklik vind voor hy eers kan begin dink daaraan om weer jou vertroue te probeer wen, want maklik sal dit nie wees nie. Die seer wat so 'n merk maak breek 'n vrou tot op die grond af. Maar dis moontlik om jouself weer te vind, te genees te vergewe en dan weer te vertrou. Dit vat tyd. Die Here gebruik die vreemdste wyses soms om sy kinders se fondasies te skud sodat ons weer sal wakker word en besef waaroor die lewe dan nou weer eintlik gaan. Sterkte, bly op jou kniee, jy SAL die antwoord daar kry.
  92. Madeleine
    2010/05/31 07:24:50 nm
    Amor, ek hoop dis swak grimmering en nie botox nie, want jy lyk in hierdie foto's 'artificial' en glad nie mooi nie. Jy lyk soos 'n tannie van 50 wat probeer 40 lyk.
  93. f'rietjie
    2010/05/31 06:57:28 nm
    Amor, oppas vir te veel selfvertroue...
  94. Willemien
    2010/05/31 06:44:01 nm
    Amor is net 'n publisiteitsvraat, dis al. Al die jare nog word daar oor die kleinste oor persoonlike dingetjie koerante of tydskrifte toe gehardloop. Hoe pateties. En dis net so pateties dat die koerante en tydskrifte dit so opslurp en so aanbied asof dit van wêreldbelang is. Julle prioriteite stink.
  95. gloria
    2010/05/31 06:21:03 nm
    You are an incredible woman, you will survive this bump in the road. You will look back on your life, in a few years' time, and you will be glad that you have moved forward and left someone who did not deserve you. Your children are still very young, they will be fine in the near future. You cannot live a lie and trust a liar and cheater. They never change, like the leopard never changes its spots... It will be hard now, but there is light at the end of the tunnel and happiness is waiting for you. You deserve it, so, girl, go for it.
    Gloria
  96. Yolandi
    2010/05/31 04:08:41 nm
    Hi

    Amor, al wat ek kan se is doen wat die bybel se,en staan by jou man. Die bybel se jy moet 7x 7 keer vergewe veral jou man en kinders. Dit kan weer werk met God se hulp, Nothing is inpossible with God, moenie opgee nie. God het aan die kruis gesterf vir ons sondes en ons moet vergewe soos hy ons vergewe het. Moenie sters oor die ander mense nie doen wat God se. Los julle huwelik toetaal in sy hande en hy sal werk met Joost. Bid liewer vir jou man om sy gewoontes te verander. Want jy dink die liefde is nie meer daar nie, maar gee dit net tyd en jy sal sien jou wonderbaarlik God is vir ons. Die grootste geskenk wat julle vir julle kinders kan gee is liefde en respek vir mekaar.
  97. Mev Kruger
    2010/05/31 04:05:21 nm
    Ons weet almal Joost is skuldig. So ook al die vrouens wat saam met hom was en geweet het dat hy getroud is en nou dit openlik erken. Hoe edel.. Onthou net een ding, ons is almal feilbaar. Wie weet miskien is jy die volgende een wat so iets oorkom. Bly op jou kniee en oppas om te oordeel.
  98. Barbara
    2010/05/31 04:05:21 nm
    Ek het nie lank voor die stories van Joost uitgekom het nie, vir al my familie en vriende gese, wat n "paartjie Joost en Amor" wow as ek maar net n lewe soos hulle kan he, altwee so mooi en gelukkig, as my lewe maar net was soos julle sin, as ek ook maar net so stunning man kon gehad het soos jy, ens. ens. En toe begin die stories van Joost, wou en kon dit nie glo nie, maar ja die waarheid het uitgekom, en vandag sit ek en my man met my twee pragtige kinders in ons klein huisie, en is net dankbaar vir wat ons het, en aanvaar mekaar nes ons is, en is sommer net ons, WOW, hoe bly is ek nie, dit is hoe my lewe is nie!!!!!

    Sterkte Amor, ek dink jy wens ook dat jy saam met jou geliefde man en kinders in n huisie kan wees waar daar vertroue en liefde is!!!!
  99. ronel
    2010/05/31 03:59:56 nm
    speel die geloofskaart weer en haal dit aan in jou nuwe boek....asb kan ons tog iets anders kry om te lees????
  100. Leigh
    2010/05/31 03:40:08 nm
    What goes around, comes around!
  101. Jackie
    2010/05/31 02:35:55 nm
    Amor

    Ek kan nie dink hoe dit moet voel,jy dink jy ken die man hier langs jou en dan sien jy sulke foto's en berigte van jou man en jy weet regtig nie wie die man is nie. By die huis is hy hierdie goeie man en dan vind jy al die dinge uit dit was 'n groot ding om oor te kom en ek dink jy moet jou tyd vat en mooi dink. Die duiwel is lustig en verwoes nou vier mense se lewens. As jy en Joost hier oor kan kom wens ek jul alles van die beste julle het die pragtigste kinders,sterkte vir julle almal.
  102. Adri
    2010/05/31 02:33:23 nm
    Ag laat die vrou praat met wie sy wil. Sy kry seker 'n stewige bedraggie daarvoor en dan het ons plebs iets om te lees en kan vir 'n rukkie van ons eie probleme vergeet. Die lewe bestaan maar uit keuses en gevolge en prentjies wat verander en so moet elkeen maar weer aanpas en aangaan soos wat hy/sy goeddunk. Moenie iemand veroordeel nie, jy weet nie waardeur hy/sy gaan nie. Vee maar eers lekker voor jou eie deur en haal die balk uit jou eie oog voordat jy die reg het om dit met iemand anders te doen. And if all else fail, skiet die blixem!!
  103. Koos Willemse
    2010/05/31 02:31:04 nm
    Joost. Wat vir my skokkend is, is dat VERAL vrouens hom ondersteun. Net soos vir Steve Hofnar wat niks anders as n wit Jacob Zuma is nie. Ek dink dit weerspieel die siege van die wit mense in die land. Ons word van alle kante af gestamp deesdae. Ons gaan deur n moeilike tyd. En wat is die Afrikaner se ontmande reaksie. Verdrink hom aan sy musiek en sport sterre. Die mense kan nie n voet verkeerd sit nie. Daar is n ding soos vergewe en vergeet maar sekere goed as jy hom gebreek het kan jy hom nie weer heel maak nie. Hy kan net nie weer sy eertydse glorie herwin nie. Ek neem nie vir Amor kwalik dat sy hom onder die jis skop nie. As hy nou nog eenkeer opgeslip het en self daarmee uit gekomhet was dit dalk n ander storie. Maar hy is n serial oortreeder wat herhaaldelik sy vrou verneek het. Dis net mense met n inhirente slegheid wat so iets doen. Joost is n sleg bliksem.
  104. Colette
    2010/05/31 02:05:13 nm
    Liewe Amor,

    Niemand in hierdie hele wereld kan jou kwalik neem oor jou besluit nie. Dit is nie 'n maklike ding om deur te gaan nie maar jy moet onthou kyk op want die Here sal vir jou die regte pad laat loop. Ek was ook die slagoffer van 'n ontevrede man want gedink het die gras is groener aan die ander kant. Maar na vele jare het ek rustigheid in my gekry met die wete dat ek die regte besluit geneem het. Jy sal weer iemand kry wat vir jou lief is vir wie en wat jy is. En wat jou persoonlikheid soos 'n handskoen pas. Iemand met wie jy jou lewe sal wil deel met die wete jy hoef nooit weer terug te kyk nie. Jou kids is klein en hulle is sterker as wat jy dink gee jy hulle net die liefde en ondersteuning wat hulle nodig het en jy sal sien hulle sal vinnig aanpas. Moenie jou steur aan die swartgallige mense daar buite nie onthou daar was duisende mense wat vir Jesus gespoeg en verneder het en hy het volstaan in sy geloof en as oorwinnaar uitgetree. Hou jou kop hoog girl jy het niks om oor skaam te wees nie want jy het niks verkeerd gedoen nie. En Joost vir jou wil ek se draai terug na die kruis!!!! Hou jou kop ook hoog en beweeg aan dit is nie altyd maklik nie want mense is maar mense en skinner sal hulle altyd skinner maar gaan aan met jou lewe miskien wie weet kan julle twee dit tog eendag uitwerk wanneer al die pyn en seer verby gaan.
  105. Cindy
    2010/05/31 01:04:59 nm
    Kan jy nou meer Hier maak jy opskidding wat onnodig is ,Jy hou seker van publisiteit ,jy se jou lewe is Privaat en die Media moet jou uitlos maar jy is deel van die stirr,Jyt jou man vergewe nou gooi jy hom weg Hoe is jou geloof dan nou ,Almal maak voute die een wat Joost gemaak het was n hengse een waarmee hy vir alltyd moet saam leef ,maar hyt homself nog meer verneder om met die waarheid uit tekom ,Hoekom het jy hom vergewe en dan net so gelos Wat wil jy bewys ,As dit is wat beroemdheid aan n mens doen is ek bly ek kan nie sing of rugby speel nie en dat ek net n plat op die aarde mens is
  106. Elsie
    2010/05/31 12:52:50 nm
    Leatitia en kie julle wat sê Amor is skuldig sit die pot ver mis. Dit is nie sy wat ontrou was nie.
    Maak oop julle oë. Dit is nie sy wat in die video is nie en dit is ook nie sy wat "witgoed" gesnuif het
    nie.....Is julle blind? Sterkte Amor die suide is met jou al die pad.
  107. IS
    2010/05/31 12:45:30 nm
    Wat jy saai, maai jy. Wees versigtig.
  108. Leatitia
    2010/05/31 12:21:18 nm
    Amor, ek wil net vir jou sê jy is net so skuldig as Joost, mens lees dit nou elke dag op die lamp pale, nou dink jy ons moet in jou onskuld glo..............Dink seker ons is almal gekke. Moenie jouself so onsuldig hou nie. Joost ek was nog altyd mal oor jou en is nog steeds mal oor jou, al het jy foute gemaak, nie soos jou vroutjie wat in 'n glashuis bly nie. Alles van die beste Joost, groet vir Amor en gaan aan met jou lewe.
  109. ONBEKEND
    2010/05/31 12:18:39 nm
    AMORE JYT SEKER NIE GEDINK JY KAN OP ANDER SE ONGELUK GELUK BOU NIE EN JOU MA WAT JOU NOU SO BYSTAAN MET DIE GEMORS WAT HET SY GESE TOE JY JOOST SE EERSTE HUWELIK OPGEFOETER HET.
  110. Daisy
    2010/05/31 11:18:24
    Nou praat sy haar hart in die MEDIA uit. Voorheen was die MEDIA blameer vir haar hartseer. Ag nee, kom tog net by.
  111. AI
    2010/05/31 09:34:20
    Ja ek moet ongelukkig dit nou maar sê......................Amor staan ook agter die deur!!! Waar in jou lewe het jy gesien jy gooi jou man by die huis uit en die volgende dag kan sy nie wag vir die Italiaanse Sokkerspan nie, nee wat sy is maar net so skuldig soos hy sy hou haar net so heilig!!! Nie terwille van haar kinders nie maar terwille van haarself!!!!
  112. Jaco
    2010/05/31 09:17:14
    Ek dink net ons samelewing is siek! om mense se hartseer uit te byt om meer tydskrifte te verkoop. Hoe kan n gesins tydskrif soos Huisgenootsulke snert publiseer. Wat het geword van jy mag nie kwaad spreek nie. Dan wonder n mens hoekom dinge gaan soos dit gaan. Maar gelukkig weet ons dat wanneer hierdie dinge gebeur dat mense sonder natuurlikke liefde optree dit maar nog net n stappie nader is dat Jesus Sy kinders kom haal. Serkte Joost en sterkte Amor maak nie saak wat gebeur nie onthou julle net dat die liefde ALLES bedek nie net die helfte of dit wat ons as aanvaarbaar beskou nie ALLES beteken ongelukkig ALLES
  113. MARLENE
    2010/05/31 08:39:34
    Amor, die botox is bietjie erg..............
  114. Peggy
    2010/05/30 09:37:31 nm
    Amor, ek het medelye met jou situasie, maar ek kan jou verseker ek weet presies waardeur jy nou gaan. Been there, got the t-shirt!!!. My ex het na volle vergifnis van my, na 5 jaar wat ons getroud was en ek hom gedagvaar het vir 'n egskeiding, wat hy laat terugtrek het en belowe het dat hy baie jammer is oor wat hy gedoen het, weer dieselfde ou gewoonte herhaal het na nog 25 jaar. Dus ek het van die 30 jaar wat ek getroud was, 25 jaar gemors deur hom te vergewe. Eenmaal 'n draadspringer, altyd een. Dus los die hartseer en beweeg aan in jou lewe! Ek het ook gebly ter wille van my kinders maar dit het niks aan die saak gedoen om van hom 'n beter mens te maak nie. Sulke rondlopers het geen skuldgevoel nie. Dink net aan hulle eie geluk. Daar is beslis iemand wat jou wel sal waardeer vir wie en wat jy is....daarvan kan ek getuig! Sterkte...en druk deur en vasbyt! Jy is nie die eerste en enigste mens wat met so probleem worstel nie.....talle het al dieselfde paadjie geloop as waarop jy jou nou bevind.......Die Bybel self gee aan ons die toestemming tot skeiding sou daar egbreuk wees!!!!
  115. Thea
    2010/05/30 07:54:33 nm
    Vertroue is die rots waarop elke verhouding of huwelik gebou behoort te word...As dit nie meer daar is nie...Gaan jy jou maat agter elke hoek en draai verdink , jou hart meegee wanneer hy/sy 'n sms ontvang en jy hom/haar soms skuldig maak aan dinge wat hy/sy NIE meer doen nie...Ek sê dis beter vir kinders om in vrede te leef met ouers uitmekaar as wanneer ouers baklei indien hulle saam is! Doen wat jou hart vir jou sê , Amor en vra Liewe Jesus vir bevestiging in wat jy ookal besluit...
  116. CHRISTINE HENDRIKS
    2010/05/30 07:46:39 nm
    AMOR EK BID VIR ONS HEMELSE PAPPA DAT HY VIR JOU, JOOST EN JUL KINDERS SE HANDE SAL VASHOU IN HIERDIE TYD WAT JUL DEUR GAAN EN DAT JY EN JOOST IN DIE TOEKOMS VRIENDE KAN WEES VIR JUL KINDERS SE ONTHALWE, MAG JESUS JOU 'N HART VAN VERGIFNIS GEE,WANT OP DIE OU EINDE VAN DIE DAG AS 'N MENS NIE KAN VERGEWE NIE VEROORSAAK DIT 'N MUUR TUSSEN JOU EN GOD, NIEMAND MAG JOU OF JOOST OORDEEL NIE WANT ALLES WAT 'N MENS HET EN IS IS NET DEUR DIE GENADE VAN GOD ALLEEN EN NIEMAND KAN SE DAT SO IETS NIE MET HULLE KAN GEBEUR NIE, BLESSINGS * * *
  117. Thea
    2010/05/30 07:41:38 nm
    Vertroue is die rots waarop enige verhouding of huwelik gebou word...As dit nie meer daar is nie dan sê ek ook om liewer uitmekaar te gaan... Dis beter as kinders meer vrede het met ouers uitmekaar as wat hulle saam is en alewig baklei. Amor, jy's pragtig , doen wat jou gelukkig maak!!!
  118. Chae
    2010/05/30 07:02:44 nm
    Daar is 'n gesegde wat se dit wat hy gedoen het om jou te kry sal hy doen om haar te kry. My hart is seer vir jou kids Amore, simpatie met jou het ek nie veel nie.
  119. Christelle
    2010/05/30 05:04:59 nm
    Dit is bitter jammer dat dit so moes gebeur, julle was 'n paartjie duisend (wel ek het so gedink)! Dit sit nie in een Suid Afrikaner se broek om te oordeel oor wie wat gedoen het nie, elke persoon op hierdie vaste land het die een of ander geheim, sommige is net gelukkig om dit saam graf toe te vat, voor jy dink hierdie komentaar is nie op jou gemik nie....dink weer, en jy sal agterkom dat jy met skaamte jou kop sal sak en besef ... hemel ek het ook foute, wie is ek om te oordeel!!
    Vir Amor....alle sterkte, doen wat jy glo in jou hart is die regte ding, en wie weet oor 'n paar jaar sal al die vingers wat so graag na julle toe gewys het, alles afgebrand wees.
  120. klippiie
    2010/05/30 03:06:08 nm
    Kry asb end met die vd Westhuizens. Ons stel nie meer belang nie.
  121. ANONIEM
    2010/05/30 02:52:38 nm
    5 JAAR TERUG HET EK MY MAN 2 KEER MET 2 VERSKILLENDE VROUENS IN DIE BED BETRAP. EK IS DEUR HEL. EN VANDAG NA BAIE TRANE EN HARTSEER EN BAIE HARDE WERK, HET ONS DIT GEMAAK. ONS IS AL 10 JAAR GETROUD EN HY HET HANDOMKEER VERANDER. EN ONS IS VANDAG GELUKKIGER AS WAT ONS OOIT DAAI TYD WAS. DIT WAT DIE HERE SAAM GEVOEG HET MAG DIE MENS NIE SKEI NIE. AMOR MOET SELF HIERDIE BESLUIT NEEM, OP HAAR TYD. MAAR PARTYKEER IS DIT DIE MOEITE WERD OM WEER TE PROBEER
  122. Soekie
    2010/05/30 01:55:17 nm
    Amor, ek hoop net jy't gekyk dat Joost sy pakkie nuwe, heel onderbroeke inpak...
  123. Robert
    2010/05/30 01:17:29 nm
    Amor, jy is beeldskoon! Joost is mal om rond te loop.
  124. Amelia Pieterse
    2010/05/30 01:00:09 nm
    Ek was self deur n huwelik waar my man my met ander vrouens verneuk het, as hulle dit eers een keer gedoen het sal hulle dit weer doen. A leopard never changes it's spots, dis so waar!
    Ek het ook ter wille van my kinders uitgehou, maar die vetroue was nie meer daar nie, die seer was die ergste. Ek is toe uitendelik van hom geskei, en na 4 jaar weer getroud met die wonderlikste man op aarde, ek het nooit gedink dat ek weer n man sal kan vertrou nie.

    Wat my hartseer maak Amor is die feit dat hy sy eerste vrou gelos het vir jou. Die wiel draai defnitief, dishoekom ek vandag nog sukkel om vriendinne te maak.

    Sterkte!
  125. PRETORIA
    2010/05/30 12:05:41 nm
    Almal maak foute.Niemand is perfek nie.Net Amor en Joost kan saam besluit of hulle die huwelik wil maak werk.Amor moenie by Joost bly as sy nie gelukkig is nie en net oor die kinders nie.Joost as jy regtig lief is vir Amor sal jy vir haar tyd gee dag sy kan besluit wat sy wil doen of sy jou nog kans wil gee of jou wil los.As julle regtig lief is vir mekaar en julle wil jul huwelik maak werk sal jy moet verander (Joost) en haar bewys dat jy dit nie weer sal doen nie.Anders moet julle saam besluit julle albei begin oor met nuwe lewe en wees vriende.Sterkte aan albei.Hoop dinge werk uit soos wat julle dit wil he.
  126. Chantel
    2010/05/30 11:57:20
    Hi Amor ek weet hoe jy voel oor die hele storie. Ek is deur die selfde, ek het my man probeer vergewe by hom gebly en net die beste probeer maak van 'n slegte saak. En toe besef ek dat die lewe baie kort is net toe ek besluit het dat ek hom vergewe en ek wil aangaan om my huwelik weer regte ruk is my man van my af weggevat. Ek weet die lewe is hel en partykeer haat ek die lewe. Onthou net die here is by jou en hy beskerm jou.
  127. Gewete of spyt?
    2010/05/30 11:42:58
    Ek het voorwaar gedink dat hierdie twee mense hul geskille kan uitsorteer. Maar pkaas ek myself in Amor se skoene moet sit sal ek baie huiwerig wees. In die skoene van die kinders wil ek nie wees nie. 'n Mamma beskerm hulle en wil die seer vir hul dra. In joost se skoene nog minder. Hy het sy belofte verbreek deur na 'n hoer te gaan en dan nog dwelms gebruik. Dit terwyl hy 'n swanger vroulief het. Ek kan my nie indink dat hy weer daarna 'n huweliksbed met haar gedeel het nie. Dit is om van naar te word. Die tyd sal leer. Net jammer Amor het ook Huisgenoot toe gegaan en daardeur haar waardigheid verloor.
  128. Liska
    2010/05/30 11:15:16
    Al wat ek kan sê is sterkte, want om so persoonlike saak met almal te deel en nog te probeer heel word moet baie erg wees. 'n Mens kan vergewe maar vergeet nooit nie.
  129. Pat
    2010/05/30 10:47:57
    Good for you Amor. Die mans dink hulle kan net aan gaan en met n mens mors en jammer maak alles reg. Jy is sterk en het hom nie nodig nie. Gaan aan en maak n nuwe lewe. Sterkte
  130. Expat
    2010/05/30 05:41:54
    Amor come sit on my Knee my skat and youll forget all about Jooste..
  131. Linda Ehlers
    2010/05/29 08:48:21 nm
    Amor, wat jy saai sal jy maai. Jy en Joost het mekaar ook GEKEN toe hy nog met Marlene getroud was. GOD SLAAP NIE, MOENIE AAN ANDER DOEN WAT JY NIE AAN JOUSELF GEDOEN WIL HE NIE.
  132. Amanda
    2010/05/29 07:10:33 nm
    Amore, gee jou man nog 'n kans dis jou keuse, gaan vir huwelik berading, julle is 'n oulike paartjie al was daar buite mure se bedrywighede...as jy bly agtertoe kyk en die verlede met woorde rondgooi,sal jy nooit herstel in jou seer, bitter of vertroue wat jy saam met jou man moet aan werk,,,, of is dit nou weer publisiteit , hoekom het Joost se oe gedwaal, was daar te veel ruimte,,, of was dit die begin van huweliks probleme, net julle kan die dinge saam uitwerk,glo nie aan alleen dinge wil uitwerk..
    STERKTE
  133. Louise
    2010/05/29 05:55:49 nm
    Hi Amor,glad nie die beste deel van jou lewe nie,alhoewel ek dink jy moet dit meer privaat doen,nie een ander kan oordeel wat Joost gedoen het nie,nie een kan 'n klip gooi dit sluit jou in.Dink aan die kinders wat nie gevra het om daar te wees nie dit is al wat ek dink nou belangrik is en natuurlik miskien het jy en Joost privaat tyd saam nodig.'n Mens kan nooit 'n gebreekte koppie vasplak sonder om die kraak te sien nie,maar hoe meer jy die storie deur die pers trek hoe erger wys die krake.Wil jy dit regmaak?
  134. Esmè
    2010/05/29 04:04:23 nm
    Ek kan my verstom aan al die rate en kommentare, mensig, party so gemeen en party so goed bedoel. Ek hoop net Sy wil sal geskied en dat alles sal reg uitwerk vir die kinders se onthalwe.
  135. sharon
    2010/05/29 03:27:21 nm
    i think we have all had about enough of this rather pathetic drama queen, she stole joost from his first wife, what did she think, that she could change him, and now she wants us to feel sorry for her, give me a break, she is getting just what she deserves. never forget, the wheel turns and now that she is getting the same treatment, she has the nerve to expect us to have sympathy for her, i am sure we have all got greater things to worry about than a self absorbed home wrecker like her. a message to you amor..stop hanging ur dirty laundry out for all of us to see, deal with ur problems like we all have to in the privacy of our homes and get a life, u and joost deserve each other, u r both pathetic
  136. gemmo
    2010/05/29 02:24:30 nm
    bly by mekaar - julle is perfek vir mekaar
  137. SHame
    2010/05/29 01:57:03 nm
    Amor word groot!!! you played the game from the start!!! sort jou lewe op jou eie uit soos baie ander, maar vir aandag hol jy altyd na die tydskrifte toe. Niemand kry jou jammer nie!!!! jys beslis nie die eerste vrou op aarde wat hier deur gaan nie, jy het dit dan aan iemand anders ook gedoen.
  138. Werner
    2010/05/29 01:20:42 nm
    Joost was 'n getroude man toe Amor in die prentjie gekom het.....wat is die verskil nou? Het sy verwag hy sal verander? Wie het toe jammer gevoel vie (D)oost se vrou? Hoekom moet ons nou jammer voel vir Amor? Sy is en bly niks beter nie......Wel verdien, sy is niks beter as die slet in die Joost-porno-fliek!!!
  139. Patroina
    2010/05/29 11:53:39
    Mans se behoeftes is "bewondering en vertroeteling".... Amor as jy hom nog wil he, moenie te lank jouself bejammer nie, want dan stuur jy hom reguit na 'n ander vrou se arms. Ja ons ego's kry seer maar klim so gou as moonlik oor dit. Gelukkig huwelike beteken harde werk...
  140. Max
    2010/05/29 07:34:21
    Nou ja tussen Amore en Cezanne Visser se tronk stories..is die Huisgenoot weer vol leesgenot!!!!

  141. irene
    2010/05/28 09:17:26 nm
    NEE WAT , JOOST WAS NOG NOOIT MY FAN NIE. SY OE SIT MY AF. EK STAAN VAS AGTER AMORE.N MENS KAN NIE KINDERS IN N GEBROKE HUWELIK GROOTMAAK NIE. EN GLO MY N VOEL VERANDER VAN VEER MAAR NIE VAN KLEUR NIE. STERKTE AMORE.
  142. jan
    2010/05/28 08:23:03 nm
    Hoekom word Joost so erg veroordeel ,maar die president van die land met ten minste een selferkende buite-egtelike kind word nie 'n woord van gese nie?Ag asb! Get a life, julle klomp skynheilige kinderagtige sg. christene!Ek glo ieg nie engeltjie Amor is so onskuldig nie!
  143. Nicolette
    2010/05/28 06:45:37 nm
    Amor en Joost as julle iets hieruit kon leer - STOP WANTING ATTENTION ALL THE TIME- kyk waar dit julle gebring het. Elke keer as julle winkels toe gaan of vakansie hou etc dan bel julle een of ander koerant of tydskrif om "Skelm fotos" te neem! Julle wou en wil nog- die heel tyd in die media bly - en vir die hele Suid Afrika altyd "advies" gee oor huwelikke ens -ag asseblief -Ons is nou rerig moeg vir al julle stories!
  144. wilna
    2010/05/28 06:40:19 nm
    Elke paar moet hul eie probleme uitsorteer,los hierdie mense nou uit en bepaal elkeen hom of haar by sy eie lewe.WAT VAN IN STILTE Bid vir hulle.Hou die komentaar vir elkeen se lewe.sterkte vir elkeen met sy of haar probleem.Ons het almal ons eie,en is reeds daardeur,net n saak wat self opgelos kan word.
  145. Blommie
    2010/05/28 05:20:41 nm
    Amor,hy wat Joost het sy eerste vrou dan verneuk,met jou so hoe dink jy hy gaan sy maniertjies laat staan,nee my ding jakkals verander van haar,maar nooit van streek!!
  146. yollie
    2010/05/28 04:46:27 nm
    JY HET JOOST NIE NODIG OM 'N SUKSES TE MAAK VAN JOU LEWE NIE. JY IS KLAAR EEN
  147. Susan
    2010/05/28 04:13:41 nm
    Dis erg genoeg dat Joost haar verneuk het in die eerste plek, nog erger is die mate waartoe hy gegaan het om homself uit die moeilikheid te probeer LIEG, selfs met video getuienis tot die teendeel! Komaan mense, die oomblik toe hy begin opmerkings maak oor gate in onderbroeke en hoe groot sy private dele is of nie is nie, het ek geweet hy jok ( dit en natuurlik die feit enige aap kon sien dis hy in die video..) Sy optrede het Amor geweldige stres en vernedering veroorsaak....en sit daarby hy het sy eerste vrou met haar verneuk en verskeie leuns vertel aan die begin oor of HULLE in 'n verhouding is, en jy kan eenvoudig nie so iemand weer vertrou nie.

    Maar hier is steeds twee kindertjies betrokke, en ek voel wel jammer vir hulle. Sulke jong kinders gee min om vir status of geld, hulle wil net graag he Mamma en Pappa moet gelukkig- en by mekaar- wees
  148. MC
    2010/05/28 03:46:49 nm
    Gaan ons arme Suid Afrikaners nou weer tot vervelens toe verveel word met hierdie twee se smerige private lewe? Asb. hou op!!! Niemand stel werklik in Amore se hartseer stories belang nie, nog minder in Joost s'n.
  149. Landi
    2010/05/28 03:39:42 nm
    "Unless we have struggled with the problems of another preson, we cannot judge their life or death, we have to leave that to God." Almal met julle grootmonde, los julle oordeel maar vir die Here. Los Joost en Amor uit sodat hulle hulle eie paaidjie kan uitsorteer. As jy nie in daai paaidjie was waar Joost en Amor is nie, mag jy nie 'n opinie lig nie.
  150. Drieka
    2010/05/28 03:29:31 nm
    Amor, ek kon jou van dag een af se dat dit nie gaan werk nie, gooi hom uit, jy sal hom nooit weer vertrou nie.
  151. Janine
    2010/05/28 03:27:27 nm
    Ag hulle ou storie is al holrug gery - enige iets om net weer in die tydskrifte en koerante te kom. ASB plaas tog iets nuuswaardig.
  152. avl
    2010/05/28 03:26:04 nm
    i think it is time that we leave the VanderWesthuizen family alone and the only thing we do is pray for them the media does not help with continuing to write about them...
  153. EKKE
    2010/05/28 03:22:08 nm
    Het die wiel nie nou vir jou gedraai nie Amor. Jy het vir Joost by sy eerste vrou afgevry en nou is jy seer hoe dink jy het sy daai tyd gevoel toe jy aan sy arm gespog het. Hy het sy eerste vrou met jou verneuk, het jy vir een oomblik gedink hy gaan dit nie aan jou doen nie. Sy sit nou seker lekker vir jou en lag Hoop jy kom die bult uit
  154. Ansie
    2010/05/28 02:53:41 nm
    Amor: Ek haal my hoed af vir jou laat die mense jou maar slegsê soos hulle wil miskien het hulle nognie deur so 'n situasie gegaan nie net die Here weet waardeer hy julle nou stuur. NBiemand kan vir jou sê hoe om te maak nie luister na wat jou hart sê en GLO. Gee hom 'n kans mense maak foute...
  155. Nadine
    2010/05/28 02:29:55 nm
    Wat het Amor gedink? Joost het sy vrou vir haar gelos my hart gaan uit na sy eerste vrou want dit moes 'n helse klap in haar gesig gewees het... en moenie vergeet hoe dit ingevryf was met al die artikels van die glanspaar!!!

    Bou jou geluk op ander se gebroke fondasie en kyk wat gebeur... Het die wiel te vinnig gedraai???

    Kry net kinders jammer.
  156. Onpartydig2
    2010/05/28 02:09:50 nm
    Indien Amor 'n man nodig het om haar gelukkig te maak, dan sal sy nooit werklik gelukkig wees nie en sal enige verhouding met die teenoorgestelde geslag uiteindelik misluk.
    Die vraag is, het God hom vergewe, en herhaal hy sy sonde? 'n Mens se onvolledige vergifnis kan maak dat jy aan KBOS begin ly. Dit is kroniese bipolere ontevredenheidsindroom wat maar dat jy onbillike laste op die verhouding plaas deurdat die ander persoon hom/haar nou gereeld moet "bewys". Ook dit is iets waarvoor vergifnis nodig is en nie herhaal moet word nie.
    Hopelik is die kinders se geluk in die geval belangriker as die van enige grootmens individu.
  157. Candy
    2010/05/28 01:47:00 nm
    Amor, ek wens dit nie eers vir my grootste vyand toe nie, maar jy moet maar probeer om 'n bietjie berusting te vind in die feit dat andere net so seer gevoel het toe jy en Joost hulle verneuk het.

    Ek verstaan nie die lesers se dubbele standaarde dat Amor nou skoonpapiertjie is nie. Ek gooi nie klippe nie - die Bybel leer ons dat ons saai wat ons maai. Om altyd vergifnis en Jesus in die saak in te bring is baie mooi, maar hierdie mense is ons kinders se rolmodelle.

    As ons hulle altyd verskoon met die Bybel in ons hand, watter waardes leer ons vir ons kinders?

    Hierdie huwelik was gebou op sonde of julle nou daarvan hou of nie.

  158. Carike
    2010/05/28 01:44:16 nm
    Die liefde verdra alles. Liefde oorwin alles. Maak nie saak wat Joost gedoen het nie Amor, jy moet leer om te vergewe. Vertroue kom weer met die tyd. Ons kan nie bly in die vrlede lewe nie. Daar is net een weg en dis Jesus, sonder Hom sal julle niks uit julleself regkry nie. Joost vir jou wil ek sê jy is die priester en profeet van jou huis, jou kinders sal eendag nooit enige geloof in God kan hê as hulle aardse vader ontbreek het tydens hulle grootword jare nie. Asseblief Joost en Amor maak reg terwyl julle nog kan, moenie dat tyd uitloop nie.
  159. mel
    2010/05/28 01:26:09 nm
    ai Amor ek voel jammer vir jou, veral omdat die hele Suid-afrika en die media als ook uit mekaar uit ruk. Ek hoop dinge werk uit vir jou, en dat jy wel weer eendag geluk vind. En bygesê ek veroordeel nie vir Joost nie, ek voel jammer vir hom ook....in vandag se lewe is dit maklik om sulke foute te maak en die mense wat hulself so preuts gedra is gewoonlik die wat die meeste oneerlik is!

    Sterkte, dink aan jou kinders ook ek dink Joost het ook genoeg gely.
  160. KEN JOU SEER
    2010/05/28 01:26:00 nm
    Vir elke man wat rondloop is daar n gewillige goedkoop dame. Jy gaan beter doen sonder hom, geen man is n vrou se trane werd nie. Ek was ook daar, dit is seer, maar die seer word beter. Sterkte.
  161. Moeder
    2010/05/28 01:18:55 nm
    Hoekom veroordeel julle haar so, sies ek skaam my dood om te dink julle "verlekker" julle in haar hartseer, julle kan julle sekerlik nie christene noem... Amor doen wat jy goed dink, niemand ken jou hart en waardeur jy & jou kids elke dag moet deurmaak op die einde is dit net jou & die kids se geluk wat belangrik is, dit gaan tyd neem maar oor 'n paar maande/jaar van nou af gaan jy terug kyk en besef jy het die regte besluit geneem... wat jy ook al besluit! Sterkte. PS: Moenie jou steur aan die mense se walglike kommentaar soos hulle sê "mense met glas huise kan nie klippe gooi".
  162. Marieta
    2010/05/28 01:05:22 nm
    Die pot kan nie die deksel verwyt nie, Amor soek net simpatie, plaas dat sy van haar Ouers ontslae raak wat saam met hulle woon, geen huwelik kan hou as jou ouers of skoonouers in een huis bly nie, Amor moet groot word, sy is baie kinderagtig en 'n aandag vraat - alles en almal moet om haar hang, het mos gesien hoe het sy te kere gegaan in 2007 op die vliegtuig Mauritius toe - sy het so gelag of geskreeu lag dat almal moet weet Amor is op die vliegtuig, onthou Amor ons het voor julle gesit, en glo my jy is nie so onskuldig soos jy wil voor gee nie, dalk het jy iemand anders in die oog en nou is jou Man nie meer goed genoeg nie, of luister Pappa se dogtertjie nog na wat Pappa en Mamma se wat sy moet doen - WORD GROOT AMOR - en sorteer julle lewe uit die publieke oog uit - hemel jy is erger as die Beckhams!!
  163. anni
    2010/05/28 01:01:15 nm
    Ek is vandag 32 jaar oud. My ouers wou skei toe ek in standard 4 was (dink ek was 11 of 12 jaar oud gewees). My pa het my ma ook verneuk! Dit was 'n helse slag vir ons almal. Ek en my sussie het my pa begin haat omdat hy ons almal so bitter seer gemaak het. Met tyd het dit beter gegaan. Hulle het besluit om bymekaar te bly vir 'die kinders se onthalwe'. Daar was natuurlike moeilike tye maar hulle is vandag nog gelukkig saam.

    Vandag is ek baie trots en dankbaar dat ek nie uit 'n gebroke huis uit kom nie. Ek kan myself nie voorstel hoe dit sou gewees het as my pa en ma nie meer saam was nie.

    Dankie mamma en pappa dat julle terwille van ons bymekaar gebly het. Hoop julle is sommer nog 20+ jaar gelukkig getroud.

    Amor & Joost - baie sterkte vir altwee van julle. Hou julle stories uit die koerante uit en werk aan julle huwelik. Ja wat hy gedoen het was verkeerd. Dit gaan 'n lang pad wees maar ENIGE iets is moontlik.

    Byt vas en koester wat julle het. Sterkte - dink aan julle en die kinders.

  164. 2010/05/28 12:55:52 nm
    Ek hoop regtig dat jul dinge sal kan uitpraat en laat werk, jul is 'n stunning prent saam! Joost, hoe sou jy gevoel het as Amore rond geloop het? Ag nee, sies man, jy is 'n rolmodel vir die jeug, gedra jou soos een asb! As vertroue een keer gebreuk is, is dit moeilik om dit weer te herstel, maar dit is moontlik as jy opreg jammer is en dit dan te bewys.
  165. Weet van
    2010/05/28 12:48:55 nm
    Amor, jy moet hom los. Vat nou die pyn en kry dit agter die rug. My vrou het ook rondgeloop. Mens sien sulke goed mos nie raak nie. Vriende en werksmense weet altyd voordat jy dit uitvind. As Joost 'n man is, sal hy sy pak slae vat. Hy't mos geweet waarvoor hy hom inlaat, nou's hy bang hy verloor jou wat die steunpilaar in die gesin is. Nee wat, doen dit en kyk of dit kan werk. Tik 'n eier se dop dat dit kraak. Sit hom in die yskas en kyk elke dag of die dop toegroei. Hy sal nie. As die vertoue weg is, sal dit nooit wee uitwerk nie. Ek weet
  166. Fred
    2010/05/28 12:41:55 nm
    Ag wat Amor. Daar is baie van ons wat die HELE storie ken. Jy moet net onthou. Soos jy aan ander doen, sal ook aan jou gedoen word. Wat het jy gedink toe jy en Joost "gerinkink" het, toe jy eintlik nog in 'n vaste verhouding met iemand anders was? Jy weet ook, en het altyd gewet dat MEESTE van die rugbyspelers van daai tyd, naweek na naweek na naweek met dwelms "ge-party" het.
    So ja. Nou sit ALMAL maar met die gebakte pere. Hartseer is dit wel, maar ek weet van ten minste 'n hele paar mense wat nou so in hulle binnemoue lag. En, hulle lewe nou baie gelukkig!! Kom aan, werk harder aan die verhouding. Op die einde van die dag is dit baie beter as om weer van vooraf te wil begin! En ou Joost is darem nie SO slegte ou nie. Kyk maar na ou Pedrie, al weer vuurwarm aan die speel na sy kokaien dae!!
  167. Anononiem
    2010/05/28 12:29:38 nm
    Amor het geweet dat Joost sy eerste huwelik / vrou verkul het met haar (Amor). Hul is toe geskei en Joost en Amor is getroud. So wat sê dit vir 'n mens. As 'n man 1 maal sy vrou/verloofte/meisie verkul dan SAL hy dit weer doen. Sy niemand is hier te blameer nie. En niemand moet vir mekaar jammer wees nie. Amor moes dit geweet het van die begin af.
  168. cd
    2010/05/28 12:25:04 nm
    Klippe word gegooi met mening, maar soms tref daardie klip iets wat in sy pad gekom het. As jy jou bed gemaak het, dan slaap jy in daardie bed. Amor sonder enige teregwysing, jy het 'n huwelik opgebreek, en ek is jammer moet nou nie Sannie jammerpot speel nie. Ons pad is klaar vir ons uitgekap, en met die Wil van Onse Vader sal ons daardie pad loop tot en tot, net onsettend jammer dat dit weer die kinders is wat so groot seer saam met hulle moet dra. Amor, is jy regtig so eerlik met alles? Vra maar net!
  169. Ekke
    2010/05/28 12:22:42 nm
    Sterkte Amor.
  170. Ben
    2010/05/28 12:03:46 nm
    Amor,as ek 'n vrou was en ek raak van 'n gogga soos Joost ontslae,sal ek ook voel of ek in die wolke lewe. Jy kan net beter doen
  171. Onpartydig
    2010/05/28 11:49:01
    En nog nie een van julle het al ooit foute gemaak nie ne. Wie is julle om so lekker op die kant te sit en oordeel. Wat hy gedoen het kan nie goed gepraat word nie en hy was verkeerd, feit. Ek glo hy het regtig berou en dat hy nou al genoeg verneder is. Daar is ook 'n ding soos vergifnis en ons almal pleit dit elke dag van ons Hemelse Vader. Net daarna doen julle wat julle hier doen. Maak nie vir my sin nie. Ek dink altwee hierdie mense moet in jul gebede wees. Moet die ou nou vir die res van sy lewe hiervoor boet. Ek is seker as hy die tyd kon terug draai en sy dade ongedaan maak, sou hy dit gedoen het. Ongelukkig kan hy nie, maar almal kan hom gerus 'n kans gee om te wys dat hy bereid is om dinge reg te maak.
    Amor, ek voel jammer vir jou en wil nie in jou skoene wees nie. Jy is in my gebede.
    Joost, byt vas, ons dien 'n regverdige God. Daar sal vir jou ook vergifnis en genade wees. Sy koningkryk is vir ons almal bedoel, maak nie saak wat jy verkeerd gedoen het nie, solank jy opreg berou het, sal jy vergewe word.
    Sterkte vir albei van julle. Mag dinge vir julle uitwerk soos dit moet.
    Moeinie luister na al die negatiewe kommentaar nie. Fokus op wat belangrik is.
  172. karin venter
    2010/05/28 11:47:51
    Hi almal ek wil net n klip in die bos gooi kom on shou almal ons oordeel vir ons self.god alleen kan die oordeel fel.sterkte vir beide van hulle en Ek bid vir julle as n gesin.
  173. CS
    2010/05/28 11:39:21
    What a load of rubbish. Joost it's over, she's lying when she says she needs "space" and that she it "doing it" for her(?) children. She is doing it for herself and nobody else, and these are also YOUR kids. Move on Joost, get the "paperwork" done and leave this woman. Good luck.
  174. Minnie
    2010/05/28 11:27:03
    Hi Amor as daar iemand is wat weet wat dit is as jou man jou verneuk dan is dit ek, ek weet presies hoe jy voel. Dit is so maklik vir ander om te se los hom skei hom maar het enige iemand dit in ag geneem vir die liefde wat jy voel vir jou man en kinders? As jy hom skei gaan jy jou hele lewe verwyte he hoekom het jy nie na jou hart geluister nie want daai liefde is by jou kinders ook. Hoekom hulle ook ongelukkig maak, jy weet mos daar is "n Here los dit in sy hand, glo my die pyn sal ligter word maar vertrou nooit weer nie, maar dit kan werk. My man is dood vandag maar die pyn bly by my ek het hom nie gelos nie maar die liefde wat ek vir hom gehad het is iets besonders en ek glo dit is wat jy ook het vir Joost. Asseblief moenie stupid dinge doen nie jou gesin het jou nodig, elke traan sien die Here raak maar moenie dat die wereld jou onder kry nie. Die vernedering is baie groot maar niemand kan met klippe gooi nie werk aan jou huwelik moenie tou op gooi nie asseblief ek vra jou mooi. Al my vriende het geweet behalwe ek want hulle was deel van sy pret nie eers te praat van my suster wat 'n kind het by hom nie, so moenie almal maak foute en hy is lief vir jou, glo my. Ek bid vir jou en jou gesin die Here seen julle hoor en ek glo daar sal weer geluk in julle huwelik wees van iemand wat werklik omgee.
  175. Somerset
    2010/05/28 11:23:25
    Joost was my hero... ook toe hy 'n prag-vrou gekry het in Amor. Ek het gedink die lewe loop goed vir hom. Ek het gedink hy het integriteit. Hy was Springbok-kaptein, ens. Sy swakheid was seks en leuens = albei 'n resep vir 'n 'downfall'. Sy boek 'Man in the Mirror' moet oorgeskryf word met die titel "Man in Misery' . Die ergste was dat hy die Here onteer het met sy doen en late. Daar is egter vergifnis vir hom ook. Ek hoop dinge kom reg tussen hom en Amor. Sy is 'n ware ster van 'n vrou. Sy optrede was voorwaar opperste dwaasheid om sy huwelik met haar so op die mespunt te plaas..
  176. christa
    2010/05/28 11:15:06
    Amore het geweet waartoe Joost in staat is. Maak nie saak hoeveel keer dit ontken word nie nie, het hy nie 'n verhouding met haar aangeknoop terwyl hy nog met sy vorige vrou getroud was nie?. As 'n bul eenmaal draad spring, hou hy nie op nie. Ek is verskriklik jammer vir hulle, want die kollig speel 'n groot rol in hulle lewe, wat die hele aangeleentheid nog ontsmaakliker maak.
  177. Zelda
    2010/05/28 11:03:32
    Ek is verskiklik jammer dat so iets oor julle pad moes kom. Ek wil so baie vir jou se, maar dis asof ek nie die woorde agtermekaar kan kry nie. Wees sterk en konsentreer op jouself en die kinders. Laat jy en die kinders 'n bietjie 1ste kom in die lewe.
  178. Hannelie
    2010/05/28 11:01:57
    Amor al wat ek kan sê, is dat ek vir jou bid, veral vir jou wat met al hierdie vrae moet saamleef.
    Volg jou hart en maak die regte besluit. Dink aan jouself 'n slag. Al die onsekerheid wat jou omgewe.
    Ek is glad nie een vir egskeidings nie, maar nie een van ons wat hier kommentaar lewer,
    kan vir jou besluit nie. Raad gee miskien ja, maar jy is die een wat op die ou einde met jou
    besluit moet saam leef. Vra God om jou met jou besluit te help.
    Baie sterkte en liefde vir jou.
  179. Vern
    2010/05/28 10:54:51
    Ja nee, die wereld is rond so een of ander tyd gaan jou dinge by jou om kom. Het sy nie vir hom van sy vorige vrou afgevry nie? En nou het dieselfde met haar gebeur. Die lewe is nie onregverdig nie; wat jy saai sal jy maai.
  180. Anne Rebelo
    2010/05/28 10:53:39
    Dink aan jou Amor en verstaan dat jy nou so voel, dit kom gewoonlik later. Maar jy moet sterk bly vir julle kinders en die besluit neem. net jy kan! en ek glo en vertrou jy sal doen wat die beste vir julle sal wees. Sterkte Vriendin Anne
  181. Nicolene
    2010/05/28 10:53:32
    Amor ek weet dis 'n moeilike tyd om deur te gaan. Onthou net God is altyd saam met jou. Maak nie saak wat nie. Al wat ek jul 2 wil vra is om eers die DVD FIREPROOF te gaan kyk en dan die besluit te neem. Doen dit, dis regtig die moeite werd. FAITH IN GOD.......
  182. Ina de Bruin
    2010/05/28 10:51:06
    Amor. dit is tyd dat jy jouself moet vind en na jouself ook kyk...die kinders ly ook daaronder. Liefde kan net tot op 'n punt 'n huwelik red. Ek hoop jy gaan hierdeur kom, want die hartseer wys op jou gesig. Ek bid vir jou
  183. leonie van dyk
    2010/05/28 10:50:58
    amor jy ken my glad nie en ek nie vir jou nie maar you go girl!!! x
  184. Toinette
    2010/05/28 10:45:44
    Amore, jy het al my ondersteuning in die groot besluit. LOS hom! 29 Jaar gelede het ek die besluit geneem om van my dogter se pa te skei, hy het dieselfde paadtjie as Joost geloop, sy pad oop gelieg totdat hy uitgevang was. My dogtertjie van 9 maande oud het ook die ongelukkigheid, die trane en die onmin ervaar. Soos jy se jy wil nie nog een keer hoor "hoekom is mamma so hartseer nie" ek het ook besluit ek neem my dogter uit daardie situasie, ook om gelukkig te wees al is ons dan net twee in die gesin.....altyd gewonder doen ek nie dalk vir haar n onreg aan nie......op 15 jarige ouderdom se sy eendag uit die bloute uit, Mamms, dankie dat mams vir pa gelos het toe ek klein was, wie en wat sou ek vandag gewees het as mamma dit nie gedoen het nie" die rede, vandag is hy geskei van sy 4de vrou, het als wat hy ooit gehad het, deur leuens en rondlopery verloor!
    Jou kinders sal jou ook eendag bedank want hulle sal dan weet om opreg lief te kan he me respek en eerlikheid. BID SAAM MET JOU en jy SAL dit maak.......
  185. stef
    2010/05/28 10:42:30
    Amor jy moes hom lank al uitgeskop het. as n man eers eenkeer rondgeloop het en oor die draad gespring het is hy soos n hond jy kan hom nie keer nie hy sal aanhou oorspring. Alle voorspoed vir jou en die kinders Die Here sal jou bystaanin jou besluit en ook in die toekoms. Jy het jou kop waardig hooggehou en nie elke week n storie in die koerante laat plaas nie
  186. Elmien
    2010/05/28 10:35:52
    Amor, ek bid vir jou en onthou dat daar mense is wat omgee vir jou
  187. Debbie
    2010/05/28 10:34:04
    Amor, ek weet nie eens of jy hierdie 'comments" lees nie, maar al wat ek vir jou kan se is baie mense verstaan nie altyd nie en dink jy doen jou kinders n onreg aan om te doen wat jy gedoen het....wel dit is nie waar nie ek het in n huis groot geword waar daar altyd ongelukkigheid en omtrent geen liefde was (tussen my ouers) my ma het by my pa gebly terwille van ons en sy het gedink sy doen dit vir ons, maar ek kan vandag vir jou se ek sal dit nooit aan my kinders doen nie ek sal hulle nie deur dit wil sit wat ek en my sussie deur gegaan het nie. Ek se liewers as dinge nie werk of daar nie die liefde en geluk in n huishouding is waar kinders is nie is dit beter om die skuif te maak soos wat jy gedoen het ja dit is nie lekker vir die kinders nie maar op die lagtermyn doen jy hulle n guns....net my mening! baie sterkte aan jou en ek glo dat GOD jou sal help om die regte pad te volg.
  188. Christy
    2010/05/28 10:15:16
    Joost het baie uitgehang in bekende studente kuierplekke in Hatfield terwyl hy met Amor getroud is. Het hy en Amor mekaar nie geken toe hy nog met sy vorige vrou getroud was nie? Mens kannie jou geluk op 'n ander se ongeluk bou nie. Dis baie hartverkseurend om deur sulke tye te gaan en dit te ervaar maar die wiel het gedraai. Ek voel jammer vir Amore maar sy het geweet wie hy was voordat sy met hom getroud is. Somtyds moet 'n mens op die harde manier leer.
  189. sweet
    2010/05/28 10:14:47
    joost het nie goed genoeg rede gehad om te doen wat hy alles gedoen het nie. as hy nou nog getuig hoe absoluut wonderlik sy vrou is, getuig dit van uiters swak karakter van hom om sy "absoluut fantastiese vrou" so om die bos te lei en te verneder. hoe meer hy haar ophemel, hoe swakker is sy saak. hy verdien nie om 'n ordentlike huwelik te hê nie, hy moet maar liewer verder met die loslappies rondflenter tot hy 90 is, dis blykbaar baie belangrik vir hom.
  190. Natashia
    2010/05/28 10:09:03
    Op die ou einde is dit jou eie besluit oor wat jou gaan gelukkig maak. Jy is 'n wonderlike vrou en jy moet niemand toelaat om jou menswees weg te vat nie! Jy dink altyd eerste aan jou kinders en jy is 'n wonderlike vrou en ma! Jy moet 'n dowwe oor gee as jy enige slegte kretiek oor jou hoor. Mense moet lieweste 'n wag voor hul mond sit as hul 'n skewe woord van jou wil sê. Hulle kon ook in jou omstandigehede gewees het, maar die Here het seker net 'n ander paadjie vir hulle uit gekies. Ons is gou om stories te vertel maar dink nooit aan ander se gevoelens nie! Hou jou kop hoog en wees jou asemrowende self wat ons oor die jare leer ken het!!!
  191. Yolanda Bornman
    2010/05/28 09:59:35
    My hart gaan uit na Amor. Sy het "oud" geword en die sprankel wat altyd in haar oë en op haar gesig te bespeur was is weg. Joost verdien wat nou met hom gebeur. Hy het sy pragtige vrou verneuk en die vertroue vir ewig verbreek, haar siel gebreek. Ek het al die voorreg gehad om Amor persoonlik te kon ontmoet by 'n kinder speelplek naby Alberton en sy is voorwaar die pragtigste, natuurlikste mensie met haar voete plat op die aarde en lewenslus en energie wat uit haar uit straal. Sy is 'n voorbeeld vir enige jong meisie om by te leef en my steun is beslis aan haar kant. Sy verdien nie wat Joost aan haar gedoen het nie. Amor, sterk wees en doen wat jy moet doen om weer jouself te kan wees. Dankie dat jy uit die kollig gebly het gedurende hierdie moeilike tyd, dit spreek van jou sterk waardes. Dit was onvermydelik dat jy op uiteinde in die nuus sou wees, maar jy hanteer dit altyd so taktvol en het steeds hom nie afgekraak en sleg gemaak nie. Ek was self deur 'n egskeiding so 4 jaar terug en jou CD "Voluit Lewe" was pas uitgereik. Ek het dit toevallig 'n getekende eksemplaar gewen deur 'n kompetiese op MK. Daardie CD was op "repeat" in my cd speler en dit het my deur al die hartseer gedra. Ek WIL net voluit lewe, om vry te wees, om HEEL te wees en NIKS te vrees!
  192. kevin
    2010/05/28 09:52:37
    Hallo Amor ek weet nie of dit gaan werk as julle weer probeer nie ,want ek was vir 10 jaar getroud ek het my vrou verneuk en sy het my ook verneuk ons het dinge uit gepraat ons het self met die dominie by die kerk gaan praat was ook vir 2 maande vervreemd van mekaar gewees en weer probeer en toe sien ons dit gaan nie werk nie en is toe Feb 2005 geskei ek is nou weer saam met n goeie vrou en ons is nou 6 jaar saam en 3 jaar verloof aan mekaar en my eks vrou is weer getroud dis nou 6 jaar dat sy getroud is.sterkte Amor
  193. leatitia
    2010/05/28 09:32:06
    Ek is verbaas laat Amore so lank uit gehou het!ek se skei nie oplossing nie,maar in baie gevalle,soos hulle sin,skei is beter,wees eerder vriende!
  194. cynthia
    2010/05/28 08:43:25
    Amor sterkte vir jou, net jy alleen kan besluit wat jy wil doen, bid vir jou. Mense gaan klippe gooi en verwyte gee, maar hou vas aan jou geloof.
  195. Kaaitjie Melaaitjie
    2010/05/28 08:26:26
    Amor, my liewe kind, het jy nog nie jou les geleer om nie met die pers te praat oor jou huwelik nie??? Dit na alles waardeur jy is met Joost se eskapades doen jy dit sowaar weer!! Ek hoop en vertrou egter jy kry helderheid oor jou huwelik se pad vorentoe. Al raad wat ek vir jou het, behalwe om nie jou huweliksprobleme aan die groot klok te hang nie, is BID en nogmaals BID ! Vergifnis kom van Bo en nie uit jouself nie. Belangrik is dat jou man dieselfde doen. Sterkte.
  196. jorrie jordaan
    2010/05/27 07:22:33 nm
    Amor ek wil net vir julle bid sodat jy en Joost werklik hard sal probeer om jul huwelik te red, op julle eie weet julle seker dat jul dit nie kan doen nie!l!ek weet hoe jou kinders moet voel veral wanneer hulle grooter word .ek kom uit so huis waar my ouers geskei het! gedink dat dit die regte ding is om te doen ,min het hulle geweet van die vernedering wat ons kinders moes deur maak elke dag by die skool en die klaskamer by die sport en so meer! Ek glo uit my hart dat as jy en Joost werklik kinders van GOD is ,is dit moontlik om mekaar weer te vind en dat jy vir Joost weer sal kan vertrou.Ek wens regtig ek kon julle ontmoet en met julle deel wat ek as kind moes deur maak !,Ek dank die Here vandag dat HY al die jare na ons omgesien het en dat ek werklik op 48 jarige ouderdom HOM kon vind ! ja vir die eerste keer het al my innerlike pyn verdwyn,Die vraag wat ek vandag as wedergebore christen vir julle wil vra ! Is dit wat julle wil he julle kinders moet deur maak? Nee ons almal maak foute ,ek het ook so baie foute gemaak ! Dankie ook dat my vrou my n tweede kans gegee het .Laaste wil ek net se ,ek bid vir julle!Onthou vir GOD is niks onmoontlik nie Vertou net!!
  197. Henriette
    2010/05/27 07:02:36 nm
    Dis jammer dat hulle dinge tog nie kon deurtrek nie. My opinie is dat hulle soveel druk van buite gehad het, onderhoude, artikels fotos...en wie weet wat nog alles! As hul net soos normale mense deur die seer kon werk sou hulle deur dit kon gaan. Mense gooi so klippe, genade, hulle is net mense wat ook foute maak! Ek dink hulle is steeds 'n stunning paartjie en hoop hulle kan tog dinge uitwerk....