Die Flooze is kommin maar koel!

E-pos
Print

OF DIT nou ou mense, smart mense of kômmin mense is: almal laaik haar en wil die Flooze se tjommie wees.

Maar van almal is Paula haar heel beste tjomma! Sy het dan selfs nou die dag in Hillside vir San-Marie ’n opstopper gegee omdat dié moeilikheid gemaak het vir 7de Laan se loskop-joernalis. En ja, sy is selfs bereid om Flossie, haar geliefde motorbike, vir haar tjommie Paula te verkoop. Ja my bra, hulle is dík tjomma’s!

Die aktrise Sorina Erasmus wat dié super-gewilde karakter in 7de Laan vertolk, kruis haar vingers om te wys presies hoe dik die vriendskap tussen hulle nou eintlik loop.

Net nou die aand met haar Hoezit My Tjomma-vertoning in Pretoria moes Sorina weer sluk aan die knop in haar keel toe sy besef hoe gewild die 7de Laan biker-chick werklik is, vertel die aktrise en sangeres.

Voor die verhoog het ’n meisietjie in ’n wit rokkie met ’n blom in die hare gesit. En as die Flooze haar hare agter haar oor indruk, maak die kind ook so. Sy het letterlik aan elke woord gehang.

Toe Sorina in die Flooze karakter glip en vertel hoe sy op skool sonder tjommas was, was die gehoor tjoepstil. “Ek het vertel hoe die Flooze ’n girl dik getik het omdat sy nie met haar wou tjommas wees nie, want sy kom van die ander kant van die spoorlyn en nie van Witbank-Oos af nie.”

En net daar, toe Sorina asem skep vir die volgende sin, skiet die kind se hand in die lug en sy sê: “Ek sal jou tjomma wees. Jy kan my tjommie wees.”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 24 Junie 2010

Op die internet

www.sorina.co.za
Facebook-blad



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (51)


  1. Monica
    2010/11/07 04:21:12
    AAN JUFFROU MILLA... jy is seker n onderwyseres? Ontspan girl! Niemand gaan jou betaal vir hierdie les nie.
  2. MERAAI
    2010/06/30 01:34:55 nm
    Nee kyk ek hou ook van haar rol in 7de laan, maar die "sokkerbal Laduma" liedtjie is regtig goor, ek sit die radio dadelik sagter as dit speel, my huishulp sing mooier!!!!
  3. L.Mostert
    2010/06/26 07:27:58 nm
    Mense maar dis die lesers van 'n publikasie wat kommin en nuuskierig is, nie die publikasie self (bv. Huisgenoot) nie! Genade mense, lees julle opmerkings en bitter kritiek teenoor mekaar en die verwante artikels... Bv. die onderwyseressie, MIlia, wat die res leer spel en die president, Heleen, wat mag sê wat sy wil! Neem in ag dat gevoelens tersprake is hier!!! HIER! Al is dit net 'n blog... Ander mense lees jou vuilbek uitlatinge.
  4. Elri Smit
    2010/06/23 02:23:24 nm
    Flooze, ek het na jou musiek dvd op internet gekyk. GROOT was my verbasing. Eks mal oor jou. Die mense wat sê jy is "kommin" ken glad nie die betekenis nie. Hoe op hierdie aarde kan hulle jou met "kommin Jack Parow" vergelyk. Daar is nie naastenby 'n kolletjie van 'n ooreenkoms tussen julle nie. Jy is stunning. WEG MET JACK PAROW. Hy is walglik!!!! en praat nie eens van die goed wat hy sing nie.
  5. louanne
    2010/06/22 05:14:27 nm
    As ek gedink het die Flooze se humor laat my skater, skeur ek beslis 'n broeknaat oor mense se opinies omtrent haar. Julle maak my meer skaam as wat enige kommin vertolking ooit sal bemeester. Hoe mense hul nou so kan inleef vir optredes en sepie-rolle, verstom my. Dis mense soos julle seerpote wat heeldag om die kombuistafel sit en wag vir vanaand se 7de laan en verder niks het om te doen of aandag aan te gee nie. Sorina, eintlik Tannie Sorina, jy is 'n beeldskone vrou- val in my kategorie van Sandra Bullock en Celine Dion. Jy en jou aantreklike man gaan die pragtigste kinders hê. Wat kommin is... is almal se opmerkings teenoor jou ROL! Alle sterkte met jou veelsydige loopbaan.
  6. Elizabeth
    2010/06/21 06:39:08 nm
    Heleen Het jy al ooit een van Sorina se shows gaan kyk? Ek neem aan die antwoord is nee anders sou jy nie jou "hoogs gesiene" opinie gelewer het oor hoe talentloos sy is. Sy maak 'n groot verskil in 'n hele paar mense se lewens deur haar TALENTE en omgee.
    En die Afrikaners wat dink hulle word gemelk, kan mos maar wegbly van die "sorina-soustrein" en hulle maar besig hou met ander dinge as om kommentaar op Huisgenoot se webtuiste te plaas. Ek het 'n vermoede iemand koester 'n wrok omdat Huisgenoot nog nooit haar wenbrief geplaas het. Volhard Heleen, een van die dae het jy die wenbrief en dan sal jy beter voel oor ander mense se verdiende sukses!
  7. Hannes van Rensburg
    2010/06/21 01:25:46 nm
    Ek is soooo bitter bevoorreg om Sorina persoonlik te ken. Wat 'n wonderlike, elegante, sprankelende persoon is Sorina nie. Haar man Braam lê net so na aan my hart soos sy. Sorina was daar vir my toe ek geveg het teen kolon kanker. Die bemoedigende gebede, boodskappe en net die vriendin wat sy is glo ek vandag vas is die geksenk wat God my gegee het en wat my gehelp het om my stryd teen die nare kanker te klop. Vandag is ek in remissie met my kanker en dis nie net te danke aan ons Almagtige Vader nie, maar ook aan Sorina en Braam. Die Flooze is die beste karakter wat ek nog ooit in my 31 jarige lewe gesien het. En hoe wonderlik is dit nie dat Sorina die karakter vertolk nie. Sy is absoluut net die beste ding since sliced bread! Dankie Sorina dat jy my bygestaan het, en nogsteeds bystaan, en dankie dat jy die super vriendin is wat ek het! You are special girl! Toone liefde!!!
  8. Heila
    2010/06/21 01:05:19 nm
    Flooze ek is mal oor jou. Het jou eendag op radio Jakaranda hoor praat en was baie verras, want ek het toe uitgevind in die werklike lewe is jy 'n gelowige mens, en kommin play of nie, ek sien altyd uit na 7de Laan as ek weet jy is terug vir 'n rukkie. YOU GO GIRL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  9. Nicoline
    2010/06/21 12:22:51 nm
    Ek was saam met Sorina op skool. Ek onthou haar liefde vir sing en in besonder vir toneel speel. Maak nie saak wat se kritiek na haar kant gegooi word nie, sy sal altyd suksesvol wees. Alles wat sy aangepak het, het sy met soveel geesdrif en passie gedoen en was altyd goed in alles. Min kinders kon met haar kompeteer. Sorina, wat vir my die mooiste is, is dat jy jouself nooit verloor het nie. Jy bly altyd dieselfde. Van Violet in die tronk tot die Flooze! Ek kan sien dat jy elke oomblik geniet van wat jy doen. Hou so aan!!!!
  10. Mickey
    2010/06/21 11:30:38
    Ek's mal die flooze,,, kommin is lekker en cool,, maak nie saak wat ander sê nie,, Flooze bly ons "tjomma"..Jy doen ñ goeie job Flooze,,," YOU GO GIRL" whoop whoop...
  11. Susan
    2010/06/21 10:39:10
    Flooze jy is pragtig!!! Kan nie wag om jou weer op TV te sien nie.
  12. Cathrine
    2010/06/21 10:37:25
    Heleen jy is COMMIN en ek is seker jy is regtig JALOERS op die Flooze. Sy het beslis talent en sy word betaal omdat sy dit goed doen ook.

    Die meeste kommentaar is positief oor jou Sorina, ek mis jou ook in die Laan, dit is net nie dieselfde sonder jou nie. Ek kyk glad nie 7de Laan nie, sal weer as jy daar is.

    As jy kommin is dan is ek ook!!
  13. Janien
    2010/06/21 09:08:00
    Ek is mal oor jou in 7de Laan, dit is net nie dieselfde sonder jou daar nie - kom asseblief terug. My dogtertjie is 4 jaar oud en mal oor die Flooze.
  14. boere-nooi23
    2010/06/21 08:37:56
    flooze we love you.....
    jy is n awesome stukkie mens en wil jou wer terug he op die laan
    daar het so gelag vir jou.
  15. Vir Willemien
    2010/06/21 08:36:13
    Flooze is 'n KARAKTER in 7de Laan, wat deur Sorina Erasmus vertolk word en dis waar die verskil lê. Sy is niks soos Jack Parow nie, en selfs al was sy is, dit soos enige trend wat gevolg raak. Jack doen ook nie enige noemenswaardige baanbrekerswerk op sy gebied nie. Die man het sy lesse by Snoopy Dog geleer -hy sê dit self.
    As jy kommentaar gelewer het op bv. Margit Meyer-Rdenbeck se ALTER EGO- Dowwe Dolla- (of op Pieter Dirk Uys se Evita) sou jou kommentaar dalk ietwat sense gemaak het. Sy verteenwoordig nie 'n karakter wat syself geskep het soos die ander twee nie. Kan jy die verskil sien?
  16. Heleen
    2010/06/21 12:55:58
    Genade! Asseblief! Alles is so aangeplak en plastic! Ek kry skoon skaam as sy net haar mond oopmaak! Hahahaha! Ga!
    Maar nou ja, dis nog 'n soustrein vir iemand met geen talent nie, waaruit die Huisgenoot ook geld maak.
    Melk die armsalige Afrikaners!
    en Naspers /Huisgenoot sal sekerlik nie die kommentaar van my plaas nie.
  17. Salomé
    2010/06/20 11:53:28 nm
    @WIE, jong wou nog sê, KOMMIN is goedkoop en al daai lelike goed, maar jy hoef regtig nie te worry nie. Hier is Kommin net 'n stamp of approval! Flooze doen haar job en sy doen dit goed!
  18. Gunner
    2010/06/20 11:11:48 nm
    Flooze, jy's so kommin soos klitsgras met n hart van goud. Jy's heerlik en eerlik. n Hele paar stiff upperlips kan iets by jou leer. Kom tog net terug 7de Laan toe.
  19. Mila
    2010/06/20 08:28:44 nm
    Julle spelling is beroerd!
    @Sandra: dierbaar, briljant, sepies, dis
    @Nadia: sonder
    @Zelna: sê, ordentlike, liefdevolle,aktrise, haarself
  20. iewers in afrika
    2010/06/20 08:24:58
    Zelna trou met my asb.!!!!!!
  21. Frans
    2010/06/20 08:14:29
    Wat 'n klop bollie, praat vir jou self
  22. Gawie
    2010/06/20 07:42:47
    I watter dorp is 7e Laan,ek wil vir daardie platpop(Afrikaans vir "commin girl") gaan kuier.
  23. Mossie
    2010/06/20 07:25:51
    Meisiemens jy is soos wyn .Hoe meer ek en my soet helfde jou sien.,Besef ek net hoe jy maar net n gewone mens is met lus vir die lewe.Baie kan maar by jou kom kers opsteek.Baie voorspoed vorentoe.Ons notch jou.
  24. Sharkie
    2010/06/19 11:41:01 nm
    Ag Flooze, 7de Laan is nie dieselfde sonder jou nie. Kom terug asseblief, eish!
  25. Adele'
    2010/06/19 03:51:04 nm
    Heylo Florinaq ja ek moet se ek't ook in die begin gedink flipit!! hierdi is n rowwe chick!! to ek jo die eerste keer in 7de Laan gesien ht!! maar kyk ekt di nogsteeds bja gelaaik hoor!! Jy rerig waar 'n Amazing persoon Sorinaq!! en baie mense dink seker maar ag jine maar sy is Komin met 'n Hoofletter K!! maar hul weet beslus ni wt hul mis by jo Shows!! ('',) Jyt rerig iets Special in elk van jou Karakter's!! en dis hoekom ek nie 1! gaan mis as jy hier in Pretoria sing!! (''D) Jy's Osem my Tjomma!! en jy gaan nog so ver kom jy gaan sien!! Mwa!! Go Floozi!! (';) Lovies jo Biigeeesssssttttt Fannnn Everrrrrrrr >**!! ADELE'!!**<
  26. Mario
    2010/06/19 12:00:16 nm
    Nee julle praat almal bollie.Flooze is dof man ,asseblief ,julle is almal net so zef en kommin soos sy.Wat se swak smaak ,bliksem maar die afrikaner is n p**p*l.Flooze jy pyn my tot in my kleintoontjie en ek waarborg jou dat die messte afrikaners ook so voel..ok behalwe Witbank en Babsfontein se mense.
  27. Birnadene
    2010/06/19 09:52:37
    Toe paula in 7de laan begin speel het was sy die "hit" van die show gewees.....Flooze is die nuwe hit.Jy speel jou rol nie net 100% nie maar 200%.Moet se ek het lanklaas so uitgesien om 7de laan te kyk toe jy daarin gespeel het. Jy kan 'n mens lekker laat lag! Hou so aan jys great!
  28. Adele'
    2010/06/19 09:33:45
    Heylo my Florinaq!!! ja ek't ook maar in die begin gedink shu!! hierdie is nou vir jou n rowwe chicky!! toe ek jou op 7de Laan vgesien mar kyk ek dit nogsteeds heavy baie gelike hoor!! ek sal se ale mense sou dink Shu Komin!! maar kyk hul gaan nog spuit wees hul gaan kyk nie na jou shows nie!! ek gaan Natuurlik na elk een gaan kyk as jy hier naby sing!! Jy is soos Lag medisyne vir die dag jy kan enige persoon se dag wat sleg gegaan het in iets Happy's maak!! mwa!! Jy rerig waar n Wonderlike persoon Sorinaq elk van jou karakters het iets wat so special is ne!! mwa!! Dit is nou defies weer tyd vir jou om trug te kom 7de Laan to!! mwa!! Jou Bigggggeeessstt Fannnnn Evvvvvvveeeer!!! **>ADELE'**< (''D)
  29. Nico
    2010/06/19 07:29:56
    Na ek die berig gelees het ,het ek n paar hoer beroertes beleeeeef.Zelda jy spel soos jou gat en kie (ek ook)ffffflooze You rock girl.Sterkte met alles wat jy doen,
  30. izak
    2010/06/18 11:32:54 nm
    Ja, Ja " Wie". Wonder wie is kommon. Jy weet nie eers wie jy is nie-Lekker kommon ne'
  31. Derik
    2010/06/18 07:22:25 nm
    Ek het die Flooze se advertensies op Kyknet gesien. Sy het geen musikale talent nie. Sy teer op mense se liefde vir Afrikaans - van die ou garde wat enige Afrikaanse musiek vir soetkoek opeet. Wil iemand nie net hierdie mense wat te maklik 'n album opgeneem kry stopsit nie?
  32. Nickey
    2010/06/18 05:04:19 nm
    Mense moet liewer hulle kritiek vir hulle self hou! Sorina "kommin" of nie, jy speel ñ goeie rol, en geniet die laan wanneer jy op is!!
  33. wie?
    2010/06/18 04:01:35 nm
    Ek kyk nie 7de laan nie, so weet glad nie wie sy is nie. Ek hou net nie van die woord kommin nie. Dit klink goedkoop.
  34. Willemien
    2010/06/18 03:57:40 nm
    Flooze klim nou net op die Jack Parow bandwagon. Ons moes almal geweet het dit gaan gebeur. Almal raak nou skielik zef omdat hulle dink dis waar die geld lê. Gee my eerder die outentieke Jack en Die Antwoord en te maai met die res!
  35. Foxtrot
    2010/06/18 03:13:27 nm
    Hoezit my tjomma, hoe lyk dit my ou....Ag, dis great om jou op 7de Laan te sien, ek wens jy wil nou permanent daar bly! Ek sien jou op jou show Maandag by die Barnyard.....!! CHECK JOU LATER ALLIGATOR...
  36. Nuttyfaery
    2010/06/18 02:52:44 nm
    Ek het 'n voëltjie hoor fluit dat indien die kaartjies vir 'n opvoering te Branyard Teater Willowbridge sou uitverkoop, Sorina selfs twee opvoerings sal hou.

    Sorina is die beste in die geweste en indien genoeg mense belangstel sal ons haar verseker gou hier kan kry. Indien julle jul name op die lys wil voeg om haar te versoek om hierheen te kom, mail gerus met name en kontakbesonderhede na mariolane.dawson@gmail.com.
  37. Sandra
    2010/06/18 02:44:56 nm
    Flooze jy is diebaar,daar moet baie meer mense wees soos jy.Jy is n groot Christen en jy speel briljand in al jou seepies.Bly altyd so oulik.Lief jou baie jy laat ons altyd baie lekker lag en dus wat ons nodig het in ons land.
  38. Nadia Steynberg
    2010/06/18 02:39:37 nm
    Ek sal wat gee om een van Sorina"Flooze" se vertonings te gaan kyk, almal sê dit is so uitstekend. Jy is glad nie 'n "kommin" persoon nie, jy is net 'n reguit persoon en ek sal graag soos jy wil wees. 7 de Laan is maar net niks soner jou nie.
  39. Salomé
    2010/06/18 02:00:56 nm
    Ja, a, Flooze, jy is goed kommin, maar jinne jong, kommin op 'n baie 'smart' manier. Ek wil ook jou tjomma wees, groot seblief!
  40. Yolande
    2010/06/18 12:55:38 nm
    Ons was by die vertoning Maandag en het ons gate uit geniet. Sy is 'n wonderlike mens!! Self ons engelse vriende het vreeslik lekker saam geskater!!
  41. Bokkie
    2010/06/18 12:55:04 nm
    Hey Sue...As die mense jou geken het wag van die Laan af sou almal jou steeds so baie gelove het. Ai hoe mis ek nou die ou goeie dae van kuier by die huis.
  42. Elize
    2010/06/18 12:45:45 nm
    Ons geniet vir Sorina baie. Ons is mal oor jou!
  43. Lizelle
    2010/06/18 11:50:36
    Kyk vir my is jy n absolute treat hou so aan ons het meer mens soos jy op tv nodig
  44. Landie
    2010/06/18 11:48:17
    Oh great!!! Nou het jy darem nog 'n tjomma bygekry!!!!!!!!!!!!! Like jou baie!!!
  45. Elzaan
    2010/06/18 11:34:51
    Ek wens meer mense in ons land is so sonder pretensie en sonder aansit. Jy is the "real deal".

  46. Jorelda
    2010/06/18 11:05:04
    Ek love Flooze. Wanneer kom kuier Jerome ook weer 'n bietjie, never a dull moment!!!
  47. leke kommin
    2010/06/18 11:02:02
    Kom asseblief terug 7de laan. Is boring sonder jou my tjomma!
  48. Poplap
    2010/06/18 10:53:30
    Jy is my Hero ek dink regtig in vandag se lewe moet daar meer van jou wees. Hoekom ek so se omdat driekwart van die wereld se mense vals is en goed kan skinder en mense soos jy kan hulle monde sommer gou gou stilmaak (stil slaan) Meer van jou soort sal welkom wees in die nuwe Suid Afrika. Sorina BO
  49. zelna potgieter
    2010/06/18 10:18:49
    MAAK NIE SAAK WIE ALMAL SE SY IS KOMMIN NIE , SARINA IS 'N ORDENTLUIKE EN LIEFDE VOLLE MENS. EK PERSOONLIK DINK SY SING STUNNING EN IS 'N GOEIE AKTRUSSE OOK. SY MAG MAAR IN MEER AFRIKAANSE MOVIES SPEEL MAAR AS HAAR SELF DIE LIEFDEVOLLE MENS WAT SY IS......
  50. Lumain
    2010/06/18 09:35:19
    Ek love jou stukkend Flooze
  51. Marié
    2010/06/18 09:10:41
    Aan die begin het ek regtig gedink jy is "kommin", maar hoe meer ek na jou gekyk het, hoe meer het ek van jou gehou.Ook natuurlik nadat my seuns jou in Witbank ontmoet het, het ek besef watter fantastiese roljy eintlik speel.

    KOM ASSEBLIEF terug 7de laan toe.Almal - veral Paula - suffer sonder jou.Jy het net soveel humor aan die storie gebring.Deesdae staan hy bekend as "7de Traan", tussen al die hartseer en treurigheid deur.Asof daar nie genoeg hartseer in die wêreld is nie.