Brangelina dagvaar koerant

(Foto: Elite)
(Foto: Elite)

'n Londense regsfirma sê Brad Pitt en Angelina Jolie gaan 'n Britse poniekoerant, wat berig het dat hulle uitmekaar is, dagvaar.

Keith Schillings van Schillings-prokureurs het Maandag in 'n verklaring gesê die ster-paartjie het regstappe teen News of The World begin.

Die koerant het berig dat Pitt en Jolie ooreengekom het om hul bates te verdeel en reëlings gemaak het vir toesig oor hul kinders.

Schillings, wat Pitt en Jolie verteenwoordig, het gesê die berig het "valse en indringerige" bewerings gemaak.

Bron: www.nuus24.com



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. Lara Croft
    2010/02/18 12:42:57 nm
    Ai maar julle kan darem op loop raak met 'n ding nê? Mooiste vrou in die wêreld... daar word gefluister as mens fluister oor ander girls of guys ... jy haat haar want jy kan nie sy wees nie, of jy kan nie met haar wees nie. Dis nogal hartseer dat julle sulke dowwe kommentaar oor Brangelina maak. Lees dit. Los dit. As dit jou nie traak nie, ignoreer dit. Julle is almal 'n lot narsiste. Gaan help liewer vir Fauna en Flora en doen iets goeds vir die natuur hmm?
  2. Aletta
    2010/02/16 11:41:55
    Het nog nooit tyd gehad vir Angelina,en Jen bly weg van Brad.
  3. stella
    2010/02/11 06:02:56 nm
    Net so moeg vir mense en hul dinge. Wat nou van daardie arme kinders.
  4. Gesina
    2010/02/11 04:49:24 nm
    Huisgenoot en Beeld wat kamstig nie respek het vir ander se privaatheid se voet man. Angelina Jolie het geen resep en privaatheid gehad toe sy OPENLIK met Brad Pritt geflankeer het nie en swanger geraak het met haar eerste kind terwyl hy nog GETROUD was nie. En siestog die wat nie die Huisgenoot en die Beeld koop nie wat loer julle dan nog steeds wat daar in is op die net. Julle wil ook maar vreeslik graag weet wat aangaan dis hoekom julle kometaar lewer. Gaan koop hom man ons koop hom dan kan ons mooi lees wie het voete van klei en wie nie.
  5. liezel
    2010/02/11 10:43:07
    Dit sal my dag maak as hul uitmekaar gaan, ek het nie tyd vir brangelina nie, en i.e.g as hul uiitmekaar gaan moet Jennfier Anisten haar kop laat lees, hy sal dit weer doen, sodra so iemand soos Angelina oor sy pad kom..Jeniffer verdien baie beter.
  6. Bella
    2010/02/11 07:48:35
    Ek stem volkome saam met Linda want julle spring net so vinnig op die "dit is nuus" wa en plaas dit sommer die volgende week. Ek koop vir daardie rede glad nie meer Huisgenoot of Beeld nie. Dit sou beteken ek ondersteun maatskappy wat geen respek vir ander se privaatsake het nie en net julle winsgrens in gedagte het!!
  7. Gesina
    2010/02/10 02:17:13 nm
    Dis reg as hulle uit mekaar uit is. Dit sal haar leer om n ander vrou se man af te vry. Sy verdien dit kinders of te not.
  8. Linda
    2010/02/10 10:19:53
    Dan-moet-huisgenoot-ook-gedagvaar-word-want-jul-het-ons-gewone-mense-se-koppe-vol-gestop-met-groot-sensasie-oor-die-brangelina-sogenaamde-skeisaak!Hoekom-copy-jul-koerante-se-nuus?Ai,wat-jul-nie-als-sal-doen-om-jul-bubblegum-tydskrif-te-verkoop-nie-voorblaaie-lok-mense-om-te-koop-&-hoeveel-het-die-uitgawe-gekoop-om-nou-maar-net-weer-van-voor-af-in-die-war-te-wees.Los-tog-dinge-tot-jul-heeltemal-seker-is-van-jul-feite!Alhoewel-hul-glansmense-is-bly-hul-net-mense-met'n-hart-en-siel!Jul-mag-nie-deel-wees-van-mense-se-skinder-stories-nie-geen-mens-het-daardie-reg-nie-mits-hul-seker-is-van-hul-feite!!
  9. annie
    2010/02/09 05:00:20 nm
    tyd sal seker leer oor wat hierdie twee beplan. Ek is eintlik al siek en sat vir hulle
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities