Brad en Angie besoek skeiprokureurs

E-pos
Print
(Foto: Elite)
(Foto: Elite)

Dit was ’n liefdesverhaal so reg uit die Hollywood-hemel. Al die elemente was teenwoordig: skoonheid, brandende passie, ’n tikkie gevaar, iets amper wilds.

En daar was nog: Die eksvrou, te na gekom, maar steeds waardig – en hy het haar ook steeds opgesoek – die reënboogkroos, die versameling herehuise, gekoop met ’n fortuin wat oënskynlik onuitputlik was.

Die naam was ook iets anders: Brangelina. Vyf jaar lank was dit net Brangelina dit, Brangelina dat . . . en nou is dit alles verby. So lyk dit beslis ná die aankondiging dat Brad Pitt en Angelina Jolie egskeidingsprokureurs gaan spreek het om ’n skikking te beding vir wanneer – nie ás nie – hul paadjies skei. En dit sê baie dat nie Brad óf Angie se kamp enigiets bevestig of ontken nie.

Die einde van die verhouding tussen ’n paar wat nooit tot by die kansel gevorder het nie, word reeds die egskeiding van die eeu genoem. Hulle het ’n gesamentlike fortuin van $322 miljoen (sowat R2,4 biljoen), huise in Los Angeles, New Orleans, Frankryk en Doebai, en ses kinders. Verlede jaar was hulle – met ’n inkomste van $55 miljoen (sowat R412 miljoen) – die paartjie wat op twee na die meeste geld ter wêreld verdien het.

Brad het intussen glo ’n tweeslaapkamer-blyplek vir $1,4 miljoen (R10,5 miljoen) gekoop, langs die gesin se huis in Los Angeles.

Dis ’n feit dat Brangelina aandag trek. Al sedert hulle mekaar op die stel van Mr and Mrs Smith ontmoet en heftig ontken het dat hulle verlief is aangesien Brad nog met Jennifer Aniston getroud was, wou die wêreld meer weet.
En saam op die silwerdoek was die seksuele aantrekkingskrag tussen Brad en Angie iets wat omtrent die silwerdoek laat smelt het. 

Nou loop die gerugte dik dat Brad Jennifer dalk weer sal opsoek.

Die skrif is al ’n ruk lank aan die muur. Die grootste deel van verlede jaar was daar gerugte dat die twee se paadjies gaan skei omdat hulle selde saam gesien is.

Daar is gerugte dat Angie uit die Brangelina-bed gedwaal en ’n verhouding aangeknoop het.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 4 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (31)


  1. Patrys
    2011/04/27 05:22:31 nm
    Ja ja. Klink te goed om waar te wees.
  2. anna-marie barnard
    2010/12/28 03:44:50 nm
    ag net nog n hollywood paar wie se paaie skei......wie gee tog om, hul geld pla, derhalwe sal dit altyd so gaan. wys net deld kan nie geluk koop.
  3. Yolandi
    2010/09/07 03:18:16 nm
    Dis reg Brad , skei daai mal vrou :-)
  4. Dimectra- Namibia
    2010/09/07 10:39:46
    Sy mag hom maar skei want sy verdien better as Brad my mag maar terig gaan na Jennifer toe as hy wil. I support you 100% Angie.....
  5. marie
    2010/07/22 05:15:14 nm
    ek kan my gladnie voorstel dat Brad en An gie se verhouding kan werk nie. dit is reeds 'n aanpassing as jou verbind tot 'n verhouding. dan moet jy skielik 'n trop kinders gelukkig hou. Jy is nie getroud nie, jy is nog jonk, jy het vreemde kinders plus jou eie, tr veel geld en besittings, ens.
    wat vanjou werk, jou ander familie, jou nie-skoonfamilie...en dit met 'n vrou wat duidelik besluite neem om nog meer aandag te trek. Ek kry Brad se ouers jammer.
  6. Soritha
    2010/07/22 10:47:34
    Dankie tog, ek het lank hiervoor gewag, die wiel het stadig maar seker gedraai.
  7. Lucy
    2010/05/27 02:55:38 nm
    Brad en Jennifer was ' n paar wat gepas het. Angelina te rou. Nadat sy nie as die heks van die verhaal wou wees nie, het sy haar tatoos vir aandrokke verruil.

    Slegte vroue bly sleg. Brad gaan die res van sy lewe berou het omdat hy gedink het Angelina was meer opwinder as jennifer.

    God se Soort by soort. Dalk sal Angelina nou haar laer klas kry. En Jennifer haar prins, iemand beter as brad.

    Ek kry altyd so lag vir mans wat vrouens trou beloof en dan hul los vir iets beter of om hul verantwoordlikhede vry te spring.

    Kyk na ;n paar jaar hoe het daardie mans agter uit gegaan.

    Vrouens, kies reg. Gaan aan met jul lewens.

    Vertou op 'n beter toekoms in God
  8. AMANDA
    2010/05/27 10:01:55
    EK WENS MENSE WAT SO GRAAG KOMMENTAAR LEWER WIL EERDER GAAN LEER SPEL VOOR HULLE KOMMENTAAR LEWER. AI TOG - AS DIE KLOMP WAT SO KOMMENTAAR LEWER, TOG MAAR ENGELTJIES WAS!!!
  9. Marieka Swart
    2010/05/22 07:28:23 nm
    Ek het nog altyd gehoop dat Brad sy oë sal oopmaak en teruggaan na Jennifer toe.
  10. Hilda
    2010/04/28 08:48:10 nm
    Ek is baie bly, want die bybel sê vir jou "Wat jy saai sal jy maai" en dit is verseker ek praat van ondervinding.
  11. Zonjia Landman
    2010/04/09 12:18:57
    Man is dit nou goeie nuus!! Geen verhouding kon of sal hou as daar inbraak gemaak word op 'n versëelde huwelik wat deur God aanvaar en aangeteken is nie. Jenny die Here staan nog aan jou sy. Haar inmengery in jou huwelik destyds sal nie ongestraf verbygaan nie. Daar is reeds 'n bespotting van hul gesamentlike vanne gemaak.

    Lesers julle moet asb ook nie uit die oog verloor wat in die Bybel staan nie. Geen man mag sy vrou weier as sy wil huis toe gaan nie. Ek dink selde tel ook vir Brad as hy wil herenig met sy ex-vrou. Die Here het hul saam gebind en dit kan nie verbreek word al probeel Angelina hoe hard.

    Angelina was nog altyd besitlik en egosentries. Watter man wil ma en pa speel vir kinders wat nie eens sy bloed is nie. Hoe kan sy kinders laat aanneem om raakgesien te word... 'n nuwe mode gier? Nee wat sy inpalm moet sy self kan versorg ook. Kyk nou die foto's van die pragtige tweeling. Al die foto's wys van 'n spoegdoek wat nogsteeds op hul ouderdom gebruik word, en dit net om hulle vir die publiek te wys. Nee man waar is die natuurlike "ma" in haar? Gaan sy daardie doeke saamdra tot universiteit?
  12. monica
    2010/03/29 07:46:48 nm
    Ag please hulle is nooit uitmekaar nie en maak nogsteeds saam kinders groot! Die media kan soms so dinge uit verband ruk.
  13. anoniem
    2010/03/18 12:51:17 nm
    dis nie eens waar nie !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  14. Billie Roark
    2010/03/05 05:15:20 nm
    This is so not true
  15. marietjie
    2010/02/25 12:48:35 nm
    hulle is die mooiste paar
  16. Celia Nel
    2010/02/13 01:31:14 nm
    Dis regtig jammer as hulle paaie moet skei...

    Toe ek in 2007 VSA besoek en daar gewerk het, was die twee behoorlik "On top of the world"!!!
    Hulle het behoorlik "gekook", miskien is dit al die stres met die kinders wat spanning veroorsaak.

    Ek sal altyd lief wees vir die twee! Hulle bly 'n uitsonderlike paartjie!
  17. SHARON
    2010/02/12 03:47:17 nm
    EK IS BLY HULLE BREUK OP WANT 'N MENS BOU NIE JOU GELUK OP ANDER SE ONGELUK NIE. EK HET ALTYD GEWEET ANGELINA IS 'N MAL VROU. SY VERSAMEL KINDERS SOOS EK EN JY POPPE OF WAT OOKAL VERSAMEL. BRAT IS OOK 'N CHEATER EN AS EK JENIFFER IS VAT EK HOM NOOIT TERUG NIE.
  18. Karina
    2010/02/10 03:23:27 nm
    Kom daarvan as jy 'n ander vrou se man steel. Ons mag nie oordeel nie, maar die lees hier. Spreuke 5:20 Waarom sou jy hou laat bedwelm deur 'n slegte vrou (egbreek pleeg), my seun waarom sou jy in die arms van 'n ander vrou gaan lê?
    God vir afsku dit !!
  19. Dikkes
    2010/02/09 09:30:40 nm
    Die 2 is so dik in die geld dit maak my sommer naar, Ek weet nie hoe Brat rat saam haar gebly het nie.Nou wonder ek wie gaan pruil mond Angie help met die kroos. Ek hoor sy gooi lekker vloer moere as Pruil mond nie haar sin kry nie. Brat jy beter nou al begin hardloop, wand hierdie mammie vat jy nie kaal hande aan nie. Sy gaan glo haar Pruil mond boetie inroep...l vir hulp ..mga.........
  20. Lizzie
    2010/02/09 12:33:46 nm
    Whatever... ek het in elk geval nog altyd gedink hulle "verhouding" was reg van die begin af 'n publisiteitsfoefie...
  21. Hermien
    2010/02/07 05:42:26 nm
    Dit troos, want sien dis die wee van die lewe, dit plaas net nog 'n paartjie op
    die pad na uithou vermoee, ek sal ook vir hulle bid. laat my nie 'n vinger wys
    maar skaar by hul wat die pad na God moeilik vind.
  22. TANYA
    2010/02/03 12:44:50 nm
    as jy n ander vrou se man steel dan verloor jy hom inelk geval later!! Net jammer daar is nou kinder betrokke.
  23. tina
    2010/02/02 02:38:16 nm
    Ai met so baard sal ek hom ook los! Kom aan Brad, jy lyk glad nie sexy met daardie baard nie! Lyk of jy een of ander joodse rabbi is!
  24. jbj
    2010/02/02 02:37:07 nm
    is hulle nou saam of nie? nou lyk dit of hulle nie skei nie. Vertel vir ons wat is aan die gang Huisgenoot!
  25. Nadine de Waal
    2010/02/01 02:57:57 nm
    Lyk my Brad Pitt en Angelina Jolie het die skindertonge vir eers geblus deur saam die "Annual Directors Guild Of America" funksie by te woon die naweek...
  26. NELLA
    2010/02/01 02:43:18 nm
    BRAD & ANGELINA
    JUL MOET NIE SO GOU TOU OP GOOI NIE. JUL KAN DIT UITWERK OM ALTWEE NA 'N KOP DOKTOR
    TOE TE GAAN. JUL IS DIE BESTE PAARTJIE OOIT. ANGELINA MOET JOU NIE STEUR
    AAN WAT AL DIE VROUENS VIR JOU SE NIE. HUL IS NET JALOERS OP JUL VERHOUDING.
    JY IS TOP'S. ELKE VERHOUDING HET
    MAAR SY UPS EN DOWNS. JUL HET DIE MOOISTE KINDERS SAAMGEBOU.
    JULLE KAN HIER DEUR KOM. MET DIE REGTE RAAD EN HULP KAN JUL. JEN EK WENS
    JY WIL UIT DIE 2 SE LEWENS UIT BLY!!! DIS NET JY WAT BRAD SE KOP SO DEURMEKAAR
    GEMAAK HET. EN EK BELOWE JOU DAT AS HY JOU GAAN TERUG VAT GAAN JUL DALK
    NET 'N JAAR SAAM WEES DAN GAAN HY JOU WEER LOS. WANT JY IS NIE BEDOEL VIR HOM NIE.
    ANGELINA IS!!!!!
  27. Elize
    2010/02/01 11:20:57
    Dankie tog, Angelina met al haar tattoos is 'n grillerlige vrou, sy kan nou dracula se companion word. Jennifer is baie meer stylvoller as wat Angelina ooit sal wees...............ek het gedink die bed sake sal mettertyd verflou.........................en dan verloor die verhouding ook sy smaak, want dit is al waaroor dit tog gegaan het, SEKS!
  28. Glodine
    2010/02/01 10:30:43
    Dankie tog Brad skrik wakker. Ek het nog nooit van Angie gehou nie, sy is vir my skreeulelik. Jennifer is pragtig!!! Ek hoop net nie Jen is so stupid om hom terug te vat nie.
  29. Pieter
    2010/02/01 09:36:26
    Ag nee!
    Hulle was die oulikste paartjie!!! :(
  30. Huisgenoot
    2010/01/29 02:17:04 nm
    Wat dink julle as lesers hiervan?
  31. WP
    2010/01/29 02:13:51 nm
    Hulle love seker al die drama! Heeltyd in die nuus! Maak hul name as handelsmerke net sterker wat beteken hulle kan meer geld per fliek vra!