Boer Jurie los swanger ma van sy kind

E-pos
Print
Sharon en Jurie in die dae toe hulle nog baie verlief voorgekom het
Sharon en Jurie in die dae toe hulle nog baie verlief voorgekom het

Alleen op haar ouers se plaas op Jansenville in die Karoo sit sy sonder die aantreklike boer wat haar voete onder haar uitgeslaan het, en tob oor hul babadogtertjie wat oor twee maande gebore word.

Sharon Berrington, daardie pragtige donkerkop met die wakker oë wat Jurie van Zyl se hart in die eerste reeks van Boer Soek ’n Vrou gesteel het, is dalk nou bitter jammer dat sy ooit vir die gewilde TV-program ingeskryf het.

Almal het gesien hoe verlief en gelukkig sy en haar boer saam is. Sharon (28) het nie geskroom om uit te basuin dat hy haar trouman is nie, en sommer ook dat “ons dieselfde daaroor voel”.

En in die reeks was die 30-jarige skaap-en-beesboer ’n ware heer, sjarmant met die vroue en vol komplimente vir Sharon.

Maar toe gebeur dit – vir haar die mooiste moontlike wonderwork met die man wat sy so liefhet;

vir hom ’n ramp, ’n slenter, en soos hy dit aan haar vriendin gestel het: “ ’n ding waarvan sy ontslae moet raak voor dit ’n baba word”.

Op daardie oomblik was die verhouding ook vir hom verby.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010.

Huisgenoot het wel voor die artikel gepubliseer is, vir Jurie om kommentaar genader - hy was deeglik bewus van die inhoud en aard van die bewerings. Hy is vir kommentaar genader en gevra om sy kant van die saak te stel, maar hy het verkies om dit nie te doen nie. Die inhoud van die artikel is bevestig deur verskeie bronne na aan Sharon en Jurie.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (174)


  1. Tessa
    2011/11/03 08:55:15
    Wat 'n laffard!!
    Dink hy wou net 'n goeie tyd gehad het......
  2. Janica
    2011/09/02 08:59:41
    ek lees nou eers hieroor en het nie eers geweet van dit nie maar julle almal is vreeslik vinnig daar om vinger te wys. daar is hoeveel mans daar buite wat dit ook doen maar julle weet net nie van almal nie...... aan julle almal wat God se naam wil gebruik, onthou dat God vergewe en so moet jy ook." Laat hy wat sonder sonde is, eerste klippe gooi" nie een van julle kan n klip gooi nie want almal het sonde. die Here vergewe altyd maak nie saak wat nie. Hy het Jurie lankal vergewe.
  3. LU
    2011/08/31 10:08:31
    Ja ne.... Wie wil nog inskryf v Boer soek i vrou. Net diegene wat OF i fake celeb wil wees OF diegene wat nie vertroue het'in God om jou pasmaat te stuur nie.
  4. CECILE
    2011/08/22 01:38:10 nm
    Dit maak nie saak wie wat en wie sleg en wie dit en dat gedoen moes nie maar aan die einde van die Dag is dit God wat besluit het dat uit die duisende selletjies die Baba dogtertjie gegee moet word aan die twee persone, dit is ook nie sy skuld adt die een kop uit trek nie, maar eendag is eendag gaan die persoon vra hoekom hy, en wil graag antwoorde hê wat hy nie gaan kry nie. God beskik en ons moet skik, Sharon jy is deur God uitgekies om die dogtertjie te baar en groot maak. Glo on God en Glo in jouself en alles sal regkom So het jy talle mense gekry wat jou sal bystaan. Jurie gaan op jou knieë en bid vir vergifnis. Dit is nooit te laat nie.
  5. lyndie
    2011/06/15 10:04:46
    watse common ding om te doen Jurie!! Boere!!! hulle sal nooit tevrede wees met 'n geskeide vrou of met so iets wat nou met Sharon gebeur het nie...... want dan is jy mos sleg!! hoe pateties van hulle!
  6. Susan
    2011/05/26 09:14:23 nm
    Ag boer soek 'n vrou is in elk geval een van ons mees KOMMIN afrikaanse programme....
  7. Elcarine
    2010/12/30 01:10:15 nm
    Vark! Dink jy as jy geld het, of 'n ou boertjie is, kan met ander se lewens speel DUH, jy is ook nou 'n lafhard in die oë van die wêreld. Jy wil die lekker hê, maar is nie mans genoeg om jou verantwoordelikheid na te kom nie. Ek hoop die Here sal jou vergewe vir jou swak daad. Jy behoort in jou lewe geen kinders te hê nie jy sal nie vir hulle kan sorg nie. Sharon ek bid vir jou en ek weet jy sal die wondebarlike kindjie wat die Here jou geskenk het op jou hande dra en jy sal krag en ondersteuning kry om jou kindjie alleen groot te maak. Daar is baie ouers wat nooit die voorreg sal hê om 'n ou kindjie te kry nie.
  8. anna-marie barnard
    2010/12/28 04:00:45 nm
    boer soek n vrou is flou.myns insiens is dit vir die boere wat inskryf n groot grap en hul geniet al die media aandag. skielik sommer n celebrity. aaag ou jurie het maar net heerlik saamgespeel en sal op sy tyd n vrou soek. meisies leer uit hierdie petalje, moenie jul blootstel aan sulke twak.
  9. Theron
    2010/12/20 04:21:57 nm
    Jurie, jy is 'n lafhard, 'n ongevoelige man sonder 'n gewete. Jy is 'n swak man. Kan nie glo jy maak 'n vrou swanger, en maak 'n opmerking dat sy van die "ding" onstlae moet raak nie. Wie en wat is jou "DING"???? In die toekoms, voor jy weer 'n vrou se toekoms vernietig, maak seker jy dra 'n kondoom. Jy het reeds een vrou se lewe vernietig!
  10. Milo
    2010/11/26 10:02:58 nm
    Het Sharon en babatjie ontmoet en wow wat 'n pragtige dogtertjie en so vriendlik!! Sharon is 'n stunning mens en het sovel liefde vir haar dogtertjie! Jy kan werklik sien dat die dogtertjie 'n baie gelukkig kind is. Gaan goed met hulle.
  11. rene
    2010/11/12 12:13:05 nm
    hoe gaan dit deesdae met sharon? het iemand nuus?
  12. rene
    2010/11/12 12:12:20 nm
    hoe gaan dit deesdae met sharon? het enige iemand nuus oor haar en haar dogtertjie?
  13. Me
    2010/11/01 11:11:39
    Daar is so baie mans daar buite wat smag vir n baba en dan kom se hy sulke goed! Nee wat dink sy is beter af as n enkel ma!
  14. 'n babatjie het nie so pa nodig nie
    2010/10/11 03:11:56 nm
    Ek is in die selfde bootjie. Die mense wat so vinnig sê dat ons so groot gemaak is sonder selfrespek kan hoop en bid jou man los jou nie alleen met die kinders nie. Want getroudes kan ook gelos word. Ja ek moes nie saam slaap toe ons verloof was nie, maar what's done is done". Toe my verloofde uitvind ek is swanger sê hy jammer, hy soek net vir my nie vir die baba ook nie. So hy het sy keuse gemaak. Eendag mag Jurie dalk die perfekte vrou kry en trou en dan wanneer sy uitvind sy is swanger, die baba laat aborteer, wat gaan hy dan sê. What comes around goes around...
  15. Christine g
    2010/09/28 02:37:05 nm
    Die hele boer soek n vrou is n klug,hoeveel gebroke verhoudings en huwelike moet daar nog uit kom,as n man en vrou nie op hul eie n partner kan kry nie los dit dan die boertjies is nie gereed vir so iets nie dit is waarom hul nog alleen is,uiters swak van jou jurie maar voor die SKEPPER sal jy eendag moet staan my kind,dink goed
  16. Carol
    2010/09/20 10:30:38 nm
    @Marina - What a cruel. heartless thing to say!!!!!! Every single person makes mistakes (including you!) - and just by the way - it takes two people to make a baby, no-one is asking you to feel sorry for women who find themselves in a predicament, on the contrary, no-one needs sympathy from the likes of you!! You cannot lay judgement upon anyone without knowing the circumstances, in actual fact, even when knowing the circumstances you are not at liberty to judge, for judgement lies with God and not you.
    Sharon will emerge from this a stronger individual! Walk with your head held high Sharon and be the best Mom you possibly can :)
  17. marina
    2010/09/16 12:46:39 nm
    Weet ek skaam my vir vandag se meisies/vrouens het geen of baie min self respek. Ek wonder altyd
    as hulle so lekker saam mans in die bed spring voor die huwelik of hulle Ma's hulle nooit self respek
    geleer het nie. Ek het baie min simpatie met meisies/vrouens wat swanger raak voor die huwelik
    kry net die kleintjie jammer wat verwek is die betaal die prys vir sy ma se fout. Ja dit lê by die vrou
    sy is die een wat die streep moet trek hoe ver 'n man kan gaan.
  18. Jenny
    2010/08/31 10:35:21
    dit is swak van Jurie,niemand kan sy gedrag goedpraat nie. Ek sou graag wou weet of Huisgenoot 'n opvolgartikel op haar gaan doen? Het sy dalk al die babatjie gehad? Hoop sy kry 'n wonderlike man wat vir haar en die klein dogtertjie kan sorg, baie sterkte vir die toekoms, jy lyk na 'n pragtige sagte mens!
  19. marietjie Snyman
    2010/08/21 02:07:41 nm
    What an idiot!!!! Jy weet nie wat jy mis nie man, ek dink jy moet jou kop laat lees.... Sy is so 'n pragtige vrou vol lewe en nou vernietig jy dit, jou pes ek hoop jy kry al jou dae dubbel en dwars vir wat jy aan haar gedoen het.
  20. Ina
    2010/08/18 01:06:45 nm
    Sharon moet dankbaar wees dat Jurie sy ware kleure betyds gewys het. Hy is 'n lafaard en swakkeling. Sy soort is gesaai en nie die moeite werd om oor te treur nie. Hy sal wel sy dag nog kry.
  21. ANNETTE
    2010/08/06 03:44:52 nm
    Ek stem saam.....kry iets beters om te doen met die geld wat julle op Boer soek n vrou mors.........dit is n verleentheid en n swak beheerde program want almal verander die reels nes hulle wil soos die program vorder.....
  22. Groenoog
    2010/08/06 01:43:57 nm
    ASB los seks vir die huwelik hoeveel jong mense daar buite doen dit. Hulle hormone pla en dan is dit verby. Pleks hulle die simpel program afhaal dit is rerig common en kan nie vir een oomblik dink hoekom vrouens so laag daal nie.
  23. vra net
    2010/08/02 06:00:53
    ek vra myself af? as hy nie eens sy verpligting voor die baba se geboorte kan na kom nie waarom sou enige mens in sy regte brein iemans soos die wil toelaat in 'n kind se lewe. ag nee man maak jou kind alleen groot en los die drol op sy fietsie. ek is al so moeg van ma's wat kerm oor pa's wat nie hulle verpligting na kom nie maar waar was jou verpligting toe die kind verwek is? duidelik nie "voorberei" nie ne en nou wil jy 'n song and dance maak van geen toenadering van die pa se kant? ag nee man ruk jou reg!!!
  24. MAGDA
    2010/07/23 03:32:48
    Snaaks, ek is die moeder van so n situasie my seun wou ook n aborsie he, Ek het hom omgepraat vir hom vertel hoe n baba mens verander. Hy het net uit n twee jaar lange huwelik gestap waar die vrou net wou dagga rook, nou is hy ook verslaaf aan dagga, hy wil toe sy plig nakom vir die ou dogtertjie. Maar die meisis wat nie haar bene wou toehou nie en sy huwelik op die rotse laat beland het wil niks met ons te doen he nie. Dit nadat ons as sy ouers als gedoen het wat ons kon vir die meisie sy is ondankbaar en het heeltemal teen ons gedraai en ons wou haar net ondersteun. Hier in nz land kan jy nie net skei wanneer jy wil nie, al wou hy hoe graag sy plig nakom sy het hom verwerp hy het jammer gese aan haar en haar ma maar als is net in ons gesig terug gegooi albei was verkeerd!!!! seks, voor die huwelik ek weet nie so mooi nie!!! Wat van ons die ouma en oupa volgens haar is ons nie goed genoeg nie... maar, het gesorg dat sy alles het vir die dogter cot klere doeke maar als is gevat en is is vertel om haar uitelos baie dankie groetnis uit NZ land
  25. Chris
    2010/07/16 12:21:17 nm
    As die idioot nie sy kind wil grootmaak sal ek! Hy weet nie wat hy mis!
  26. John
    2010/07/14 10:36:27
    They should keep the show off TV, I won't be watching it anymore, all those farmers act "skynheilig", they all hide behind the door, OFF WITH BOER SOEK 'N VROU!!!!! and Jurie, we disgusted in YOU!!!
  27. Carol
    2010/07/12 11:25:43
    Dit is baie hartseer dat die pa nie, sy kind wil he of selfs `n lewe wil toeken nie, maar ons is nie daar om te oordeel nie, los dit vir die Here hy sal vir Jurie tenader of dit nou vandag is of more, Sharon jy is beter af sonder Jurie as met hom, `n man wat nie lief is vir kinders nie, moet nie eers trou nie, die kind gaan net in die langer duur lei, kyk jy mooi na jouself en ja 2 mande is om die draai dan is jou bondeltjie liefde in jou arms, vra my wat 3 meisie kinders het, hulle is elke sout werd, hul gee net vreugde, oh ja my 4 de een is in September by ons, kan nie wag nie, so moet jy ook oor die baba voel, nogmaals sterkte.
  28. mariekie
    2010/07/05 11:42:49 nm
    Ek wonder of "Boer soek 'n vrou " nog meriete het, met aldie skandaaltjes wat ons periodiek van hoor.
    Tog dink ek die kommentare wat ek op FB lees is TE kras. ons mag nie so beledigend wees nie, nie eers @oor Jurie nie. Seën, moenie vervloek nie, dra mekaar se laste en bid vir mekaar, is 'n opdrag!
  29. ANNETTE
    2010/06/28 05:41:39 nm
    JA EK STEM AL TWEE IS SKULDIG MAAR HOEKOM HET HY VROU GESOEK EEN GEKRY EN TOE SY SWANGER IS GELOS. HY WOU NET SHOW OP TV. OF VROU MAAR NIE VERPLIGTINGE NIE. SIES.
  30. Evanthia
    2010/06/14 02:27:29 nm
    Die mooiste wonderwerk ooit en jy noem dit n ding, dis regtig uiters discusting. Ek het 2 seuns my 1ste het ek n 1 jaar en 7 maande voor my troue gehad en nie ek of sy pa sal hom vir niks veruil. Die "ding wat jy so na verwys was n geskenk van bo.
  31. Carla
    2010/06/06 12:54:16 nm
    Hoe kan jy 'n kind los. Dogters kort hul pa's en ek praat uit ondervinding. Jy moet verantwoordelikheid aanvaar vir jou aksies! My ma se altyd 'Wat jy maak, moet jy groot maak', so maak groot wat jy gemaak het.
  32. Wilna
    2010/05/28 06:56:34 nm
    beter nou as later,voordat die dogter hom ken,altwee moet maar hul verantwoordelikheid nakom.!!!Die lewe het twee kante en elkeen moes maar geweet het waarvoor hulle inlaat.Jammer vir kind,wat nie gevra het om daar te wees nie!!!!!!!!!
  33. M
    2010/05/28 07:14:50
    Sjoe, dit is ernstig ja - maar laat jy wat sonder sonde is die eerste klippe gooi!!
  34. pixie
    2010/05/26 12:24:07 nm
    Ai mense!!! Rerig dit raak nou te veel, dis al amper 'n maand en julle gaan nogsteeds so aan oor goed wat julle eintlik niks mee uit te waai het nie. Dit hulle skuld vir wat gebeur het, nie ons s'n nie. Hulle moet dit regmaak en ons kan nie vir hulle sê wat hulle moet of nie moet doen nie. Elkeen van ons het nou iets te sê oor hulle storie, maar hoekom kyk ons nie eerder wat self in ons lewens aangaan nie. Ja dit is nie reg van Jurie nie, maar dis Sharon se skuld ook. So niemand van ons kan vinger wys na wie se skuld dit is of nie is nie. Kom ons staan eerder die twee by in die tyd en bid vir hulle, want ons Hemelse Vader is groot en luister altyd na ons. Hoekom gaan ons nie eerder na HOM toe en spreek ons meeninge teenoor hom uit, as wat ons dit nou uitspreek nie?? Jurie en Sharon ek bid vir julle en hoop dat julle paadjies ten minste sal kruis al is dit net terwille van die baba. Onthou net daardie klein ding het nie gevra vir alles wat nou geberur nie, sy word onskuldig gebore wetende van niks wat om haar aangaan nie. Sterkte en mag GOD almal bystaan in hulle moeilike tye. Groete
  35. magriet
    2010/05/24 03:22:47 nm
    onthou niemand kan vinger wys,daar kom baie vingers terug na jou.Dit bewys maar net vir jou boer soek 'n vrou, jy kan nie 'n vrou soek waar almal jou verhouding so volg,dit sal nooit werk.
  36. Ek wens.....
    2010/05/24 09:48:17
    hy wil 'n kramp kry!!! Dis swak man, uiters swak. Hy is 'n lafaard van die opperste proporsies.... VARK!!!
  37. Marieka Swart
    2010/05/22 07:41:34 nm
    Haai Jurie is dit wat liefde doen? Jy wou haar gehad het - boer soek 'n vrou, maar soek nie 'n kind nie. Nee, jy stel my teleur. Hoe kan 'n mens nee sê vir 'n bondeltjie vreugde. Baie, selfs ek, was nie bevoorreg om kinders te hê nie. So kry jou hart reg.
  38. Elsie
    2010/05/21 07:50:14 nm
    Jurie jy gaan nog jou hare uit jou kop trek omdat jy omgedraai het en weg geloop het.My dogter het in presies diesefde situasie beland,vandag 2 jaar later met die oulikste en mooiste seuntjie wil die pa ewe skielik betrokke wees.Dit is te laat daar het teveel hartseer,verweite en hofsake verby gegaan om die klok terug tedraai.Hy is 'n bron van plesier vir ons met die mooiste maniere en oral waar ons beweeg stop mense ons om aandag aan hom tegee.Wanneer sy pa kom kuier en ons se Hier kom Pappa dan se hy uit sy eie "nee"Kinders voel aan wat aangaan.So! jy is 'n tipiese verwaande,selfsigtige jong man.Na gelang van die komentaar se dit net een ding JY HET NIE 'N VROU GESOEK NIE JY HET JOU SELF OP TV GESOEK.Sies!! kom by!!!
  39. maja
    2010/05/21 06:27:13 nm
    @ roelien
    jong in die ou testament het almal volgens vandag se standaarde "voorhuwelikse" seks gehad...
    mens lees meestal "hy het haar as vrou geneem..."
    die eerste huwelik (as instelling) word eers in die nuwe testament beskryf waar Jesus water in wyn verander het op die bruilof van kanaän...
    waar lees jy dat voorhuwelikse seks sonde is?
    in die doopsformulier bely ons mos almal dat "ons in sonde ontvang en gebore is..." baie interessant ;-)))
    met dieselfde oordeel waarmee jy oordeel gaan jy geoordeel word...
  40. maja
    2010/05/21 05:48:44 nm
    volwassenheid en verantwoording loop hand aan hand deur die lewe... en as mens reken dit is nie waar nie... dan is die gevolge dit wat ons hier lees...

    baie van hierdie programme word kunsmatige opgeblaas om toeskouers se guns te wen - dit is al wat nog saak maak...
  41. Marieta
    2010/05/21 12:42:41 nm
    Ek is self 'n swanger vrou (binne 'n gelukkige huwelik) en het dus baie simpatie met Sharon wat nou die baba as 'n enkel ouer moet grootmaak. Maar, albei partye het ewe veel skuld daaraan dat hulle in hierdie situasie beland het. Dis nie regverdig om altyd net die man te beskuldig nie - Sharon was net so gewillig. As nie een van hulle in hierdie situasie wou beland het nie, moes hulle nooit begin het om saam te slaap nie. Almal weet dat voorbehoedmiddels nie 100% betroubaar is nie. Die beste voorbehoedmiddel is geen seks! So niemand moet na die tyd beskuldigings rondgooi nie. Jy het jou bedjie opgemaak, so jy moet maar daarin slaap.
  42. Janey
    2010/05/18 10:56:51
    Ek dink die mense moet nou op hou klippie gooi!!! As julle die storie reg gelees het kan jy sien, nie JURIE of SHARON het uitgepraat nie! Se dit nie iets nie, miskien wil hulle uit gelos word!
    Nicoline dit is nou erg tyging wat jy maak en girl dit vat "twee om te tango!" In my oe is altwee verkeerd hulle twee kan nie die een vir die andereen blamier nie! Hulle was baie bewus van die gevolge van seks!
  43. Nannie
    2010/05/18 10:38:34
    Die ding wat Jurie van praat kon nie self gevorm het nie, hy het ook mos 'n aandeel aan 'n onskuldige kindjie wat gebôre moet word. Dit is lekker om 'n lekkertyd te hê maar dit is nie lekker om jou verantwoordelikheid na te kom nie.
  44. Nicoline
    2010/05/17 07:42:52 nm
    So sit ek en my verloofde en baklei oor die storie!!!
    Dis lagwekkend!
    Jurie en sy is ewe verkeerd in die verhaal. Jurie moet grootword en besef as jy jou broek kan aftrek is daar gevolge, net so het Sharon geweek dat daar nagevolge kan wees!
    'n Kind is 'n seen op 'n mens se lewe nie 'n straf nie!
    Baie mense smag na kinders...net jammer die verkeerde mense kry kinders!!!
    Hulle se, dit wat in jou kinderlewe gebeur het dra mens altyd saam...wonder of jou pa ook vir jou ma gese het sy moet die ding laat afkom toe sy swanger was met jou? Dink aan jou woorde...! Jurie het seker nie 'n hart of 'n gewete nie? Ek dink almal sal saam met my stem...iemand wat so iets se het nie 'n gewete of 'n hart nie! Boer soek 'n vrou reeks is die grootste gemors, en het nog net moeilikheid gemaak...los maar die reeks!
  45. Nicoline
    2010/05/17 03:09:21 nm
    ek is self 'n vrou, maar regtig.....daar is twee kante van die storie, wie weet dalk was
    jurie onder die indruk dat sy wel op die pil is?
    As 'n vrou lief is vir 'n man, sal sy enige leeun vertel en enige iets probeer om die man te hou!
    Jammer, altwee in die storie het hulle foute!
  46. Theresa Everton
    2010/05/16 08:20:48
    Ek wil net vir al twee daardie mense se of hulle weet hoe selfsigtig hulle is, kon hulle nie voorbehoedmiddels gebruik het nie. Daardie kliending het nie gevra om daar te wees nie en nou moet sy onder julle stront lei. Ek en my man sou enige iets gegee het om ons eie kinders te he en julle kan net dink aan julle self en julle openbaar selfsigtige enkel - seks lewens. Sies - en julle dink julle is volwase.
  47. Francis
    2010/05/14 11:23:46
    Ek dink genoeg is nou bespreek van hierdie uiters onsedelike aangeleentheid. Albei is verkeerd, Sharon het bewys sy aanvaar alles en gaan 'n goeie ma wees vir die baba, Jurie wou die baba laat aborteer, Sharon se ouers ondersteun haar, Jurie se ouers kruip weg. Eindie van die storie. Jurie moet gedagvaar word en behoorlik uithaal en betaal. Sharon moet nie aalmoese van hom aanvaar nie, maar vir haar 'n goeie prokureur kry wie Jurie gaan forseer om goed te sorg vir SY kind. Ek stem saam, Kyknet moet hierdie onsmaaklike BSNV laat vaar. Kyk wat het verlede jaar gebeur. Die twee slette wat in Franschoek oorgebly het was skaamteloos. Johan, die vroom gesiggie, het sy dames in die donker gehou alhoewel hy reeds 'n ander meisie gehad het. Leuenaar. Joachim was 'n joke en Flip was die kersie op die koek met sy haglike plaas, kruitaal en suinigheid. Daar is ander maniere om 'n maat te ontmoet, nie op 'n televisie program nie.
  48. R
    2010/05/12 11:34:21
    ek stem vir hou op met die program. dit is ma eintlik common
  49. Liezl
    2010/05/12 10:19:25
    Ongelukkig lyk dit vir my asof die meeste mans en vrouens deesdae verskriklik losbandig lewe. Wel, die baba is verwek en Jurie was duidelik nie lief vir haar nie anders sou hy nie tweekeer daaraan gedink het om met haar te trou nie (hy sou in elk geval al voor sy swanger was met haar getrou het). Natuurlik het hy saam met haar geslaap. Sy was dan gewillig. Watter man (maak nie saak hoe hy grootgemaak is nie) gaan dan nou nee sê vir seks? Mans is net nie so gebou nie. Die vrou is die een wat besluit hoe ver dinge gaan en vrouens deesdae dink mos hoe gouer jy met 'n man in die bed spring hoe beter jou kans - So ek kan nie eintlik jammer voel vir een van hulle nie. Sharon, jy wil hom in elk geval nou nie meer hê nie want enige man wat sy rug op jou sal draai en verwag dat jy sy kind moet aborteer is nie regtig 'n man nie. "Cut your losses" meisie maar maak seker dat jy hom dagvaar vir onderhoud (hy kan dit immers bekostig) en as hy weier, dagvaar sommer sy ouers. Ten minste sal sy familie darem finansieel vir jou kind kan sorg al wil hulle dalk nie andersins betrokke wees nie. As hy dan nie voel vir sy kind nie sal hy dalk voel vir sy bankrekening!?
  50. Johanda
    2010/05/11 05:01:57 nm
    Wat is Jurrie se storie 'n storie het altyd twee kante.
  51. Johann R
    2010/05/11 09:23:54
    Die basiese saamestelling van `n vrou bly die selfde. `n Vrou bly `n vrou almal is die selfde, almal het die selfde giere en maniere. Ons mans moet maar net daarmee saamleef en die beste daarvan maak. Net so is die mans ook maar almal die selfde. Waarop dit eintlik neerkom is dat dit nie help om na `n ander vrou te kyk nie, `n vrou bly `n vrou,soos as jy nie kaans sien vir een wat jy swanger gemaak het nie, gaan bly dan maar ongetroud by jou mammie wat in elkgeval die enigste vrou in jou lewe is, en hou op soek na `n vrou. Die man sal sy ouer huis los en sy vrou aankleef, nie sy ma nie.
  52. se maar net
    2010/05/10 04:19:56 nm
    Sharon, baie sterkte vir die tyd wat voorle. Die Here sal die regte man op jou pad stuur, moet hom nie gaan soek nie. Die man is die jagter .... ouvrou stories maar ai, tog so waar. Jurie, en jy is 'n lafaard!
  53. Gerdé
    2010/05/10 04:08:05 nm
    Dit maak nie saak of Sharon dit beplan het of nie, dit maak nie saak of "hulle het mos geweet wat hulle doen nie". Die feit van die saak is dat dit het gebeur en Jurie het gesê dat "die ding" geaborteer moet word, wat 'n baie lelike en slegte ding is. In elk geval is dit net die man wat hoef lekker te kry, dan is die baba oppad.
  54. Leizel
    2010/05/10 03:50:24 nm
    Dit is hoekom seks moet wag vir die huwelik'l
  55. Heilie
    2010/05/10 03:42:27 nm
    Jurie dit, en Jurie dat. Ek dink daar is 'n paar van julle wat self agter die deur staan. Soos ek lees sien ek dat nie Jurie of Sharon direkte kommentaar wou lewer oor hulle situasie, as ek dit 'n situasie mag en kan noem. So hou op om vingers te wys en klippe te gooi. Staan liewer albei van hulle by, hulle het jou as leser se bystand baie nodig.

    Sê liewer, sterkte aan albei van julle, mag julle 'n wonderlike kind groot maak, en ondersteun mekaar.

    Sies skaam julle
  56. Kiewiet
    2010/05/10 01:39:07 nm
    Maak julle oë oop!!! Het Jurie enigsins gedurende hierdie program, gelyk soos 'n man wat verlief is. Nooit! Jy sien dit in 'n man se oë. En sy is die een wat agter hom aangekarring het. Wie wil nou met 'n vrou trou wat jy nie lief het nie. Sy het presies geweet en gekry wat sy wou. Arme Jurie, met 'n slap riem gevang.
  57. Ursula
    2010/05/10 12:57:44 nm
    In die program BSNV het Jurie getuig dat hy 'n vrou soek wie hy volkome kan vertrou-wat hy nie gese het nie is dat sy vrou hom nie sal kan vertrou nie, hy maak babas, loop weg, beveel aan op 'n aborsie en sy mislike ma ondersteun haar seuntjie. Sies, mamma, hoop jou moedersdag was wonderlik. Dink net hoe voel Sharon, sy is amper 'n ma en word so behandel deur jou seun. Gaan ondersteun vir Sharon en die baba, so sal julle weer julle gesigte in die publiek kan wys en trots herwin. Hulle hoef nie te trou nie, Sharon sal 'n groot fout maak om met hom te trou, maar jy is die baba se ouma. Gaan jy ooit kerk toe, glo jy in die woord van die Here? Seker net met 'n vroom en vals gesig.
  58. Lindie
    2010/05/08 03:29:24 nm
    Ek hoop dat Jurie sy fout sal agterkom en soos 'n man verantwoordelikheid sal neem vir SY aandeel in die drama. Spyt is 'n goeie ding maar dit kom altyd te laat. Almal wat voorbehoeding skreeu...daar is babas daarbuite wat voorbehoeding en al die lig gesien het! As jy verantwoordelikheid neem om seks te he, moet jy darm seker mans genoeg wees om die verantwoordelikheid te dra daarvoor of hoe?
  59. Elv Bothma
    2010/05/08 12:49:15 nm
    Kyk Jurie, as jy wil PERNAAU moet jy jou man kan staan. Jy is nie meer 'n kind nie so gaan werk maar tussen jou skape en ploeg jou lande sodat jy genoeg geld kan maak om onderhoud te betaal en vir jou kind kan sorg. Daar is geen verskoning vir jou nie. Jy en Sharon is VIR EWIG aan mekaar verbind deur daardie babatjie !!!
  60. Annatjie
    2010/05/08 11:14:02
    Al wat ek kan sê is, dis duidelik hoekom Jurie nie self geholpe kon word met 'n meisie nie en daarom dat hy ingeskryf het vir die vrou-soek! Die meisies ken hom te goed vir wat hy is en nie vir wat hy voorgee om te wees nie! Annatjie
  61. Jackie Enslin
    2010/05/07 05:24:14 nm
    Terloops, wat dink Jurie se ouers van hierdie storie? Hulle skaam hulle seker morsdood oor hierdie vieslike seun van hulle wat sy eie kind wil dood he. Hoop hulle kan hul gesigte in die publiek wys.
  62. Jacquie
    2010/05/07 04:29:58 nm
    Sies vir jou Jurie. Ons dames was gaande oor jou in die program en het gedink julle twee pas bymekaar. Natuurlik is seks voor huwelik 'n sonde, maar dit het gebeur tussen julle albei en nou sit sy alleen. Jy het haar net gebruik en misbruik. Jy moet maar liewer nie jou gesig in die openbaar wys nie-daar is 'n paar mans wat graag jou kniee sal wil breek. Om 'n baba 'n 'ding' te doen en haar te vra om 'n aborsie te ondergaan. Dit is moord. Ek stem dat al die dames wat vir Sharon ondersteun haar adres probeer kry en vir haar geskenkies vir haar babatjie stuur of miskien 'n bankrekening oopmaak vir die baba om Sharon te help. Dit kos geld om kinders groot te maak en om dit nog alleen te doen is erg. Sy sal seker geen geldelik ondersteuning van hierdie lafaard kry nie. Trek toe jou zip en hou dit toe. Indien jy moet, gebruik 'n kondoom en moenie nog onskuldige mensies in hierdie wereld inbring nie-jy verdien nie die voorreg nie.
  63. Johann
    2010/05/07 04:21:42 nm
    Ek is 'n Christen Afrikaans sprekende getroude man en is geskok dat 'n jongman hom so uiters swak kan gedra. Ja, hulle het albei gesondig maar die Here vergewe ons ons sondes indien ons berou. Jurie, jy moet nou verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie nuwe lewe en die kleintjie finansieel versorg. Jy kan dit inderdaad bekostig want jy is eerstens nie 'n arm boer nie en het geld om rond te flenter orals in die land. Sharon het haar ouers se ondersteuning en sal 'n goeie ma wees vir die baba, maar finansieel is dit JOU plig. Hoop hulle het 'n goeie prokureur. Hoe dink jy gaan hierdie kind eendag voel om te hoor haar pa wou haar soos 'n "dier" laat aborteer? Jy moet nou eerstens vir die Here vra om vergifnis, dan vir Sharon, haar ouers en familie en dan ook vir publiek wat jou ondersteun het in die program. Stem saam, BSNV moet gestaak word. Hoeveel van hierdie deelnemers word sleg behandel en is spyt dat hulle ooit deelgeneem het? Daar is goeie ordentlike maats vir mans en vrouens, gaan soek net by die regte plek en nie in die oog van die publiek waar jou persoonlike lewe uitgebeeld word nie. Ons is regtig trots op Tickey en Selma-Louise wat so 'n pragtig verhouding, huwelik en gesinslewe begin het nie - alles gebaseer op 'n Christelike manier. Hulle het seersekerlik nie in die bed gespring voor hulle troue nie, dus is hul verhouding geseen.Laat hierdie 'n les wees vir ons jongmense. Losbandige verhoudings hou nie en dit is reeds bewys dat paartjies wat saambly en seksueel verkeer voor die huwelik, se verhoudings het baie opdraande. Meeste van hulle eindig in 'n skeihof of ongelukkige huwelik. Die Engelse het die regte woord daarvoor "fornification".
  64. Jackie Enslin
    2010/05/07 12:43:00 nm
    Jurie, jy is regtig 'n swak tipe mens. Natuurlik het julle albei geweet julle doen verkeerd, maar dit is nou albei se verantwoordelikheid. Die arme baba kom die wereld in onder sulke wrede omstandighede. Jy behoort ten minste finansieel vir die kind te sorg. Hopelik hou jy jou broek aan in die toekoms, maar dit lyk asof jy nogal 'n losbol is. Hoop jy laat toets jouself vir oordraagbare seksuele siektes. As jy my seun was het ek jou 'n taai klap gegee, verseker. Hoekom het jy vir BSNV ingeskryf as jy so baie meisies gehad in elk geval. Nes Tiger Woods is jy ook nou bekend as 'n 'rubbish' in S A en veral op De Aar. Jy kan maar net sowel jouself nou toesluit op jou plaas, mense ken jou nou as die vark van BSNV en bespreek jou orals. Jy is 'n skande vir goeie Afr jongmans.
  65. Huisgenoot Redaksie
    2010/05/07 10:04:29
    Huisgenoot het niemand enige bedrag geld vir die inhoud van hierdie artikel betaal nie. Sharon wou ook nie direk kommentaar lewer oor die inhoud nie.
  66. Nats
    2010/05/06 10:43:25 nm
    Jurie lyk my jy is 'wolf met skaap klere aan in die Karoo. Staan jou man en doen wat reg is. Staan by Sharon julle het nie nodig om met julle verhouding aan te gaan nie. Jy kan nie kwaad wees vir haar nie julle het altwee deel aan die situasie. Ondersteun haar en jul dogtertjie en kom jou pligte na sodat jy nie eendag verwyt word deur jou eie kind nie, "You can run but you cant hide" hierdie sal vir altyd by jou spook as jy nie betrokke is by jou kind nie. Jy sal eendag voor God moet rekenskap neem. Wees 'n man en nie 'n muis nie, mense sal jou meer respekteer. Doen die regte ding boertjie.

    Sharon good luck enjoy your baby and may God Bless. You did the right thing you can not hide your child. Relax now you dont need this stress God will provide.
  67. Griet
    2010/05/06 05:35:12 nm
    Ek weet nie waar kom die Media daaraan dat Jurie 'n aantreklike ou is......Die man is vir my so lelik soos die nag. Hy behoord sy sterre dankbaar wees dat 'n nice girl soos Sharon ENIGSINS na hom kyk....Dit is sulke komentaar wat hom grootkop gee en laat dink hy is hierdie verskriklike Casanova.....asseblief kom net terug aarde toe.....hy moet nie dink hy is 'n celeb nie!!!!!!!!!!!!!!
  68. Helene
    2010/05/06 03:44:05 nm
    Jinne mense! Dit maak my hartseer dat mense hulself Christene noem en dan op ander se foute teer! Moenie die Bybel aanhaal as jy nie self soos Jesus wil wees nie! Maak eerder soos wat Hy sou en bid vir hierdie twee mense se pyn. Ons mensdom is te geneig om die splinter in 'n ander se oog te sien en dan die balk in ons eie oe nie eens op te merk nie!

    Here Jesus vergewe ons mensdom dan ons so maklik kan vinger wys, vergewe ons dat ons baie keer nie eens self 'n verhouding met U het nie en dan vir ander wil voorse hoe dit in U woord staan. Here help hierdie twee mense, vir Jurie en Sharon sodat hulle hierdie mislike situasie waarin hulle hulself bevind kan uitwerk sodat nie een van hulle gebroke daaruit sal kom nie. Here hulle het verkeerd gemaak en hulle het foute net soos wat ons almal foute het maar Here help hulle om U hulp en vrede in hierdie situasie te kry. Dankie Jesus. AMEN
  69. Slimjan
    2010/05/06 03:02:03 nm
    Ja-nee, oupa het altyd gesê " my kind, hou jou gat uit dinge en jou ding uit gate". Goeie ou boereraad wat meer mense gerus kan probeer!
  70. Rosie
    2010/05/06 02:06:22 nm
    Mens kan seker nie oordeel nie want as buitestaanders wat eintlik niks met die hele aangeleentheid te doen het nie, sal ons nie weet wat die waarheid is nie. Maar ek wil ook se dat in vandag se lewe is 'n man dommer as grond as hy se dat hy deur die oudste truuk in die boek "gevang" is. Soos hulle se "If you can't stand the heat - get out of the kitchen". So as jy nie die gevolge wil dra van voorhuwelikse seks nie - moenie die daad doen nie!

    Maar ek stem saam met @Pixie - daai dogtertjie het nie gevra om gebore te word nie. En veral nie om in 'n gebroke gesin gebore te word waar die pa jou in elk geval nie wil he nie. Ek hoop en bid net dat God aan daai man se hart sal werk en dat hy sy kind die liefde sal gee wat sy verdien!
  71. Charm
    2010/05/06 01:10:00 nm
    Vir almal wat haar beskuldig dat sy aspril swanger geraak het wil ek net se dat ek nou al die laaste agt maande "aspris" probeer swanger raak (ja tannies, ek is getroud!), en dit is nie heeltemal so maklik nie.
  72. Heilie
    2010/05/06 07:42:21
    as is verbrande hout, so haal asseblief as uit jou sin uit.
  73. Ouma
    2010/05/05 03:50:45 nm
    Kry einde met die program Boer soek n vrou want dit veroorsaak net hartseer vir die deelnemers, hul families en vriende
  74. Christelle
    2010/05/05 12:53:14 nm
    Dink voor jy doen en dink voor jy praat. Gedane sake het nie keer nie - en ons slegte woorde is soos vuur op ons tonge - dit verteer als.
    Mag die Here vir julle albei genade gee.
    Jurie - vir jou dat jou oe sal oopgaan. Ons wik maar God beskik.
    Sharon - vir jou dat jy sal sterk staan vir jou bondeltjie vreugde. God is altyd betyds.
  75. pixie
    2010/05/05 10:36:43
    Ons almal oordeel te vinnig en het altyd iets te sê as sulke goed gebeur. Hoekom kyk ons nie eerder wat in ons lewens aan gaan nie voordat ons iets te sê het oor ander se lewens. Wat van daardie klein mensie wat in haar groei sy kan nie sê "Ek is jammer dat ek julle lewens omvêr gegooi het of Ek wil nie gebore word nie." Dit het gebeur en ja altwee is skuldig, maar dink aan daardie klien mensie ook. Dis hulle wat hulle lewe so wou leef en ons kan dit nie vir hulle kies of verander nie. Sterkte aan al twee van julle. Nog 'n laaste ding aan julle twee, onthou net die klein ding het nie gevra om daar te wees nie en sy kan nie skuld dra vir wat gebeur het nie. Dis julle skuld en julle sal met dit moet saam leef.
  76. Engela Vermaak
    2010/05/05 09:54:06
    Jurie en Sharon het 'n fout gemaak maar ek stem saam dat daardie baba van God gegee is en ek glo dat Sharon en haar ouers die baba wonderlik sal grootmaak en met baie liefde! Mense hou op klippe gooi en aangaan oor onderhoud! Julle vergeet skoon van die mense in hierdie hele storie! Bid net vir die drie mense en dra hulle op aan die Here en hou die lelik vir julle self!!!!!!!!!
  77. Melissa L
    2010/05/05 09:41:48
    Ek is so geskok in die man,hy het totaal voorgee gee voor duisende mense wat hy nie regtig is nie.
    Jurie ek wil graag onder jou aandag bring, ek het die berig in huisgenoot gelees van wat jy vir Sharon gese het jy werk met diere en jy weet presies wanneer jy die ( ding kan af bring.) ons is skeppings van God en wanneer daai saadjie geplant is,is daar reeds n siel en n hartkloppie,hoe gaan jy eendag daai kindjie in die oe kan kyk met die wete dat jy haar vergelyk het met n duur.Jy wat haar wil hof toe vat vir wat sy het niks verkeerd gedoen it takes two to tango.Ek hoop en bid dat sy op haar agtervoete sal staan en jou dag vaar vir onderhoud want maak nie saak wat jy se nie dit bly jou kind ook.
  78. Charlie
    2010/05/04 09:24:47 nm
    Sharon hoe moeilik ook al moet jy van hom vergeet en konsentreer op die babatjie wat oppad is. Jurie verdien jou nie. Iewers is jou droomman wat jy nog sal kry en jou sal lief he vir wie jy is. Sterkte en geniet jou baba dogtertjie. Onthou jy moet nou haar lewe positief vorm en vul met baie liefde
  79. 'n Koshuis Ma
    2010/05/04 05:56:19 nm
    In my opinie is Jurie enige skoonma se nagmerrie!
    Arme Sharon was soooo verlief en kon ongelukkig nie die wolf van die skape uitken nie.
    Ek haal my hoed af vir Sharon wat besluit het om die baba te hou.
    Dis baie maklik vir mense wat nog nie kinders gehad het nie, om te sê "have an abortion it's the easy way out". Van dag een is daar 'n klein sielietjie wat besig is om te groei binne mamma. Net lafaards (soos Jurie) sal die maklike manier uit wil neem.
    You reap what you sow Jurie!
    Al wat ek wil sien gebeur is dat Jurie man genoeg sal wees om te ERKEN dat dit sy kind is. Jy wat Jurie is het net soveel skuld in wat gebeur het. Op die ou end is jy die een wat jy-weet-wat nie in jou broek kon hou nie! Wat se voorbehoed het jy getref om dit te verhoed????
    SO BE A MAN, ADMIT YOUR MISTAKE & BLOODY WELL PAY UP! It's the right thing to do! Jy hoef nie met Sharon te trou nie, maar kyk darem na jou kind!

    En almal wat so "high and mighty" is en vinger wys oor Sharon wat swanger geraak het, onthou net dit kon met 90% van julle gebeur het - party mense is net gelukkig!

    O-ja en enige een wat sy kind "Die Kanker" noem moet gekastreer word in my opinie!!!
    Jy verdien nie om OOIT Pa genoem te word nie!

    JOLENE - hy is dalk jou pel, maar hy het 'n fout gemaak en moet mans genoeg wees om dit te erken. Julle kan modder gooi soos julle wil oor wie wie wou vang of nie, maar feite is feite. Daar is 'n kind oppad, finish en klaar, en die pa wil niks met haar te doen hê nie. Hoe siek is dit nie! Soos ek reeds gesê het hy hoef nie met Sharon te trou nie, maar kyk ten minste na jou kind! Staan maar agter jou ruggraatlose vriend....... Ek hoop net vir jou part dat jy nooit so 'n ou in jou lewe sal hê nie.
  80. Oumens
    2010/05/04 05:03:51 nm
    Ja ons lewer almal kommentaar maar almal wat kommentaar lewer hoeveel groen koring is op die land by jul werwe? Die saak het 2 kante en die spreekwoord "it takes two to tango" is waaragtig baie waar. Hulle is altwee so skuldig soos môre heeldag en die jare vorentoe. Jammer 'n onskuldige kind moet ly daaronder omdat hulle 2 nie hulle self kon beheer nie. Ek is self 'n vrou en wil nie vir Jurie verontskuldig nie, maar Sharon hoekom het jy jouself so blootgestel en dit wil my lyk Huisgenoot het die storie alweer na net 1 kant toe om beoordeel want sies tog die arme vrou.
    Ek ken nie 1 van julle 2 nie ,maar mag jul die sakie terwille van die kind baie gou uitpraat en oplos.
    Na soveel slegte goed gesê is van hulle 2, wil ek jul nie teleurstel nie, maar ek dink nie 'n huwelik sal meer die oplossing wees nie, want hierdie goedjies krap maar vorentoe in die jare wat kom behalwe as jul mekaar kan belowe dat jul nie weer ou koeie uit die sloot uit sal grawe nie want die ou koeie het 'n soort maak om dan kalwers te kry wat baie sleg is vir die huwelik. Klaar gepreek ek wil net sê sterkte vorentoe en vir die pelle wat hulself pelle of dan vriende noem , hou jul neuse uit ander mense se sake want die skade word al groter.
  81. Celeste
    2010/05/04 04:41:39 nm
    Ek is gladnie geskok oor wat ek gelees het nie, want ongelukkig was ek ook een van Jurie se "prooie"! Hy kom voor as die mees perfekste man ooit, hy doen alles reg, se die regte goed en dra jou op sy hande, ek was mal oor Jurie! Toe GELUKKIG het ek uitgevind hy het 'n meisie (al 6 maande), ek het haar gebel en vertel van my en Jurie, ons altwee het hom gelos, en ja gelukkig het ons van mekaar uitgevind, hoeveel ander is daar net nie nog nie!! Jurie het gladnie 'n gewete nie, hy doen nes hy lus kry en breek meisies se harte waar hy kom. Hy het net nadat ons uit is aan Boer soek 'n vrou deelgeneem, ek wens ek kon al daai tyd almal waarsku teen hom, maar hoe doen mens dit as hy so perfek voorkom?? Gelukkig draai die wiel, en hy het... Ja ek stem saam dat Sharon ook 'n fout begaan het om nou in die situasie te wees, maar ek ken vir Jurie al te goed!! Hy het altyd 'n kondoom by hom, tog seker nou nie hierdie keer nie en tog is dit nie altyd 100% waarborg nie. Jurie ek is baie bly die waarheid het uitgekom, almal sien nou wie en wat jy waarlik is!! Gelukkig is ek nou gelukkig getroud en my man het my baie lief al het ek hom daai tyd (toe my kerel) vir jou gelos!! Ek hoop die res van jou aanhangels kan ook oop kom met wie en wat jy is!
  82. Jeffreysbaai
    2010/05/04 04:35:50 nm
    Jurie en Sharon. Word wakker. Waar was jul kondome. Te lui om voorbehoedmiddels te gebruik maar nie te lui om in die bed te klim en genot te kry nie. Siesa, aggenee, Jul waardestelsel stink. Ma en Pa het jul seker geleer om eers te trou en dan in die bed te spring. Dis die kindjie wat gaan lei, nie julle nie. Ek sal regtig niemand in die oe kan kyk as ek julle is nie. Skuldgevoelens gaan vir jul vir die res van jul lewe opeet en jul sal lewenslank met die onregverdigheid teenoor die kindjie sit.
    Jeffreysbaai
  83. ELNA
    2010/05/04 12:48:08 nm
    DAAR HET JY DIT...
    SEX VOOR DIE HUWELIK, EN OP DIE OU END N ONSKULDIGE KLEIN KINDJIE WAT DAARONDER LY!!! JULLE IS ALBEI EWE SKULDIG!! NOG NOOIT VAN VOORBEHOED MIDDELS GEHOOR NIE?
  84. cynthia
    2010/05/04 11:05:59
    ek verstaan nou nie so mooi nie, sy was meer as gewillig om haar bene oop te maak. Dit vat mos twee mense om die ding te doen, hoekom word net die man sleg gese, ek vra maar net, dit maak nie sin nie. hoekom word sy as 'n engeltjie voorgehou?
  85. Nicolette
    2010/05/04 09:59:36
    Sies Lena. Wie's jy en al die ander om te oordeel. Watse geraamtes is daar nie in jou kas nie. So moenie oordeel nie.
  86. Francis
    2010/05/04 09:37:22
    Hi Jurie ek dink persoonllik jy is 'n gemene vark. In die Bybel staan jy mag nie oordeel nie maar ek sal vergewe word vir wat ek kwytraak want dit wat jy gedoen het is gladnie toelaatbaar nie. Toevallig het ek jou ook in Bloemfontein raakgesien en sommer daar 'n gly in jou gevang. Jy is niks anders as gemors nie en jou dag sal kom. Party se dag neem langer as ander en net wanneer jy dink alles is vergete dan slaan dit toe. Ek hoop en vertrou dat Sharon se ouers jou dreun vir onderhoud en daardie kind se kostes want vermeteld is jy. Ek het ook 'n ander siening omtrent jou gehad maar jy is ook een van daai wat jou voordoen wat jy nie is nie. Jy het nogal daardie gawe. Ek hoop daai Bloemfontein seksie antie laat jou jou --- sien en dat die baba's jou so op 'n streep verras. Net nog 'n laaste as ek in Sharon se skoene gestaan het sou ek vir jou kind vertel het jy is dood en soos sy wyser en groter geword het die reine waarheid vertel het. MAG DIT GOED GAAN MET JOU OU VENT.
  87. NO NAME
    2010/05/04 07:47:55
    Sharon jy is 'n mooi mens, en daardie baba is 'n geskenk van God. Moenie dat 'n man (hy kan nie eintlik 'n man genoem word nie eerder 'n klein patetiese seuntjie) soos daardie laffard(vark) jou lewe verwoes nie.
  88. Annoniem
    2010/05/04 07:31:23
    Jurie.Klim nou bietjie agter Mamma en Pappa se vlerkies uit.Jy is n Groot seun en moet moes teen die tyd weet wat gebeur as jy wil saamslaap.Dis tipies van die jong mans van vandag.Hulle het geen rug graat en as dit nie vir mamma en pappa was nie dan het hulle niks bereik nie.Sharon ,some good advise! Move on you are a lovely Lady and i am sure you wont have to wait long before someone sweeps you of your feet.Remember your baby will grow up and Jurie will have to answer his questions.Be strong ,Remember the sun shines on You too.
  89. Christien
    2010/05/03 10:10:48 nm
    Knieëtjies teen mekaar dan sal hierdie dinge nie gebeur nie.!!! Maar mense spog mos deesdae oor hul losbandigheid.
  90. Christine
    2010/05/03 07:17:46 nm
    Die artikel het my geweldig geskok. Daar is so baie kinderlose egpare wat enigiets sou gee om "die ding" te kon he. Jurie het gese hy weet hoe dit werk dis soos met skape........... Wel ek het groot nuus vir Jurie. Ons het siele en diere nie. Met bevrugting het daardie baba al 'n siel en is 'n mens. In teendeel se God dat hy on voor geboorte al ken. Wil ook nie te gelowig raak nie. Nee wat Jurie, dink jy moes eerder by 'n veiling ingeskryf het sodat hulle jou soos 'n skaap kon af veil aan die hoogste bid.
  91. Anoniem Pretoria
    2010/05/03 07:12:34 nm
    Ek hoop Sharon lees dit wat ek nou gaan skryf!!! Ek was in dieselfde posisie as gewees 8 jaar terug. Al versklil is dat die pa van my kind uit "plig" uit met my getrou het. Hy het nooit daarna sy streke laat vaar nie, inteendeel het dit net erger geraak! Uiteindelik is ek geskei en hy het ons pragtige dogtertjie afgeteken. Ek is weer getroud, het 'n wonderlike man en nog twee seuntjies. My man aanvaar my dogtertjie soos sy eie, en sy ken hom net ashaar pappa. Ek het haar al vertel dat sy 'n ander pappa ook het, maar sy is so gelukkig dat sy haar min daaraan steur. Darem sit ek en my gesin nie nou in 'n situasie waar sy naweke of vakansies moet weggaan na haar "ander" pa toe nie. En ons is 'n stabiele liefdevolle gesin! Laat hy haar sommer nou al afteken! Ek het ook alleen en deppressief gevoel, maar glo my iewers IS daar iemand wat als gaan beter maak vir julle! Vergeet van Jurie! Hy gaan nog baie spyt wees, dan is jy alankal gelukkig!
  92. Nella
    2010/05/03 05:38:29 nm
    Almal het nou al raad gegee en sleg gese ens... Jurie en als wat almal se is waar dink goed want jou ding hoort in jou broek dan sal "die ding" nie oor twee maande gebore geword het nie. Gaan lees jou Bybel seun! dit staan daar dat "wanneer 'n man en 'n vrou saam gekom het is hulle een." Jurie voor God is sy jou vrou en jy kan maar hardloop, jy het 'n kind of jy haar wil he of nie. Die laaste advies wat ek kan gee is, WORD GROOT EN AANVAAR JOU VERANTWOORDELIKHEID!! jy hoef nie te trou vir die wereld nie maar jy het 'n lewe verwek. Sterkte en ek bid vir julle want julle is 'n mooi paartjie.
  93. marina
    2010/05/03 04:17:15 nm
    Julle wat so oordeel. Los vir Sharon uit. Onthou sy was vir Jurie lief. Hy is die vark in die verhaal maar ek sal vir hom 'n brief gee spyt gaan hy kry en die woorde wat hy Sharon toegesnou het van "die Ding", hel ek is jammer vir hom want God laat nie so van 'n onskuldige skepsel wat Hy geskape het praat nie. Jou dag gaan bitter wees Jurie. Jy het nog tyd om reg te maak. Doen dit, dis nie te laat nie maar ek dink Sharon het haar respek vir jou verloor. Sharon, jy is pragtig en die trane wat jy nou stort gaan nog trane van vreugde word. Dankie Tiaan dat nie skaam is om te se dat jy Sharon se vriend is nie.
  94. Chantelle
    2010/05/03 03:52:22 nm
    ek dink jurie is n lafaard, hoe kan hy na n ongebore baba as n ding verwys, dit n gawe van die Here om n baba te kan he, jurie dink n bietjie aan die mense wat so graag n babatjie wil he en ni kan kry ni en nou gooi jy jo kind en meisie weg... jy is veronderstel om haar by te staan en saam haar gelukkig te wees..sharon die Here sal jou bystaan en jy sal aleen vir jou kind kan sorg, moeni jou daaroor bekommer nie.
  95. Mariette
    2010/05/03 03:27:02 nm
    Dit is waar dat mens moet wag tot jy getroud is voor mens intiem verkeer. Maar dit bygese, dis baie verkeerd van Jurie om nou van sy verantwoordelikheid "ontslae" te wil raak. 'n Kind is 'n geskenk van Bo en om te se dat sy van "die ding" moet ontslae raak, slaan my verstom! Soos die Engelse spreekwoord lui "It takes two to tango". Hoekom wil meeste mans net die "plesier" he en as dit "glipsie" onstaan, moet daar van "die ding" ontslae geraak word?!
  96. Kirsty
    2010/05/03 02:44:53 nm
    Dis maklik om kometaar te lewer en te sê dis Jurie of Sharon se skuld, maar dis nie julle lewens nie, Julle ken nie die omstandighede van die saak nie, wie is jy nou om van buite af oordeel te plaas? Plaas jouself in hulle skoene. Die wat in glas huise bly moenie klippe gooi nie. Ek verwag my tweede kind en ek nie getroud nie en boonop dit is ek n skrale 22 jaar oud, maar ek kan my kinders alles gee wat hul harte begeer....
  97. Elsa
    2010/05/03 02:38:06 nm
    Ons almal was jonk gewees, en almal van ons weet wat gebeur in die hitte van die vryery, jy dink nie aan al die dinge wat jy weet jy mag nie doen nie, jy doen net. Die meeste van ons het voor ons huwelik te ver gegaan en daarom kan ons nie 'n vinger wys na ander nie. Moenie oordeel nie dit mag jou ook oorkom, vir jou of jou kinders of kleinkinders.Dra hulle Jurie en Shanon op aan die Here dat hulle wysheid sal ontvang hoe om die ding te hanteer.
  98. Heilie
    2010/05/03 01:27:41 nm
    Ek dink julle moet jul neuse uit ander se sake uithou, ASSEBLIEF EN DANKIE. tog in die Bybel staan daar, jy mag nie oordeel nie. Gaan haal die balk uit jou eie oog voor jy 'n splinter uit 'n ander se oog haal.
  99. Sakkie
    2010/05/03 12:59:56 nm
    Sterkte aan julle 2. Gelukkig tel niemand wat hulle monde nou uitspoel se kommentaar enigsins nie.
    Dit is en bly julle "persoonlike lewe.
  100. Lena
    2010/05/03 12:52:25 nm
    Is vandag se meisies/vroue dan soos skêre vat aan hul ore en hul bene val oop. Wag jou beurt af of het jul vergeet van die huwelik??????
  101. Sagrys
    2010/05/03 12:47:59 nm
    Ja tipies !!!!! Dis nou maar een maal ons Afrikaners. Dis baie lekker om in die "SKINNER GENOOT " van ander se lewens of teenspoed te lees en ons of julle monde uit te spoel. As jy 'n oordeel wil vel ,kyk eers na jou eie huis(seker jy het ook iets wat jy nie graag aan die groot klok gehang wil he nie) Sterkte aan julle altwee.
  102. Jolla
    2010/05/03 11:27:46
    Help nie julle baklei en stry wie skuldig is nie,niemand sal in elk geval die waarheid weet nie behalwe onse God daar Bo.Daar is nou n babatjie oppad of Jurie en Shanon nou daarvan hou of nie,dis hulle vlees en bloedjie en daardie kindjie het nou n mamma en n pappa nodig.Daardie kindjie is nou amper hier in die wereld so hou op mekaar blameer oor wie nie kondome of voorbehoed middels gebruik het nie,want soos ek dit sien is altwee skuldig of julle dit nou wil weet of nie, hulle altwee is skuldig so hulle sal nou maar moet saam bid om n oplossing te kry, die mense wat vingers wys oor voor sex se huwelik onthou daar wys 3 terug na jou, jy was ook jonk en al het jou meisie of iets nie swanger geword nie, het julle julle self nog steeds skuldig gemaak aan dit.
  103. Yolandi
    2010/05/03 11:25:19
    Dit is regtig tragies dat sy deur alles alleen sal moet gaan. Ek myself is deur presies dieselfde en dit is `n baie harde paadtjie om te stap, al die mooi woorde van ek is lief vir jou en ons gaan trou en verewig saam wees was net een groot leuen wat ek elke dag moes gehooor het. Sharon wees trots op die dogtertjie wat gebore gaan word en al die pyn en hartseer wat jy gaan beleef , gaan getroos word met die volgende woorde van jou dogtertjie " mamma ek is so lief vir jou". Jurie sal baie spyt wees hy was nie betrokke nie en sy sal hom vir altyd verwyt vir hy aan die babatjie gedoen het en nooit van sy eie kind daardie woorde kan hoor nie. Ek hoop jy skaam jou Jurie!!!! Maar Jurie jy is nie al een wat dit doen nie, hopenlik ruk jy jouself reg en word betrokke by jou kind!
  104. naamloos
    2010/05/03 10:19:55
    sharon, ek is in die selfde bootjie as jy. my ex wou ook he ek moet vir 'n aborsie gaan maar ek het nie, toe betwis hy vaderskap so kan die lys aangaan. my pragtige engeltjie dogtertjie is nou reeds 5 weke oud en nou wil hy die wereld se beste pa wees... ek weet dis moeilik en emosioneel plaas dit baie streng op jou maar glo net in God.. als sal vir die beste uitwerk! hy verdien julle nie en jyt hom nie nodig om haar in die lewe te bring en lief te he nie.. hul is wonderwerkies van die Here en jy sal oor 2maande sien hoe anders is dit as sy eers in jou arms is. Baie geluk en baie sterkte.
  105. Marquerite
    2010/05/03 09:00:41
    Jurie, het jy lewensorenteering op skool gehad, wanneer n man en n vrou gemeenskap het en voorbehoudmidels word nie inag geneem nie dan vind bevrugting plaas en n baba word in die lewe gebring, Sharon n man is nie alles nie maar daardie wonderlike klein hulpelose mensie binne in jou is alles jou begin, middel punt en jou einde. mans raak bang wanneer hul verandwoordlikheid moet neem vir n ander persoon se lewe. hul is nie aan mekaar geplak soos vrouens met moeder instink nie, jy mag dalk nou seer wees dat jy so vernederd is deur die persoon wie jy jou hart gegee het maar, jy en baba sal oukay wees jy het familie en vriende wat vir jou lief is en ware liefde al jul altwee sal gee, wees sterk jy is n goeie mens
  106. Connie
    2010/05/03 07:56:30
    Sharon, raak van Jurie ontslae voordat die wonderwerkie gebore word. Maak seker dat hy haar nooit sal sien nie en glad nie deel van haar lewe is nie. Jy en jou familie is pragtige mense en dis al wat die wonderwerkie nodig het. Daar gaan n dag kom Jurie wat jy baie lang krokodil trane gaan huil oor jou stelling wat jy gemaak het. Jy is 'n vark en loop met 'n moordenaar se gedagtes rond!
  107. anoniem
    2010/05/03 07:39:38
    Die meisie wat so mooi storie gespin het in huisgenoot moes ook trou. Sys nou seker spyt ook en soek iets om haarself te laat beter voel. Hulle sê mos "Hartseer soek hartser". Maak eers hou eie probleme reg voor jy klipgooi Elsmari.
    Mense wat in glas huise bly moenie klipgooi nie. Ek wonder hoeveel van die mense wat hier tik het nie ook al gesweet oor of hulle swanger was nie. Dit is immers net n klomp vrouens wat hier goed tik. of miskien is almal n klomp kloosterkoeke wat nog nooit sex gehaad het en weet daar kan ongelukke gebeur nie.
  108. PENNY
    2010/05/02 06:00:16 nm
    Liza, jy slaan die spyker op sy kop. Mans het wragtig net een ding op die brein. As jy hulle brein sou oopsny, sal daar net seks, seks , seks en nogmaal seks uitpeul. Ek kry haar maar nogtans jammer. Mens kon mos van die begin af gesien het die ou is 'n helse chancer. Dit staan op sy gesig geskryf.
    Maar nou ja, ek moet ongelukkig sê dat Sharon ook maar moes voorsorg tref. It takes 2 to tango!!!!

  109. Annie
    2010/05/02 09:16:38
    Sharon en Jurie, onthou net wat jy saai sal jy maai. Daardie wonderlike klein geskenkie van
    Bo bly nie klein nie, sy word groot en dan sal julle moet verduidelik en wat se julle dan vir
    haar? Pappa wou nie... maar mamma wou, of anders om? Wat gaan sy van julle dink? Dan
    kan julle nie haar seer weg toor nie, ook nie julle s'n nie.
  110. Sjarmain
    2010/05/02 07:38:04
    Almal wil nou iets se,en daar buite is soveel ander elendes, kom ons as Suid Afrikaners vat liewer hande en bid dat God se wil geskied, Hy oordeel hulle glad nie, Hy weet al klaar wat Hy beplan vir daardie kosbare kind, gaan lees bietjie (PSALM 139. ) (Jer 29:11)Kom ons onthou bietjie dat Hy se met die oog wat julle oordeel sal julle geoordeel word. Hy en net Hy alleen kan ingryp en versoening bring. Jesus moes ons vergewe en se Hy dan nie ons moet 70X7 keer vergewe nie. Ek bid net God se volkome wil in altwee daardie kinders se lewens toe. His Plan, His Will and His Purpose. EK SELF HET NOG GROEN KORING OP DIE LANDE OOK 'N SEUN EN 'N DOGTER, so ek se net dankie, dat God se hand oor daardie twee is. Jurie en Sharon, Amen.
  111. Friedrich
    2010/05/02 02:39:25
    Ek hoop net dat Jurie en al sy meisies hulle laat toets vir MIV.
    As die aantygings in die artikel waar is, slaap hy rond en gebruik nie kondome nie. Sulke gedrag is lewensgevaarlik. Skynbaar is daar steeds mense wat dink dit gaan nie met hulle gebeur nie.
  112. Este
    2010/05/02 01:31:23
    'n Klein poplap is oppad en haar pappa en mamma wil niks met mekaar te doen he nie! Hoe tragies is dit nie! Ek glo die Here het 'n plan met alles!
  113. Rianilee
    2010/05/01 10:15:25 nm
    Ek is Sharon se niggie en ek waardeer die mooi woorde vir Sharon. Vir die res, dis maklik om kommentaar te lewer oor iets waarvan jy nie die besonderhede van die storie ken nie.
  114. Minette
    2010/05/01 08:47:35 nm
    Minette
    My hart pyn aan die gedagte dat Jurie sy kind misken en ook die vrou op wie hy tot sy ore toe op verlief was... ek is die trotse ma van 5 kinders ek is geskei van my oudste seun (wat binnekort skool klaarmaak) skaars 5 was en sy pa het hom gebruik om my te vermaak en my lewe loutere hel te maak want hy het geweet dat die kind my lewe was en is, finansieel en emsoioneel was hy nooit daar nie, maar met genoeg moederliefde, geloof en aandag en ondersteuning van woderlike vriende is hy vandag sy ma se trots en mal oor sy 4 sibbe, my man tans wou ook nie ons laaste lammetjie he nie, maar ek het volgehou en my gesonde pragtige kind is gebore, dit het 'n groot skeur tussen ons veroorsaak, ons is saam maar dit sal altyd oor ons koppe hang, maar is nog saam. Dus Sharon maak self jou kind groot en gee haar al die liefde en aandag wat so klein wonderwerkie moet he en gaan aan met jou lewe, eendag gaan Jurie so spyt wees oor wat hy gedoen en gese het en ongelukkig is dit gewoondlik te laat, en ja die boer soek 'n vrou is die grootste klomp snert wat daar kan wees, as jy nie op die mense se ouderdom iemand kan ontmoed nie moet jy weet daar is 'n GROOT skroef los, alle sterkte met jou pad vorentoe en geniet jou klein babadogtertjie...
  115. Michelle
    2010/05/01 08:30:48 nm
    Jurie .............. Hoe stel jy ons teleur. Die ou kleintjie het nie gevra om daar te wees nie, jy het wel geweet wat jy doen toe jy saam met Sharon geslaap het dit kom mos nie net van een persoon af nie. Ek is regtig baie teleur gesteld in jou. Sharon jy het nie so man in jou lewe nodig nie jy sal 'n goeie ma wees vir daai pragtige dogtertjie va jou,
  116. Jade Kerryn Pilbeam
    2010/05/01 04:47:58 nm
    Ok mense, soos Jolene se, daar is altyd twee kante. Ek ken ook vir Jurie persoonlik en hy is en was nog altyd n fantastiese man. Hy sal regdoen by die baba, want dit is hoe hy is. Hy was ordentlik groot gemaak en hy is altyd n gentleman. Ek en my familie staan 100% by Jurie. Mense maak voute, en nie een van julle moet dit vergeet nie, want volgende week sit huisgenoot jou skandes op die voorblad. Altwee van hulle get n glipsie gehad en dit gebuer, word julle almal nou groot. Jurie en Sharon se besigheid is hulle eie, dit het niks met julle uitewaai nie!! Los dit nou, lat hulle besluit wat om te doen en hoe om dit te doen, sonder om julle slegte woorde te hoor.
  117. Belinda
    2010/05/01 12:59:42 nm
    Wees 'n man Jurie.... Jy het 'n vrou gesoek.. Noudat jy een gekry het EN haar swanger gemaak het... nou wil jy seker wegstap.... Jy gaan kry wat jou toekom
  118. Amanda
    2010/05/01 08:39:03
    Sharon, as dit so gebeur dat julle uitmekaar sal gaan, wel, dit is steeds jou keuse, maar om jou baba te behou is seker die beste opsie. Met familie en vriende wat jou sal ondersteun sal jy op die einde van die dag nooit spyt wees nie en jy sal deur dit alles kom. Oor 15, 20 jaar sal jy bly wees. As jy vir baba sal laat aanneem, glo my, jy sal jou lewe lank verlang, in die skare na jou eie kind soek, haar verjaardag vier sonder haar, wonder of sy veilig is waar sy haarself bevind en jy sal nie vir een dag ophou om die Here te vra om jul albei te dra nie. Dit is iets wat jy vir jouself moet uitwerk, maar dit hou nooit op nie. Die moontlikheid is ook daar dat sy lou eendag sal vind en dit kan baie ander komplikasies inhou. Face alles liewer nou van die begin af en julle tweetjies sal daardeur kom. Glo my sy sal jou eendag kan begryp en julle sal saam 'n baie spesiale band hê wat jy nie sommer met jou ander kinders sal hê nie. Ek glo jy is 'n mens met goeie waardes, so wys daardie boer jy is nie bang nie. Ons vrouens is sterker as enige man.
  119. Meisie
    2010/05/01 07:52:45
    In die Bybel staan daar,"Jeremia 1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het,het Ek jou geken!
    Die baba is reeds 'n mens met 'n siel dit is nie 'n "ding" nie.

    Sharon in God se boek is daar nie "glipsies" nie almal is God se kinders.


  120. Karin
    2010/05/01 07:38:32
    SHARON wees BAIE BLY dat jy nou sy ware kleure sien. GLO MY jy gaan geluk en liefde vind sonder Jurie. Hy verdien nie 'n baba nie en jou baba verdien nie JURIE as PA nie. Dit is nou seer, ek weet maar binnekort gaan jy bly wees. Jy is jonk en pragtig - 'n kind is nie 'n skande nie - pas haar op en stel jouself BLOOT aan die iefde daarbuite. Dit wag vir julle. Sterkte
  121. Susan
    2010/05/01 12:16:22
    Nou ja, wat se mens oor so iets. Ek bly in die buiteland en het nooit eers die reeks gesien nie, maar waar sit mense se koppe deesdae. Hierdie sg "realiteit reekse" is nie regtig die realiteit nie, en as die kameras en aandag eers weg is, bly net die "regte" realiteit oor...

    Jurie klink na skuim. Sharon sit met die baba, letterlik.
  122. Jojo
    2010/04/30 10:07:11 nm
    Ek wil net se almal gaan hulle se he! God weet die waarheid!!! Ek ken Jurie en Sharon! Ek weet vir 'n fiet dat hulle niks met die storie te doen he nie en dat hulle altwee nie wou praat nie! It takes two to tango Jolene en hulle was altwee bewus van die gevolg van seks en is nie kinders nie! Hulle is altwee ewe skuldig! Jolene Sharon het nooit een sleg woord van Jurie gepraat nie! Wil een dinge weet wat vrou gaan nou 'n dinge beplan en 'n man betrap sonder om op 'n medies te wees, kinders is nie goedkoop nie!!! Houop om net Jurie te kante te vat, want altwee is baie skuldig!!!!
  123. Chris
    2010/04/30 08:19:50 nm
    Jurie, Sharon: jul het die grootste geskenk in die lewe gekry wag tot jul daai glimlaggie sien!!! Maak vrede met mekaar en bly vriende want daai bondeltjie vreegde het God aan jul albei gegee, al trou jul nie wees vriende en geniet die kleinding saam as jy tyd kry om saam te wees. Laat mense maar klippe gooi solank die een wat volmaak is net die 1ste klip gooi...
  124. Dalene
    2010/04/30 08:03:49 nm
    Baie sterkte aan Jurie en Sharon asook hul families. Vir die toekomstige baba en die ouma's en oupa's se onthalwe hoop ek dat Jurie en Sharon die probleme (privaat) tussen hul kan uitsorteer, al bly hul nie 'n paar nie. Dink wat die beste is vir die baba en tree daarvolgens op. Enige regdenkende ma en pa wil die beste vir hul kind he. Dit beteken ook dat ma en pa mekaar nie swart smeer nie, al voel hul ook watter haat teenoor mekaar. Ordentlike mense kan enige saak op 'n ordentlike manier uitsorteer.
  125. Truia Grimsell
    2010/04/30 04:49:08 nm
    So tipies!!!!! Ek stem saam met Alta om hom 'n drag slae te gee, want hy is so "macho" siestog. Gedink dis lekker om met grootmens goed te speel? En toe die ergste gebeur wil hy daarvan onslae raak. Maar al te dikwels word die vrou as die swak een gebrandmerk, terwyl die man van een blom na 'n ander spring, en sy verantwoordelikheid dan probeer vryspring, en al sy maats dink hy is die hero!!!! Pieter en Christo..... mooi so se hom!!!!As ek verkeerd is oor jou houding dan vra ek onverskoning.
  126. jolene
    2010/04/30 04:38:11 nm
    het iemand al daaraan gedink? miskien het sy vir hom gelieg dat sy op die pil was en die hele ding beplan het. Ek lees in die huisgenoot dat sy op antibiotika was. Sy moes mos dan geweet het dis gevaarlik en pil miskien nie gan werk en n kondoom aanbeveel het. Elke vrou weet dit. Sy moes verseker ook.
  127. Huisgenoot
    2010/04/30 03:53:12 nm
    Huisgenoot het wel voor die artikel gepubliseer is, vir Jurie om kommentaar genader - hy was deeglik bewus van die inhoud en aard van die bewerings. Hy is vir kommentaar genader en gevra om sy kant van die saak te stel, maar hy het verkies om dit nie te doen nie. Die inhoud van die artikel is bevestig deur verskeie bronne na aan Sharon en Jurie.
  128. estelle
    2010/04/30 03:38:45 nm
    Jurie jy moet besef dat daardie babatjie al is sy nog nie in die lewe nie weet en ervaar sy wat jy van haar dink net sy kan aan verwerping lei sy voel elke emosie en hoor elke woord wat daar gespreek word word wakker en ruk jou self reg jy is die pa jy moet eintlik haar hart beskerm nou doen jy dit

  129. Drienie Nortje
    2010/04/30 02:54:02 nm
    Ek dink ons moet eers Jurie se kant ook hoor voor ons oordeel. "n Saak het altyd twee kante. Hoe se die spreek woord . "It takes two to tango" Wonder hoegaan dit met Tikkie en Selma Louise?
  130. Alta
    2010/04/30 02:52:31 nm
    My oupa sê altyd, hou jou goed uit gate dan bly jou jis uit goed. As Jurie nie 'n kind wou hê nie, moes hy seker gemaak het dat hy beskerm is. Hoekom moet dit altyd die vrou se plig wees enn hoekom kon hy nie sy drange in bedwang hou nie? Wat hy wil hê Sharon moet doen, is sonde. Dis so goed soos moord. Sharon is beter af sonder hom want ek dink nie sy het die krag om 2 kinders groot te maak nie. Kinders menende Jurie en 'n baba. As ek sy ma was, en hy kan verdomp bly wees ek is nie, het ek hom 'n drag slae gegee wat klein seuntjies soos hy verdien. Jurie, moenie 'nn misstap met 'n sonde probeer uitwis nie. Ek dink Jurie moet grootword en bykom!!!!!
  131. Anoniem
    2010/04/30 02:18:27 nm
    Sharon word groot en sommer vir Jurie ook. (Grow up) want julle het geweet, altwee is ewe skuldig. Verwerk dit en gaan voort met die lewe. Ander opsie laat die kindjie aan neem dan is dit nie 'n meul steen om jou of Jurie se nek nie. Julle is albei onvolwasse.
  132. Rousseau
    2010/04/30 02:13:28 nm
    Jy weet my meisie en haar ma het so paar maande terug hier in Bloemfontein gestap en toe sien hul vir Jurie en daardie ander donkerkop slet wat by Pieter die wynboer geprobeer het in Boer soek 'n vrou 2. Ek wou hul glad nie glo nie en het gesê hy sal dit nie doen nie, maar noudat ek die storie lees glo ek dit was hy.........Jurie jou lae luis!!!! Ek het geniune gedink jy is 'n nice ou, maar duidelik nie. As jy nie meer saam haar wil wees nie is dit seker fine....maar in die lewe doen net die regte ding en sorg vir daardie kind en wees lief vir die kind!!!!!!!Die kind het nie gevra om te kom nie....En daardie storie dat 'n vrou aspris swanger is sommer a bol @$&
  133. Anzel
    2010/04/30 02:12:03 nm
    Ek stem 100% saam met Roelien!!!
  134. Nisa
    2010/04/30 01:44:57 nm
    Ek wil net vir al hierdie voorbeeldige tannies se hulle maak of ons jong meisies van vandag n klomp straat vrouens is omdat ons perongeluk swanger raak buite die huwelik,maar 70% van julle het ook swanger geraak buite die huwelik en dit toe probeer toe smeer om so gou moontlik te trou so julle is niks beter as ons nie. As twee mense regtig lief is vir mekaar dan gebeur daar maar ongelukig sulke goed en dit is nie altyd sleg nie!!!
  135. ESTEE
    2010/04/30 01:25:01 nm
    DIT IS UITERS SWAK VAN JOU JURIE !!!!!!!KOM BY!!!!!!!!!!! SAHRON - GOD SEEN JOU EN JOU BABA!!!!!!!!!!!!!
  136. Christo
    2010/04/30 01:02:46 nm
    Jurie jou varknek!
  137. jolene
    2010/04/30 01:02:09 nm
    Die ergste ding hier is is dat die ding met 1000de ander mense gedeur daagliks en nou net omdat huisgenoot nou n kaans sien om geld uit die mense se probleem te maak is dit nou nuus.

    Julle almal ken iemand met wie dit gebeur het en niemand sê niks oor dit nie. Kyk na die ander celebs in die land julle weet van wie ek praat. Dit kon met enige iemand gebeur het. Ek ken vir Jurie persoonlik en hy het al lankal met Sharon gepraat oor onderhoud en wat gaan gebeur.

    Huisgenoot het net n klomp sensasie nou weer gesoek. Hoekom het sharon se vriend die artiekel in die huisgenoot gesit en nie sy self nie. Is daar n versteekte agenda? Probeer iemand nie net moeilikheid stook nie? Dink bietjie vir julself mense en moenie als glo wat julle lees nie.
  138. trudy
    2010/04/30 12:46:10 nm
    dalk was hulle altwee besope gewees,toe hul nou nugter dink sien hulle,wat ons gesaai het het ons nou gemaai,maak die baba groot,en leer haar om nie rond te kafoefel nie,want sien wat kom as mens so als op die proef stel.
  139. Michelle
    2010/04/30 12:40:58 nm
    Waardes wat het daarvan geword??? Niemand mag klippe gooi nie, eerder hulle sterkte toe wens en glo dat tog op die ou end sal uitwerk vir hulle. STERKTE!!!!!
  140. Ansie
    2010/04/30 12:38:43 nm
    Frederick... hoe oud is jy? Net 'n man wat saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het sal so iets kwytraak!!!! Die vrou se verantwoordelikheid??? Eerlikwaar!
  141. Carine
    2010/04/30 12:38:20 nm
    Om 'n kind wat jy self verwek het 'n "ding" te noem is laer as slakslym. Vat jou pad Sharon, so 'n man is nie troumateriaal nie, ook nie pa-materiaal nie. Hoe dink jy gaan hy oor 20-30jr reageer? Vat vlakte vrou, so gou soos nou!
  142. Step
    2010/04/30 12:31:53 nm
    @Roelien, jong jy oordeel kras. Daar is nie altyd net spierwit of pikswart nie, al is jy n Christen. Jy het n verhouding met God, bespreek jou probleme met Hom, verduidelik vir Hom, Hy sal hopelik verstaan. Maar as jy n Christen is, is dit n saak tussen jou en Hom, en niemand anders kan jou oordeel nie
  143. ELSJE PAXTON
    2010/04/30 12:25:37 nm
    Al wat dit weereens bewys soos my pa sou se "Hoekom die koei melk as jy sommer die melk by die bottel kan kry" Dames moet jul nie so maklik vir die manne gee nie en mans wees manne neem jou meisie uit vir fliek gee haar 'n lekker sappige soen los die liefde maak tot jy haar verdien het en sy met jou trou.
  144. Lee
    2010/04/30 12:20:31 nm
    oooo... la la, ma die mense raak vies vir die arme ou man, jy weet, it takes two to tango, sy was simpel genoeg om haarself nie te beskerm (as sy wou) en hy was dom genoeg om te glo sy is heeltemal beskerm, niks is 100% veilig nie, gee die man tyd, as hy werklik lief is vir haar sal hul dit kan uitwerk, hy hoef nie deel te wees van haar lewe om deel te wees van sy kind sinne nie... en glo my sy het ni 'n man nodig om 'n kind groot te maak nie, as sy twee kinders wou gehaad het, het sy 'n tweeling gehad?
  145. Malie
    2010/04/30 12:18:32 nm
    Kyk net hoe teleurgesteld is ek in die oulike man!? Ons moenie klippe gooi nie, maar ai . . .
  146. Dorothy
    2010/04/30 12:14:43 nm
    Hoe rugraatloos kan mens kry!!!! En wat het geword van veilige seks, julle is nie twee matriek skool kinders nie verdomp man. Ek hoop Jurrie sal tenminste onderhoud betaal
  147. pieter
    2010/04/30 12:14:41 nm
    Elke hond kry sy dag
  148. Roelien
    2010/04/30 12:13:24 nm
    Hoekom voorhuwelikse seks!? Volg die riglyne in die enigste wetboek,nl Die Bybel,en daar sal geen ongelukkige of "ongewenste" dinge met jou gebeur nie. Maar deesdae bly almal saam omdat almal dit doen. D.w.s as almal in die vuur spring,spring jy maar agterna nê? Geen simpatie met een van jul twee nie.
  149. Frederick
    2010/04/30 12:12:53 nm
    Liza... miskien is dit nie Jurie wat mans n slegte naam gee nie, maar 99.9% van vrouens wat veralgemeen en verslaaf is aan twak praat. Elmarie... ek stem saam met jou. Aangesien sy die vrou is, is dit haar verantwoordelikheid om te sorg vir die voorbehoedmiddels. Dankie dat jy dit uitgewys het. Goeie punt Jolene... dalk het sy daai broodjie in die oond beplan.
  150. Nina
    2010/04/30 12:00:03 nm
    Ek stem 100 % saam met Jolene! 'n Storie het altyd 2 kante! Dink nie mens moet oordeel tot jy nie beide kante gehoor het nie.
    Hoe sê hulle nou weer van eers ’n myl in ’n ander se skoene stap?
  151. Eish
    2010/04/30 11:58:18
    Dis nou nice.... mense hoor net 1 kant van die storie en dan soos voorbeeldige Christene oordeel hulle sommer.... maak mens sommer positief!!! Daar is 3 "mense" wat weet wat die waarheid is, God, Sharon en Jurie... wat het geword van sterkte julle, dit kan nie maklik wees nie maar ons sal vir julle bid dat God met julle sal wees deur hierdie moeilikke tyd!!!! Was dit nou so moeilik?????
  152. Nadia
    2010/04/30 11:56:34
    Ek dink daar is 3 kante van 'n storie, hare, syne en die waarheid. Maar om 'n swanger vrou van jou kind te los en dan jou eie vlees en bloed 'n "ding" te noem is verskriklik en hy sal gestraf word. Sterkte Sharon, ons ma's kan dit alleen doen !!
  153. Irene
    2010/04/30 11:49:41
    Julle, dink asseblief aan daai kindjie wat nie gevra het om hier te wees nie. Jurie, jy moet 'n man begin word en besef dat jy nou 'n Pappa is wat liefde, aandag en tyd aan daardie mensie moet afstaan.Sterkte vir julle al drie.
  154. nicky
    2010/04/30 11:47:04
    onthou net - die baba her nie gevra on hier te wees nie - dit is jylle albei se skuld -
    nou is dit tyd on verantwoordelik te wees - en dit is vir julle albei.
  155. riana
    2010/04/30 11:46:06
    Niemand moet nou klippe gooi nie. Een ding is die twee moesnie saam in 'n bed gespring het nie. En die bybel word gese dit is sonde en hulle gaan doen dit nou is dit 'n arme kind se lewe wat geneem moet word omdat haar pa en ma hulle nie kon inhou nie. Daar is genoeg goed op die mark hy kon besluit het om iets te gebruik dit is nie altyd die vrou se skuld nie altwee is ewe skuldig
  156. Tina
    2010/04/30 11:40:28
    Jurie en Sharon, albei is skuldig, want beide is volwasse mense en nie tieners nie. Liefde is nie seks nie, waarom verwar jul liefde met seks. Mag dit ook n voorbeeld vir ons jong seuns en dogters wees dat God verwag van jul om rein en heilig te lewe. Ons kan slegs vir jul bid dat God jul kan leiding gee, dit help nie nou om klippe te gooi nie, ongelukkig is dit so dat die meeste jong mense vandag liefde en aandag soek, maar soos ons ook weet op die verkeerde manier. Bely voor God jul oortreding en vra sy leiding en net Hy sal vir jul op die pad vorentoe kan dra.
  157. essie
    2010/04/30 11:40:02
    Ja ou jurie as sex by die voordeur in loop, loop die ware liefde by die agterdeur uit jy maak'n fout om so te opte tree onthou jy word nie jonger nie en dit is spesial gebeurtenis tussen julle twee en sy sal altyd deel wees van jou.
  158. Patricia
    2010/04/30 11:35:46
    Ai Jurie!!!! Ja ek sien dat mense vies is vir Sharon "oor die ouste truuk in die boek" Juis daarom dink ek Jurie 'n groter "swaap" is. As mense dan so bedag is op die truuk, hoekom dan nie voorsorg getref nie. Ons weet almal waar kom baba's vandaan, en as dit nie iets in sy toekoms was nie, hoekom onverantwoordelik wees? Ons het 'n familielid wat nou na amper 30 jaar sy biologiese pa ontmoet het, en dit het hul familie so verwoes! Selfs sy eie huwelik het in die slag gebly. Wat van al die die ander kindertjies in die saak wat nou hul pa kwyt is? Komaan mense, sien hierdie dinge vir wat dit is, dis verwoes mense lewens, nie net jou eie nie. As jy dan moet voor huwelikse seks he, gebruik dan ten minste voorsorg.
  159. Jolene
    2010/04/30 11:34:27
    Ek ken vir jurie persoonlik en weet presies wat aangaan. Daar is n baie ander storie as wat sharon en haar vriende vertel het. 3 kwart van die artiekel is snert. Vra eerder vir hom ook wat sy kant van die storie is en maak dan julle komentaar. Ek sou ook nie gelukkig gewees het met hoe sharon en haar vriende my vriend se naam beswadder nie. Dis belaglik, agteraf en agterbaks. Dit laat my al meer dink sy het dit regtig beplan om swanger te raak net om hom te hou en te spite. Ek is sy vriendin en sal 100% agter hom staan.
  160. Lizette
    2010/04/30 11:34:25
    Ag nee Jurie, sies man. Wys jou net, die Boer soek 'n vrou, trek almal wat issues het, dis gin wonder hulle kan nie vrouens/mans kry en moet inskryf vir so 'n reeks, en dan gee hulle nog voor ook. Om darem 'n baba 'n ding te noem, skaam jou! 'n Saak het twee kante, heeltemal reg, maar Jurie het presies geweet wat hy doen, hy is mos mooi groot en mens het keuses in die lewe! Jurie is maar net nog 'n joller as jy my vra. Sharon, maak jou baba alleen groot, jy het nie so 'n man in jou lewe nodig. Sterkte vir jou Sharon!
  161. Alida
    2010/04/30 11:33:06
    Sharon, jo baba is 'n blessing & dit is nie die einde vd wereld nie. Ek maak 'n 2ling so alleen groot. Die Heer sal jou nooit meer gee as wat Hy weet jy kan "handle" nie.
    Jurie, jy't mos geweet waar babas vandaan kom. Dis nie NET vrouens se plig om te "sorg" dat ons nie swanger word nie.
    Die Liewe Heer besluit wanneer watter kindjie gemaak & gebore word.
  162. Jakes
    2010/04/30 11:23:01
    ek stem saam met jolene, daar altyd twee kante van 'n saak... en hoekom kry die mans altyd die skuld (ek ook 'n vrou!), solank as wat vrouens gewillig is en nie hul knieë teen mekaar kan hou nie, sal 'n man nie nee sê nie. ja hy moet verantwoordelikheid vat vir die kind, dit beteken nie hy hoef met haar te trou nie...
  163. jolene
    2010/04/30 10:38:40
    Onthou net 1 ding. Daar is altyd 2 kante van n storie. Wie het al jurie se komentaar gevra oor die storie. Miskien het hy die reg om kwaad te wees. Miskien het sy hom gevang met die oudste triek wat ons vrouens ken en aspris swanger geraak om hom te probeer hou.
  164. liza
    2010/04/30 09:20:24
    tipies man het grkey wat hy wou gehad en nou is Sharon nie meer goed genoeg nie 99.9% van alle mans is seks verslaaf en dan moet die vrou die spits afbyt Sharon moenie oor hom treur nie hy is dit nie werd nie dis mans soos hy wat die paar goeie mans wat nog daar oor is n slegte naam gee .Ondervinding het my geleer dat sekere mans soos Jurie Van Zyl net belangstel in wat n vrou se besittings SIES JURIE ONTHOU NET GOD SLAAP NIE JOU DAG SAL KOM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  165. Louise
    2010/04/30 08:11:09
    Eintlik is jy 'n vark! As jy nie kinders wou hê nie moes jy Sharon gesê het voordat jy simpel liefdeswoordjies valslik in haar oor gefluister het. Haar pa moet jou bykom met 'n sweep man!
  166. Jo
    2010/04/30 07:02:19
    Jy, Jurie, moes liewer alleen gebly het, ek dink jy is by swak verby, hoe vermetel van jou om n God geskape mens n "ding" te noem!!!! Jy het om die verkeerde redes in Sharon belang gestel en met jou houding sal geen vrou jou wil he nie, STERKTE Sharon, God seen jou en jou baba.
  167. Elmarie
    2010/04/29 08:32:59 nm
    Jurie ek dink jy is 'n lafhard om vir Sharon te los nadat julle twee saam die baba gemaak het. As jy nie 'n baba wou gehad het nie moes jy daaraan gedink het om 'n kondoom te dra, maar nou ja dit is mos altyd die vrou se plig om vir voorbehoedmiddels te sorg!!! DIT IS UITERS SWAK VAN JOU JURIE!!! KOM BY!!!