Angus was op rand van dood

E-pos
Print

Met ’n Goddelike wonderwerk het hom verlede jaar met sy ineenstorting by die Mighty Men-saamtrek
gered, glo Angus Buchan.

En nou, in sy nuwe boek, Grootword – die Pad na Geestelike Volwassenheid, vertel ’n paramedikus die prediker was inderdaad op die rand van die dood weens ’n hartaanval.

Hier is 'n kort uitreksel:
Daar kom ’n tyd in ons elkeen se lewe dat ons die waarheid moet erken, dat ons moet besef ons sal nie vir ewig hier wees nie, en dat ons, terwyl ons hier is, iets betekenisvols met ons lewe moet doen. Ek sê vir God dankie vir die onrus,
die loutering en die beproewing waardeur ek ’n ruk gelede moes gaan, want dit het my laat grootword.

Ses jaar gelede het God my geroep om al my optredes en evangelisasie-uitreike te kanselleer en net daarop te fokus om ’n mentor vir jong mans te wees.

Hy het vir my gewys dat daar in hierdie tyd so min geestelike vaders onder hierdie volk, en in werklikheid in die wêreld, is.

In daardie jaar, 2004, het ek die eerste konferensie vir mans gehou. Daar het 240 mans opgedaag, wat vir ons ’n enorme wonderwerk was. Die konferensie van 2009 was die grootste byeenkoms waar ek al ooit opgetree het. ’n Week vooraf het ek elke dag my kos en my Bybel geneem, in my motor geklim en letterlik in ’n woud gaan skuil.

Lees meer oor Angus se merkwaardige verhaal in die Huisgenoot van 27 Mei 2010

Angus op Facebook - KLIEK HIER



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (54)


  1. ek glo
    2011/10/11 02:21:59 nm
    Geen wonder ons land is in die toestand wat dit is nie want so baie van ons glo nie.Dit maak nou vir my nie saak wie preek of die mense die WOORD VAN GODbesig is om te leer nie laat dit toe en hou op asseblief tog om so te twis en te bevraagteken ons het sulke mense bitter nodig. Al wil ons nou daaraan dink of nie, maar ons almal gaan een of ander tyd die aarde verlaat en wat gaan ons vir die HERE se wanneer ons eendag voor hom staan, want daardie dag gaan voorwaar vir ons almal aanbreek. Ek ken nou nie baie van Oom Angus nie, maar ek se vir hom dankie vir dit wat hy die HERE toelaat om deur hom te doen, en ek glo die HERE het hom gespaar omdat hier nog veel te doene is dis veseker. Ons land is vol soveel ongelowiges, en dis baie hartseer.
  2. Dankbaar vir Jesus
    2010/05/26 01:51:52 nm
    Geen wonder die land lyk so nie, kyk hoe afgunstig is die Afrikaners, geen son oor 'n ander laat skyn nie. Oom Angus het al so baie mans laat bekeer. Dis wonderlik. Ons kan net bid vir al die pessimiste, Here vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle se nie! Amen
  3. Marico
    2010/05/25 04:29:07 nm
    Weet julle ek is mal oor oom Angus. Ek kan nie verstaan hoekom mense so lelik na hom kyk nie. Mense wil uitmaak asof dit n kult is of die van ons wat baie van oom Angus hou hom aanbid. Ag aseblief ek dien die GOD van Abraham Isak en Jakob in gees en in waarheid en juis daarom is ek so lief vir die man. Een van my helde in die BYBEL was David, maar jussie hy het lelike goed aangevang, maar vandag nog praat ons met lof van David, Moses, Paulus en soveel ander. Ek kan nie help om te dink dat as een van hierdie ouens u mmc moes gehou het en 400 000+ mans soontoe sou gaan het of mense die selfde kritiek sou gehad het nie.Ek wil graag vir die van julle wat so lelik krities teen die gesalfde van GOD oom Angus praat waarsku dat die Bybel (GOD se woord) se dieselfde mate wat jy mee meet sal jy gemeet word. Asseblief met groot liefde pasop wat jy se, want jy beweeg op baie gevaarlike terrein.
  4. Louise
    2010/05/25 11:57:47
    Sjoe......as ek julle is SAL ek versigtig wees WAT ek se.......Angus is 'n leier wat God daar geplaas het om duisende mans te lei om te WEES wat Hy hulle gemaak het om te WEES. 'n Goeie man en 'n goeie pa wat vir sy vrou sorg. Nog nooit het ek gehoor dat daar gese word die vrou NIKS is nie.....God se in Sy woord "vrou wees onderdanig aan jou man maar man wees lief vir jou vrou soos Christus vir die kerk was" (nie presies ge-quote nie) Mans verval in pornografie en buite-egtlike verhoudings en vergeet van die beloftes wat hulle in 'n kerk (maak nie saak watse denominasie nie) voor GOD gemaak het. Oom Angus herinner hulle WAAROOR dit werklik gaan. Lees Faith Like Potatoes dan sal julle almal sien wie en wat oom Angus is.....'n oorwinaar in God se oe....nog iets....Jesus se voorspelling kom waar te danke aan al die ongelowe en fariseers wat hom so oordeel....Jesus het gese dat ons SAL ter wille van Hom ook gekritiseer en gespot sal word. Kry skaam, baie skaam....julle doen juis dit wat Jesus gese het die wereld aan Sy kinders sal doen....
  5. cvw
    2010/05/24 01:08:44 nm
    as ek so na al die aanmerkings kyk wonder ek regtig of die mense nie eerde vir angus aanbid nie in plaas van hulle Here, ek het ook verskeie berugte gelees van mans wat sonder kos daar was en nie tente gehad het om in te slaap nie, nou wonder mens net.

    Hoekom is jy sleg as jy nie vir angus aanbid nie, dit laat my wonder wat is 'n regte christen is?
    Mense se sulke lelike goed vir jou as jy nie deel wil wees van hulle "groep: nie, is dit dan nou regte christenne sjoe ek weet darem nie.
  6. Roos
    2010/05/24 12:10:05 nm
    Sjoe as as ek so lees kan ek verstaan hoekom ons land in so toestand is.... Waar het mense so haatdraend, ongelowig en sinies geword?

    Aan al die witgepleisterde grafte wat so graag vinger wys na ander.... Niemand is perfek en sonder sonde nie. Nie eers Oom Angus nie, maar weet julle wat? Ten minste DOEN hy iets! Hy staan nie net langs 'n braaivleis vuur bierblik in die hand en kla nie. Nee hy gaan op sy kniee en hy bid tot HOM wat tot alles in staat is. so miskien moet ons almal ophou om altyd soos aasvoels te sit en wag vir ander om te fouteer en liewers op ons eie sondes konsentreer...
  7. JC
    2010/05/24 09:37:04
    Vir die wat nie daar was nie.....julle verstaan nie die man nie, hy preek nie dat God jou als gaan gee wat jy wil he nie, hy preek uit dankbaarheid vir wat God vir hom gedoen het.

    Anchus het ook baie skade in sy lewe gely, maar hy preek nie die negatiewe nie, hy spits hom toe op die positiewe en wys dan die wereld hoe dankbaar hy is en dat ons ook moet dankbaar moet wees vir die goeie.

    Die van julle met die negatiewe houdings teenoor julle medemens moet net weet dat die negatiewetiet julle stadig sal opvreet, hul verhoudings en huwelike sal verwoes en jou in vrees sal laat lewe.

    Gaan ui en spreek lewe oor alles, wees positief en dank God.
  8. Selfstandig
    2010/05/24 09:32:07
    Hierdie ou is 'n grap wat mal is daaroor om in die nuus te wees. MMC is net 'n geld maak storie, maar as dit jou beter laat slaap in die aand, go for it. Lyk my die MMC fans glo as jy nie van Angus hou nie gaan jy nie hemel toe nie? Wie is Angus - God?!!!
  9. jacques
    2010/05/24 08:57:28
    Die pessimiste sal altyd by ons wees. Arm van gees!
  10. Paul
    2010/05/24 08:33:55
    Oom Angus, sonder die Here sou jy dit nie kon doen nie. Aan die Here aal die eer vir mense soos jy Oom Angus-- ek laaik dit,, dit ''rattle'' die mense se "cages" - ha ha ha!!!! Wag maar tot julle by die dood omdraai en besef , "my lewe is nie reg nie" dan praat ons maar weer.
  11. Mark
    2010/05/23 06:42:40 nm
    Ek dank ons Hemelse Vader vir die herlewing wat plaasvind in ons land. Ek is bly daar is ware dienaars soos oom Angus wat heilige samekomste reël. Ons dien 'n magtige God, Skepper van Hemel en Aarde en ek het self gesien hoe ons gebede verhoor word toe ons vir 'n mede gelowige, naamlik oom Angus, laas jaar gebid het. Dankie Vader dat U hom gespaar het, hy is 'n getroue dienskneg.
  12. Your Flyness
    2010/05/23 05:51:02 nm
    Wel, ek hou niks van Angus nie! En veral nie waarvoor hy staan nie...dat die vrou die mindere en die man die baas! Nonsies met dit!!! Mans is nie verhewe bo vrouens nie!
  13. Rina
    2010/05/23 01:59:58 nm
    Aan julle almal, wat julle monde vol het oor Oom Angus Buchan. God gee aan almal almal wat hulle toekom. En hoekom sal HY nie vir Oom Angus dit moontlik maak om geld te maak nie. Oom Angus ploeg alles weer terug om God se Woord te versprei. Hy is n nederige boodskapper van God, daarom gaan dit goed met hom. Mia ek is jammer vir jou, dit is duidelik dat jy nie n man het wat al by MMC was nie, My man en seun was daar, en prys die Here daarvoor. Hulle is verseker aangeraak deur Oom angus
  14. Hardus Ludick
    2010/05/23 01:35:07 nm
    Ag ou ekke! Jy klink soos Jack Parrow! 'Jy dink jys cooler as ekke!'
  15. Johan
    2010/05/23 12:52:31 nm
    Stem saam met EK OOK. Aanbid die ware God en hy alleen. Gaan die 400 000 (te betwyfel) mans in hul eie dorpe kerk toe. Ek dank die Vader dat my godsdiens nie afhang van 'n mens nie. Hy bid vir reen en dit reen. Hy stel hom altyd voorop. Die mense wat die predikante so kritiseer onthou hul is net die boodskappers van GOD se woord. Hoekom soek ons mense sulke dramas in hul godsdiens, Indien Angus so naby die dood was sou hy nie die volgende dag so springlewendig wees nie. Nee wat ons glo nie aan die drama opvoerings van hom nie maar eerder aan die ware GOD. Hy vang derduisende mans met sy geldmaak foefie en skryf dan kort kort boeke ook nog daaroor. Gelukkig is my godsdiens vir manne, vroue en kinders.
  16. riaan
    2010/05/23 12:27:58 nm
    Ai ons mensdom is maar sukkelend, Angus het 'n sukjsesvolle plaas opgegee om een keer 'n jaar mense daarop te laat kamp. Teen next-to-nothing nogal in ooreenstemming met die hoeveelheid geld wat spandeer moet word om "authorities" toe te laat om soveel mense toe te laat.
    En as mense Angus wil aanbid is dit nie sy skuld nie. Enige een wat luister na die man sal besef hoeveel klem hy daarop sit dat hy net God se boodskapper is en dat niks deur hom kom nie.
    As ons minder mense soos ekke(s) en paulvs gehad het wat net kritiseer sou die land en sy mense nie gewees het waar ons is nie.
  17. Leonard
    2010/05/23 11:59:57
    AS A MAN IS, SO HE SEES.
  18. Johan
    2010/05/23 08:47:04
    Die geldkwessie mmmm. Angus maak niks uit MMC nie.Die meeste geld gaan aan die boere wat hul lande se oeste opoffer sodat mense daarop kan kampeer.Die res aan Itickets en logistiek.Angus bly nog in sy oorspronklike huisie wat sy werkers hom help bou het.Hy ry 'n ou bakkie en lewe glad nie 'flashy' nie.

    Voor jy 'n oordeel oor hom vel, gaan besoek sy plaas en kyk wat gaan regtig daar aan.Die oubaas is nie vals soos beweer word nie.
  19. Vaalseun
    2010/05/23 08:05:50
    Kan 'n paramedikus werklik 'n hartaanval akkuraat diagnoseer? Wat was die mediese spesialiste se diagnose - die het ons nooit gehoor nie? Die ou was bietjie moeg en het doodgewoon "collapse" van al die opwinding. Hy en Marrietta Theunissen (Aan die anderkant) hoort op dieselfde verhoog.
  20. Johan X
    2010/05/23 07:53:00
    Sulke ligsinnige reaksies op 'n mens wat jy nie eers ken nie.... En verseker het jy of die mense wat jy liefhet nog nie by die dood omgedraai nie... Jy vat die mag van oordeel uit God se had uit...om wat mee te maak???

    Die skatte van die aarde kan een siel nie koop nie. Dis rykdom, dis om te versamel skatte in die Hemel. Die dinge soos geld wat jou pla, het geen waarde in die siening van Jesus Christus nie. Wie het die guts om God se stem in die hart van Angus te bevraagteken????

    Daar is twee soorte mense...die wat glo, en die wat nie glo nie...Besluit self waar jy is. Terloops...moet tog net nie AMPER glo, of AMPER nie glo nie...

    Prys die Here vir die werk wat Angus doen....God se seen is op hom en almal wat hom bystaan!!!!!!\
    Dankie Amanda en Stefani...

    Vrede...
  21. NotAFan
    2010/05/23 07:51:01
    Stem saam met Realis. Bog storie man. Buchan is, en was van die begin af 'n scam.
  22. ai ai
    2010/05/23 07:31:15
    As Oom Angus wou geld maak was/is daar baaaaaaaie makliker maniere wat Hy teen die tyd sou gebruik het om dit baaaaaaaaaaaie beter te doen. Hys nie uit om geld te maak nie. Prys die Here vir hom wat gebruik word om SA terug op die regte pad te kry.
  23. Jan Swart
    2010/05/23 07:18:05
    Oom Angus (weet nie of jy dit sal lees nie, dis mos Sondag. Lees jy op Sondae? Toemaar, dalk lees jy dit darem Maandag...): ek verstaan nie. Ek sou dink jy sou GRAAG hemel toe wou gaan. Begin die lewe (volgens gelowiges) dan nie eers na die dood nie? Is dit uit pligsbesef dat jy eerder wou bly? Is daar nog werk vir jou om op die aarde te volbring? Het die stem in jou kop so gesê? Dis darem 'n edele gebaar! Dit bring 'n knop in my keel (wag, ek sluk gou die vomeersel af). Faith like potatoes? Can I have mine mashed, please?
  24. Jock Naidoo
    2010/05/23 12:18:46
    Verbeel ek my of is die misdaad, moord en doodslag in SA ERGER vandat Angus op sy seepbox gespring het?

    GF.A !
  25. Annamien
    2010/05/22 10:42:03 nm
    Wat 'n groot en heerlike voorreg is dit vir ons as nietige en sondige mense om God te Loof. Laat ons almal saam die Here loof: Loof Hom, Prys Hom, Loof en Prys Hom, Hy is groot, en Hy is goed oor die hele aarde, en aan Sy liefde is daar geen einde nie.
  26. Catharina Jordaan
    2010/05/22 09:06:41 nm
    Oom Angus die Here het jou gekies om vir Hom te werk, dus sal oom beloon word vir die werke wat oom hier op die aarde vir Onse Vader doen.
  27. ThysH
    2010/05/22 08:01:23 nm
    En Huisgenoot val jou wragtag vir die selle ou storie wat Angus laasjaar verkondig het oor sy "redding uit die kake van die dood"! Dis 'n ou liegstorie hierdie - en dit is al in verskeie briewe in die media as sulke bewys.

    Feit is ou Angus het wel by daai saamtrek ineengestort nadat hy woes gepreek het. Hy is toe na sy naburige huis geneem en het daar glo drie uur lank op die grasperk bly le in plaas daarvan om met 'n ambulans na die hospitaal op Vryheid geneem te word wat sowat 'n halfuur se ry daarvandaan is. 'n Helikopter het hom so net na twee die middag opgelaai net nadat die spul Angusgangers (daar was glo 200 000) weer na middagete saamgetrek het en toe in massa vir Angus gebid het net toe hy met die helikopter oor die biddende koolkoppe vlieg. En siedaar, hy word wonderbaarlik genees!

    Twak man! Hoekom is hy nie dadelik hospitaal toe geneem as hy so dodelik siek was nie? Hoekom is hy nie suurstof en ander medikasie toegedien nie? Hoekom het die doktors, volgens koerantberigte destyds, verklaar dat hy net aan uitputting gely het - maar nou word die deskundige kennis van 'n "paramedikus" gebruik om te beweer dat hy by die dood omgedraai het.

    Maar die groot vraag is: Hoekom is dit vir Angus en sy trawante nodig om so te lieg? As jy moet lieg en verdraai om jou saak te bewys het jy mos nie 'n saak nie.

    En die tweede groot vraag is: Hoe kan gewoonlik intelligente mense vir hierdie ou se foefies val? Seker net bygelowiges en liggelowiges.

  28. U1
    2010/05/22 07:06:45 nm
    Dis nou te sê as hy rerig iets makeer het.......................
  29. Broodprofeet
    2010/05/22 05:02:38 nm
    Aai tog . . . eers kry ek 'n SMS wat sê dat Angus het 'n BEROERTE gehad . . . toe word dit 'n HART-AANVAL . . .Volgens 'n mediese dokter het Angus NIE enige van die twee gehad nie . . . Nou word daar deur 'n paramedikus beweer dat dit was 'n hartaanval . . . EISCH !
    Dit klink net soos die NUWE SUID-AFRIKA. . . . WAT IS DIE WAARHEID ? Angus self het ook al sy storie twee keer verander . . lyk my hy weet self nie lekker wat aangaan nie . . .
    Sy boeke is ook maar flou . . . hulle is almal "quick-fix" en "pleistertjie-op-plak-boeke". Daar is geen in diepte "wond-oop-krap" pitkos in nie.
    Ek sien ook GEEN HERLEWING nie. Al wat deesdae herleef is STAKINGS, MOORD, HUWELIKKE wat opbreek, GEESTELIKKE verval ens.
    ANGUS, jou "laat-mense-goed-voel" Godsdiens werk nie vir my nie. Die Bybel waarsku ons teen sulke predikers:
    2Tim 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
    2Tim 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

    ANGUS is 'n regte BROODPROFEET...hy vertel/leer/profeteer dit wat jy graag wil hoor en dan "melk" hy jou vir geld.
    Miga 3:11 . . . . sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
  30. RudolphB
    2010/05/22 11:37:47
    Elke keer wanneer daar iets soos 'n Godelike Wonderwerk gebeur soos wanneer 400 000 mans bymekaar kom om ons Hemelse Vader te aanbid, moet daar mense wees wat fout vind met die mens wat dit gereel kry - dat jaloesie die oorhand moet kry is, het ek nie antwoord vor nie.Wanneer gaan ons as Suid Afrikaaners ophou om die mense, wat die Here gebruik, te kritiseer en die doel raaksien agter dit als. Geen mens is perfek nie, maar steeds gebruik die Here hom. Wie is ons om te oordeel?!

    Ons is besig om onself te versmoor in ons eie selfregverdiging. Skaam julle. Kom by Jesus uit.
  31. martin
    2010/05/22 11:03:46
    Angus was by die brandende bos. Predikante was by Stellenbosch. Daar is 'n groot verkil. Efese 4:11
  32. Japie
    2010/05/22 10:48:47
    Julle weet mos boerdery is soos hoerdery dit is verkeerd maar jy gaan aan daarmee..En daarvoor het jy baie geld nodig .veral as jy aartappels plant.
  33. Dame
    2010/05/22 10:37:30
    Dit is net die ongelowiges wat sulke lelike aanmerkings maak, E skaam my vir julle. Hy probeer ons land en omstandighede te vebeter deur te glo in die Here. As ek julle is, skaam ek my morsdood. Julle gaan seker ook kerk to op 'n Sondag. Lees julle nie die bybel nie? Jesus het dan mense uit die dood opgewek. Hy het dan self uit die dood opgestaan? Waar is julle geloor. Gaan alles vir julle oor geld. Almal moet ;n bestaan maak. Hy verdien sy salaris deur die Here se naam te verkondig. Presies was 'n dominee doen, Geen wonder ons land is in sulke chaos nie. Dit is omdat daar sulke mense hier bly. Werk aan jouself en verbeter jou geloof, dalk sal jy die mooi goedjies ook in Oom Angus kan sien. Ek hoop die Here maak julle harte oop en haal die onheilighede uit.
  34. Tos Prins
    2010/05/22 09:21:49
    Haai Daar Amanda Breytenbach, AS Oom Angus soveel mense wou/kon help! Hoekom het hy nooit my oproepe en emails geantwoord nie. My seun in Bloemfontein het dringend geestelike hulp nodig om weer perspektief te kan kry oor hoe 'n WARE Christen lyk.My seun is 'n troue ondersteuner van Oom Angus.
  35. Tos Prins
    2010/05/22 09:18:51
    Ek het na Angus se plek gebel en hulp gevra, my seun is 'n troue ondersteuner van Angus, maar sy lewe in Bloemfontein, spreek nie van wat hy behoort om te wil wees as hy so 'n troue ondersteuner van Angus is nie. My opinie is dat my seun gegaan het om aansien te verwerf.Hoe kan hy Angus aanbid maar sy biologiese ma die verag hy , kry interdikte teen haar vir sy eie geldgierigheid omdat sy weduwee ma nie meer het om vir hom te kan gee nie, en sy leef van aalmoese van ander, net sodat sy kinders kon erf.Ek het vir Angus emails gestuur, gebel ens. vir hulp nodeloos om te sê geen reaksie.Hy , my seun en sy vrou het my uitgemergel, my en sy pa uitgeroei finansieel, nou dat hy bo aan die leer staan , sy pa dood is, hy sy pa gehelp het om my te onterf, sy kinders te laat erf nou vier sy hebsug hooggety en hardloop hy soos 'n skoothondjie agter Angus aan om te Wat?????????
  36. Oupa Gert
    2010/05/22 08:36:12
    Aan @ekke en @maja, net dit. As julle nie daar was in 2009 nie, het julle net mooi niks te sê nie. Angus is bloot die spreekbuis van God. Persoonlik maak hy die minimum geld uit die MMC saamtrekke of selfs die stadion byeenkomste. Persoonlik dink ek dat alle gesprekke oor geld, getalle en Angus se siekte nou gestaak behoort te word. Soos Angus sê, "'n Christen kan nie terug kyk nie, kyk vorentoe na die koms van Jesus" AMEN, AMEN!
  37. Tom
    2010/05/22 08:32:01
    'n Mens kan duidelik sien uit die kommentaar wie was by die byeenkoms en wie nie. As mens jou boerdery vir 7 jaar opgee om die Here te dien, sal wonderwerke in jou lewe gebeur. Na die hartaanval het 'n Zoeloe paramedic getuig dat hy gesien het Angus sterf. 200000 mans het begin bid en toe die helikopter opstyg was hy al klaar gesond. Glo, en ook elkeen wat skree oor geld, sal gered word.
  38. Stef
    2010/05/22 07:43:30
    Ag asseblief! Ek het lanklaas sulke snert gelees. Hys 'n ou man en 'n ineenstorting is glan nie buitengewoon nie, ook nie hartkwale op die ouderdom nie. En dan het hy 'n paramedikus wat se dit was 'n wonderwerk! Wat weet 'n paramedikus presies van hartkwale. As dit 'n hartspesialis was sou ek miskien my ore spits maar 'n paramedikus! Angus maak soos David Copperfield en verdwyn!
  39. Bert
    2010/05/21 11:05:47 nm
    Ouens en dames, ons gaan almal eendag voor God staan oor wat ons gese en gedoen het. Ek is 'n mediese dokter met 'n hele paar jaar se ondervinding. My eie vrou is wonderbaarlik deur God genees en dit het 'n paar van my kollegas in effens ongemaklike posisies geplaas. Moet nooit dink daar is nie 'n God nie! As Hy my vrou kon teruggee, dink net hoeveel meer kan hy vir jou doen, as jy dit toelaat...
  40. Pieter van Wyk
    2010/05/21 10:00:32 nm
    Hierdie kommentaar is dalk mostert na die maal! Ek vertrou dat mense wat nie 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus het nie, dit dalk sal beproef en een keer in hul lewe sal smaak wat dit is om lig uit te straal en gedagtes vol liefde in hul hart te koester. Eintlik soek jul almal na iets meer as dit wat julle dink julle het of weet. Daar sal 'n dag kom dat julle spotters en jaloerse mense op jul tande sal kners en ween. Ek verwens niemand, maar ek kan amper nie glo dat witmense met hul hoee intellek so laag kan wees nie. Angus Buchan het die geskiedenis van SA vir ewig verander. 'n Man met "guts" om die satan en sy werke vierkantig aan te vat en duidelik te oorwin. Met gesondheid en dan ook finansiele seeninge van God, Ons Almagtige Vader. Ek wed julle bankrekeninge lyk nie naastenby soos Angus s'n nie en julle stres om te oorleef. Komaan, wat Angus al gedoen kan julle op verbeter. Wys ons of bly stil.
  41. AJ
    2010/05/21 09:40:42 nm
    Ekke, as jy wil oordeeloor jou medemens, kry ou feite reg. Spr 5:9 verwys na die LIEFDE vir geld en NIKS van die duiwel se oorkussing nie. Jy veroordeel gladnie van uit die bybel nie, maar vanaf satan.
  42. Gys
    2010/05/21 09:25:50 nm
    Ek het nog baie min met Angus te doen gehad en nog niks bygewoon nie. Van die kommentaar hierbo laat my egter net wonder: waar pas die tema van 'geldmaak' in? Waarom dit aanhaal? Ek maak my sommetjies en dink nie hy maak soveel geld nie. Probeer bietjie daardie soort saamtrek reël en kyk waar kom jou uitgawes uit. Maar al sou daar 'n stewige bruto wins wees, moet mens maar eers uitvra wat doen Shalom Ministries nog alles. En waaruit hulle veronderstel is om dit te finansier. Sommige kommentaar wys my op 'n soort onbetrokkenheid by die Here se werk wat jou dalk oningeligte dinge laat sê. Self sou ek beter voel as mense hulle geld op hul plaaslike gemeente, sendingwerk of kerklike ontwikkelingswerk spandeer as op sulke groot saamtrekke. Maar daar is ook 'n plek en tyd vir alles!
  43. Sallie
    2010/05/21 09:11:08 nm
    Amanda, mense kan met reg vra wat het Angus finansieel uit die saamtrekke gebaat. Maak eenvoudige sommetjies girl. 512 000 mense x R100 = R 51,200,000.00. Spandeer spandabelrig om die logistiek (water (R2M), toilette (R1M), krag (R.5M), luidsprekers (R1M), TV skerms (R5M), opruiming na die tyd, skoon maak, ens, ens, ens. (R10M) dan is jy nog nie by die helfte van die inkomste nie. Kyk in watse huise bly die Ray McCaulley's en wat ry hy! Jammer dat mense so meegvoer kan word en dit in die naam van die Skepper.
  44. Joy
    2010/05/21 05:44:21 nm
    Enige persoon wat vir Angus kritiseer moet maar eers gaan nadink of jy al naastenby gedoen wat die man gedoen het......Hetsy jy hom van geldgierigheid, of "amper dood" kritiseer......nie een van julle het al opgeoffer en mense so bedien en gegee soos die man van God nie......onthou dit!
  45. johan de klerk
    2010/05/21 05:12:10 nm
    Omdat ek meeste tyd in die buiteland is, was dit my nog nie beskore om een v\d MM-saamtrekke by te woon nie. Ek sou wat wou gee om te kon, want waar so baie mense saam dieselfde God, die enigste God, aanbid, moet daar wonderlike en geseende gevolge uit voortvloei. Die wat daarteen is, ons bly bid vir julle. Alle seen vir Angus toegebid.
  46. Stefani
    2010/05/21 03:13:22 nm
    Ek sien mense gun ander mense niks. Om predikant te wees is 'n beroep soos enige ander en predikante behoort behoorlike geld te verdien. Hulle het darem die beste Baas!
  47. REALIS
    2010/05/21 02:39:54 nm
    DIT IS NIE 'N GODDELLIKE WONDERWERK NIE. 'n Goddellike wonderwerk is slegs wanneer jy teen die natuur se wette kan slaag. Met ander woorde dit moet 'n onnattuurlike gebeurtenis wees. Baie mense was al "amper dood" en word weer "lewend" gemaak deur mond-to-mond asemhaling toe te pas.
  48. Amanda Breytenbach
    2010/05/21 01:59:20 nm
    Hi daar alle lesers en die "ekke" persoon. Angus mag soveel geld maak soos hy wil en dit keer niemand om siele na God te lei nie, veral as jy die kennis soos Oom Angus het wat enige iemand kan die regte antwoorde gee sodra hulle hom vra. Ek wens die mense wil ophou met die geld storie. Enige een wat die MMC al ooit bygewoon het, sal bevestig dit is nie vir die "Faint Harted" nie. Dit vat baie beplanning en fondse om so n MMC aan mekaar te slaan. So, "ekke" kry asb rus vir jou siel en los asb die geld situasie. Om vir 512 duisend mans plek voor te berei om op te slaap en toilette en storte en klank toerusting en TV screens en die 8 verdieping verhoog, aitsa so kan ek aan gaan en aangaan. Ons is God ewig dankbaar dat Oom Angus se lewe gered was by MMC 09'. Dit wys jou net wat 200 duisend mans in gebed kan doen. Die Here is groot en Almagtig! Amen. Hou so aan Angus! Ons kan nie wag vir die Sokker Stadions wat Oom Angus gaan open, in die Naam Van Jesus, na die sokker wereld bekker nie! Alle lof prys aan ons Koning in die Hoogst Hemele. Amanda en Johnny Breytenbach.
  49. Mia
    2010/05/21 01:33:17 nm
    Lewe die man nog??! Gedink hys lankal dood.....
  50. MMC Fan
    2010/05/21 01:13:19 nm
    Ekke of is dit "gekke" jy was seker nie by die MMC om te besef watse koste daarin is om 400000 mans te akkommodeer en die logistieke koste daaraan verbonde nie. Predikante word ook betaal of het jy dit ook nie geweet nie!. Vasbyt ou grote daar is plek vir jou ook in die hemel
  51. ek ook
    2010/05/21 01:05:40 nm
    Mense moet passop dat hulle nie vir Angus aanbid en die Ons Hemels Vader nie. Hy kan glo vra vir reer dan reen dit hy voer mense mee met sy saamtrekke dan is hy eendag amper dood en die volgende dag doen hy opstote op die verhoog of hy n jongman is Hy hrt nou so baie geld met al sy optredes gemaak hy kan maar gerus nou maar aftree en op sy plaas gaan rus.
  52. paulvs
    2010/05/21 12:57:19 nm
    Stem saam met maja, hoe kan mens amper dood wees. Sy "ineenstorting" was nie 'n gimmick, sodat die 250,000 dom mans nog meer geld vir die sekte leier kon gee. Hy maak darem baie geld met sy sirkusse jong...
  53. maja
    2010/05/21 10:57:47
    angus "amper dood"...? hoe kan mens amper dood wees, of mens is of mens is nie...
  54. ekke
    2010/05/21 10:48:07
    het hy nie genoeg geld gemaak by sy saam trekke nie, kan nie glo hy soek nog geld nie, geldgierigheid is die duiwel se oorkussing