Amor vra Joost glo om te loop

E-pos
Print

Die oud-Springbokkaptein Joost van der Westhuizen het glo uit sy en die sangeres Amor Vittone se huis in Dainfern Valley in Johannesburg getrek, berig Beeld.

Hy het Donderdag reeds by ’n sakekennis, mnr. Garry Hartslief, ingetrek, het ’n bron wat sowel die Van der Westhuizens as vir Harts­lief ken gisteraand aan Beeld gesê.

Nóg Van der Westhuizen nóg Hartslief het gisteraand by navraag die bewerings erken of ontken.

Lees die volledige aritkel, by Beeld.com

Huisgenoot artikels oor Joost en Amor:
- Joost en Amor: So seer, maar die die liefde seevier
- Wie soek Joost se bloed?
- Joost glo platsak



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (25)


  1. Evelyn black
    2011/07/22 11:26:20
    Al wat ons kan doen is bid vir julle en die kleintjies. Sterkte kyk op.
  2. Evelyn black
    2011/07/22 11:22:52
    Al wat ons kan doen is bid vir julle en die kleintjies. Sterkte kyk op.
  3. Maria nickel
    2011/04/22 08:45:28 nm
    Ai,ai wens almal wt so klippe gooi se geraamtes uit hul kaste val. Net jammer da is ni n program vir net platoniese mense ni. Glo my joost bly nou maar wow mt foute en al. Almal menslik. Sterkte vi jo josie.
  4. Dolla
    2011/04/13 11:36:13
    Hy het verkeerd gedoen maar wie is ons om klippe te gooi. Baie erger dinge kan met jou gebeur. So hou als vir jou self en ander mense uit, Hulle is groot genoeg om dit uit te baklei en daar is kinders betrokke.
  5. Dolla
    2011/04/13 11:35:40
    Hy het verkeerd gedoen maar wie is ons om klippe te gooi. Baie erger dinge kan met jou gebeur. So hou als vir jou self en ander mense uit, Hulle is groot genoeg om dit uit te baklei en daar is kinders betrokke.
  6. Simone Badenhorst
    2010/09/29 03:06:56 nm
    Die wiel het gedraai!!!
  7. Jean
    2010/08/27 07:12:39 nm
    Dis n sprokies verhaal wat tot n einde gekom het, as jy eenmaal n ronloper man het is dit finaal. Hulle doen dit oor en oor. Myne het dit twee keer gedoen, en ek is ook net so n aantreklike vrou, so ja, die gras is altyd groener aan die ander kant want daar is baie meer sh..t..
  8. Vicente
    2010/06/07 08:07:23
    Ek hoop Amor vind iemand wat haar opreg waardeer en as mens respekteer. Sy verdien dit deur en deur.
  9. Ann
    2010/06/04 10:20:27 nm
    Amor ek weet presies waardeur jy gaan. Ek wens net ek kan dieselfde besluit neem want jy het die lyn getrek en gese tot hiertoe en nie verder. Jy het styl en jy verdien nie om so verneder te word nie. Daar is lewe na Joost van der Westhuizen. Wanneer dit te laat is sal hy bittere berou he. Sterkte
  10. monica
    2010/06/04 07:00:37 nm
    Toe windgat Amor die Lottomeisie was het sy en Joost n ding begin en hy was daardie tyd nog n getroude man. Hy het sy pragtige vrou,dink haar naam was Marlene, met Amor en wie ookal verneuk en het dieselfde weer met Amor gedoen toe sy die nuwe mevrou geraak het. Maar sy het mos gedink so iets sal nie met haar gebeur nie,want sy is dan so verskriklik "mooi". Jy kan lyk soos Mej Wereld,as jou man n rondloper is wat hou van n verskeidenheid,dan SAL hy jou verneuk! Ek het nog nooit van Amor gehou nie,want sy is net eenvoudig te vol van haarself en dink sy is so verskriklik wonderlik. Sy steek ver af by vroue soos Patricia,Juanita en Lianie.
  11. TJ
    2010/05/28 01:56:56 nm
    Ja hoe sê hul, hy het eenkeer verneuk, en Amor was die minares, en nou ...
  12. Rina
    2010/05/26 04:57:15
    Ek het 'n vriendin wat na 23 jaar nog baie gelukkig getroud is en ek kon dit nie glo toe sy my vertel dat haar man haar verneuk het na hulle troue en uitgetrek het na die minnares en weet terug na haar en weer na nie ander vrou en weet terug. Ek wou weet hoe is dit moontlik dat sy so gelukkig is en haar simpel antwoord was dat sy hom vergewe het en hy dit nooit weer gedoen het nie. Sy noem dit nooit nie en dit is deel van die verlede. Ek weet dus dat daar hoop vir enige huwelik kan wees as daar opregte berou en vergifnis is. Die moeilike deel is om tot op daar die punt te kom. Ek dink hoe meer belangrik of bekend die persoon is hoe moeiliker is die prosses van berou en vergifnis. Kinders verdien dit dat die ouers hulle uiterste bes moet doen om hulle huwelik te probeer herstel. Mag ons ophou klippe gooi en elk een aan sy eie huwelik werk. Amor het van my 'n fan gemaak deur hoe sy die gemors hanteer in die publiek. Sy en Natasha Sutherland het klas en style. Julle het ongelukkig 'n bekende en gepubliseerde huwelik en dus is julle seer en vernedering in die openbare gallery. Sterkte
  13. Stefanie Compaan
    2010/05/24 10:19:49
    Ek is al self n' paar verneuk maar vandag is ek gelukkig want ek het wat baie lief is vir my en ek vir hom. So moenie opgee nie julle twee. Daar is n' vader daar bo wat nog gebede verhoor. In die bybel staan ons moet sewentig maal sewe keeer vergewe. Ek praat nie goed wat hy gedoen het nie. En die seer en vertroue wat n' mens verloor om weer dit als terug te kry is harde werk en geloof. Sterkte vir julle en bid vir julle en dink aan julle.
  14. Christa
    2010/05/22 05:59:45 nm
    My hart pyn vir hulle. Dis 'n baie harde ding hierdie. Wie se lewe is so skoon dat hulle 'n eerste klip kan gooi ? Vergifnis, vergifnis, vergifnis !!! asb
  15. Estie
    2010/05/20 07:17:56 nm
    Die oordeel kom nie een van ons toe nie... Mag ons Hemelse Vader hulle dra deur die tyd, en hulle albei die nodige wysheid en insig gee, om hulle probleme te hanteer. Mag God se wil in hulle lewens geskied.. aan Joost en Amor kan ek net baie sterkte toewens...
  16. Dolla
    2010/05/20 06:39:17 nm
    Niemand weet regtig hoe jy sal optree nie , tot dit met jou gebeur. Ek kies niemand se kant nie maar al wat my verbaas is dat dit Amor so lank gevat het
  17. Laurika
    2010/05/20 03:56:00 nm
    Ja, Carma is 'n b*tch, en daarom voel ek jammer vi Joost - want Carma gaan hom nog kry vir wat hy aan Amor EN hul kinders gedoen het. En nog 'n rede hoekom ek nie jammer voel vir hom nie. Toe die paw paw die waaier slaan, het hy als ontken, EN vertel hoe die man op die video "groter" as hy is en lekker gelag daaroor. M.A.W, hy het eintlik probeer spog met sy kastige groot manlikheid.
    Nee wat, hy's 'n lafaard, en Amor moet vir haar 'n regte man kry.
  18. Johan Stapelberg
    2010/05/20 03:21:41 nm
    Die wat hulself verlustig in ander se lot....onthou 'carma is a bitch'
  19. Tharina
    2010/05/20 03:07:33 nm
    "... in sickness and in health ..." ek dink dit geld vir tydelike 'afdwaal' en opregte berou ook. Byt vas, dit is deel van die huweliksbelofte, solank albei kante bereid is om oor te begin en weer te probeer. sterkte en gebede vir julle!
  20. Kriekie
    2010/05/20 01:46:59 nm
    Net Amor kan alleen daardie besluit neem. Ek dink dit maak dit vir haar net moeiliker omdat hulle steeds onder die pers en die volk se vergrootglas n normale lewer probeer lei. Daar kan vergifnis wees vir huweliksontrou, vra my, ek weet. Diè vergifnis kom slegs van Bo. Dit gebeur nie uit jou eie toedoen nie. Dit begin by GEBED en TYD. Amor, dit is nog nie te laat nie!!! Aan almal wat so WOLF skree om te skei: Egskeiding is nie speletjies nie en verwoes baie meer mense se lewens as wat ons besef. Sterkte, Amor (en Joost)!!!
  21. Henriette
    2010/05/20 12:12:24 nm
    Dis retig onregverdig, wat in hulle lewe aangaan het niks met ons te doen nie, los hulle in vrede. Ek hoop regtig hulle kan al die probleme oorkom dit sal goed wees hulle is 'n mooi paartjie en het baie mooi kindrs ook, Amor en Joost sterkte en hoop en bid als kom reg......
  22. Riana
    2010/05/20 11:36:12
    Dit is erg, maar hulle het dan probeer werk aan die huwelik. Wat het nou verkeerd geloop? Of is dit te veel inmengery vanalmal se kant af. Onthou julle het kinders Kyk na bo en vra hulp en genade En jaag die familie weg wat inmeng dit werk nie
  23. Laurika
    2010/05/20 10:17:24
    DIS OMTRENT TYD AMOR!!
  24. leatitia
    2010/05/20 10:16:17
    Ek sal se mens moet hul begin uit los,dink as dit een van ons was,hoe sou ons vrouens dit verwerk het!die van ons wat al deur so iets was of is,sal verstaan,net omdat hul bekend is?
  25. Riette Nortje
    2010/05/20 10:08:17
    Wat jy saai sal jy maai......

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.