Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Marinering: 60 min.

Gaarmaak: 30 min.

30 ml (2 e) olie

15 ml (1 e) koljandersaad, gerooster en fyngedruk

5 ml (1 t) vinkelsaad, fyngedruk

1 ui, in skywe gesny

2 cm vars gemmer, gerasper

3 knoffelhuisies, fyn gekap

15 ml (1 e) kerriepoeier

10 ml (2 t) borrie

60 ml (¼ k) koue water

80 ml (? k) asyn

45 ml (3 e) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

1 kg vark-ghoelasj, in blokkies gesny

6 baba-uie, geskil en gehalveer

12 droë appelkose

  1. Verhit die olie in ’n pan en voeg die droë saad by. Braai ’n paar sekondes en voeg dan die ui, gemmer, knoffel, kerriepoeier en borrie by.
  2. Braai die uie tot sag. Voeg die water, asyn en suiker by en laat kook die marinade sowat 3 min. Geur na smaak. Laat die marinade heeltemal afkoel.
  3. Sodra die marinade afgekoel het, gooi dit in ’n plastiekbak. Voeg die vark, baba-uie en appelkose by die marinade. Sit 1 uur in die koelkas.
  4. Steek die varkblokkies aan steekpenne en wissel dit af met stukke ui en appelkose.
  5. Plaas ’n groot pan oor matige hitte en sit die sosaties in. Braai 20 min. en draai die sosaties om terwyl dit gaar word.