Lewer 18 muffins

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

500 ml (2 k) koekmeel

250 ml (1 k) fyn amandels

10 ml (2 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

gerasperde skil van 1 suurlemoen

4 eiers

150 ml xylitol

375 ml (1½ k) Griekse of natuurlike jogurt

10 ml (2 t) vanieljegeursel

2 nektariens, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer 2 muffinpanne uit met papierkoppies en spuit met kossproei

  1. Meng die koekmeel, amandels, bakpoeier, koeksoda en suurlemoenskil.
  2. Klits die eiers, xylitol, jogurt en vanielje saam.
  3. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele, giet die jogurtmengsel in en roer tot net gemeng.
  4. Skep die muffinholtes tot twee derdes vol. Pak die nektarienskyfies bo-op en bak 15-20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Sit voor saam met ekstra Griekse jogurt.
Foto: Misha Jordaan