Lewer 1 groot koek

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 50-60 minute

KOEK

2 groot of 3 kleinerige lemoene

6 ekstragroot eiers

250 ml (1 k) strooisuiker

300 g fyn amandels

5 ml (1 t) bakpoeier

45 ml (3 e) mielieblom

STROOP

250 ml (1 k) vars lemoensap

60 ml (4 e) strooisuiker of heuning

1 vanieljepeul of 3 kardemomsade

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n 23 cm-losboompan en voer die bodem met bakpapier uit.

  1. KOEK Plaas die lemoene met skil en al in kookwater en kook tot goed sag. Dreineer, verwyder die pitte en kap baie fyn.
  2. Klits die eiers en strooisuiker saam tot lig.
  3. Meng die amandels, bakpoeier en mielieblom en vou om die beurt met die lemoene by die eiermengsel in.
  4. Skep in die pan en bak sowat 50-60 minute tot goudbruin en gaar.
  5. STROOP Kook die sap en suiker 10 minute saam met die speserye tot stroperig.
  6. Prik gaatjies in die koek wanneer dit uit die oond kom en giet die warm sous oor.
  7. Laat dit in die pan afkoel. Plaas op ’n dienbord. Sit voor met jogurt of mascarponekaas.