Genoeg vir 8-10 mense

Bereiding: 15 min

Gaarmaaktyd: 2 uur

VLEISSOUS

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

3 stele seldery, gekap

4 wortels, gerasper

300 g ekstramaer beesmaalvleis

2-3 blikke (410 g elk) heel geskilde tamaties

300 g spinasie, stele verwyder en blare fyn gekap

4 sakkies (60 g elk) tamatiepasta

30 ml (2 e) basilieblare, gekap

5 ml (1 t) vars marjolein of origanum

15-30 ml (1-2 e) suiker

sout en peper

125 ml (½ k) rooiwyn of hoenderaftreksel

WITSOUS

15 ml (1 e) laevet-margarien

60 ml (¼ k) koekmeel

500 ml (2 k) laevetmelk

knippie mosterdpoeier (opsioneel)

sout en peper

160 ml (1/3 k) gerasperde laevetkaas

PASTA

400 g spinasielasagnevelle

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.

  1. VLEISSOUS Verhit die olie en braai die uie, knoffel, seldery en wortels tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar, maar nie bruin nie. Roer met ’n vurk sodat daar geen klonte vleis is nie.
  2. Voeg die res van die bestanddele by, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 1-2 uur.
  3. WITSOUS Smelt die margarien en roer die meel by tot ’n gladde pasta vorm. Voeg die melk stadig by en roer deurentyd. Bring tot kookpunt en geur met die mosterd, sout en peper. Roer die helfte van die kaas by.
  4. PASTA Maak dit gaar volgens die aanwysings op die pak.
  5. Smeer ’n bietjie vleissous onderin die voorbereide bak. Pak ’n laag lasagnevelle boop. Herhaal die lae en eindig met lasagne. Giet die witsous oor en sprinkel die res van die kaas oor. Bak vir 20 minute. Sit voor met groenslaai of gebraaide groente.