LEWER 20

Bereiding: 20 min.

Bak: 45 min.

KOEK

160 g sukralose of xilitol

160 ml ( k) klapper of kanolaolie

4 eiers

150 g fyn klapper

150 g fyn amandels

10 ml (2 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

7 ml (1½ t) kaneel

5 ml (1 t) gemmer

400 g fyn gerasperde

wortel of beet

50 g gekapte pekanneute

125 ml (½ k) appelpuree

VERSIERSEL

230 g roomkaas, versoet met ’n knippie versoeter

mentblare gemeng met soutvlokkies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 6 holtes van ’n Bundt-pan.

  1. Klits die versoeter en olie saam, voeg die eiers een vir een by en klits goed.
  2. Meng die droë bestanddele by en vou die res van die bestanddele in. Maak die panholtes gelyk vol. Bak 45 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.
  3. Smeer die roomkaas oor en sprinkel die mentsout oor.