GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 30 min.

Gaarmaak: 40 min.

VLEISSOUS

45 ml (3 e) olie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

250 g spek, in stukkies gesny

750 g ekstramaer beesmaalvleis

65 g tamatiepasta

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 blik (410 g) tamatiepuree

100 g kersietamaties

15 ml (1 e) gekapte roosmaryn

sout en peper na smaak

45 ml (3 e) suiker

2 ml (½ t) paprika

125 ml (½ k) rooiwyn of vleisaftreksel

SPINASIE-KAASSOUS

1 pak (300 g) spinasie, verhit tot verwelk en fyn gekap

230 g roomkaas

230 g ricotta

125 ml (½ k) fyn gerasperde parmesaankaas

fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen

AFRONDING

3-4 eiervrugte, in die lengte in dun skywe gesny

olie vir oorsprinkel

375 ml (1½ k) mozzarellakaas, gerasper

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Smeer ’n oondbak wat ook in die vrieskas kan gaan; so nie, gebruik tinfoeliebakkies.
  2. Vleissous Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die spek by en braai. Voeg die maalvleis by en roer tot net gaar. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot geurig, sowat 10 min. Spinasie-kaassous Meng al die bestanddele.
  3. Afronding Pak eiervrug in ’n enkellaag in ’n oondpan, geur met sout en peper en sprinkel ’n bietjie olie oor. Oondbraai tot gaar.
  4. Skep ’n laag vleissous in die oondbak. Pak ’n laag eiervrug bo-op en skep ’n laag kaassous oor. Herhaal, eindig met die kaassous en sprinkel mozzarella oor. Bak 20 min. Koel af, bedek en vries.