Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

olie vir vlakbraai

4 hoenderborsies, in blokkies gesny

1 ui, gesny

250 g sampioene, gesny

3 wortels, gerasper

100 g broccoli

2 knoffelhuisies, gekap

5 ml (1 t) gemmer, gerasper

15 ml (1 e) brandrissie-en-knoffelsous

4 eiers

250 ml (1 k) gaar bruinrys

1. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte, voeg die hoender by en braai tot regdeur gaar. Hou eenkant.

2. Gooi die uie, sampioene en wortels in dieselfde pan en braai 2 minute. Voeg die broccoli, knoffel en gemmer by en braai nog 5 minute.

3. Meng die brandrissie-en-knoffelsous in ’n beker met 60 ml (¼ k) water en voeg dit by die groente. Meng die hoender in.

4. In ’n pan met olie, braai die eiers op hoë hitte tot amper gaar. Meng die rys deur en dan die hoendermengsel.