Jessica White van Grahamstad sê dit is die lekkerste en delikaatste bruintjies ("brownies") dié wat sy nog gemaak het

LEWER 16 VIERKANTE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

210 g 70-persentdonkersjokolade, in kleiner stukke gebreek

200 g ongesoute botter

4 groot eiers, geskei

200 g strooisuiker

350 g vars frambose

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n reghoekige koekpan van 27 x 17 cm.

  1. Smelt die sjokolade en botter 1 min. saam in ’n groot glasmengbak in die mikrogolf terwyl jy dit elke 30 sek. roer.
  2. Klits die eiergele met die helfte van die strooisuiker tot bleek en romerig.
  3. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die res van die suiker geleidelik by terwyl jy klits tot die mengsel glansend is.
  4. Vou die eiergeelmengsel by die sjokolademengsel in en dan die eierwitte.
  5. Giet die beslag in die bereide pan en bak 45-50 min. tot ’n toetspen skoon uitkom.
  6. Laat afkoel, sny in vierkante en sprinkel die frambose oor.