GENOEG VIR 4-6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

6 tamaties

12 strepiespekvleisrepe

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

250 g mozzarella, in stukke gesny

roketblare vir voorsit

avokado vir voorsit

BALSEMIEKE SOUS

250 ml (1 k) balsemieke asyn

80 ml suiker


Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Vou elke tamatie in spekvleis toe, bedruip met olyfolie en geur na smaak.
  2. Bak 15 min. of tot die tamaties oopgebars het en deurgaar is.
  3. Sit voor met stukke mozzarella, roketblare en avokado.
  4. BALSEMIEKE SOUS Gooi die asyn en suiker in ’n kastrol. Roer oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Verminder die hitte en laat prut 4 min. of tot die sous verdik het.

Foto: David Briers