GENOEG VIR 6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

500 g snoek, ontvel

125 ml (½ k) droë witwyn

1 lourierblaar

2 peperkorrels

SOUS

20 g (2 e) botter

30 ml (2 e) meel

250 ml (1 k) warm melk

sout en peper

BOLAAG

750 g blomkoolblomme

60 ml (4 e) room

60 ml (4 e) melk

60 g botter

sout en peper

Voorverhit die oond tot 180 oC.

  1. VIS: Posjeer die vis sagkens in die wyn met die lourierblaar en peperkorrels 5 minute of net gaar.

  2. Sif en hou 125 ml (½ k) kookvloeistof.

  3. Vlok die vis versigtig en verwyder die grate.

  4. SOUS: Smelt die botter in ’n kastrolletjie, klits die meel in tot glad en verwyder van die hitte. Klits die gesifte vloeistof en warm melk geleidelik in en kook tot verdik. Geur met sout en peper.

  5. BOLAAG: Kook die blomkool tot sag en dreineer. Voeg die room, melk en botter by. Verhit deur, plaas in ’n bak en maak die mengsel fyn. Geur met sout en peper.

  6. Vir afronding, meng die vis en sous en skep in ’n oondbak. Bedek met die fyn blomkool en bak 30 min. of tot goudbruin.

Foto: Jacques Stander