Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

Genoeg vir 4 mense

45 ml (3 e) olie

1 ui, in blokkies gesny

1 jalapeño- of 2 groen brandrissies, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyngemaal

400 g heel kersietamaties

1 elk groen, geel en rooi soetrissies, in skywe gesny

5 ml (1 t) kerriepoeier

400 g gemengde bone

sout en peper na smaak

4 visfilette (stokvis of geelstert)

  1. Gooi die olie in ’n pan en soteer die ui tot deurskynend. Voeg die brandrissie, knoffel en tamaties by en kook 2 min.
  2. Roer die soetrissies, kerriepoeier en bone in en kook 5 min. oor matig lae hitte. As dit droog is en aan die pan vaskleef, giet ’n bietjie water in om dit los te maak, en meng goed. Geur met sout en peper na smaak.
  3. Min. voor jy die gereg voorsit, maak vier openinge in die tamatiemengsel en sit die vis in. Bedek die pan en kook 8 min. oor lae hitte.

Foto: David Briers