Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 25 min

Gaarmaak: 25 min

800 g lams- of beesmaalvleis

2 eiers

’n hand vol vars koljander, gekap

15 ml (1 e) gemengde droë kruie

10 ml (2 t) fyn komyn

5 ml (1 t) strooisuiker

80 ml (1/3 k) balsemieke glasuur glaze

sout en peper

30 ml (2 e) olyfolie

4 knoffelhuisies, in dun skywe gesny

3 rooi brandrissies, gehalveer

15 ml (1 e) tamatiepasta

1 blik (400 g) tamatiepuree

500 ml (2 k) gerasperde mozzarellakaas

geroosterde groente vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Meng die maalvleis, eiers, koljander, droë kruie, komyn, suiker, balsemieke glasuur glaze, sout en peper in ’n bak. Maak seker die bestanddele is goed gemeng. Rol 2 eetlepels op ’n slag met nat hande in frikadelle.
  2. Verhit die helfte van die olie ’n groot braaipan oor hoë hitte. Braai die frikadelle in sarsies terwyl jy dit gereeld omdraai 5 minute of tot verbruin. Verplaas na ’n oondvaste bak en sit eenkant.
  3. Verhit die oorblywende olie in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die knoffel by en braai 1 minuut. Voeg die brandrissies, tamatiepasta, tamatiespuree, sout en peper by en roer tot gemeng. Bring tot kookpunt en laat prut 5 minute.
  4. Giet die sous oor die frikadelle in die bak en bedek met die kaas. Bak 10 minute of tot goudkleurig bo-op. Sit voor saam met die geroosterde groente.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander