LEWER 6-8 KROKETTE

Bereiding: 20 min.

Verkoeltyd: 30 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

10 Weense worsies, fyn gedruk

250 ml (1 k)

kapokaartappel

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

30 ml (2 e) fyn gekapte ui

sout en peper na smaak

1-2 ml (¼-½ t) paprika

1 eier, geklits

sowat 125 ml (½k) koekmeel

droë broodkrummels

olie vir diepvetbraai

  1. Meng die worsies, aartappel, pietersielie en ui. Geur met die sout, peper en paprika en voeg die eier by.
  2. Meng en voeg net genoeg koekmeel by om ’n stywe mengsel te vorm. Vorm die mengsel in silindervorminge worse van sowat 4 cm lank en 2 cm in deursnee.
  3. Rol in die broodkrummels en laat sowat 30 minute verkoel.
  4. Braai in die verhitte olie tot bruin buite om.
  5. Sit warm voor saam met skyfies suurlemoen.

Wenke

  • Tik enige soort vleis met kombuispapier droog voor jy dit in broodkrummels rol.
  • Braai altyd klein hoeveelhede op ’n slag en laat die olie toeomtussendeurweerwarmer te word.