Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 2 mense

300 g lendestuk, in skywe gesny

15 ml (1 e) meel

30 ml (2 e) botter

45 ml (3 e) rooiwyn

1 blik (440 g) matige en growwe pastasous

1 pypkaneel

5 ml (1 t) rissievlokkies

15 ml (1 t) blatjang

sout en peper na smaak

1 Franse minibrood vir opdiening

groen, geel en rooi soetrissies

Bestuif die vleis met meel en sit eenkant. Verhit die helfte van die botter in ’n kastrol tot gesmelt.

Voeg dan die gegeurde vleis by en soteer tot goed verbruin.

Voeg die orige botter by, gooi die wyn by en laat kook 2 minute.

Roer die pastasous, pypkaneel, rissievlokkies en blatjang in en laat prut 5 minute.

Geur met sout en peper en sit eenkant.

Sny sakkies in die Franse brood en stop dit met die vleis, sous en soetrissies op.

Volg Huisgenoot op Twitter.