Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Kook: 10 min. 

400 g skilferkorsdeeg, ontdooi maar koud

1 eier, geklits

verouderde cheddarkaas, gerasper

sout en rooipeper

FONDUE

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

10 ml (2 t) meel

250 ml (1 k) witwyn

2 ml (½ t) knoffelpoeier

sout en peper

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Rol die deeg een keer liggies en borsel met die eier. Plaas op bakplaat.
  3. Bestrooi mildelik met die kaas. Sny die deeg in lang repe en strooi die sout en rooipeper oor. Bak 10 min. of tot krakerig en goudbruin.
  4. Fondue Meng die kase in ’n groot bak met die meel en laat staan eenkant.
  5. Gooi die wyn in ’n pot en verhit oor matige hitte. Moet dit nie laat kook nie. Voeg die knoffelpoeier, sout en peper by en roer. Voeg ’n hand vol van die kaasmengsel by en roer tot die kaas gesmelt het. Hou aan om hande vol kaas by te voeg tot alles in die wyn gesmelt is. Skink in ’n fondue-pot.
  6. Sit die kaasstrooitjies saam met die kaas-fondue voor.

Deur Hope Malau