2 rooi-uie, gekap

45 ml (3 e) olie

8 varkworsies, gehalveer

BESLAG 250 ml (1 k) bruismeel

310 ml (1¼ k) melk

3 eiers

2 ml (½ t) droë tiemie

sout en peper

200 g spinasie, fyn gekap

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Voer agt holtes van ’n diep muffinpan met foelie uit.
  2. Braai die uie in verhitte olie tot sag. Voeg die worsies by en braai tot dit begin verkleur.
  3. Verdeel tussen die muffinholtes.
  4. Beslag Klits alles saam behalwe die spinasie. Geur met sout en peper en meng die spinasie by.
  5. Vul die muffinholtes daarmee en bak 15-20 minute.