2 blikkies tuna (187 g elk), gedreineer

100 g kropslaai, fyn gekap

12 ontpitte olywe, gekap

200 g fetakaas, gekrummel

swartpeper

’n rol filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Meng die tuna, slaai, olywe en feta en geur met peper.
  2. Sny die deeg in lang repe.
  3. Verf 2 repe met botter en plak op mekaar.
  4. Plaas ’n skeppie vulsel op die onderste punt, vou die punt oor en vou verder in ’n samoesa. Seël met botter.
  5. Herhaal tot die deeg en vulsel op is.
  6. Pak op ’n bakplaat en verkoel 10 minute.
  7. Bak die samoesas15 minute tot die filodeeg bros is.
  8. Sit voor met Griekse jogurt.