Genoeg vir 4 mense

sowat 8 snye brood van jou keuse

sowat 40 g sagte botter of margarien

125 ml (½ k) mayonnaise

2 blikke (175 g elk) tuna, gedreineer

1 klein ui, fyn gekap

2 agurkies, fyn gekap

hand vol pietersielie of vars dille, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

sowat 50 g mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 ºC.

  1. Rangskik die brood op ’n werkoppervlak en smeer aan albei kante met botter of margarien.
  2. Meng die mayonnaise, tuna, ui, agurkies, pietersielie, sout en peper en skep dit op die helfte van die gesmeerde brood.
  3. Sit kaas op die vulsel en druk liggies plat. Sit die ander helfte van die brood bo-op die kaas.
  4. Sit die broodjies op ’n bakplaat en bak sowat 10 minute of tot goudbruin en tot die kaas gesmelt is. Indien jy ’n toeklaprooster het, rooster die broodjies daarmee.
  5. Sit voor saam met slaaiblare.