Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 15 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

Staantyd: 1 uur

4 (sowat 500 g) ontbeende hoenderborsies

sout en vars gemaalde

swartpeper

60 ml (¼ k) meel

1 eier, geklits

750 ml (3 k) graanvlokkies, grof gemaal

olie vir vlakbraai

patatskywe en tamatiesous vir opdiening

  1. Sny elke hoenderborsie in 3-4 stukke en geur met sout en peper.
  2. Bedek die blokkies met meel en doop elke blokkie in die geklitste eier.
  3. Rol dit in die fyn graanvlokkies en laat die blokkies minstens 1 uur in die yskas rus. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoenderblokkies ’n paar minute tot goudbruin en gaar.
  4. Sit voor saam met gebakte patatskywe en tamatiesous.

VARIASIE

Vervang die graanvlokkies met droë broodkrummels. Koop dit klaar of maak jou eie: Pols ’n paar snye brood in die voedselverwerker tot growwe krummels vorm. Skep dit uit op ’n gesmeerde bak plaat en bak 10-15 minute by 160 °C tot droog en goudbruin. Roer die krummels tydens die baktyd deurmekaar. Haal uit en pols weer fyn in die voedselverwerker.