Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 10-15 minute

500 g baba-tamaties (gebruik ’n verskeidenheid kleure en vorms indien verkies)

16 knoffelhuisies, geskil

hand vol basilieblare

sout en vars gemaalde swartpeper

100 g mozzarellakaas, in dun skywe gesny

Sny 4 vierkante, elk 15 cm groot, uit bakpapier en foelie. Pak die foelie op ’n werkoppervlak en plaas ’n stukkie

bakpapier op elkeen.

Verdeel die tamaties, knoffelhuisies en basilieblare tussen die 4 pakkies, geur met sout en peper en stapel ’n paar lae kaasskywe op die tamaties.

Vou eerstens die bakpapier toe en daarna die foelie.

Braai die pakkies oor matige kole en gee vir elke persoon sy eie pakkie.

WENK: Waarsku jou gaste om versigtig oop te maak, die stoom kan baie warm wees.

Volg Huisgenoot op Twitter.