Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

250 g kersietamaties

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

1 brandrissie, gekap

2 rooi soetrissies

2 ml (½ t) paprika

sout en peper

500 ml (2 k) groenteaftreksel

’n hand vol gerasperde parmesaankaas

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Plaas die tamaties op ’n bakplaat, bedruip met olie en rooster 15 minute.
  3. Verwerk die geroosterde tamaties, ui, knoffel, brandrissie, rooi soetrissies, paprika, sout, peper, aftreksel en kaas in ’n verwerker tot glad.
  4. Verplaas na ’n pot en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut 10 minute. Geur met sout en peper indien nodig en sit voor.