• 6-8 hoendervlerkies
  • sout en vars gemaalde peper
  • 6-8 sosatiestokkies

MARINADE

125 ml (½ k) tamatiesous

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 klein rooi brandrissie, sade verwyder en gekap

30 ml (2 e) sagte bruinsuiker

10 ml (2 t) suurlemoensap

15 ml (1 e) worcestersous

15 ml (1 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Ryg een vlerkie op elke sosatiestokkie; die vlerkie moet versprei wees oor die hele stokkie. Geur met sout en peper.

MARINADE

  1. Meng al die bestanddele vir die marinade.
  2. Plaas die sosaties in ’n bak en gooi die marinade oor; maak seker dat elke vlerkie heeltemal met marinade bedek is. Marineer vir minstens 30 minute in die yskas.
  3. Plaas die gemarineerde vlerkies op ’n bakplaat en bak 15 minute of tot gaar.
  4. Sit voor saam met vars blare, fetakaas en tamaties.

Deur Esther Malan, Carmen Petersen en Bernice van der Merwe

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.