WORSIES

125 ml (½ k) polenta

125 ml (½ k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

sout

10 ml (2 t) strooisuiker

1 eier, geklits

125 ml (½ k) melk

4 frankfurters

olie vir diepvetbraai

DOOPSOUS

125 ml (½ k) Griekse jogurt

10 ml (2 t) mosterdpoeier

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

30 ml (2 e) mayonnaise

sout en peper

  1. WORSIES Meng die droë bestanddele en klits die eier en melk by.
  2. Halveer elke worsie en ryg op ’n sosatiestokkie.
  3. Rol die worsies in die beslag en braai in verhitte olie tot goudbruin.
  4. DOOPSOUS Meng die bestanddele en sit voor.