Genoeg vir 2-4 mense

600 g steak (dik gesny)

vars gemaalde swartpeper

30 ml worcestersous

40 ml olyfolie

sout na smaak

UIEMARMELADE

60 g botter

1 groot ui, in skywe gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

60 ml balsemieke asyn

60 ml sagte bruinsuiker

30 ml heelkorrelmosterd

BROODJIES

sowat 6 dik snye witbrood soos ciabatta

150 g brie-kaas, in skywe gesny

Marineer die steak met vars gemaalde swartpeper, worcestersous en olyfolie en laat staan ’n paar minute.

Verhit ’n riffelpan (of braai oor warm kole) en geur na smaak.

Braai sowat 3 minute aan albei kante en laat rus.

UIEMARMELADE

Verhit die botter en braai die ui oor matige hitte.

Geur met sout en peper.

Roer die balsemieke asyn, sagte bruinsuiker en heelkorrelmosterd by en laat prut sowat 30 minute oor lae hitte.

BROODJIES 

Rangskik die broodjies op ’n bakplaat, sny die steak in dun stukke en rangskik op die broodjies.

Pak die kaasskywe op die broodjies en sit dit onder die rooster-element tot die kaas smelt.

Skep ’n groot lepel vol van die uiemarmelade bo-op en sit voor saam met slaai.