Maak spruitkool koel met hierdie resep.

Lewer 9

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

250 g streepspek

200 g spruitkool

30 g botter

5 ml (1 t) knoffelpoeier

sout en peper

Sous

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

’n hand vol pietersielie

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Braai die spekvleis in ’n braaipan oor matige hitte tot deels gaar, maar steeds sag en buigbaar. Haal die spekvleis uit die pan en sit eenkant. Verwyder die meeste van die spekvleisvet uit die pan en los net genoeg om die pan te bedek.
  2. Sny die spruitkool oorlangs middeldeur. Voeg die spruite, botter, knoffelpoeier, sout en peper in die braaipan. Soteer oor matige hitte tot die spruite sag en verbruin is.
  3. Sit die sosaties aanmekaar deur 1 punt van die spekvleis aan ’n sosatiestok of –pen te ryg. Voeg ’n skyf spruitkool by en weef die spekvleis om die spruitkool en terug na die sosatiestok of -pen om so ’n weefpatroon tussen die spruite te skep. Skuif die spekvleis en spruitkool teen die steekpen af en herhaal nog twee keer vir elke sosatie.
  4. Bak die sosaties 5 min. in ’n bakpan of tot die spekvleis deurgaar is.
  5. Sous: Meng al die bestanddele en sit dit as ’n doopsous saam met die sosaties voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander