Maak 6-8 tertjies

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

KORS

sowat ½ pak van 250 g filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

VULSEL

400 g babaspinasie, fyn gekap

125 ml (½ k) kruisement, fyn gekap (opsioneel)

gerasperde skil van 1 suurlemoen

2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel

100 g pistasieneute, grof gekap (opsioneel)

1 eier, geklits

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Spuit 6-8 klein losboomtertpannetjies met kossproei.

  1. KORS Verf 4 velle filodeeg met die gesmelte botter en pak op mekaar. Sny dit in vier vierkante. Herhaal sodat jy altesaam 6-8 vierkante het.
  2. Druk die deeg in die pannetjies vas. Laat die rande van die deeg effens oorhang.
  3. VULSEL Meng al die vulselbestanddele en skep dit in die deeg. Vou die rande van die deeg binnetoe en verf liggies met die gesmelte botter.
  4. Bak 10-15 minute of tot goudbruin en gestol.
  5. Sit voor as ’n warm happie by drankies of saam met slaai as ’n ligte ete.