GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

300 g spinasie, afgespoel en grof gekap

150 g ricottakaas, gekrummel

2 wiele fetakaas, grof gekrummel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

skil van 1 suurlemoen

en 45 ml (3 e) -sap

sout en vars gemaalde peper

250 g filodeeg

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

30 ml (2 e) papawersaad

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat.

  1. Verhit die olie en braai die ui tot goudbruin. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Skep in ’n mengbak en laat ’n bietjie afkoel.
  2. Meng die ricottakaas, fetakaas, knoffel, suurlemoenskil en -sap deur die spinasiemengsel. Geur met die sout en peper na smaak.
  3. Sny die filodeeg in 10 cm breë stroke. Skep van die vulsel in een van die hoeke en vou om in ’n driehoek. Vou tot amper heel bo, verf die boonste deel met botter en vou toe. Herhaal met die res.
  4. Verf met botter en sprinkel die saad oor. Bak 10-15 min. Sit voor met suurlemoen.