Genoeg vir 4 mense

250 g spek

2 groot ryp tamaties

100 g fetakaas

1 groot ciabatta (of volgraan ciabatta)

80 ml (? k) mayonnaise

1. Braai die spek in ’n verhitte pan tot bros. Dreineer op kombuispapier.

2. Sny die tamaties in dun skywe.

3. Krummel die fetakaas en hou eenkant.

4. Halveer die ciabatta in die lengte, en smeer die onderste gedeelte met mayonnaise..

5. Pak die spek, tamaties en fetakaas bo-op die mayonnaise en sit die ander helfte van die ciabatta bo-op die vulsel.

6. Rooster die broodjie in ’n groot rooster of sit dit in ’n  voorverhitte oond van 200 °C vir 5 minute of tot warm.

7. Sny in skywe en eet terwyl warm.

Volg Huisgenoot op Twitter.